{"id":3309,"date":"2013-09-24T13:30:10","date_gmt":"2013-09-24T11:30:10","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:32","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:32","slug":"the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/","title":{"rendered":"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens artikel 1 in die Manifes het dit ten doel om, onder andere, &#8220;\u2019n doeltreffende, bekwame en responsiewe staatsdiens&#8221; te verseker en om &#8220;die regte en verpligtinge van elk van die partye duidelik te stel&#8221;. Dit het ook ten doel om die staatsdiens te professionaliteit en uitmuntendheid in die staatsdiens aan te moedig, ten einde doeltreffende dienslewering te verseker soos vereis word deur die Grondwet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons verwelkom veral die bevestiging in die aanhef tot die Manifes &#8220;om die waardes en beginsels van openbare administrasie soos vervat in artikel 195 van die Grondwet en ander wette, beleide en raamwerke te handhaaf, asook die kommer wat uitgespreek word oor die toenemende voorkoms van korrupsie in die staatsdiens en die negatiewe uitwerking wat dit op die sosio-\u00ad\u2010ekonomiese en politieke landskap van die land het&#8221;. Die Manifes verklaar ook dat &#8220;lidmaatskap of nie-\u00ad\u2010lidmaatskap van \u2019n politieke party nie gebruik sal word as maatstawwe vir die aanstelling in die staatsdiens nie&#8221; en dit vereis van staatsamptenare om nie hul posisie in die staatsdiens te misbruik om die belange van enige politieke party of belangegroepe te bevoordeel of bevorder nie. Dus behoort die Manifes, as rigleiding vir goeie bestuur, \u2019n groot bydrae te maak ten einde \u2019n professionele, a-\u00ad\u2010politiese staatsdiens te verseker waar daar geen plek sal wees vir &#8220;kaderontplooiing&#8221;, korrupsie of ongrondwetlike optrede nie. Ingevolge artikel 195 van die Grondwet moet openbare administrasie bestuur word deur die demokratiese waardes en beginsels soos waarvoor in die Grondwet voorsiening gemaak word. In hierdie verband verskans artikel 1 die grondliggende waardes van menswaardigheid, die behaling van gelykheid en die bevordering van menseregte en vryheid; nie-\u00ad\u2010rassigheid en nie-\u00ad\u2010seksisme; die oppergesag van die Grondwet en die reg; en \u2019n veelpartystelsel van demokratiese regering ten einde verantwoordbaarheid, \u2019n responsiewe ingesteldheid en openheid te verseker. Daarbenewens bepaal artikel 7 dat die Handves van Regte \u2019n hoeksteen van demokrasie in Suid-\u00ad\u2010Afrika is en dat die staat gevolglik die regte in die Handves moet respekteer, beskerm, bevorder en daaraan uitvoering moet gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Artikel 195(1) bepaal ook, benewens hierdie grondliggende waardes en beginsels, dat openbare administrasie deur die volgende beheer moet word:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">a. \u2019n Ho\u00eb standaard van professionele etiek moet beskerm en gehandhaaf word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">b. Doeltreffende, ekonomiese en behendige gebruik van hulpbronne moet bevorder word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">c. Openbare administrasie moet op ontwikkeling fokus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">d. Dienste moet onpartydig, regverdig, billik en sonder vooroordeel gelewer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">e. Ag moet geslaan word op mense se behoeftes en die publiek moet aangemoedig word om aan beleidmaking deel te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">f. Openbare administrasie moet verantwoordbaar wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">g. Deursigtigheid moet gehandhaaf word deur die daarstelling van gereelde, toeganklike en akkurate inligting.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">h. Goeie bestuur van menslike hulpbronne en praktyke met betrekking tot loopbaanontwikkeling moet bevorder word ten einde menslike potensiaal te ontgin, moet bevorder word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">i. Openbare administrasie moet in die bre\u00eb verteenwoordigend wees van die Suid-\u00adAfrikaanse mense, met praktyke ten opsigte van indiensneming-\u00ad\u2010 en personeelbestuur wat gebaseer is op vermo\u00eb, objektiwiteit, regverdigheid en die behoefte om die wanbalans van die verlede reg te stel ten einde bre\u00eb verteenwoordiging te behaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ingevolge artikel 195(2) is hierdie waardes en beginsels wat openbare administrasie beheer, van toepassing op administrasie in elke sfeer van die regering, op alle staatsorgane en openbare ondernemings. Dit sluit duidelik ook die Kabinet en die adjunkministers in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Artikel 197 het weer spesifiek te make met die staatsdiens en bepaal dat daar \u2019n staatsdiens in openbare administrasie moet wees wat ingevolge nasionale wetgewing moet funksioneer en gestruktureer moet wees, en wat op lojale wyse die wettige beleide van die regering van die dag moet uitvoer. Artikel 197(2) verklaar dat die terme en voorwaardes van indiensneming in die staatsdiens gereguleer moet word deur nasionale wetgewing, onderhewig aan artikel 197(4), wat bepaal dat provinsiale regerings verantwoordelik is vir die indiensneming, aanstelling, bevordering en ontslag van lede van die staatsdiens in hul administrasies binne \u2019n raamwerk van eenvormige norme en standaarde wat op die staatsdiens van toepassing is. Meer belangrik, en in ooreenstemming met die beginsel van die skeiding van party en staat, bepaal artikel 197(3) dat &#8220;geen werknemer van die staatsdiens voorkeurbehandeling mag ontvang of bevoordeel mag word slegs vanwe\u00eb daardie persoon se steun aan \u2019n sekere party of veldtog gee nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel dit ingevolge artikel 3.1 van die Manifes dien as \u2019n maatskaplike kontrak, verbintenis en ooreenkoms tussen die staat en staatsamptenare, is dit steeds onderhewig aan die bepalings in die Grondwet, tersaaklike wetgewing en regeringsbestuur. Daarbenewens, ongeag hierdie ooreenkoms, is dit steeds die grondwetlike verantwoordelikheid van die uitvoerende gesag om te verseker dat openbare administrasie, met inbegrip van die staatsdiens, alle staatsorgane en openbare ondernemings -\u00ad\u2010 om op \u2019n verantwoordbare, deursigtige wyse en met \u2019n responsiewe ingesteldheid optree. Die Sentrum verwelkom egter steeds hierdie inisiatief en die regering se verbintenis tot \u2019n staatsdiens wat die waardes van die Grondwet respekteer, en daardie werknemers wat aangestel word op grond van vermo\u00eb, objektiwiteit en regverdigheid, en nie bloot om die demografie van die samelewing te weerspie\u00ebl nie.<\/p>\n<p><em>Deur Adv Johan Kruger, Direkteur: Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[Photo Source:&nbsp;Trevor Samson \/ Business Day]<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/fw-de-klerk-foundation-terms-conditions\/'>FW DE KLERK FOUNDATION: TERMS & CONDITIONS<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 119.96K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/fw-de-klerk-foundation-terms-conditions\/?wpdmdl=4099&refresh=6a88115cbc5cb1787302236\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 13px;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3307\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg\" alt=\"Lindiwe-Sisulu\" width=\"200\" height=\"135\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg 350w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu-300x202.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die bekendstelling van die Manifes vir die Staatsdiens (die Manifes) deur die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie, Lindiwe Sisulu, en loof die Minister vir hierdie inisiatief, wat die verantwoordbaarheid, deursigtigheid en responsiewe ingesteldheid van die openbare administrasie en die staatsdiens hopelik sal verbeter.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3307,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[141],"class_list":["post-3309","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-verantwoordbaarheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die bekendstelling van die Manifes vir die Staatsdiens (die Manifes) deur die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie, Lindiwe Sisulu, en loof die Minister vir hierdie inisiatief, wat die verantwoordbaarheid, deursigtigheid en responsiewe ingesteldheid van die openbare administrasie en die staatsdiens hopelik sal verbeter.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-09-24T11:30:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"350\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"236\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS\",\"datePublished\":\"2013-09-24T11:30:10+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/\"},\"wordCount\":842,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg\",\"keywords\":[\"Verantwoordbaarheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/\",\"name\":\"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg\",\"datePublished\":\"2013-09-24T11:30:10+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg\",\"width\":350,\"height\":236,\"caption\":\"Lindiwe-Sisulu\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die bekendstelling van die Manifes vir die Staatsdiens (die Manifes) deur die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie, Lindiwe Sisulu, en loof die Minister vir hierdie inisiatief, wat die verantwoordbaarheid, deursigtigheid en responsiewe ingesteldheid van die openbare administrasie en die staatsdiens hopelik sal verbeter.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-09-24T11:30:10+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:32+00:00","og_image":[{"width":350,"height":236,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS","datePublished":"2013-09-24T11:30:10+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/"},"wordCount":842,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg","keywords":["Verantwoordbaarheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/","name":"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg","datePublished":"2013-09-24T11:30:10+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Lindiwe-Sisulu.jpg","width":350,"height":236,"caption":"Lindiwe-Sisulu"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/the-cfcr-welcomes-launch-of-public-service-charter-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"VERKLARING DIE SGR VERWELKOM BEKENDSTELLING VAN DIE MANIFES VIR DIE STAATSDIENS"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3309","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3309"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3309\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6447,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3309\/revisions\/6447"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3307"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3309"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3309"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3309"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}