{"id":3355,"date":"2013-01-31T13:32:00","date_gmt":"2013-01-31T11:32:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:36","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:36","slug":"plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die reg op vryheid van uitdrukking natuurlik nie uitlatings en opmerkings strydig met die redelike beperkings van artikel 16 van die Grondwet regverdig nie, is geregverdigde kritiek gerig op die tekortkominge van die regering, &#8216;n noodsaaklikheid in &#8216;n veelparty-\u00ad demokrasie. Sulke kritiek is nie net beperk tot verkiesingsveldtogte nie, maar behoort deurlopend, lewenskragtige en eerlik te wees. Voorts is dit nie net voorbehou vir ho\u00ebvlak-\u00ad vergaderings en geslote-\u00addeur indabas, lekgotlas en forums nie. Dit is elke individu, groep en regsentiteit se reg om ten enige tyd luidkeels en in die openbaar sulke kritiek te lewer -\u00ad selfs al neem die regering aanstoot.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gegewe ons grondwetlike bestel, is die onlangse uitbarsting deur die regerende African National Congress (ANC) oor &#8216;n advertensieveldtog deur Eerste Nasionale Bank (ENB) -\u00ad wat etlike kritiese opmerkings en aantuigings oor die regering ingesluit het -\u00ad &#8216;n rede tot kommer. In sy veldtog blyk ENB die regering te kritiseer vir endemiese korrupsie, &#8216;n mislukte onderwysstelsel, ho\u00eb misdaadvlakke en amper elke ander tekortkoming wat meeste Suid-\u00ad Afrikaners bekommerd laat. Die bank het egter spoedig verklaar dat sy nou omstrede veldtog nie bedoel was as kritiek teenoor die regering nie, maar dat dit eerder daarop gemik was om die nasie saam te snoer ten einde daardie probleme die hoof te bied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC het nie op hom laat wag nie en op sy beurt aangevoer dat die veldtog nie &#8216;n &#8220;advertensie&#8221; was nie, maar eerder &#8220;&#8216;n politieke verklaring&#8221; en &#8220;&#8216;n aanval op die president, sy ministers en die regering as &#8216;n geheel&#8221;. Die ANC-\u00adjeugliga het &#8216;n stertjie bygelas deur te s\u00ea dat die veldtog &#8220;oorlog verklaar teen die demokraties verkose regering van Suid-\u00adAfrika&#8221;. Laasgenoemde was voorts ook van mening dat die sakew\u00eareld oor &#8220;baie geleenthede beskik om probleme met die ANC te bespreek, maar dat dit verraderlik is om dit te doen op &#8216;n openbare platform en op die wyse waarop dit gedoen is&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of die ENB-\u00adveldtog daarop gemik was om die regering te kritiseer al dan nie, is van minder belang. Die veldtog kon bes moontlik &#8216;n politieke verklaring en allermins ook &#8216;n verleentheid vir die regering wees. Dit is egter in alle waarskynlikheid &#8216;n bemarkingsoefening wat &#8216;n vals snaar verkeerd gespan het. Hoe dit ook al sy, die ANC se reaksie op hierdie veldtog is die eintlike bekommernis. Die regerende party handhaaf o\u00ebnskynlik die siening dat niemand, insluitende die sakew\u00eareld en besighede soos ENB, die reg het of die vermetelheid behoort te h\u00ea om die regering en die ANC te kritiseer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering en sy verteenwoordigers is egter aanspreeklik teenoor die publiek -\u00ad teenoor die kiesers. As sodanig is die publiek -\u00ad insluitend regspersone in die sakew\u00eareld -\u00ad geregtig daarop om aan te dring om te weet wat die regering doen ten uitvoering van sy mate en pligte. Elkeen het voorts ook &#8216;n reg om die regering en sy verteenwoordigers te versoek om hul handelinge te verduidelik. Of hierdie reg tans behoorlik deur die Parlement -\u00ad die verkose verteenwoordigers van die kiesers -\u00ad uitgeoefen word, is te betwyfel en kan sekerlik die rede wees waarom mense alternatiewe roetes begin volg om hul misnoe\u00eb teenoor die regering uit te spreek -\u00ad maar dit daargelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Mthembi-\u00adMahanyele v Mail &amp; Guardian Ltd &amp; Another, het die App\u00e8lhof bevind dat indien die regering en sy verteenwoordigers nie, sonder regverdiging, hul doen en late verduidelik nie, &#8220;hulle die kritiek en kommentaar wat hul gedrag uitlok [moet] aanvaar, met dien verstande natuurlik dat [die kritiek] geregverdig is in die omstandighede en nie kwaadwillig gelewer word nie&#8221;. Ten einde die regering se aanspreeklikheid teenoor die kiesers te verseker, het die Hof ook bepaal dat &#8220;vryheid van uitdrukking in politieke diskoers nodig is&#8221; ten einde te verseker dat &#8220;die samelewing, deur middel van behoorlike en openhartige kommentaar, ingelig bly oor wat die regering doen&#8221;. Die Hof bevind as sulks dat vryheid van uitdrukking ook die reg om &#8220;die regering en die land se sake te bespreek en te kritiseer&#8221; vervat. Aldus die Hof beteken dit ook dat die gedrag en optrede van individuele Kabinetsministers dienooreenkomstig gekritiseer kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Konstitusionele Hof het ook by meer as een geleentheid die reg om die regering te kritiseer uitdruklik beklemtoon. In Minister of Health &amp; Another v New Clicks South Africa was die Hof van mening dat &#8220;wanneer die Howe sy mag op geregtelike hersiening uitoefen, die howe gepaste gewig [moet] gee aan die feit dat die parlement\u00eare stelsel politieke verantwoordelikheid moet bevorder en dat ons in &#8216;n oop samelewing leef waarin dit almal vry staan om handelinge van die regering te kritiseer. &#8216;n Gronwetlike demokrasie vereis, nietemin, meer as die reg om die regering by naskoue te kritiseer.&#8221; Die Hof handhaaf hierdie siening ook Doctors for Life International v Speaker of the National Assembly &amp; Others.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Matatiele-\u00adsaak, merk Regter Sachs op dat die &#8220;opvatting dat &#8216;die regering van beter weet&#8217;&#8230; nie meer versoenbaar is met die demokratiese regering, gebaseer op die oppergesag van die reg, soos deur ons Grondwet in die vooruitsig gestel nie&#8221;. In terme van die Grondwet, moet die regering en sy verkose verteenwoordigers ten alle tye in staat wees om hulle besluite en optrede te verduidelik en te regverdig, op versoeke van die samelewing te reageer, toeganklik te wees vir die publiek en sy optrede en handelinge op &#8216;n oop en deursigtige wyse uit te voer. Dit is elkeen \u2013 insluitend die sakew\u00eareld \u2013 se grondwetlike reg en plig om die regering tot verantwoording te roep vir sy optrede. Ongeag of dit gaan om &#8216;n verduideliking waarom R250 miljoen van belastingbetalers se geld bestee word op die private woning van die President, of waarom R65 miljoen bestee word aan die opgradering van ministers en adjunkministers se amptelike wonings terwyl miljoene Suid-\u00adAfrikaanse lewe sonder die mees basiese behuising, sanitasie en water; of waarom meer as &#8216;n kwart van alle Suid-\u00adAfrikaners werkloos is en die basiese onderwysstelsel in chaos gedompel is. Kritiek op die regering se onvermo\u00eb om sy magte en pligte met verantwoordelikheid en volgens die verwagtinge van die kiesers uit te voer, is -\u00ad ten spyte van die ongenaakbaarheid daarvan -\u00ad nie verraderlik, onwettige of immoreel nie. In teendeel, dit is &#8216;n grondwetlike plig.<\/p>\n<p><em>Deur Adv Johan Kruger, Direkteur: Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">Foto: The Times (via&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.bdlive.co.za\/business\/financial\/2013\/01\/22\/anc-outrage-over-fnbs-arab-spring-ad-campaign\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">BDLive<\/a>)<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: left;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-12-maart-2008\/'>Toespraak: 12 Maart 2008<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 134.81K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-12-maart-2008\/?wpdmdl=4081&refresh=6a8661ee9c96d1787191790\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3353\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg\" alt=\"FNB\" width=\"200\" height=\"125\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB-300x188.jpeg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/> Ons woon in &#8216;n grondwetlike demokrasie waar mag ten alle tye deur die Grondwet ingeperk word, waar die regering onderhewig is aan die beginsels van verantwoordbaarheid, responsiewe ingesteldheid en deursigtigheid en waar elke burger die reg -\u00ad en plig -\u00ad het om deel te neem aan ons demokrasie. Ons woon in &#8216;n oop samelewing wat beskerm word deur &#8216;n Handves van Regte, met inbegrip van die reg op vryheid van uitdrukking en die reg om &#8216;n mening te handhaaf. Dit beteken dat dit elkeen vry staan om die regering te kritiseer -\u00ad veral wanneer daardie verkose verteenwoordigers versuim om op &#8216;n deursigtige en verantwoordbare wyse te reageer op die vertroue wat deur die kiesers in hulle geplaas is.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3353,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-3355","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons woon in &#039;n grondwetlike demokrasie waar mag ten alle tye deur die Grondwet ingeperk word, waar die regering onderhewig is aan die beginsels van verantwoordbaarheid, responsiewe ingesteldheid en deursigtigheid en waar elke burger die reg -\u00ad en plig -\u00ad het om deel te neem aan ons demokrasie. Ons woon in &#039;n oop samelewing wat beskerm word deur &#039;n Handves van Regte, met inbegrip van die reg op vryheid van uitdrukking en die reg om &#039;n mening te handhaaf. Dit beteken dat dit elkeen vry staan om die regering te kritiseer -\u00ad veral wanneer daardie verkose verteenwoordigers versuim om op &#039;n deursigtige en verantwoordbare wyse te reageer op die vertroue wat deur die kiesers in hulle geplaas is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-01-31T11:32:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"250\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE\",\"datePublished\":\"2013-01-31T11:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/\"},\"wordCount\":1065,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg\",\"datePublished\":\"2013-01-31T11:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg\",\"width\":400,\"height\":250,\"caption\":\"FNB\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Ons woon in 'n grondwetlike demokrasie waar mag ten alle tye deur die Grondwet ingeperk word, waar die regering onderhewig is aan die beginsels van verantwoordbaarheid, responsiewe ingesteldheid en deursigtigheid en waar elke burger die reg -\u00ad en plig -\u00ad het om deel te neem aan ons demokrasie. Ons woon in 'n oop samelewing wat beskerm word deur 'n Handves van Regte, met inbegrip van die reg op vryheid van uitdrukking en die reg om 'n mening te handhaaf. Dit beteken dat dit elkeen vry staan om die regering te kritiseer -\u00ad veral wanneer daardie verkose verteenwoordigers versuim om op 'n deursigtige en verantwoordbare wyse te reageer op die vertroue wat deur die kiesers in hulle geplaas is.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-01-31T11:32:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:36+00:00","og_image":[{"width":400,"height":250,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE","datePublished":"2013-01-31T11:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/"},"wordCount":1065,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/","name":"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg","datePublished":"2013-01-31T11:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/01\/FNB.jpeg","width":400,"height":250,"caption":"FNB"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/plig-om-regering-te-kritiseer-in-n-grondwetlike-demokrasie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN \u2019N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3355","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3355"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3355\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6459,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3355\/revisions\/6459"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3353"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3355"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3355"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3355"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}