{"id":3268,"date":"2014-02-06T13:56:00","date_gmt":"2014-02-06T11:56:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:25","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:25","slug":"artikel-jou-reg-om-te-stem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die regte en die belangrikheid daarvan is aan die kern van ons grondwetlike demokrasie. D\u00edt is duidelik uit artikel 1(d) van die Grondwet, waar &#8220;<em>universele stemreg vir volwassenes, \u2019n nasionale gemeenskaplike kiesersrol en \u2019n veelpartystelsel van demokratiese regering ten einde verantwoordbaarheid, \u2019n responsiewe ingesteldheid en openheid<\/em>&#8221; in van die grondliggende waardes verskans word. Die belangrikheid van hierdie waardes word bevestig in artikel 19, wat voorsiening maak vir die reg en vryheid van elke Suid-Afrikaner om lede te werf vir die politieke party van hul keuse, die reg op vrye, regverdige en gereelde verkiesings vir daardie wetgewende liggame wat ingevolge die Grondwet ingestel is; en die reg om \u2019n kandidaat vir \u2019n openbare amp te wees en om in die geheim tydens sodanige verkiesings te stem.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Konstitusionele Hof het hom op \u2019n vorige geleentheid uitgelaat oor die belangrikheid van hierdie reg &#8211; nie net die belangrikheid van die simboliese reg om te stem nie, maar ook die demokratiese waardes van die reg om te stem. In <em>August v The Electoral Commission &amp; Others <\/em>het die Hof verklaar dat die stem van elke burger \u2019n teken van waardigheid en menswees is, en dat dit letterlik beteken dat elke persoon tel. Dit blyk egter dat nie alle Suid-Afrikaners verstaan hoe belangrik di\u00e9 teken van waardigheid en burgerskap is nie. Volgens die Internasionale Instituut vir Demokrasie en Verkiesingsbystand (IDEA) was ongeveer 32 miljoen Suid-Afrikaners in 2009 geregtig daarop om tydens die verkiesings te stem. Volgens IDEA en data watdeur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) beskikbaar gestel is, het slegs 23 miljoen mense registreer om in daardie verkiesing te stem, waarvan slegs ongeveer 18 miljoen op Verkiesingsdag gaan stem het. Gevolglik was die grootste kiesafdeling na afloop van die verkiesings in 2009 die 14 miljoen burgers wat \u00f3f nie geregistreer het om te stem nie, \u00f3f wat geregistreer is, maar nie gaan stem het nie. In <em>Richter v The Minister for Home Affairs &amp; Others<\/em> het die Hof, met verwysing na die bogenoemde August-beslissing, aangevoer dat die reg om te stem, sowel as die uitvoering daarvan, \u2019n aspek het wat grondwetlik belangrik is, afgesien van sy simboliese waarde: &#8220;<em>[It] is a crucial working part of our democracy. Without voters who want to vote, who will take the trouble to register, and to stand in queues, as millions patiently and unforgettably did in April 1994, democracy itself will be imperiled<\/em>&#8220;.<\/p>\n<p>In 2014 sal Suid-Afrikaners weer eens die geleentheid h\u00ea om hierdie fundamentele reg om te kies &#8211; al is dit op indirekte wyse &#8211; wie hulle moet verteenwoordig, uit te voer. Sodoende sal kiesers in staat wees om die gehalte van hul nasionale en provinsiale regerings te be\u00efnvloed. In die <em>Richter<\/em>-saak het die Konstitusionele Hof die belangrikheid van die reg om te stem benadruk in die konteks van die waardes en beginsels van ons grondwetlike demokrasie: &#8220;<em>Each vote strengthens and invigorates our democracy. In marking their ballots, citizens remind those elected that their position is based on the will of the people and will remain subject to that will<\/em>&#8220;. \u2019n Regering met \u2019n responsiewe ingesteldheid, wat deursigtig en verantwoordbaar is, begin dus by die verkiesing van verteenwoordigers met \u2019n responsiewe ingesteldheid, wat deursigtig en verantwoordbaar is &#8211; of politieke partye in die geval van Suid-Afrika se stelsel van proporsionele verteenwoordiging wat op geslote partylyste gebaseer is.<\/p>\n<p>Aanvaar ons die reg om te stem, en dus demokrasie, as vanselfsprekend deur oorgerus te wees? Sommige mag s\u00ea dat die reg om te stem die reg om ni\u00e9 te stem nie, inkorporeer. Dit is een manier om daarna te kyk. Om te stem is inderdaad ingevolge ons Grondwet en ons verkiesingswetgewing nie verpligtend nie (anders as die geval in Australi\u00eb en Brasili\u00eb). Deur nie te stem nie staan \u2019n mens egter jou reg af om toestemming te gee oor wie oor jou regeer. Die reg om te stem is baie meer as \u2019n reg in \u2019n demokrasie. Dit is ook \u2019n verantwoordelikheid en \u2019n plig &#8211; al is dit slegs \u2019n morele plig &#8211; om deel te neem aan sodanige demokrasie en om \u2019n ingeligte besluit te maak. Die belangrikheid van hierdie plig en verantwoordelikheid word goed uiteengesit deur Jason Brennan in <em>The Ethics of Voting<\/em> waar hy aanvoer dat &#8220;v<em>oting is morally significant<\/em>&#8221; aangesien dit &#8220;<em>changes the quality, scope, and kind of government<\/em>&#8220;. Volgens Brennan, &#8220;<em>from a moral point of view, voting is not like ordering food off of a menu. When you order salad at a restaurant, you alone bear the consequences of your decision. No one else gets stuck with a salad. If you make a bad choice, at least you are hurting only yourself&#8230; Voting is not like that. If anything, when we vote, we are imposing one meal on everybody&#8230;We decide electoral outcomes together.<\/em>&#8221; Die belangrikheid daarvan om werklik \u2019n ete te bestel &#8211; in plaas daarvan om te wag vir iemand anders om dit te stel en om dan te kla oor wat opgedien word &#8211; is egter baie duidelik.<\/p>\n<p>Om jou reg uit te oefen om te stem en om te kies vir wie jy wil kies, verseker in ons grondwetlike demokrasie regering deur toestemming. Daarbenewens verseker dit dat diegene wat ons toevertrou met ons stem, voortgaan om die mense te verteenwoordig op \u2019n wyse wat die grondliggende waardes, beginsels en regte namens, en in belang van, elke Suid-Afrikaner te bevorder, respekteer en handhaaf. In ooreenstemming met die Konstitusionele Hof in die <em>Richter<\/em>-saak: &#8220;&#8230;<em>the right to vote itself cannot be exercised by a citizen unless he or she takes the trouble to exercise it<\/em>&#8220;. Wanneer ons die reg om te stem uitoefen, moet ons egter Brennan se waarskuwing in ag neem: &#8220;<em>When we vote, we can make government better or worse. In turn, our votes can make people&#8217;s lives better or worse&#8230;The way we vote can help or harm people<\/em>&#8220;.<\/p>\n<p><strong>Praktiese voetnota:<\/strong><\/p>\n<p>Die reg om te stem bied aan elke Suid-Afrikaner bo die ouderdom van 18 jaar en ouer \u2019n reg (ingevolge die <em>Richter<\/em>-beslissing) wat nou ook betrekking het op alle Suid-Afrikaners wat oorsee woon. In die <em>Richter<\/em>-saak het die Hof aangevoer dat artikel 33(1)(e) van die <em>Kieswet<\/em> (en bepalings in die Regulasies ingevolge die Wet wat hiermee verband hou) &#8211; wat Suid-Afrikaners wat oorsee woon verhoed het om te stem &#8211; \u2019n onregverdigbare beperking is op die reg soos waarvoor voorsiening gemaak word in artikel 19 van die Grondwet. Gevolglik het die Parlement die <em>Kieswysigingswetsontwerp<\/em> aan die einde van 2013 aanvaar, wat onder andere die Kieswet wysig ten einde Suid-Afrikaners wat oorsee woon in staat te stel om te registreer en om in nasionale verkiesings te stem in die onderskeie lande waarin hulle woon.<\/p>\n<p>Ten einde in verkiesings te stem moet alle Suid-Afrikaanse burgers &#8211; of hulle nou in Suid-Afrika of oorsee woon &#8211; op die kiesersrol geregistreer wees. Gevolglik het Suid-Afrikaners tot 17:00 op die dag waarop die President die verkiesingsdatum proklameer om te registreer om te stem. Om 17:00 op die dag van die proklamasie sluit die Kiesersrol. Suid-Afrikaners wat in Suid-Afrika woon kan enige tyd registreer (voor die proklamasie) by enige munisipale kieskantoor van die OVK of by hul aangewese kiesstasies gedurende spesiale registrasiedae (die laaste een is op Saterdag, 8 Februarie en Sondag, 9 Februarie 2014). Suid-Afrikaners wat oorsee woon en wat in die nasionale verkiesing in 2014 wil stem, moet persoonlik registreer &#8211; \u00f3f in Suid-Afrika, \u00f3f by enige Suid-Afrikaanse konsulaat, ho\u00eb kommissaris of konsulaat-generaal in die land waar hul woon voor Vrydag, 7 Februarie 2014. Ten einde vir die Suid-Afrikaners wat oorsee woon om te registreer, moet hulle in besit wees van \u2019n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument (\u00f3f \u2019n groen ID-boekie, \u00f3f die nuwe slimkaart-ID, \u00f3f \u2019n tydelike identiteitsertifikaat) en \u2019n geldige Suid-Afrikaanse paspoort.<\/p>\n<p>Vir meer inligting, besoek die OVK se webtuiste by: <a href=\"http:\/\/www.elections.org.za\/content\/For-Voters\/How-do-I-register-\/\">&nbsp;<\/a><a href=\"http:\/\/www.elections.org.za\/content\/For-Voters\/How-do-I-register-\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">http:\/\/www.elections.org.za\/content\/For-Voters\/How-do-I-register-\/&nbsp;<\/a><\/p>\n<p><em>Deur Adv Johan Kruger, Direkteur: Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[Foto<\/span><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\">:&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.flickr.com\/photos\/coda\/3441744510\/\"><span style=\"color: #000000;\">coda<\/span><\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/foter.com\/re\/cc0282\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-sa\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY-NC-SA<\/span><\/a><\/span><span style=\"font-size: 8pt;\">]<\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/quotas-in-sport-racially-isolating-ourselves-once-more\/'>QUOTAS IN SPORT: RACIALLY ISOLATING OURSELVES ONCE MORE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 119.80K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/quotas-in-sport-racially-isolating-ourselves-once-more\/?wpdmdl=4171&refresh=6a8a5305ed0c81787450117\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3266\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg\" alt=\"poster-party-foter\" width=\"150\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg 1024w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter-300x225.jpg 300w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter-768x576.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Die reg om te stem is een van die mees basiese en fundamentele regte in \u2019n demokrasie. Dit is die belangrikste wyse waarop burgers hul reg kan uitoefen om die kies wie hulle moet verteenwoordig. Dit is ook die belangrikste wyse waarop burgers die gehalte van regering kan be\u00efnvloed &#8211; met ander woorde die responsiewe ingesteldheid, deursigtigheid en verantwoordbaarheid van diegene wat gekies is om die mense as hul verteenwoordigers te dien.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3266,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137,141],"class_list":["post-3268","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander","tag-verantwoordbaarheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die reg om te stem is een van die mees basiese en fundamentele regte in \u2019n demokrasie. Dit is die belangrikste wyse waarop burgers hul reg kan uitoefen om die kies wie hulle moet verteenwoordig. Dit is ook die belangrikste wyse waarop burgers die gehalte van regering kan be\u00efnvloed - met ander woorde die responsiewe ingesteldheid, deursigtigheid en verantwoordbaarheid van diegene wat gekies is om die mense as hul verteenwoordigers te dien.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-02-06T11:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"768\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM\",\"datePublished\":\"2014-02-06T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/\"},\"wordCount\":1311,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\",\"Verantwoordbaarheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/\",\"name\":\"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2014-02-06T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg\",\"width\":1024,\"height\":768,\"caption\":\"poster-party-foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die reg om te stem is een van die mees basiese en fundamentele regte in \u2019n demokrasie. Dit is die belangrikste wyse waarop burgers hul reg kan uitoefen om die kies wie hulle moet verteenwoordig. Dit is ook die belangrikste wyse waarop burgers die gehalte van regering kan be\u00efnvloed - met ander woorde die responsiewe ingesteldheid, deursigtigheid en verantwoordbaarheid van diegene wat gekies is om die mense as hul verteenwoordigers te dien.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-02-06T11:56:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:25+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":768,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM","datePublished":"2014-02-06T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/"},"wordCount":1311,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg","keywords":["Ander","Verantwoordbaarheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/","name":"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg","datePublished":"2014-02-06T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/poster-party-foter.jpg","width":1024,"height":768,"caption":"poster-party-foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-jou-reg-om-te-stem\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: JOU REG OM TE STEM"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3268","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3268"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3268\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6423,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3268\/revisions\/6423"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3266"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3268"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3268"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3268"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}