{"id":3304,"date":"2013-10-07T12:51:48","date_gmt":"2013-10-07T10:51:48","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:31","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:31","slug":"bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/","title":{"rendered":"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aangeleentheid betrek die Prim\u00eare Skool Rivonia, \u2019n Engelsmedium-\u00adstaatskool in Johannesburg. In 2012 het die App\u00e8lhof \u2019n vroe\u00ebr beslissing deur die Ho\u00eb Hof omgekeer deur te beslis dat die Skoolbeheerliggaam binne sy regte opgetree het om toegang aan \u2019n leerder in Graad 1 te weier op grond daarvan dat die skool vol was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2010 het \u2019n voornemende leerder in Graad 1 nie daarin geslaag om plek te kry in daardie skool vir die 2011-\u00adakademiese jaar nie, en is op \u2019n waglys geplaas. Volgens die skool het dit sy sitplekkapasiteit van 120 leerders in die graad bereik, soos in die toelatingsbeleid bepaal word. Die ma van die leerder was ongelukkig hiermee en het eers by die Departement van Onderwys daaroor gekla, en toe ook daarteen geappelleer by die LUR vir Onderwys in Gauteng. Gevolglik is die aangeleentheid verder gevat deur die LUR vir Onderwys in Gauteng, wat toe die skoolhoof aanges\u00ea het om die leerder toe te laat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Gautengse Hoof van die Departement van Onderwys (HDO) het toe daarna bedoel om die skoolhoof se bevoegdhede ten opsigte van toelating terug te trek en te delegeer aan \u2019n ander amptenaar. Die Departement se verteenwoordigers het beheer geneem van die situasie en gevolglik die leerder fisies in een van die skool se Graad 1-klaskamers geplaas, by \u2019n le\u00eb tafel wat ge\u00efnstalleer is vir \u2019n leerder met aandag-\u00ad en leerprobleme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skool het toe die Suid-\u00adGautengse Ho\u00eb Hof (die Ho\u00eb Hof) in Johannesburg genader om regshulp ten opsigte van die Departement se besluit om die skool se toelatingsbeleid nietig te verklaar, die gedwonge toelating van die leerder, sowel as die onttrekking van die skoolhoof se bevoegdhede met betrekking tot toelating.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skool het sy argument gegrond op die magte wat aan beheerliggame toegeken word ingevolge artikel 5(5) van die Suid-\u00adAfrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (Skolewet), wat bepaal:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Behoudens hierdie Wet en enige toepaslike provinsiale wet word die toelatingsbeleid van \u2019n openbare skool deur die beheerliggaam van sodanige skool bepaal.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ho\u00eb Hof het tot die gevolgtrekking gekom dat die LUR in Gauteng die finale arbitreer is ten opsigte van of \u2019n leerder tot \u2019n staatskool toegelaat kan word, en dat die Departement die mag het om in te gryp waar nodig ten einde te verseker dat kinders wie se toegang tot skool bedreig word, geakkommodeer moet word. Op grond van die feite van die huidige saak, was die Hof oortuig dat die Departement regverdig en redelik opgetree het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skool was nie tevrede met die uitslag nie en het na die App\u00e8lhof geappelleer. Daardie hof het die aansoek om app\u00e8l gehandhaaf, en het verklaar dat die instruksie wat aan die skoolhoof gegee is om die leerder toe te laat, in teenstelling met die skool se toelatingsbeleid, onwettig is, en so ook die plasing van die leerder in die skool.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Hof het aangevoer dat artikel 5(5) van die Skolewet duidelik daarvoor voorsiening maak dat die toelatingsbeleid van \u2019n skool deur sy beheerliggaam bepaal word, en dat dit noodwendig die bepaling van kapasiteit behels. Die LUR vir Onderwys in Gauteng het egter aangevoer dat sodanige besluite nie by die skoolbeheerliggame moet berus nie, omdat provinsiale onderwysowerhede moet verseker dat alle kinders die reg op onderwys moet geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlof tot app\u00e8l na die Konstitusionele Hof is aan die LUR toegestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die LUR het die App\u00e8lhof gefouteer in sy uitleg van die bepalings in die Skolewet. Terwyl die LUR nie meer aanvoer dat die beheerliggaam van \u2019n skool daarop geregtig is om die kapasiteit van die skool te bepaal as deel van sy toelatingsbeleid nie, het hy aangevoer dat dit nie oorbeklemtoon moet word nie. Hulle het voorts aangevoer dat, alhoewel die beheerliggaam toelatingsbeleide maak, die Skolewet en provinsiale wetgewing dit duidelik stel dat \u2019n besluit om \u2019n leerder op skoolvlak af te keur nooit finaal is nie, maar dat dit eerder onderhewig is aan die bevestiging van die Departement.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die LUR het aangevoer dat hierdie uitleg van die toepaslike statut\u00eare raamwerk vereis word deur artikel 39(2) van die Grondwet, gelees saam met die fundamentele regte op gelykheid en onderwys, en die pligte van die staat om &#8220;die volle spektrum van regte in die Handves van Regte te respekteer, beskerm, bevorder en verwesenlik&#8221;. Daar is aangevoer dat dit die geval is omdat die fundamentele regte op onderwys en gelykheid vereis dat die kapasiteit van \u2019n skool uiteindelik bepaal word op sistemiese vlak deur \u2019n provinsiale onderwysdepartement, en nie op die vlak van \u2019n individuele skool deur sy beheerliggaam nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skool het die App\u00e8lhof se redenasie gesteun dat die mag om die kapasiteit van \u2019n skool te bepaal volgens die Skolewet berus by die skoolbeheerliggaam. Hulle het aangevoer dat die applikante se uitleg van die Gautengse Regulasies in teenstryd is met nasionale wetgewing, en dat die nasionale wetgewing voorrang moet geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skool het aangevoer dat die HDO in Gauteng in ieder geval nie die reg gehad het om die toelatingsbeleid eenvoudig te ignoreer en die skoolhoof te beveel om die leerder toe te laat nie, en dat die HDO stappe moes gedoen het om die toelatingsbeleid ter syde te stel of om die bevoegdhede van die skoolbeheerliggaam van die Prim\u00eare Skool Rivonia terug te trek, aangesien dit meer in ooreenstemming sou gewees het met sy amptelike optrede met betrekking tot die bepalings in die Skolewet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2019n uitspraak wat deur waarnemende regter Mhlantla geskryf is, het die meerderheid van die Konstitusionele Hof tot die gevolgtrekking gekom dat die skoolbeheerliggaam, ingevolge die Skolewet, wel die kapasiteit mag bepaal as deel van sy toelatingsbeleid, maar dat hierdie mag onderhewig is aan ander bepalings in die Skolewet, wat verklaar dat die Departement uiteindelike beheer het oor die inwerkingstelling van toelatingsvereistes. Sodoende het die Hof beslis dat die HDO die mag het om die leerder toe te laat en dat die bepaling van kapasiteit soos uiteengesit in die skool se toelatingsbeleid, nie op onbuigbare wyse die diskresie van die hoof van die departement van onderwys mag beperk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meerderheid het egter bevind dat in hierdie geval, die HDO nie sy mag soos uiteengesit in die Skolewet uitgeoefen het op \u2019n prosedureel regverdige wyse nie. In hierdie geval beteken dit dat die HDO en die LUR die nodige stappe moes gedoen het en prosedures moes gevolg het soos in die Skolewet uiteengesit is, voordat dit ingegryp het op die wyse wat dit het. Dit is belangrik vir skoolbeheerliggame aangesien dit beteken dat die regering nie op arbitr\u00eare wyse mag optree nie -\u00ad en indien dit doen, kan dit op hersiening ter syde gestel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar die Skolewet dus \u2019n beheerliggaam bemagtig om beleid te bepaal ten opsigte van \u2019n spesifieke aspek van die skool se funksionering, kan \u2019n hoof van \u2019n departement of ander staatsinstelling nie eenvoudig die beleid nietig verklaar of in teenstelling daarmee optree nie, soos wat dit hier die geval was nie. Afgesien van regverdige administratiewe optrede aan die kant van die regering, maak hierdie bepaling ook voorsiening vir \u2019n drukklep wanneer daar \u2019n dispuut is tussen die skool (of sy skoolbeheerliggaam) en die HDO of LUR rakende toelatings. Met eerste oogopslag blyk dit om die doodsklok te lui vir skoolbeheerliggame se bevoegdhede om toelatingsbeleide te bepaal. Dit is egter nie die geval nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitspraak is goed gebalanseerd aangesien dit aan die een kant die regsposisie en raamwerk vir skoolbeheerliggame bevestig om toelatingsbeleide te bepaal ingevolge die Skolewet, en op s\u00f3 \u2019n wyse dat dit nie afbreek doen aan skole en hul beheerliggame se bevoegdhede om dit wel te doen nie. Aan die ander kant balanseer die uitspraak daardie reg en vermo\u00eb deur te verklaar dat alhoewel die hoof van die departement van onderwys (Gauteng in di\u00e9 geval) die reg het om \u2019n leerder toe te laat ten spyte van die skool se toelatingsbeleid, sodanige mag op \u2019n prosedureel regverdige wyse uitgeoefen moet word. Die uitspraak is belangrik vir staatskole aangesien hul vermo\u00eb om uitstekende nie-\u00adrassige onderwys te bied direk afhanklik kan wees van hul mag op kapasiteit te bepaal en om te kan bepaal wanneer skole vol is. Die dispuut het ook verskeie kwessies na vore te bring: die reg van leerders op toegang tot basiese onderwys en die tref van \u2019n geskikte balans tussen die magte en pligte van provinsiale departement en skoolbeheerliggame. Die belange van ouers betreffende die gehalte van hul kinders se onderrig kom ook hier ter sprake, sowel as die staat se plig om te verseker dat alle leerders toegang het tot basiese onderwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet ook probeer in gedagte hou dat die oplossing van swak onderwys nie gebaseer kan word op pogings om soveel leerders as moontlik in skole te druk wat reeds gehalte onderrig lewer nie, maar eerder dat onderwysdepartemente meer en beter skole moet lewer -\u00ad sodat alle leerders toegang tot gehalte onderwys sal h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Hof het beide partye daaraan herinner dat die Grondwet ons voorsien van die verwysingspunt -\u00ad beste belange van ons kinders -\u00ad en het ook verklaar dat die probleme begin wanneer ons daardie verwysingspunt uit die oog verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regter Mhlantla het die partye daaraan herinner dat situasies vermy moet word waar partye behep raak met die mag om die laaste s\u00ea te h\u00ea, eerder as die bou van vennootskappe ten einde aan die opvoedkundige behoeftes van kinders te voldoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laastens het die Hof aangevoer dat samewerking die verpligte norm is in dispute tussen skoolbeheerliggame en die nasionale of provinsiale regering. Sodanige samewerking is gebaseer op die gesamentlike grondwetlike doel om te verseker dat die beste belange van leerders bevorder word en dat die reg op basiese onderwys verwesenlik word.<\/p>\n<p><em>Deur Adv Jacques du Preez, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[Photo credit:&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.flickr.com\/photos\/tomsly\/87973199\/\">thomas_sly<\/a> \/&nbsp;<a href=\"http:\/\/foter.com\/re\/699b69\">Foter<\/a> \/&nbsp;<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by\/2.0\/\">CC BY<\/a>]<\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-future-of-south-africa\/'>THE FUTURE OF SOUTH AFRICA<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 143.55K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-future-of-south-africa\/?wpdmdl=4092&refresh=6a875163e38c71787253091\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2709\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg\" alt=\"Foter school kids\" width=\"200\" height=\"133\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg 600w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Die Konstitusionele Hof het op 3 Oktober 2013 \u2019n aansoek om app\u00e8l teen \u2019n beslissing van die App\u00e8lhof gedeeltelik gehandhaaf, wat uiters belangrik is vir die Suid-\u00adAfrikaanse onderwys, skoolbeheerliggame, asook enkelmedium-\u00adstaatskole.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aangeleentheid het betrekking gehad op die bepaling van die vraag oor wie die laaste s\u00ea het wanneer toelatingsbeleide in staatskole vasgestel word: skole en hul skoolbeheerliggame, of provinsiale departemente van onderwys?<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2709,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[142],"class_list":["post-3304","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-onderwys"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Konstitusionele Hof het op 3 Oktober 2013 \u2019n aansoek om app\u00e8l teen \u2019n beslissing van die App\u00e8lhof gedeeltelik gehandhaaf, wat uiters belangrik is vir die Suid-\u00adAfrikaanse onderwys, skoolbeheerliggame, asook enkelmedium-\u00adstaatskole. Die aangeleentheid het betrekking gehad op die bepaling van die vraag oor wie die laaste s\u00ea het wanneer toelatingsbeleide in staatskole vasgestel word: skole en hul skoolbeheerliggame, of provinsiale departemente van onderwys?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-10-07T10:51:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA\",\"datePublished\":\"2013-10-07T10:51:48+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/\"},\"wordCount\":1637,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg\",\"keywords\":[\"Onderwys\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/\",\"name\":\"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg\",\"datePublished\":\"2013-10-07T10:51:48+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:31+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg\",\"width\":600,\"height\":400,\"caption\":\"Foter school kids\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Konstitusionele Hof het op 3 Oktober 2013 \u2019n aansoek om app\u00e8l teen \u2019n beslissing van die App\u00e8lhof gedeeltelik gehandhaaf, wat uiters belangrik is vir die Suid-\u00adAfrikaanse onderwys, skoolbeheerliggame, asook enkelmedium-\u00adstaatskole. Die aangeleentheid het betrekking gehad op die bepaling van die vraag oor wie die laaste s\u00ea het wanneer toelatingsbeleide in staatskole vasgestel word: skole en hul skoolbeheerliggame, of provinsiale departemente van onderwys?","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2013-10-07T10:51:48+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:31+00:00","og_image":[{"width":600,"height":400,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"8 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA","datePublished":"2013-10-07T10:51:48+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/"},"wordCount":1637,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg","keywords":["Onderwys"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/","name":"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg","datePublished":"2013-10-07T10:51:48+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:31+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Foter_school_kids.jpg","width":600,"height":400,"caption":"Foter school kids"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsaak-skoolbeheerliggame-en-die-toelatingsbeleid-lur-vir-onderwys-in-gauteng-v-primere-skool-rivonia\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"BESPREKING VAN HOFSAAK: SKOOLBEHEERLIGGAME EN DIE TOELATINGSBELEID: LUR VIR ONDERWYS IN GAUTENG V PRIM\u00caRE SKOOL RIVONIA"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3304","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3304"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3304\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6444,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3304\/revisions\/6444"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2709"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3304"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3304"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3304"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}