{"id":3363,"date":"2013-08-16T13:56:00","date_gmt":"2013-08-16T11:56:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/"},"modified":"2013-08-16T13:56:00","modified_gmt":"2013-08-16T11:56:00","slug":"een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA &#8211; HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Elke saak het twee kante en ongeag of die lede van die SAPD in die bogenoemde gevalle geglo het dat hulle geregtig was om op te tree soos hulle het, is nie ter sake nie. Wat wel belangrik is, is hoe lede van die SAPD hul magte gebruik het en hoe die SAPD hul lede oplei en hulle opdrag gee oor hoe om op te tree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wetstoepassingsinstellings en polisieagentskappe is, in beginsel, toevertrou met \u2019n staat se indringendste magte om fundamentele regte en vryhede te beperk. D\u00edt sluit in die mag om in hegtenis te neem en aan te hou, om privaatheid te skend en uiteindelik om geweld te gebruik -\u00ad in sommige gevalle dodelike geweld -\u00ad ten einde hierdie doelwitte te behaal. Dit geld ook vir Suid-\u00adAfrika. Die SAPD, as \u2019n komponent van nasionale veiligheid, word deur die Grondwet beveel om misdaad te voorkom, te beveg en te ondersoek, om openbare orde te handhaaf, die inwoners van Suid-\u00adAfrika en hul eiendom te beskerm en beveilig en om uitvoering aan die reg te gee en dit te handhaaf. Hulle is gevolglik toegerus met magte ingevolge nasionale wetgewing ten einde hierdie mandaat uit te voer. Die SAPD en polisi\u00ebring in Suid-\u00adAfrika is egter onderhewig aan die Grondwet en die oppergesag van die reg, wat beteken dat wetgewing wat polisi\u00ebring en die gebruik van hierdie indringende magte reguleer, slegs geregverdig kan word binne die voorskrifte van die Grondwet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In teenstelling met ons verlede v\u00f3\u00f3r 1994 waartydens veiligheidsmagte, volgens die Konstitusionele Hof, grotendeels die reg in eie hande geneem het en teenstanders van die regering geterroriseer het, sonder inagneming van die reg en sonder om gestraf te word, bied die Grondwet van vandag \u2019n stel beginsels wat nasionale veiligheid in Suid-\u00adAfrika beheer -\u00ad met inbegrip van polisi\u00ebring. Hierdie beginsels bepaal, onder andere, dat nasionale veiligheid die onderneming moet weerspie\u00ebl van Suid-\u00adAfrikaners as individue en as \u2019n nasie om as gelykes te lewe, in vrede en harmonie, om vry te wees van vrees en die strewe na \u2019n beter lewe. Dit bepaal ook dat daar na nasionale veiligheid gestreef moet word in ooreenstemming met die reg, met inbegrip van internasionale reg en onderhewig aan die gesag van die Parlement en die Uitvoerende Gesag. Daarbenewens beheer die Grondwet die optrede van veiligheidsdienste, met inbegrip van die SAPD. In hierdie verband bepaal artikel 199 byvoorbeeld dat die veiligheidsdienste in ooreenstemming met die Grondwet en die reg optree, en hul lede oplei en van hulle vereis om in ooreenstemming met die Grondwet en die reg op te tree, met inbegrip van internasionale gewoontereg asook internasionale ooreenkomste wat op Suid-\u00adAfrika van toepassing is. Dit bepaal ook dat geen lid van enige veiligheidsdiens \u2019n onwettige bevel mag nakom nie en dat geen veiligheidsdienste of enige van hul lede, tydens die uitvoering van hul pligte, die belang van enige politieke party, wat ingevolge die Grondwet regmatig is, mag bevoordeel nie, en ook nie voorkeur mag verleen aan enige belang van \u2019n politieke party nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ingevolge artikel 7 van die Grondwet is die Handves van Regte \u2019n hoeksteen van demokrasie in Suid-\u00adAfrika, wat die regte vervat van al ons mense in ons land, en wat die demokratiese waardes menswaardigheid, gelykheid en vryheid bevestig. Gevolglik, en ingevolge artikel 7(2), moet die staat die regte in die Handves van Regte respekteer, beskerm, bevorder en daaraan uitvoering gee. Hierdie beginsels is veral vir die SAPD belangrik, aangesien dit die konteks vir die uitleg van artikel 199 en nasionale wetgewing bied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Maxwele-\u00adsaak het die SA Menseregtekommissie die belangrikheid van artikel 7 beklemtoon toe dit aanbeveel het dat die Minister van Polisie en die SAPD die oppergesag van die Grondwet en die Reg moet erken -\u00ad sowel as die plig van die Staat ingevolge artikel 7(2) om die regte in die Handves van Regte te respekteer, beskerm, bevorder en daaraan uitvoering te gee. In hierdie geval het lede van die Presidensi\u00eble Beskermingseenheid van die SAPD mnr Maxwele in hegtenis geneem en aangehou omdat hy na bewering sy middelvinger vir polisiemotors gewys het wat President Zuma na bewering vervoer het. Nadat die SA Menseregtekommissie sy ondersoek afgehandel het, het dit bevind dat die SAPD verskeie van mnr Maxwele se fundamentele regte geskend het toe hulle, onder andere, hom met geweld in die polisievoertuig geboender het, sy kop bedek, bene vasgebind en hom ondervra het, waarna hulle sy huis deursoek het sonder \u2019n lasbrief of geldige gronde. In plaas daarvan om egter hul tekortkominge te erken en die SA Menseregtekommissie se aanbevelings in werking te stel, het die Minister en die SAPD onsuksesvol gepoog om teen die bevindings te appelleer op grond van tegniese punte en het gevolglik ook teen die bevindings in die Ho\u00eb Hof geappelleer. Selfs nadat die App\u00e8lhof die aansoek om app\u00e8l afgekeur het, het die Minister en die SAPD steeds nie die SA Menseregtekommissie se aanbevelings nagekom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Byna \u2019n jaar n\u00e1 die Marikana-\u00advoorval, wat steeds deur die Farlam-\u00adkommissie ondersoek word, het die Burgerlike Sekretariaat vir Polisie die nuwe Groenskrif oor Polisi\u00ebring vir kommentaar gepubliseer. Die Groenskrif was moontlik die ideale geleentheid vir \u2019n sterk en ondubbelsinnige beleid wat gemik is op die daarstelling van \u2019n kultuur in die SAPD wat op menseregte gegrond is. Dit blyk egter of hierdie geleentheid nie aangegryp is nie. Alhoewel die Groenskrif verskeie verwysings oor die behoefte aan demokratiese polisi\u00ebring insluit, blyk dit asof daar \u2019n aanname is dat daar reeds sodanige kultuur gevestig is. As \u2019n mens die toenemende aantal berigte van polisiewreedheid en uitermatige geweld wat hulle gebruik, in ag neem, kan daar sekerlik aangevoer word dat die SAPD nog nie hierdie doelwit behaal het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Groenskrif plaas veel groter klem op &#8220;transformasie&#8221; in \u2019n uitgebreide afdeling wat \u2019n beroep doen om die ontwikkeling van &#8220;\u2019n duidelike strategie ten opsigte van transformasie wat nie as \u2019n afsonderlike of selfstandige strategie bestaan nie, maar as \u2019n strategie wat in die algemene strategie van die organisasie opgevat is en weerspie\u00ebl word&#8221;. \u2019n Soortgelyke afdeling wat \u2019n beroep doen om \u2019n strategie ten einde \u2019n kultuur in die polisie te skep wat op menseregte gegrond is, ontbreek egter. Die Groenskrif verwys egter wel na die SAPD se regmatige gebruik om geweld te gebruik ten einde sy grondwetlike mandaat uit te voer. Dit word egter ingevolge beleidsriglyne en -\u00adregulasies gedoen, in plaas van wetgewing, maar dit word nie gedoen binne die konteks van die behoefte aan menswaardigheid, fundamentele regte en vryhede wat die SAPD veronderstel is om te beskerm nie. In die afdeling van handel oor die versekering van doeltreffende polisi\u00ebring, verklaar die dokument dat polisi\u00ebring in demokratiese samelewings plaasvind in \u2019n spasie tussen hul grondwetlike raamwerk en die raamwerk van die reg wat uiteensit hoe hulle moet optree. Of dit bloot \u2019n fout was tydens die opstelling van die dokument, en of dit \u2019n Freudiaanse verspreking was, ons sal nie weet nie. Die SAPD kan duidelik nie werksaam wees in \u2019n spasie tussen die Grondwet en die reg nie -\u00ad en slegs in ooreenstemming met die Grondwet en onderhewig aan die reg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Marikana-\u00advoorval kon moontlik voorkom word indien die Minister en die SAPD die aanbevelings van die SA Menseregtekommissie uitgevoer het, wat aangevoer het dat die SAPD in ooreenstemming met die Grondwet en die reg moet optree en hul lede oplei en van hulle vereis om dieselfde te doen. Die Minister en die Kommissaris moet verseker dat beleide en strategie\u00eb van die SAPD gegrond word op respek vir die Grondwet. Tensy hulle verseker dat indiensnemingsprosedures, opleidingsprogramme en bestaande prosedures ten opsigte van hul werksaamhede s\u00f3 saamgestel is om \u2019n menseregte-\u00adkultuur op alle vlakke van die organisasie in te stel, sal die Marikana-\u00advoorval ongelukkig nie die laaste wees wat ons hoor van die SAPD wat na bewering werksaam is en optree in die gaping tussen die Grondwet en die reg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>By&nbsp;Adv&nbsp;Johan&nbsp;Kruger,&nbsp;Direkteur:&nbsp;Sentrum&nbsp;vir&nbsp;Grondwetlike&nbsp;Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1955\" style=\"border: 5px solid #efefef; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg\" alt=\"SAPS foter\" width=\"200\" height=\"133\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg 600w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Die onlangs gepubliseerde Groenskrif oor Polisi\u00ebring het nie die geleentheid aangegryp om \u2019n kultuur in die polisie, wat op menseregte gegrond is, te versterk nie -\u00ad en om dus die kommerwekkende toename in die gebruik van dodelike geweld en die ernstige skending van menseregte deur die Suid-\u00adAfrikaanse Polisiediens (SAPD) te verminder nie. Oor die afgelope jaar het Suid-\u00adAfrika \u2019n toenemende aantal voorvalle ervaar ten opsigte van die uitermatige gebruik van geweld deur die SAPD. Hierdie voorvalle sluit in die wrede moorde op mnr Andries Tatane en die Mosambiekse taxi-\u00adbestuurder, mnr Mido Macia, die onwettige inhegtenisname en behandeling van mnr Chumani Maxwele, wat na bewering \u2019n beledigende teken vir die President se motorstoet met sy hand gewys het en, self meer tragies, die Marikana-\u00advoorval op 16 Augustus 2012 waartydens 34 betogende myners deur lede van die SAPD doodgemaak is.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1955,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-3363","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA - HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA - HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die onlangs gepubliseerde Groenskrif oor Polisi\u00ebring het nie die geleentheid aangegryp om \u2019n kultuur in die polisie, wat op menseregte gegrond is, te versterk nie -\u00ad en om dus die kommerwekkende toename in die gebruik van dodelike geweld en die ernstige skending van menseregte deur die Suid-\u00adAfrikaanse Polisiediens (SAPD) te verminder nie. Oor die afgelope jaar het Suid-\u00adAfrika \u2019n toenemende aantal voorvalle ervaar ten opsigte van die uitermatige gebruik van geweld deur die SAPD. Hierdie voorvalle sluit in die wrede moorde op mnr Andries Tatane en die Mosambiekse taxi-\u00adbestuurder, mnr Mido Macia, die onwettige inhegtenisname en behandeling van mnr Chumani Maxwele, wat na bewering \u2019n beledigende teken vir die President se motorstoet met sy hand gewys het en, self meer tragies, die Marikana-\u00advoorval op 16 Augustus 2012 waartydens 34 betogende myners deur lede van die SAPD doodgemaak is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-08-16T11:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"399\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA &#8211; HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS?\",\"datePublished\":\"2013-08-16T11:56:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/\"},\"wordCount\":1353,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/\",\"name\":\"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA - HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg\",\"datePublished\":\"2013-08-16T11:56:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg\",\"width\":600,\"height\":399,\"caption\":\"SAPS foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA &#8211; HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA - HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA - HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die onlangs gepubliseerde Groenskrif oor Polisi\u00ebring het nie die geleentheid aangegryp om \u2019n kultuur in die polisie, wat op menseregte gegrond is, te versterk nie -\u00ad en om dus die kommerwekkende toename in die gebruik van dodelike geweld en die ernstige skending van menseregte deur die Suid-\u00adAfrikaanse Polisiediens (SAPD) te verminder nie. Oor die afgelope jaar het Suid-\u00adAfrika \u2019n toenemende aantal voorvalle ervaar ten opsigte van die uitermatige gebruik van geweld deur die SAPD. Hierdie voorvalle sluit in die wrede moorde op mnr Andries Tatane en die Mosambiekse taxi-\u00adbestuurder, mnr Mido Macia, die onwettige inhegtenisname en behandeling van mnr Chumani Maxwele, wat na bewering \u2019n beledigende teken vir die President se motorstoet met sy hand gewys het en, self meer tragies, die Marikana-\u00advoorval op 16 Augustus 2012 waartydens 34 betogende myners deur lede van die SAPD doodgemaak is.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-08-16T11:56:00+00:00","og_image":[{"width":600,"height":399,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA &#8211; HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS?","datePublished":"2013-08-16T11:56:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/"},"wordCount":1353,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/","name":"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA - HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg","datePublished":"2013-08-16T11:56:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/SAPS_foter.jpg","width":600,"height":399,"caption":"SAPS foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/een-jaar-na-marikana-het-ons-al-nader-beweeg-aan-polisiering-wat-op-menseregte-gegrond-is\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: EEN JAAR N\u00c1 MARIKANA &#8211; HET ONS AL NADER BEWEEG AAN POLISI\u00cbRING WAT OP MENSEREGTE GEGROND IS?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3363","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3363"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3363\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1955"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3363"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3363"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3363"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}