{"id":3305,"date":"2013-09-05T13:49:00","date_gmt":"2013-09-05T11:49:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:31","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:31","slug":"bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/","title":{"rendered":"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die saak het voor die hof gedien as gevolg van die skoolbeheerliggame van die twee openbare skole (Ho\u00ebrskool Welkom en Ho\u00ebrskool Harmonie) wat beleide aanvaar het waarvolgens swanger leerders daarvan weerhou sou word om skool by te woon. Twee leerders is &#8211; as gevolg van die onderskeie beleide &#8211; daarvan weerhou om skool by te woon omdat hulle swanger was. Die HDO was van mening dat die beleide of tersaaklike gedeeltes van die beleide sekere bepalings van die Grondwet, tersaaklike onderwyswetgewing asook die beleid van die provinsiale departement van onderwys oorskry het. Hy het gevolglik ingegryp in die saak en die skoolhoofde beveel om die leerders weer toe te laat, wat weens die beleide uitgesluit was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skole het daarna aansoek gedoen om \u2019n interdik ten einde die hdo te verhoed om in te meng by die uitvoering van die beleide, en beide die Ho\u00eb Hof en die App\u00e8lhof het bevind dat die departement van onderwys in die Vrystaat geen gesag of mag gehad het om die skoolhoofde te beveel om in stryd met die beleid wat hul onderskeie skole se beheerliggame aanvaar het, op te tree nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die meerderheidsuitspraak wat deur regter Sisi Khampepe (adjunkhoofregter Moseneke en regter Van der Westhuizen het saamgestem) voorgelees is, het die Hof beslis dat, selfs al het die HDO in die Vrystaat goeie bedoelings gehad, kan staatsfunksionarisse slegs op s\u00f3 \u2019n wyse optree wat met die bepalings van die Skolewet, Wet 84 van 1996 (die Wet) ooreenstem en dat &#8211; in hierdie geval &#8211; aangesien die HDO sy toesighoudende gesag in stryd met die Wet uitgeoefen het, sy optrede onwettig was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die een kant het die Vrystaatse HDO aangevoer dat die skoolbeheerliggame geen mag gehad het om beleide te maak wat vereis dat leerders daarvan weerhou moet word om skool by te woon nie, en het gepoog om sy ingryping te regverdig omdat hy die leerders in staat wou stel om weer terug te keer skool toe. Aan die ander kant het die skoolbeheerliggame aangevoer dat hulle die mag het om die beleide ten opsigte van swangerskap te aanvaar en toe te pas en dat die Vrystaase HDO geen mag of reg gehad het om die skoolhoofde te beveel om in stryd met daardie beleide op te tree nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die Hof saamgestem het en bevestig het dat die skole die mag het om sodanige beleide te aanvaar en toe te pas, het dit beveel dat die skole die beleide hersien in casu aangesien sekere dele daarvan diskriminerend is. Die Hof het ook bevind dat Malope &#8211; as HDO &#8211; nie die regte prosedure gevolg het soos in die Wet uiteengesit is nie. Dit is in hierdie opsig dat die beslissing sekere belangrike beginsels herbevestig: die behoefte aan skoolbeheerliggame se beleide om aan grondwetlike waardes, beginsels en regte te voldoen, die outonomie van skoolbeheerliggame asook die belangrikheid en omvang van toesighoudende uitvoerende gesag (in hierdie geval die Vrystaatse departement van onderwys).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Hof het verskillende menings oor die saak gehad, met regters Froneman en Skweyiya wat \u2019n afsonderlike uitspraak geskryf het wat met die beslissing saamstem (met regters Moseneke en Van der Westhuizen wat saamstem) en regter Zondo wat \u2019n minderheidsuitspraak gelewer het met regters Mogoeng CJ, Jafta J en Nkabinde J wat saamgestem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minderheidsuitspraak sou die app\u00e8laansoek gehandhaaf het en aangevoer het dat die skoolbeheerliggame se beleide ten opsigte van swanger leerders ongrondwetlik was en dat die uitsluiting van \u2019n swanger leerder van skool onregverdigbaar is, op die basiese reg op onderwys en gelykheid inbreuk maak en dat HDO gevolglik nie net geregtig nie, maar ook verplig was om op te tree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die minderheidsuitspraak kennis neem van die feit dat die beleide op onregverdigbare wyse inbreuk maak op sekere grondwetlike regte van die leerders, het dit nie net gefouteer deur te versuim om die outonomie van die skoolbeheerliggame om beleide te aanvaar en skole op doeltreffende wyse te administreer soos in die Wet bepaal te erken nie, maar dit skep ook die indruk dat onderwysdepartemente instruksies aan skole en skoolhoofde kan uitreik selfs indien die instruksies nie aan prosedure voldoen of met die reg oorstem nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Hof se meerderheidsuitspraak vervat \u2019n meer gebalanseerde en goed deurdrenkte benadering tot verskeie belange in die saak.&nbsp;Die beslissing bevestig die outonomie van skoolbeheerliggame om beleide te aanvaar en om skole op doeltreffende wyse te administreer, sonder om onderhewig te wees aan ongemagtigde inmenging soos waarvoor die Wet voorsiening maak. Die beslissing bevestig ook dat onderwysdepartemente nie net instruksies aan skole en skoolhoofde kan gee waar hierdie instruksies nie in ooreenstemming met prosedure of die reg is nie. Terselfdertyd verleen die hof &#8211; deur te vra vir \u2019n hersiening van die tersaaklike beleide &#8211; genoegsame erkenning en beskerming aan die grondwetlike regte van die swanger leerders wat daarvan weerhou is om skool by te woon ingevolge die beleide. Hierdie regte sluit in die reg op onderwys ingevolge artikel 29 van die Grondwet en die reg om nie teen gediskrimineer te word nie ingevolge artikel 9(4) van die Grondwet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beslissing het betrekking op die dikwels brose interaksie tussen die regte en funksies van skoolbeheerliggame aan die een kant, en tersaaklike departemente van onderwys aan die ander kant. Die Hof het dit duidelik gemaak dat dit uiters belangrik is &#8211; soos weerspie\u00ebl in die meerderheids- en minderheisuitspraak &#8211; dat alle tersaaklike belanghebbendes in onderwys met mekaar skakel, soos bepaal in die Wet, op betekenisvolle wyse soos vereis deur die beginsel van samewerkende regering. Die Hof het ook benadruk dat daar \u2019n grondwetlike plig op alle partye is om ter goede trou met mekaar te skakel wat aangeleenthede van onderwys betref, voordat die howe genader word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">S\u00f3 \u2019n benadering (gegewe ander huidige aangeleenthede met in begrip van toelatings- en taalbeleide waarby skoolbeheerliggame en onderwysdepartemente betrokke is) sal sekerlik uitvoering gee aan die beste belange van kinders &#8211; veral ten opsigte van aangeleenthede waarby kinders betrokke is, soos uiteengesit in artikel 28(2) van die Grondwet.<\/p>\n<p><em>Deur Adv Jacques du Preez, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[Photo: Chris Kirchhoff\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.mediaclubsouthafrica.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">MediaClubSouthAfrica<\/a>]<\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-future-of-south-africa\/'>THE FUTURE OF SOUTH AFRICA<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 143.55K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-future-of-south-africa\/?wpdmdl=4092&refresh=6a89a5665d07d1787405670\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3083\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg\" alt=\"ConCourt MCSA\" width=\"200\" height=\"130\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg 320w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA-300x195.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Verlede week het die Konstitusionele Hof uitspraak gelewer waarin dit \u2019n aansoek om app\u00e8l van die App\u00e8lhof van die hand gewys het en twee Vrystaatse ho\u00ebrskole beveel het om hul beleide ten opsigte van swangerskap te heroorweeg. Die saak het ook gewys op die magte van \u2019n hoof van die provinsiale departement van onderwys (HDO) om instruksies aan skoolhoofde van openbare skole te gee om in stryd met skoolbeleide op tree wat deur die beheerliggame van sodanige skole aanvaar is.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3083,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[142],"class_list":["post-3305","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-onderwys"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Verlede week het die Konstitusionele Hof uitspraak gelewer waarin dit \u2019n aansoek om app\u00e8l van die App\u00e8lhof van die hand gewys het en twee Vrystaatse ho\u00ebrskole beveel het om hul beleide ten opsigte van swangerskap te heroorweeg. Die saak het ook gewys op die magte van \u2019n hoof van die provinsiale departement van onderwys (HDO) om instruksies aan skoolhoofde van openbare skole te gee om in stryd met skoolbeleide op tree wat deur die beheerliggame van sodanige skole aanvaar is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-09-05T11:49:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"320\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"208\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE\",\"datePublished\":\"2013-09-05T11:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/\"},\"wordCount\":1028,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg\",\"keywords\":[\"Onderwys\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/\",\"name\":\"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg\",\"datePublished\":\"2013-09-05T11:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:31+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg\",\"width\":320,\"height\":208,\"caption\":\"ConCourt MCSA\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Verlede week het die Konstitusionele Hof uitspraak gelewer waarin dit \u2019n aansoek om app\u00e8l van die App\u00e8lhof van die hand gewys het en twee Vrystaatse ho\u00ebrskole beveel het om hul beleide ten opsigte van swangerskap te heroorweeg. Die saak het ook gewys op die magte van \u2019n hoof van die provinsiale departement van onderwys (HDO) om instruksies aan skoolhoofde van openbare skole te gee om in stryd met skoolbeleide op tree wat deur die beheerliggame van sodanige skole aanvaar is.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-09-05T11:49:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:31+00:00","og_image":[{"width":320,"height":208,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE","datePublished":"2013-09-05T11:49:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/"},"wordCount":1028,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg","keywords":["Onderwys"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/","name":"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg","datePublished":"2013-09-05T11:49:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:31+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/02\/ConCourt_MCSA.jpg","width":320,"height":208,"caption":"ConCourt MCSA"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-n-regverdige-beslissing-wat-n-balans-tref-tussen-die-regte-van-skoolbeheerliggame-en-departementshoofde\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"BESPREKING VAN HOFSAAK: \u2019N REGVERDIGE BESLISSING WAT \u2019N BALANS TREF TUSSEN DIE REGTE VAN SKOOLBEHEERLIGGAME EN DEPARTEMENTSHOOFDE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3305","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3305"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3305\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6445,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3305\/revisions\/6445"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3083"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3305"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3305"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3305"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}