{"id":3366,"date":"2013-08-22T13:18:00","date_gmt":"2013-08-22T11:18:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:37","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:37","slug":"ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS &#8211; \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ons grondwetlike demokrasie is gebaseer op \u2019n veelpartystelsel van die regering waarin die reg om deel te neem aan alle aspekte van hierdie stelsel van demokratiese regering deur die Grondwet erken en vervat word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Artikel 19 van die Grondwet bepaal byvoorbeeld dat &#8220;dit elke burger vry [staan] om politieke keuses te doen, waarby inbegrepe is die reg om \u2019n politieke party te stig, deel te neem aan die bedrywighede van, of lede te werf vir, \u2019n politieke party; en hulle vir \u2019n politieke saak of party te beywer&#8221;. Voorts bepaal artikel 18 dat almal die reg het op vryheid van assosiasie, terwyl artikel 16 voorsiening maak vir vryheid van uitdrukking -\u00ad wat natuurlik propaganda vir oorlog, aanhitsing van dreigende geweld of die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed aan te veroorsaak, uitmaak nie. Daarbenewens bepaal artikel 17 dat almal die reg het om vreedsaam en ongewapen te vergader, te betoog, \u2019n betooglinie te vorm en petisies voor te l\u00ea. Die EFF en soortgelyke groeperinge het dus in beginsel die reg om deel te neem aan die politiek van die dag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons grondwetlike demokrasie is egter ook gegrond op die waardes van menswaardigheid, die behaling van gelykheid en die bevordering van menseregte en vryhede, nie-\u00adrassigheid, nie-\u00adseksisme, en die oppergesag van die Grondwet en die reg. Die Handves van Regte vervat gevolglik die regte -\u00ad met inbegrip van politieke regte -\u00ad van alle mense, wat slegs beperk mag word ingevolge artikel 36 en ander spesifieke bepalings in die Handves. So word artikel 19 en die reg om \u2019n politieke party te stig beperk deur artikel 16 in die Wet op die Verkiesingskommissie van 1996 (die Wet), wat die hoof verkiesingsbeampte verbied om \u2019n politieke party in gevolge daardie Wet onder sekere omstandighede te registreer. Dit sluit in die gevalle waar die voorgestelde naam, onderskeidingsmerk of simbool, of grondwet of stigtingsakte van die party enige iets bevat wat, onder andere, &#8220;die propagering of aanstigting van geweld of haat uitbeeld&#8221;, of wat &#8220;ernstige aanstoot by enige deel van die bevolking&#8221; kan veroorsaak op verskeie gronde, met inbegrip van ras, etniese oorspring, kultuur of taal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00edt is waar die moontlike probleem vir die EFF en die OVK l\u00ea, gegewe die EFF se unieke en vreemde benadering en voorstelle, soos uitgedruk in hul stigtingsmanifes. Bevat die EFF se voorgestelde naam, onderskeidingsmerke of stigtingsmanifes enige iets wat sodanige &#8220;propagering of aanhitsing van geweld of haat&#8221; bevat, of wat ernstige aanstoot by \u2019n deel van die bevolking kan veroorsaak vanwe\u00eb die EFF se standpunt oor ras, etniese oorsprong, kultuur of taal? Die antwoord verskil moontlik afhangende van of jy jouself beskou, of beskou word, as &#8220;die vyand&#8221;. Dit wil s\u00ea die &#8220;die kapitaal van die wit monopolie en hul politieke vennote&#8221;, &#8220;koloniste&#8221;, &#8220;die regering van n\u00e1 1994 wat die apartheids-\u00ad en heersugtige wit staat&#8221; onderhou, of die res, wat klaarblyklik almal insluit, met inbegrip van &#8220;soldate en die polisie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eerstens, die naam. \u2019n Vegter kan baie dinge wees. Iemand wat geneig is om jou te pot, of \u2019n vurige lid van die skool se debat-\u00ad of sportspan wat ten spyte van uitdagings en teenstand nie sal erken dat hulle verloor het nie. \u2019n Vryheidsvegter kan egter \u2019n meer beperkte betekenis h\u00ea. Volgens die Oxford English Dictionary verwys dit na \u2019n persoon wat deelneem aan \u2019n revolusion\u00eare stryd ten einde \u2019n politieke doelwit te verwesenlik, spesifiek ten einde hul regering omver te werp. Die Oxford US English Dictionary gaan selfs verder deur hierdie term te beskryf as \u2019n persoon wat aan \u2019n gewelddadige stryd deelneem ten einde \u2019n politieke doelwit, veral ten einde hul regering omver te werp, te verwesenlik. \u2019n Vryheidsvegter het beslis \u2019n bepaalde betekenis in die konteks van Suid-\u00adAfrika se geskiedenis. Gevolglik behoort die term, veral in die geval van die EFF, beskou te word as \u2019n po\u00ebtiese metafoor of verklaring van voorneme, wat oop is vir interpretasie. Een mens se vryheidsvegter is \u2019n ander se rebel sonder \u2019n missie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tweedens, die onderskeidingsmerk. Soos in die geval van skoonheid, hang dit af wie daaroor oordeel: Dit is oop vir interpretasie. Indien dit saam met die naam oorweeg word kan dit help om enige verkeerde vertolkings reg te stel. Of \u2019n vuis wat omhoog gehou word en \u2019n spies wat vorentoe wys, gesien kan word as teenwoordigend van \u2019n nasie se onderneming om in vrede en harmonie saam te leef of nie, sal afhang van aan watter kant van die spies jy jouself bevind. Gevolglik dra die simbool moontlik by tot die vaagheid daarvan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Derdens, die manifes. Verduidelik die EFF se stigtingsmanifes enige verkeerde vertolking van die betekenis van hul naam en simbool? Ook hieroor moet verder uitgewei word. Volgens die grondliggende bepalings van sy stigtingsmanifes bestaande uit 25 bladsye, grond die EFF hul voorgenome stryd om ekonomiese bevryding op die lang weerstand van Suid-\u00adAfrika se rassistiese koloniale en imperialistiese, politieke, ekonomiese en maatskaplike oorheersing. Gevolglik is die EFF voornemens om hierdie weerstand te verskerp tot \u2019n beslissende oorwinning om die regmatigheid van die doelwitte van die bevrydingstryd te regverdig. \u2019n Mens kan moontlik aanvoer dat die teks en klaarblyklike steun vir \u2019n voortgesette bevrydingstryd slegs die denke en idees van die passievolle en vurige &#8220;kommissarisse&#8221; van die beweging weerspie\u00ebl -\u00ad al is dit nou op \u2019n ietwat strydlustige wyse. Die EFF se beskrywing van sy eie karakter as \u2019n \u201cradikale en militante ekonomiese bevrydingsbeweging wat revolusion\u00eares, vreeslose, radikale en militante aktiviste bymekaar bring wat ten doel het om die stryd te voer om ekonomiese bevryding teen die vyand te behaal, draai egter nie juis stokkies om met sy benadering nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarbenewens kan die verklaring dat die EFF gelei word deur revolusion\u00eare internasionalisme en solidariteit wat die politiek rondom die July 26 Movement, wat die Kubaanse revolusion\u00eare stryd gelei het. Die naam &#8220;July 26 Movement&#8221; is afkomstig van die mislukte gewapende aanval op die Moncada-\u00adbarakke, \u2019n milit\u00eare instelling in die stad Santiago de Cuba, op 26 Julie 1953. Daardie beweging is gevolglik herorganiseer deur, onder andere, Fidel Castro, Ra\u00fal Castro en Ernesto &#8220;Che&#8221; Guevara, om \u2019n guerrillastryd wat die Kubaanse diktator, Fulgencio Batista, omvergewerp het. As die EFF se &#8220;opperbevelvoerder&#8221; en sy &#8220;bevelspan&#8221; verklaar dat &#8220;jy gedwing gaan word om te deel&#8221; nadat hulle hulself as \u2019n militante beweging beskryf het wat uit militante aktiviste bestaan en wat deur die July 26 Movement ge\u00efnspireer is, kan \u2019n mens nie help om te wonder of die modus operandi en beoogde taktieke nie net grootpratery is nie, of \u2019n drukkastrol wat dreig om oor te kook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die EFF is duidelik reg oor die feit dat Suid-\u00adAfrika steeds \u2019n diep verdeelde, ongelyke samelewing is -\u00ad veral in verhouding tot sosio-\u00adekonomiese omstandighede. Hulle is ook in die kol wanneer hulle s\u00ea dat korrupsie onder die bewind van die ANC\u00adregering vererger het, dat dienslewering afgeneem het en die gehalte van dienste -\u00ad veral die armes, verswak het. Die voortgesette ongelykheid wat voortduur deur, onder andere, mislukte beleide van regstellende aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging, moet reggestel word. D\u00edt moet egter binne die konteks van die Grondwet gedoen word. Die Grondwet vervat die regte om \u2019n politieke party te stig, om politieke aktiwiteite te organiseer, byeen te kom en vrylik uit te druk. Dit vereis egter ook van almal in Suid-\u00adAfrika om die Grondwet, die Handves van Regte en mekaar te respekteer. Die EFF se voorgestelde beleide is nie noodwendig ongrondwetlik nie (hoewel die EFF nie een keer na die Grondwet verwys nie), maar die wyse waarop daardie beleide oorgedra word blyk om die fundamentele waarde van nie-\u00adrassigheid te ignoreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gevolglik moet die EFF se manifes ge\u00efnterpreteer word as \u2019n bona fide en luidrugtige beroep om sosio-\u00adekonomiese gelykheid. Dit kan egter ook beskou word as \u2019n baie militaristiese en rassistiese beroep om gewelddadige optrede wat gemik is op die terugeis van welvaart en ekonomie\u00eb van &#8220;koloniale en neo-\u00adkoloniale meesters&#8221;. Afhangende van die hoogs gepolariseerde en aanstootlike woordkeuse in die teks van die manifes. Die aanstootlike verwysings na \u2019n aantal Suid-\u00adAfrikaners -\u00ad veral wit Suid-\u00adAfrikaners -\u00ad wat sonder onderskeid na verwys word as &#8220;wit heersugtiges&#8221;, &#8220;kolonialiste&#8221; en &#8220;imperialiste&#8221;, selfs in die konteks van ons grondwetlike demokrasie n\u00e1 1994, noodsaak nie juis verduideliking nie. Desnieteenstaande kan ongegronde verklarings, soos &#8220;daardie politieke partye wie se agendas en politieke programme voortgaan met wit heersugtigheid en die imperialistiese dominansie van Suid-\u00adAfrika&#8221; en dat &#8220;wit boere tussen 1994 en 2004 meer as 1 miljoen plaaswerkers van plase gesit het&#8221;, skaars gesien word as die bevordering van wederkerige respek of eenheid in ons diversiteit. Hierdie verklarings gaan verder as die oplossing van voortgesette ongelykheid en skewe sosio-\u00adekonomiese omstandighede en grens aan rassisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die OVK moet nou oorweeg of die EFF, ingevolge die Wet, geweld propageer of aanhits, of die emosies van afkerigheid of haat opwek. Die OVK sal ook versigtig moet oorweeg of die EFF enige gedeelte van die bevolking aanstoot gee op grond van tas, etniese oorspring, kultuur of taal. Indien wel, kan die OVK natuurlik nie die EFF as politieke party registreer nie. Dit alles is natuurlik onderhewig aan vertolking. Na aanleiding van Nietzche, die interpretasie wat op enige tydstip se\u00ebvier, is \u2019n funksie van mag en nie waarheid nie. Of dit nou gegrond is op die balans van mag, of waarheid, sal \u2019n interpretasie wat voorsiening maak vir die registrasie van die EFF \u2019n ryke verbeelding noodsaak. Maar aangesien die hoekstene van hul politieke praktyk &#8220;grootskaalse organisasie&#8221; en &#8220;aktivisme\u201d sal wees, sal die registrasie as politieke party nie \u2019n noodsaaklikheid vir die EFF wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>by&nbsp;Adv Johan Kruger, Director: Centre for Constitutional Rights<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-18-maart-1992\/'>Toespraak: 18 Maart 1992<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 117.50K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-18-maart-1992\/?wpdmdl=4088&refresh=6a886356f05c41787323222\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3364\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png\" alt=\"EFF logo\" width=\"200\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo-300x150.png 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/> Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is vroe\u00ebr vanjaar deur die voormalige leier van die ANC se jeugliga, Julius Malema, en ander met die doelwit om &#8220;te streef na die stryd om ekonomiese bevryding&#8221;, tot stand gebring. Die EFF doen nou aansoek by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) om as \u2019n politieke party geregistreer te word. Alhoewel die EFF, volgens hul &#8220;stigtingsmanifes&#8221;, sal &#8220;meeding om politieke mag&#8230; ten einde die staat te verower&#8221;, sal die &#8220;hoofdoelwit van grootskaalse organisasie en aktivisme, as \u2019n maatstaf om die politieke bewustheid van die mense te bevorder, steeds aan die kern van [hul] politieke praktyk wees&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3364,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[135,134,151],"class_list":["post-3366","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-constitution","tag-education","tag-ekonomiese-vryheidsvegters"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS - \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS - \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is vroe\u00ebr vanjaar deur die voormalige leier van die ANC se jeugliga, Julius Malema, en ander met die doelwit om &quot;te streef na die stryd om ekonomiese bevryding&quot;, tot stand gebring. Die EFF doen nou aansoek by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) om as \u2019n politieke party geregistreer te word. Alhoewel die EFF, volgens hul &quot;stigtingsmanifes&quot;, sal &quot;meeding om politieke mag... ten einde die staat te verower&quot;, sal die &quot;hoofdoelwit van grootskaalse organisasie en aktivisme, as \u2019n maatstaf om die politieke bewustheid van die mense te bevorder, steeds aan die kern van [hul] politieke praktyk wees&quot;.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-08-22T11:18:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"250\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS &#8211; \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE\",\"datePublished\":\"2013-08-22T11:18:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:37+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/\"},\"wordCount\":1611,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png\",\"keywords\":[\"constitution\",\"education\",\"ekonomiese-vryheidsvegters\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS - \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png\",\"datePublished\":\"2013-08-22T11:18:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:37+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png\",\"width\":500,\"height\":250,\"caption\":\"EFF logo\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS &#8211; \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS - \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS - \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is vroe\u00ebr vanjaar deur die voormalige leier van die ANC se jeugliga, Julius Malema, en ander met die doelwit om \"te streef na die stryd om ekonomiese bevryding\", tot stand gebring. Die EFF doen nou aansoek by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) om as \u2019n politieke party geregistreer te word. Alhoewel die EFF, volgens hul \"stigtingsmanifes\", sal \"meeding om politieke mag... ten einde die staat te verower\", sal die \"hoofdoelwit van grootskaalse organisasie en aktivisme, as \u2019n maatstaf om die politieke bewustheid van die mense te bevorder, steeds aan die kern van [hul] politieke praktyk wees\".","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-08-22T11:18:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:37+00:00","og_image":[{"width":500,"height":250,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png","type":"image\/png"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"8 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS &#8211; \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE","datePublished":"2013-08-22T11:18:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:37+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/"},"wordCount":1611,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png","keywords":["constitution","education","ekonomiese-vryheidsvegters"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/","name":"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS - \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png","datePublished":"2013-08-22T11:18:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:37+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/EFF_logo.png","width":500,"height":250,"caption":"EFF logo"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/ekonomiese-vryheidsvegters-n-onsamehangende-interpretasie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: EKONOMIESE VRYHEIDSVEGTERS &#8211; \u2019N ONSAMEHANGENDE INTERPRETASIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3366","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3366"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3366\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6463,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3366\/revisions\/6463"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3364"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3366"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3366"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3366"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}