{"id":3352,"date":"2013-04-26T13:34:00","date_gmt":"2013-04-26T11:34:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:36","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:36","slug":"vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">Vryheid beteken ongetwyfeld dat ons erkenning moet verleen aan die ongeregtighede van die verlede, en om diegene wat ons gehelp het om geregtigheid en vryheid in Suid-\u00adAfrika te bewerkstellig, te vereer. Dit beteken dat ons nie net diegene wat ons land opgebou en ontwikkel het -\u00ad en dit steeds doen -\u00ad moet respekteer nie, maar dat ons self daardie mense moet wees, wat glo dat Suid-\u00adAfrika aan almal behoort wat daarin woon, verenig in ons diversiteit. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">Vryheid in ons grondwetlike demokrasie beteken dat elke Suid-\u00adAfrikaner geregtig is op die regte wat in die Grondwet verskans word. Dit beteken ook dat almal dieselfde grondliggende beginsels van ons hoogste reg moet respekteer en volg: respek vir menswaardigheid, die behaling van gelykheid en die bevordering van menseregte en vryhede; nie-\u00adrassigheid en nie-\u00adseksisme; die oppergesag van die Grondwet en die reg; en universele stemreg, ten einde verantwoordingspligtigheid, \u2019n responsiewe ingesteldheid en openheid te verseker. Voormalige president Nelson Mandela het dit die beste verwoord toe hy ges\u00ea het &#8220;&#8230;om vry te wees beteken nie net dat \u2019n mens jou kettings afgooi nie, maar om s\u00f3 te lewe dat dit die vryheid van ander respekteer en bevorder &#8220;. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">Vryheid vereis van alle Suid-\u00adAfrikaners om aktiewe en verantwoordelike burgers te wees. In ons grondwetlike demokrasie -\u00ad \u2019n land wat slegs deur sy grondwetlike waardes, beginsels en regte beperk word -\u00ad is dit \u2019n reg, plig en verantwoordelikheid om te stem en verteenwoordigers te verkies. In beginsel is dit belangrik dat diegene wat die mense verteenwoordig, werklik die grondwetlike waardes, beginsels en regte namens elke Suid-\u00ad Afrikaner beskerm. Dit is nie net \u2019n reg nie, maar ook \u2019n plig om deel te neem aan die verkiesing van diegene wat oor Suid-\u00adAfrika moet regeer. Bowendien is dit ook \u2019n verantwoordelikheid -\u00ad nie net om te verseker dat mense wat integriteit en die belange van alle Suid-\u00adAfrikaners op die hart het, verkies word nie, maar ook om te verseker dat daardie leiers wat verkies word, steeds verantwoordelik gehou word, hul optrede deursigtig is en dat hulle \u2019n responsiewe ingesteldheid het met betrekking tot alles wat hulle doen. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">Dit is nie genoeg om aan verkiesings deel te neem en dan tot met die volgende verkiesing terug te sit en ten gunste van verkose verteenwoordigers afstand te doen van ons verantwoordelikheid as burgers nie. Ons moet voortdurend &#8216;n ho\u00ebr standaard aan ons verteenwoordigers en regering stel en meer van hulle verwag. Regter Sachs, namens die Konstitusionele Hof in die Doctors for Life-\u00adsaak, het ges\u00ea dat \u2019n voortdurende en aktiewe betrokkenheid deur die publiek \u2019n grondwetlike plig is en nie net &#8220;\u2019n geval van wetgewende etiket of goeie regeringsmaniere nie&#8221;. Gevolglik is grondwetlike waardes soos verantwoordingspligtigheid, \u2019n responsiewe ingesteldheid en openheid van nature alomteenwoordig en tydloos \u2013 ongeag die feit dat verkiesings periodies plaasvind: &#8220;They are constants of our democracy, to be ceaselessly asserted in relation to ongoing legislative and other activities of government. Thus it would be a travesty of our Constitution to treat democracy as going into a deep sleep after elections, only to be kissed back to short spells of life every five years&#8221;. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">Ons moet aandring op verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en \u2019n responsiewe ingesteldheid van diegene wat ons verteenwoordig -\u00ad en uiteindelik van die regering wat namens al die mense behoort te regeer. Benjamin Franklin se stelling dat &#8220;&#8230;diegene wat wesenlike vryheid kan opgee ten einde \u2019n bietjie tydelike veiligheid te bekom, nie vryheid \u00f3f veiligheid verdien nie&#8221; kan dalk effens hardvogtig wees, maar dit benadruk die belangrikheid daarvan om nie vryheid as vanselfsprekend te aanvaar nie, maar dit voortdurend te verdien -\u00ad veral wanneer daardie vryhede, soos die reg op gelykheid, toegang tot inligting, onderwys en gesondheidsdienste, nie deur die regering verwesenlik word nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">Wees \u2019n aktiewe burger -\u00ad of dit nou in jou gemeenskap, provinsie of op nasionale vlak is. Maak gebruik van jou grondwetlike regte -\u00ad as \u2019n individu, maar ook as \u2019n gemeenskap. Dien voorleggings in en maak aanbiedings aan jou plaaslike munisipaliteit, provinsiale wetgewer of nasionale Parlement, of dit nou geskrewe of mondelings is. Ondersteun daardie individue en organisasies wat aandring dat die regering sy optrede verduidelik en sy wette regverdig, maar moenie net van ander verwag om jou stem te wees en namens jou te praat nie. Lug jou bekommernisse, mening en konstruktiewe kritiek in jou gemeenskap, in die media en in die Parlement, provinsiale wetgewer en plaaslike regering. Neem verantwoordelikheid vir diegene vir wie jy gestem het, en dring aan op verantwoordbaarheid van diegene wat in ons verskeie regeringsfere regeer. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">Ons Grondwet is die basis vir \u2019n demokratiese en oop samelewing waar die regering gebaseer is op die wil van die mense en waar elke burger gelyke beskerming deur die reg geniet. Om die potensiaal te ontsluit en \u2019n lewensgehalte te verseker vir almal wat in Suid-\u00ad Afrika woon, moet ons onsself voortdurend herinner aan wat dit beteken om vry te wees en aan wat dit beteken om \u2019n keuse te h\u00ea ten opsigte van hoe daar oor ons regeer word. Op die eerste herdenking van Suid-\u00adAfrika se nie-\u00adrassige verkiesings op 27 April 1995, het voormalige president Mandela ges\u00ea: &#8220;Op hierdie dag het julle, die mense, jul toekoms in jul eie hande geneem. Julle het besluit dat niks julle daarvan sou weerhou om jul hard verdiende reg om \u2019n regering van jul keuse te verkies, uit te oefen nie. Jul geduld, jul dissipline, jul doelgerigtheid het \u2019n legende regoor die w\u00eareld geword&#8230;&#8221;. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">Op hierdie Vryheidsdag herdenk ons weereens die hard verdiende reg om \u2019n regering van ons keuse te verkies. Maar ons herdenk ook die vryheid om niks minder as verantwoordigingspligtigheid, deursigtigheid en \u2019n responsiewe ingesteldheid van ons verteenwoordigers te verwag nie -\u00ad en dat indien hierdie eienskappe kortkom, dit ons vry staan om ander verteenwoordigers te verkies wat aan ons geregverdigde verwagtinge sal voldoen.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><span style=\"font-size: 13px;\">Deur&nbsp;<span style=\"text-align: justify;\">Adv Johan Kruger, Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/span><\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">Foto: <a href=\"http:\/\/www.flickr.com\/photos\/mladjenovic_n\/3311502344\/\">Nebojsa Mladjenovic<\/a> \/ <a href=\"http:\/\/foter.com\/re\/c3af7d\">Foter.com<\/a> \/ <a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-nd\/2.0\/\">CC BY-NC-ND<\/a><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\"><span style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-25-junie-2009\/'>Toespraak: 25 Junie 2009<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 143.82K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toespraak-25-junie-2009\/?wpdmdl=4083&refresh=6a87da25e5d141787288101\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/span><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3350\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg\" alt=\"freedom-fence\" width=\"200\" height=\"150\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg 600w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Op 27 April -\u00ad Vryheidsdag -\u00ad herdenk ons Suid-\u00adAfrika se eerste demokratiese verkiesings, wat op hierdie dag in 1994 gehou is en gelei het tot die daarstelling van \u2019n nuwe demokratiese regering wat verteenwoordigend is van \u2019n staat wat gebaseer is op grondwetlikheid en die oppergesag van die reg. Vryheidsdag behels egter nie net die oorweging van dit wat vryheid in \u2019n grondwetlike demokrasie beteken nie, maar ook oor die erkenning van die verlede.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3350,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[141],"class_list":["post-3352","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-verantwoordbaarheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op 27 April -\u00ad Vryheidsdag -\u00ad herdenk ons Suid-\u00adAfrika se eerste demokratiese verkiesings, wat op hierdie dag in 1994 gehou is en gelei het tot die daarstelling van \u2019n nuwe demokratiese regering wat verteenwoordigend is van \u2019n staat wat gebaseer is op grondwetlikheid en die oppergesag van die reg. Vryheidsdag behels egter nie net die oorweging van dit wat vryheid in \u2019n grondwetlike demokrasie beteken nie, maar ook oor die erkenning van die verlede.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-04-26T11:34:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"450\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS\",\"datePublished\":\"2013-04-26T11:34:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/\"},\"wordCount\":996,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg\",\"keywords\":[\"Verantwoordbaarheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/\",\"name\":\"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg\",\"datePublished\":\"2013-04-26T11:34:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg\",\"width\":600,\"height\":450,\"caption\":\"freedom-fence\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS - FW de Klerk Foundation","og_description":"Op 27 April -\u00ad Vryheidsdag -\u00ad herdenk ons Suid-\u00adAfrika se eerste demokratiese verkiesings, wat op hierdie dag in 1994 gehou is en gelei het tot die daarstelling van \u2019n nuwe demokratiese regering wat verteenwoordigend is van \u2019n staat wat gebaseer is op grondwetlikheid en die oppergesag van die reg. Vryheidsdag behels egter nie net die oorweging van dit wat vryheid in \u2019n grondwetlike demokrasie beteken nie, maar ook oor die erkenning van die verlede.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-04-26T11:34:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:36+00:00","og_image":[{"width":600,"height":450,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS","datePublished":"2013-04-26T11:34:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/"},"wordCount":996,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg","keywords":["Verantwoordbaarheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/","name":"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg","datePublished":"2013-04-26T11:34:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/freedom-fence.jpg","width":600,"height":450,"caption":"freedom-fence"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-vereis-verantwoordelike-burgers\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3352","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3352"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3352\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6458,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3352\/revisions\/6458"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3350"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3352"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3352"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3352"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}