{"id":3285,"date":"2014-02-13T13:56:00","date_gmt":"2014-02-13T11:56:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:28","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:28","slug":"artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die aanhef van di\u00e9 Wetsontwerp het dit ten doel om uitvoering aan artikel 9 van die Grondwet te gee deur voorsiening te maak vir \u2019n regsraamwerk ten einde die bemagtiging van vroue, sowel as geslagsgelykheid, te bevorder. Die Wetsontwerp poog gevolglik om \u2019n wetgewende raamwerk daar te stel wat die plek inneem van alle ander wetgewing betreffende die bevordering van vroue, klaarblyklik op \u2019n wyse wat di\u00e9 bestaande wetgewing nie in ag neem nie.<\/p>\n<p>In sover die Wetsontwerp uitvoering gee aan artikels 1 en 9 van die Grondwet, moet die doelstelling van die Wetsontwerp in beginsel verwelkom word. Ten spyte van die goedbedoelde bepalings, is daar egter verskeie grondwetlike bekommernisse betreffende hierdie Wetsontwerp. Eerstens is daar die Minister se mag om van byna enige openbare en private instelling (soos gedefinieer deur die Wetsontwerp) te vereis om aan die Wetsontwerp te voldoen. Geen maatstawwe word verskaf ingevolge waarvan die Minister hierdie mag kan uitoefen om \u2019n instelling voor te skryf nie, met die gevolg dat die Wetsontwerp vaag is en moontlik nie \u2019n algemeen geldende regsvoorskrif is nie. Die gebrek aan rigtinggewende maatstawwe skep ook s\u00f3 \u2019n wye diskresie dat die Wetsontwerp moontlik nie aan die beginsel van regmagtigheid sal voldoen nie, wat vereis dat wette duidelik, bepaalbaar en nie terugwerkend moet wees nie. Die Wetsontwerp beskik ook nie oor doeltreffende meganismes om nakoming met die bepalings betreffende bemagtiging en gelykheid te regverdig nie. Tweedens het die Wetsontwerp &#8211; ten einde gelykheid te behaal &#8211; ten doel om &#8220;<em>\u2019n minimum van 50%<\/em>&#8221; verteenwoordiging van vroue op verskeie terreine te behaal, wat opsigself paradoksaal is, aangesien enige iets meer as 50% verteenwoordiging in werklikheid \u2019n nuwe ongelykheid sal skep. Derdens vereis die Wetsontwerp van aangewese private instellings om sekere fundamentele regte te verwesenlik wat in wese die bevoegdheid en plig van die staat is. Vierdens versuim die Wetsontwerp om enige bestaande wetgewing wat ten doel het om vroue te beskerm en geslagsgelykheid te bevorder, te erken of daarna te verwys &#8211; wat dus \u2019n afsonderlike en nuwe regsraamwerk skep, al is dit vaag. Laastens is daar die Wetsontwerp se weglating van sy verhouding met die Kommissie oor Geslagsgelykheid (die Kommissie), en enige verwysing na hierdie liggaam wat deur die Grondwet ingestel is, kom lomp voor. Laasgenoemde noodsaak verdere verduideliking.<\/p>\n<p>Die mandaat van die Kommissie, \u2019n sogenaamde Hoofstuk 9-instelling, word vervat in artikels 181 en 187 van die Grondwet. Artikel 181 voer aan dat die Kommissie, as een van die instellings wat grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika versterk, &#8220;<em>onafhanklik is en slegs onderhewig is aan die Grondwet en die reg, en onpartydig moet wees en sy magte sonder vrees, begunstiging of vooroordeel moet uitvoer<\/em>.&#8221; Voorts bepaal artikel 181 (3) &#8211; (5):<\/p>\n<p style=\"margin-left: 30px;\"><em>&#8220;(3) Ander staatsorgane moet hierdie instellings deur middel van wetgewende en ander maatre\u00ebls bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van hierdie instellings te verseker.<\/em><\/p>\n<p style=\"margin-left: 30px;\"><em>(4) Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van hierdie instellings inbreuk maak nie. <\/em><\/p>\n<p style=\"margin-left: 30px;\"><em>(5) Hierdie instellings is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig, en moet minstens een keer per jaar oor hul bedrywighede en die verrigting van hul funksies aan die Vergadering verslag doen.&#8221;&nbsp;<\/em><\/p>\n<p>Daarbenewens bepaal artikel 187 as volg:<\/p>\n<p style=\"margin-left: 30px;\"><em>&#8220;(1) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid moet respek vir geslagsgelykheid en die ontwikkeling, beskerming en verwesenliking van geslagsgelykheid bevorder. <\/em><\/p>\n<p style=\"margin-left: 30px;\"><em>(2) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy funksies te verrig, met inbegrip van die bevoegdheid om aangeleenthede betreffende geslagsgelykheid te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen. <\/em><\/p>\n<p style=\"margin-left: 30px;\"><em>(3) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.&#8221;<\/em><\/p>\n<p>Voorts verklaar artikel 11(1)(a) van die <em>Wet op die Kommissie vir Geslagsgelykheid<\/em> (39 of 1996) dat ten einde die doelwitte te behaal wat in artikel 187 van die Grondwet verskans word, die Kommissie <em>&#8220;die beleide en praktyke van staatsorgane, statut\u00eare liggame of funksionarisse, openbare liggame en gesagte en private sakeondernemings en instellings sal monitor en evalueer ten einde geslagsgelykheid to bevorder.&#8221; <\/em>Hierdie bepaling is in teenstelling met die bepalings van die Wetsontwerp, wat telkens ooreenstem met die bepalings van die Kommissie. Dit sluit in die bepaling van verpligte verslagdoening, ministeri\u00eble toesighouding oor geslagsgelykheid; en die Minister se ondersoekende gesag. In wese blyk dit dat die ministeri\u00eble magte in die Wetsontwerp di\u00e9 van die Kommissie dupliseer.<\/p>\n<p>Dit wil egter voorkom of die opstellers van die Wetsontwerp &#8211; in plaas daarvan om die mandaat, rol en funksies van die Kommissie te versterk &#8211; versuim het om die grondwetlike en laasgenoemde wetgewende bepalings in ag te neem. Hierdie duplisering van rolle kan net lei tot onnodige uitgawes deur die staat, om nie eens te praat van die kleiner rol en verminderde pligte van die Kommissie nie. Desnieteenstaande die ander tekortkominge, is die grootste probleem moontlik dat die Wetsontwerp die grondwetlike mandaat van die Kommissie toe-eien.<\/p>\n<p>Die belangrikheid van die Kommissie, as een van die Hoofstuk 9-instellings, is dat dit die plig opgel\u00ea is om \u2019n verantwoordingspligtige ingsteldheid van die staat te skep deur te verseker dat openbare instellings deurlopend aan die oppergesag van die reg voldoen, en ook \u2019n kultuur skep waar menseregte deur beide die staat en alle lede van die burgerlike samelewing gerespekteer word. Dit vorm \u2019n band tussen die staat aan die een kant, en die burgerlike samelewing aan die ander kant. Die Kommissie word deur die Grondwet vereis om te verseker dat die staat grondwetlike regte wat verband hou met geslagsgelykheid daarstel, beskerm, bevorder en verwesenlik. N\u00f3g \u2019n belangrike rol van die Kommissie is om die staat te monitor en evalueer ten einde te verseker dat dit internasionale verpligtinge nakom. Terwyl die Kommissie \u2019n uitstekende instelling is om te luister na die vroue van Suid-Afrika, het dit volgens die Navorsingsraad vir Menslike Wetenskappe se &#8220;<em>A National Review of Chapter 9 Institutions and Civil Society<\/em>&#8221; wat in 2007 uitgereik is, \u2019n gebrek aan hulpbronne en word dit nie genoeg gebruik nie. Die hulpbronne wat dus vir die inwerkingstelling van die Wetsontwerp gebruik sou word, moet dus eerder gebruik word om die Kommissie en sy aktiwiteite te versterk.<\/p>\n<p>Die Kommissie is \u2019n Hoofstuk 9-instelling wat demokrasie moet versterk en steun. Di\u00e9 instellings bied \u2019n platform waar burgers hul behoeftes kan uitdruk. Die Kommissie se grondwetlike mandaat is om geslagsgelykheid te bevorder, beskerm, ontwikkel en behaal. Dit is dus uiters noodsaaklik dat alle wetgewing (met inbegrip van die Wetsontwerp) wat geslagsgelykheid bevorder, die rol van die Kommissie erken. Daarbenewens het Suid-Afrika geen tekort aan wetgewing betreffende geslag en gelykheid nie, byvoorbeeld die <em>Wet op Billike Indiensneming <\/em>(Wet No 55 van 1998), die <em>Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike<\/em> (Wet No 120 van 1998), en die <em>Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination<\/em> (Wet No 4 of 2000). Die Wetsontwerp versuim egter om uitvoering te gee aan laasgenoemde wetgewing. Dit slaag nie daarin om nuwe en duidelike inisiatiewe daar te stel nie. Dit versuim ook om geslagsgelykheid in die bre\u00eb voldoende te beskerm en bevorder. Die Wetsontwerp blyk eerder om \u2019n vae en afsonderlike regsraamwerk en \u2019n maatstaf betreffende nakoming daar te stel wat slegs \u2019n burokratiese las is vir die onge\u00efdentifiseerde persone op wie dit gemik is.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur Phephelaphi Dube: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[Foto<\/span><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\">:&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.flickr.com\/photos\/michaelhebb\/5701999088\/\"><span style=\"color: #000000;\">michaelhebb<\/span><\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/foter.com\/re\/cb11cf\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-sa\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY-NC-SA<\/span><\/a><\/span><span style=\"font-size: 8pt;\">]<\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-zuma-keer-terug-na-tweede-fase-spel\/'>PRESIDENT ZUMA KEER TERUG NA TWEEDE FASE-SPEL<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 107.09K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-zuma-keer-terug-na-tweede-fase-spel\/?wpdmdl=4161&refresh=6a883272246d41787310706\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3120\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg\" alt=\"SA legislature-foter\" width=\"238\" height=\"111\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg 1024w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter-300x140.jpg 300w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter-768x359.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 238px) 100vw, 238px\" \/>Die behaling van gelykheid en nie-seksisme is twee van die belangrikste grondliggende waardes van die Grondwet. Artikel 9 van die Grondwet gee uitvoering aan hierdie waardes deur die reg op gelykheid voor die reg en gelyke beskerming en voordeel van die reg te waarborg. Gevolglik is die <em>Wetsontwerp op die Bevordering van Vroue en Geslagsgelykheid<\/em> laat in 2013 in die Parlement bekendgestel.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3120,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137,138],"class_list":["post-3285","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander","tag-geslagsgelykheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die behaling van gelykheid en nie-seksisme is twee van die belangrikste grondliggende waardes van die Grondwet. Artikel 9 van die Grondwet gee uitvoering aan hierdie waardes deur die reg op gelykheid voor die reg en gelyke beskerming en voordeel van die reg te waarborg. Gevolglik is die Wetsontwerp op die Bevordering van Vroue en Geslagsgelykheid laat in 2013 in die Parlement bekendgestel.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-02-13T11:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"478\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID\",\"datePublished\":\"2014-02-13T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:28+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/\"},\"wordCount\":1214,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\",\"Geslagsgelykheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/\",\"name\":\"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2014-02-13T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:28+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg\",\"width\":1024,\"height\":478,\"caption\":\"SA legislature-foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die behaling van gelykheid en nie-seksisme is twee van die belangrikste grondliggende waardes van die Grondwet. Artikel 9 van die Grondwet gee uitvoering aan hierdie waardes deur die reg op gelykheid voor die reg en gelyke beskerming en voordeel van die reg te waarborg. Gevolglik is die Wetsontwerp op die Bevordering van Vroue en Geslagsgelykheid laat in 2013 in die Parlement bekendgestel.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-02-13T11:56:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:28+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":478,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID","datePublished":"2014-02-13T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:28+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/"},"wordCount":1214,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg","keywords":["Ander","Geslagsgelykheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/","name":"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg","datePublished":"2014-02-13T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:28+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/SA_legislature-foter.jpg","width":1024,"height":478,"caption":"SA legislature-foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-analise-die-wetsontwerp-op-die-bemagtiging-van-vroue-en-geslagsgelykheid\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: \u2019N ANALISE: DIE WETSONTWERP OP DIE BEMAGTIGING VAN VROUE EN GESLAGSGELYKHEID"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3285","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3285"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3285\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6433,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3285\/revisions\/6433"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3120"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3285"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3285"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3285"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}