{"id":3319,"date":"2013-08-08T13:56:00","date_gmt":"2013-08-08T11:56:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:33","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:33","slug":"artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In die diskoers met betrekking tot geslagsbeleid neem ons dikwels die retoriek ten opsigte van die bemagtiging van vroue waar, by wyse van wetgewing en inisiatiewe deur die burgerlike samelewing om die lewens van vrouens te verbeter ten einde die uitdagings wat geslagsongelykheid inhou, aan te pak. Maar te dikwels word \u2019n noodsaaklike deel van sukses in sodanige pogings misgekyk. Die werklikheid is dat enige hoop vir die bevordering van vroueregte onlosmaaklik is van \u2019n noodsaaklike evolusie van die manlike houding teenoor vroue in die Suid-\u00adAfrikaanse samelewing. Ons moet dus nie vergeet van die ander, belangrike kant van die saak nie: mans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs is Phumzile Mlambo-\u00adNgcuka, Suid-\u00adAfrika se eerste vroulike adjunkpresident, aangestel as hoof van UN Women, wat ongetwyfeld \u2019n besonderse prestasie namens Suid-\u00ad Afrika is. Dit het gevolg op die aanstelling van voormalige Suid-\u00adAfrikaanse regter, Navanethem Pillay,as die VN se Ho\u00eb Kommissaris vir Menseregte in 2008. Dit is egter juis die probleem. Alhoewel die prestasies van me Mlambo-\u00adNgcuka en me Pillay, en die waardes van geslagsgelykheid en vroulike bemagtiging wat hierdie vroue verteenwoordig, werklik iets is om te bewonder, is dit maar slegs \u2019n uitsondering en nie die norm onder Suid-\u00adAfrikaanse vroue nie. Vroue in Suid-\u00adAfrika is onderworpe aan van die hoogste koerse van verkragting en geweld in die w\u00eareld. Die nood van hierdie vroue word dikwels met \u2019n mate van gelatenheid aanvaar wat die feit dat sodanige misbruik as alledaags beskou word, weerspie\u00ebl. \u2019n Mens dink hier aan name soos Eudy Simelane, Zoliswa Nkoyana en Anene Booysen. Interpol beweer dat \u2019n vrou wat in Suid-\u00adAfrika gebore word \u2019n groter kans staan om verkrag te word as om opgevoed te word. Hierdie donker gevolgtrekking is deels te dankie aan uitbuiting deur mans weens die ongelyke magsverhoudings wat tussen mans en vroue bestaan, en in daardie opsig is hierdie ongelykheid verantwoordelik vir voortdurende ondermyning van vroueregte en die welstand van ons vroulike vennote in die samelewing. Dit is nou die tyd om veral mans se norme en houdings met betrekking tot geslag te hervorm en hersien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geslagskompleks van mans en vroue bestaan nie in gemeenskaplike eksklusiwiteit nie -\u00ad mans speel \u2019n belangrike rol in die evolusie en vernuwing van geslagsidentiteit vir vroue, in die sin dat hulle reageer op veranderende norme van die geslagskompleks en dit soms versterk. Dit is in hierdie verband dat \u2019n simbiotiese verhouding na vore kom, waarvolgens een geslag nie in isolasie van die ander bestaan nie, en veranderinge in een groep sal vorm gee aan die ander. Mans ondergaan dikwels saam met vroue \u2019n sosiologiese transformasie in geslagsidentiteit. Dit lei egter nie noodwendig na aanvaarding aan die kant van mans wat die rol van vroue in die samelewing betref nie. Soos wat toenemende navorsing oor die onderwerp aandui, is bogenoemde dikwels die grondslag vir geslagsverwante geweld en ander skadelike optrede wat vroue daagliks bedreig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gevolglik is daar \u2019n ontluikende erkenning dat ons moet streef na die vestiging van \u2019n &#8220;nuwe normaal&#8221; en met mans as ons vennote, ten einde die verlangde vlak van vroueregte te bereik en om geweld teen vroue te verminder. Te dikwels word vroueregte gesien as \u2019n uitdaging vir vroue en as \u2019n stryd wat slegs ons vroue alleen moet verduur. Wat ons egter nodig het is vir mans om te erken dat hierdie uitdaging ook op hulle van toepassing is en dat mans \u2019n aktiewe rol kan speel in en voordeel kan trek uit die bevordering van vroueregte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie nie-\u00adregeringsorganisasies en belanghebbendes uit die burgerlike samelewing het reeds erken dat daar \u2019n behoefte is om die manlike kultuur te ondersoek, om die samestelling van die manlike identiteit te herdefinieer, en om mans in te lig oor hul rol in geslagsgelykheid. Programme soos die One Man Can-\u00adveldtog (Sonke Gender Justice Network) en die Men as Partners-\u00adprogram (EngenderHealth) is voorbeelde van sodanige inisiatiewe wat mans betrek in die proses om geslagsgelykheid te behaal. Grassroots-\u00ad programme het ten doel om mans as individue te be\u00efnvloed, met die fokus daarop dat verandering by die huis kan begin en dat dit \u2019n belangrike deel is van inisiatiewe ten opsigte van wetgewing wat druk plaas op mans om aan te pas by beleide wat op geslag gegrond is. Daar word aangevoer dat geslagsgelykheid sal lei tot \u2019n afname in geslagsverwante geweld, intieme verhoudingsgeweld, dwelmmisbruik en MIV\/Vigs -\u00ad alles welkome voordele vir die samelewing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is belangrik dat ons voortgaan om die ontwikkeling van programme aan te moedig wat sensitief is teenoor die manlike ervaring terwyl die verskillende en komplekse reaksies van mans teenoor geslagsverwante beleide in ag geneem word. Voorts is dit belangrik dat sodanige inisiatiewe nie ontwerp of beskou word as inisiatiewe wat teen mans is of wat mans se regte aanval, maar dat dit eerder in die belang van die bevordering van menseregte is, met inbegrip van die reg op gelykheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie pogings in isolasie is egter onvoldoende. Die regering moet \u2019n integrale rol speel in die behaling van geslagsgelykheid deur \u2019n raamwerk daar te stel waarvolgens waardes om vroue te beskerm, onderhou word -\u00ad enige wangedrag wat hierdie waardes skend moet lei tot vervolging en ernstige gevolge. In daardie mate is daar \u2019n behoefte aan groter klem op voorkomings-\u00ad en rehabilitasie-\u00admaatre\u00ebls wat belangrik is om geslagsverwante geweld te beveg. Huidige omstandighede noodsaak \u2019n proaktiewe benadering om mans wat moontlik geslagsverwante geweld kan pleeg, te ontmoedig, terwyl diegene wat reeds hierdie geweld gepleeg het, gerehabiliteer moet word om te verstaan dan dit eenvoudig onaanvaarbaar is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorts, as die ondertekenaar van streeks-\u00ad en internasionale instrumente wat ten doel het &nbsp;om geslagsgelykheid te bevorder -\u00ad met inbegrip van die Verdrag oor die Eliminasie van Alle Vorme van Diskriminasie teen Vroue -\u00ad moet die regering sy pogings verder as net hierdie onderneming uitbrei. Dit moet ook inisiatiewe wat op mans fokus in werking stel, monitor en evalueer ten einde geslagsgelykheid te verwesenlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die ander kant moet ons nie vergeet van die mans wat geslagsgelykheid steun en wat teen geslagsverwante geweld gekant is nie; maar hulle moet steeds bydra tot die verandering van die dinamika ten opsigte van geslag in die samelewing. Dit is belangrik dat hierdie mans meer gehoor en gesien word wat hul steun vir geslagsgelykheid betref. Hierdie mans kan dien as rolmodelle vir jong mans wat dikwels ge\u00efndoktrineer word in \u2019n kultuur van manlikheid wat floreer op die ondermyning en objektifisering van vroue en die goedkeuring en respek van ouer mans verlang, en ook vir ander mans, wat grootliks be\u00efnvloed word deur hoe hulle deur hul medemens beskou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op hierdie Vrouedag, terwyl ons tyd neem om die verlede te oorweeg, moet ons nie vergeet van die stryd wat steeds gevoer word nie, en moet ons kyk na die toekoms waar mans en vroue van Suid-\u00adAfrika gelyke vennote in ons samelewing kan wees. Die Grondwet vervat reeds die raamwerk vir sodanige toekoms, maar dis in ons hande om die raamwerk te verwesenlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Deur Sonya Kuki: intern, FW de Klerk Stigting<br \/>Sonya Kuki is \u2019n intern by die FW de Klerk Stigting en is verbonde aan die Council of Women World Leaders. Sy is tans besig met haar Meestersgraad in Internasionale Betrekkinge aan die Skool vir Internasionale en Openbare Betrekkinge aan die Universiteit van Columbia. Hierdie artikel is &#8216;n onafhanklike skrywe deur &#8216;n intern van die FW de Klerk Stigting, en weerspie\u00ebl die menings van die skrywer. Dit verteenwoordig nie noodwendig die mening van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, sy personeel of lede van sy paneel van deskundiges nie. Die Sentrum vir Grondwetlike Regte is egter verbind tot gesprekvoering ten opsigte van die bevordering en beskerming van die waardes, regte en beginsels wat in die Grondwet vervat is.<br \/><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/afrikaans-as-an-official-language-the-new-language-of-reconciliation-2\/'>ARTICLE: AFRIKAANS AS AN OFFICIAL LANGUAGE: THE NEW LANGUAGE OF RECONCILIATION?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 118.41K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/afrikaans-as-an-official-language-the-new-language-of-reconciliation-2\/?wpdmdl=4104&refresh=6aacb204777871789702660\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3317\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg\" alt=\"Womens Day\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg 600w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Op Vrouedag erken ons die prestasies van vroue wat oor die dekades groot vooruitgang gemaak het. Afgesien van hierdie prestasies, erken ons ook ons grondwetlike reg op menswaardigheid, gelykheid en fundamentele vryhede -\u00ad nie noodwendig as vrouens of mans nie, maar as gelykes voor die reg en die samelewing. Geslagsgelykheid is egter nie \u2019n reg waaruit slegs sekeres voordeel trek nie -\u00ad die bevordering, beskerming en verwesenliking van die regte wat in ons Handves van Regte vervat word is tot almal se voordeel. Die vryheid en sekuriteit van die persoon is \u2019n fundamentele reg waarvoor die Grondwet voorsiening maak, en is gegrond op die grondwetlike waardes van gelykheid, menswaardigheid en die bevordering van menseregte en vryhede. Maar het ons, en veral mans, \u2019n gelyke verstandhouding oor hierdie regte?<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3317,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[138],"class_list":["post-3319","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-geslagsgelykheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op Vrouedag erken ons die prestasies van vroue wat oor die dekades groot vooruitgang gemaak het. Afgesien van hierdie prestasies, erken ons ook ons grondwetlike reg op menswaardigheid, gelykheid en fundamentele vryhede -\u00ad nie noodwendig as vrouens of mans nie, maar as gelykes voor die reg en die samelewing. Geslagsgelykheid is egter nie \u2019n reg waaruit slegs sekeres voordeel trek nie -\u00ad die bevordering, beskerming en verwesenliking van die regte wat in ons Handves van Regte vervat word is tot almal se voordeel. Die vryheid en sekuriteit van die persoon is \u2019n fundamentele reg waarvoor die Grondwet voorsiening maak, en is gegrond op die grondwetlike waardes van gelykheid, menswaardigheid en die bevordering van menseregte en vryhede. Maar het ons, en veral mans, \u2019n gelyke verstandhouding oor hierdie regte?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-08-08T11:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS\",\"datePublished\":\"2013-08-08T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/\"},\"wordCount\":1296,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg\",\"keywords\":[\"Geslagsgelykheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/\",\"name\":\"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg\",\"datePublished\":\"2013-08-08T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:33+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg\",\"width\":600,\"height\":400,\"caption\":\"Womens Day\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS - FW de Klerk Foundation","og_description":"Op Vrouedag erken ons die prestasies van vroue wat oor die dekades groot vooruitgang gemaak het. Afgesien van hierdie prestasies, erken ons ook ons grondwetlike reg op menswaardigheid, gelykheid en fundamentele vryhede -\u00ad nie noodwendig as vrouens of mans nie, maar as gelykes voor die reg en die samelewing. Geslagsgelykheid is egter nie \u2019n reg waaruit slegs sekeres voordeel trek nie -\u00ad die bevordering, beskerming en verwesenliking van die regte wat in ons Handves van Regte vervat word is tot almal se voordeel. Die vryheid en sekuriteit van die persoon is \u2019n fundamentele reg waarvoor die Grondwet voorsiening maak, en is gegrond op die grondwetlike waardes van gelykheid, menswaardigheid en die bevordering van menseregte en vryhede. Maar het ons, en veral mans, \u2019n gelyke verstandhouding oor hierdie regte?","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-08-08T11:56:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:33+00:00","og_image":[{"width":600,"height":400,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS","datePublished":"2013-08-08T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/"},"wordCount":1296,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg","keywords":["Geslagsgelykheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/","name":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg","datePublished":"2013-08-08T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:33+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Foter_Womens_Day.jpg","width":600,"height":400,"caption":"Womens Day"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-vrouedag-oor-mans\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE VROUEDAG OOR MANS"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3319","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3319"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3319\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6449,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3319\/revisions\/6449"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3317"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3319"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3319"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3319"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}