{"id":3356,"date":"2013-02-14T13:53:00","date_gmt":"2013-02-14T11:53:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:36","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:36","slug":"die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE STAATSREDE &#8216;N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die posisie van President van die Republiek van Suid-\u00adAfrika word deur die Grondwet ingestel. Die Grondwet bepaal ook hoe die President moet optree. Artikel 83(a) bepaal dat die President die staatshoof sowel as die hoof van die uitvoerende gesag is, terwyl artikels 84 en 85 voorsiening maak vir die magte, funksies en uitvoerende gesag van die President. President Zuma is gevolglik die staatshoof en hoof van die uitvoerende gesag -\u00ad &#8216;n uitvoerende president -\u00ad wat toesig moet hou en lei. Hy is verkies, soos vereis deur artikel 86, deur die Nasionale Vergadering in die Parlement en het gevolglik sy amp opgeneem ingevolge artikel 87. Hy het tot dusver, ingevolge artikels 84 en 85, met wisselende grade van sukses, sy magte en uitvoerende gesag uitgeoefen -\u00ad breedweg bekend as die regering se aksieplan. \u00d3f die President wel sy magte suksesvol of self binne die konteks van die Grondwet uitvoer is beslis debateerbaar en word inderwaarheid oraloor gedebateer, behalwe waar dit gedebateer m\u00f3\u00e9t word -\u00ad in die Parlement.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin, artikel 83 bepaal nie net die status van die President nie, maar ingevolge subartikels (b) en (c) gee dit ook twee duidelike instruksies aan die President: Eerstens moet hy &#8220;die Grondwet as die hoogste reg van die Republiek handhaaf, verdedig en eerbiedig&#8221; en tweedens &#8220;die eenheid van die nasie en alles wat die Republiek sal laat vooruitgaan, [bevorder]&#8221;. Die Grondwet gee aan die President hierdie twee opdragte nog voordat hy oor sy magte en uitvoerende gesag ingelig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gevolglik moet die President, as staatshoof en hoof van die uitvoerende gesag, die Grondwet handhaaf. Hy moet verseker dat die bepalings in die Grondwet nagevolg word -\u00ad veral deue die uitvoerende gesag -\u00ad en mag nie wetgewing, beleid of uitvoerende optrede toelaat wat die oppergesag van die reg, skeiding van magte of menseregte ondermyn nie. Daarbenewens moet hy persoonlik die Grondwet respekteer as oppergesag soos vrylik deur ons verkose verteenwoordigers aanvaar. Die President moet ook die Grondwet verdedig teen enige belange, politieke party, groep of individu wat afbreek wil doen aan ons grondwetlike waardes, beginsels en regte. \u00d3f die President daarin slaag om die Grondwet te handhaaf, te beskerm en te respekteer is inderdaad n\u00f3g &#8216;n kwessie waaroor die Parlement sonder twyfel moet besin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Artikel 83(c) is selfs van groter belang as wat meeste mense sal wil erken. Aanvanklik kan hierdie subartikel as &#8216;n aanname ge\u00efnterpreteer word. Dit is egter \u00f3\u00f3k &#8216;n instruksie aan die President: &#8220;Die President bevorder die eenheid van die nasie en dit wat die Republiek sal laat vooruitgaan&#8221;. Die beginsel van nasionale eenheid, versoening en die bevordering van alle Suid-\u00adAfrikaners was duidelik van kardinale belang toe voormalige President Nelson Mandela gedurende sy inhuldiging op 10 Mei 1994 ges\u00ea het: &#8220;Die tyd vir die genesing van die wonde het aangebreek, die oomblik om dit wat ons verdeel het, te oorbrug, die tyd om te bou het aangebreek&#8221;. Negentien jaar later het nasionale eenheid, versoening en &#8216;n algemene vooruitgang wat almal baat, klaarblyklik heeltemal van die nasionale agenda verdwyn. In plaas daarvan word ras, verdeeldheid in die verlede en nuwe vorms van ongelykheid toenemend deue politieke partye gebruik om te verdeel en stemme te wen -\u00ad of ten alle koste te behou. Dit sou dus `n welkome verrassing gewees het as President Zuma vir &#8216;n verandering sy Staatsrede wou gebruik om te fokus op daardie aspekte wat ons verenig, ons bymekaar bring en vertroue tussen alle Suid-\u00adAfrikaners bou. Maar helaas, van laasgenoemde was daar weinig te hoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is veilig om aan te voer dat indien &#8216;n leier nie eenheid onder diegene wat hy lei verseker nie en nie daardie belange najaag wat sy hele onderneming sal bevorder nie, geen groot strategie, plan of optrede sy organisasie sal laat slaag nie. Sy organisasie sal inderwaarheid wankel en faal aangesien daar geen gemeenskaplike visie, weinige gemeenskaplike respek en selfs minder ooreenstemming sal wees. &#8216;n President wat nie d\u00edt bevorder wat tot vereniging en die vooruitgang van almal lei nie, sal sekerlik misluk in sy taak. Die President het &#8216;n grondwetlike plig om nasionale eenheid en versoening te bevorder, maar ook om wetgewing, programme en optrede wat die belange van Suid-\u00adAfrika as &#8216;n nasie sal bevorder, na te jaag. Dit behoort die eerste prioriteit te wees b\u00f3 die bevordering van enige politieke party of agenda. Dit was sonder twyfel die visie van President Mandela in 1994 toe hy as volg aangevoer het: &#8220;Ons het &#8216;n verdrag gesluit dat ons die samelewing sal bou waarin alle Suid-\u00adAfrikaners, beide swart en wit, in staat sal wees om regop te loop sonder enige vrees in hul harte, verseker van hul onvervreembare reg op menswaardigheid -\u00ad &#8216;n re\u00ebnboognasie wat in vrede lewe met homself en die w\u00eareld.&#8221; Of President Zuma &#8216;n soortgelyke visie en opinie handhaaf, was nog nooit werklik duidelik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die President se pligte, soos bepaal in artikel 83, behels dus meer as net om die staatshoof en hoof van die uitvoerende gesag te wees. Dit is inderwaarheid &#8216;n sintesis van die waardigheid van die hoogste amp, substansi\u00eble politieke magte en, benewens dit alles, &#8216;n instruksie om alle Suid-\u00adAfrikaners te verenig. Die President moet &#8216;n voorbeeld stel en rigting gee aan die uitvoerende gesag en die nasie -\u00ad nie net wat prioriteite betref nie, maar ook rakende ingesteldheid betref. Die Staatsrede is dus sonder twyfel &#8216;n weerspie\u00ebling van die stand van nie net die land nie, maar ook d\u00ede van die President. Gevolglik, indien die President sou misluk om die Grondwet te handhaaf, te verdedig en te respekteer, of indien hy nie daarin sou slaag om Suid-\u00adAfrika as &#8216;n nasie te verenig en te versoen nie, sal die nasie in alle waarskynlikheid ook nie suksesvol wees nie. Die stand van die President be\u00efnvloed dus die nasie -\u00ad maar of daardie uitwerking positief of negatief is, is in die President se eie hande.<\/p>\n<p><em>Deur Adv Johan Kruger, Direkteur: Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[Foto:&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.dailymaverick.co.za\/article\/2012-11-23-parliament-2013-a-fight-for-the-soul-of-south-africa-beckons\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Daily Maverick<\/a>]<\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-4-junie-2008\/'>Toespraak: 4 Junie 2008<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 143.09K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-4-junie-2008\/?wpdmdl=4082&refresh=6a860ea9d4f261787170473\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2821\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg\" alt=\"parliament\" width=\"200\" height=\"135\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament-300x203.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/> &#8216;n President is iemand wat mense lei en rigting gee -\u00ad of dit in &#8216;n vergadering, &#8216;n organisasie of &#8216;n staat is. As &#8216;n leier is dit ook &#8216;n president se doel om te inspireer en om die rede en motivering te wees vir mense om op &#8216;n sekere manier op te tree. As &#8216;n president ooreenkomstig nie daarin slaag om te lei nie, sal diegene wat hy veronderstel is om te lei, hom nie wil volg nie. Dit geld natuurlik ook vir &#8216;n land soos Suid-\u00adAfrika.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2821,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-3356","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE STAATSREDE &#039;N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE STAATSREDE &#039;N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&#039;n President is iemand wat mense lei en rigting gee -\u00ad of dit in &#039;n vergadering, &#039;n organisasie of &#039;n staat is. As &#039;n leier is dit ook &#039;n president se doel om te inspireer en om die rede en motivering te wees vir mense om op &#039;n sekere manier op te tree. As &#039;n president ooreenkomstig nie daarin slaag om te lei nie, sal diegene wat hy veronderstel is om te lei, hom nie wil volg nie. Dit geld natuurlik ook vir &#039;n land soos Suid-\u00adAfrika.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-02-14T11:53:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"270\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE STAATSREDE &#8216;N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE\",\"datePublished\":\"2013-02-14T11:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/\"},\"wordCount\":999,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE STAATSREDE 'N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg\",\"datePublished\":\"2013-02-14T11:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg\",\"width\":400,\"height\":270,\"caption\":\"parliament\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: DIE STAATSREDE &#8216;N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE STAATSREDE 'N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE STAATSREDE 'N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"'n President is iemand wat mense lei en rigting gee -\u00ad of dit in 'n vergadering, 'n organisasie of 'n staat is. As 'n leier is dit ook 'n president se doel om te inspireer en om die rede en motivering te wees vir mense om op 'n sekere manier op te tree. As 'n president ooreenkomstig nie daarin slaag om te lei nie, sal diegene wat hy veronderstel is om te lei, hom nie wil volg nie. Dit geld natuurlik ook vir 'n land soos Suid-\u00adAfrika.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-02-14T11:53:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:36+00:00","og_image":[{"width":400,"height":270,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE STAATSREDE &#8216;N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE","datePublished":"2013-02-14T11:53:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/"},"wordCount":999,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/","name":"ARTIKEL: DIE STAATSREDE 'N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg","datePublished":"2013-02-14T11:53:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/parliament.jpg","width":400,"height":270,"caption":"parliament"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/die-staatsrede-n-refleksie-op-die-president-eerder-as-die-nasie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: DIE STAATSREDE &#8216;N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3356","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3356"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3356\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6460,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3356\/revisions\/6460"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2821"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3356"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3356"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3356"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}