{"id":3238,"date":"2014-06-11T13:36:00","date_gmt":"2014-06-11T11:36:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:19","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:19","slug":"artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die grondwetlikheid van SANPAB se optrede is betwyfelbaar. Alhoewel die Grondwet in artikel 25 bepaal dat grondeienaars nie van hul eiendom of die gebruik daarvan ontneem mag word behalwe in die geval van \u2019n algemeen geldende regsvoorskrif nie, bepaal artikel 26(3) ook dat niemand uit hul woning gesit mag word of hul woning gesloop mag word sonder \u2019n hofbevel wat toegestaan is na oorweging van al die tersaaklike omstandighede nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sekere regsvereistes kragtens die <em>Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Bestting van Grond<\/em>, Wet 19 van 1998 (die Wet) moet eers nagekom word. Die Wet wei uit oor artikel 26(3) van die Grondwet deur die omstandighede te beskryf waarvolgens \u2019n hof onwettige besetters mag uitsit. In hierdie verband moet \u2019n hof verskeie faktore in ag neem, insluitend of die besetters binne die kwesbare groepe val, soos bejaardes, kinders of huishoudings waarvan vrouens aan die hoof staan. Die Wet bepaal dat howe nie \u2019n uitsettingsbevel mag toestaan tensy die uitsetting regverdig en billik is nie. Die hof moet ook faktore in ag neem soos die duur van die besetting, die beskikbaarheid van alternatiewe verblyf of alternatiewe verblyf wat deur die staat daargestel word indien besetters nie in staat is om self sodanige verblyf te bekom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die reg soos deur verskeie hofuitsprake ontwikkel is, steun die prosedurele vereistes. In <em>PE Municipality v Various Occupiers<\/em> het die Konstitusionele Hof verklaar dat howe ten volle ingelig moet wees oor al die tersaaklike omstandighede voordat die besluit geneem word oor of \u2019n uitsetting regverdig en billik sal wees. Daarbenewens behoort daar ook betekenisvolle skakeling tussen al die betrokke partye plaas te vind. Hierdie skakeling behoort van \u2019n proaktiewe en eerlike aard te wees ten einde gemeenskaplik aanvaarbare oplossings te vind. Die howe kan ook munisipaliteite verplig om deel te neem aan litigasie ten einde inligting te verstrek oor alternatiewe verblyf. D\u00edt is duidelik gemaak in \u2019n beslissing deur die Ho\u00eb Hof (Witwatersrandse Plaaslike Afdeling) in <em>Sailing Queen Investments v Occupants La Coleen Court<\/em>. In <em>City of Johannesburg v Changing Tides 74 (Pty) Ltd and Others<\/em> het die App\u00e8lhof bevind dat in gevalle waar uitsetting kan lei tot haweloosheid, die howe nie haastig moet wees om uitsettingsbevele uit te reik waar \u2019n munisipaliteit nie deel was van die verrigtinge nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2019n onlangse saak voor die Konstitusionele Hof, <em>Zulu and Others v Ethekweni Muncipality and Others<\/em>, het die Konstitusionele Hof saamgestem met die Ethekwini-munisipaliteit se toegewing dat \u2019n bevel wat uitsetting en sloping magtig, wat buite die bestek van die Wet toegestaan is, ongrondwetlik sal wees. Alhoewel die hof nie beslis het oor die grondwetlikheid van \u2019n uitsettingsbevel wat kragtens die gemenereg uitgereik is nie, het Regter Van der Westhuizen, in \u2019n afsonderlike instemmende uitspraak, aangevoer dat \u2019n bevel van sodanige aard die regte van onwettige besetters wat in die Grondwet verskans, ontneem is, en dat dit herinner aan \u2019n tyd toe diegene wat behoeftig en sonder grond was, nie waardig van \u2019n verhoor geag is nie en toe hulle op onseremoni\u00eble wyse van die grond verwyder is waarop hulle gepoog het om \u2019n tuiste te skep. Hy het voorts beklemtoon dat staatsliggame \u2019n grondwetlike plig het om bystand te verleen ten opsigte van die administrasie van geregtigheid en dat hulle betroubare voorleggings moet lewer in alle regsverrigtinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens beriggewing het SANPAB nie opgetree in ooreenstemming met die Wet nie, maar het eerder op 24 Januarie \u2019n interdik bekom (twee dae nadat die Stad Kaapstad SANPAB ingelig het dat dit 14 dae gehad het om onwettige strukture van die grond te verwyder om gesondheids- en veiligheidsredes). Die bevel wat op 24 Januarie bekom is, is \u2019n <em>rule nisi<\/em> wat uitgebrei is tot 17 Maart wat, onder andere, die voortgesette besetting van die grond sou verhoed, en wat ook die sloping van enige onwettige strukture op die grond moontlik sou maak. Die bevel is moontlik in stryd met die Wet, aangesien dit versuim om regverdigheid en billikheid te oorweeg. Dit versuim om alternatiewe verblyf uit te wys, dit skenk klaarblyklik nie oorweging aan die persoonlike omstandighede van die besetters nie en dit weerspie\u00ebl nie enige vorm van skakeling tussen die partye nie. Daarbenewens moes die Stad Kaapstad \u2019n party gewees het in die verrigtinge ten einde \u2019n prosedurele vereiste na te kom ten opsigte van uitsettingsvereistes wat kan lei tot haweloosheid. Gevolglik het \u2019n interdik (soos die een wat deur SANPAB bekom is) slegs die mag om mense te verhoed om grond onwettig te beset en om informele strukture op grond te bou, en kan dit nie dien as die regsbasis vir \u2019n uitsetting nie. Ten einde vir \u2019n hof om \u2019n uitsettingsbevel uit te reik, moet dit al die tersaaklike omstandighede soos uiteengesit in die Wet, oorweeg. Gegewe die bepalings van artikel 26(3) van die Grondwet en die Wet (wat uitvoering gee aan die grondwetlike bepaling), sal dit ongrondwetlik wees om mense uit te sit en strukture te sloop sonder dat die bepalings van die Wet nagekom is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na aanleiding van luide protes deur die publiek betreffende die Lwandle-voorval &#8211; wat moontlik deur \u2019n re\u00ebnerige kouefront in Kaapstad beklemtoon is &#8211; en ingryping deur die Minister van Menslike Nedersettings, die Minister van Vervoer, die Wes-Kaapse Provinsiale Regering en die Burgemeester van Kaapstad, het SANPAB na bewering alternatiewe verblyf en steun aan die onwettige besetters gebied. Ten spyte hiervan is die uitsettings steeds \u2019n skending van artikel 26(3) van die Grondwet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Abahlali baseMjondolo, \u2019n beweging van bewoners van die plakkershuise, het oor die Lwandle-uitsettings ges\u00ea dat die uitsettings baie aandag in die media geniet het. D\u00edt terwyl verskeie uitsettings in dieselfde tydperk plaasgevind het, soos in Clare Estate in Durban, waar byna 300 plakkershuise gesloop is en baie mense haweloos gelaat is, en in First Avenue, Alexandra, Johannesburg, waar 25 families ook van \u2019n plot grond afgesit is. President van Abahlali, S\u2019bu Zikode, is in die media as volg aangehaal: <em>\u201cUitsettings vind byna elke dag in Kaapstad, Durban en Johannesburg plaas&#8230;.ons moet vra, waarom nou? \u2019n Mens kan slegs dink dat dit op politiekery neerkom in aanloop tot die plaaslike verkiesings\u201d<\/em>. Desnieteenstaande is die rede waarom inwoners van Lwandle en ander soortgelyke gebiede hulself in di\u00e9 aaklige posisie bevind, natuurlik deel van die groter nasionale debat betreffende gelyke geleenthede, die reg op geskikte behuising en doeltreffende dienslewering. Soos die gemeenskapsleier in Lwandle, Vuyiswa Swentu, s\u00ea: <em>\u201cDaar is nie werk daar [Oos-Kaap] nie, daarom het ons besluit om na Kaapstad te kom\u201d<\/em>. Of dit wel die geval is, en indien dit is, waarom dit die geval is, is geldige vrae wat steeds beantwoord moet word. In tussen geld die regsbeginsels steeds: <em>&#8220;Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising &#8221; en &#8220;die staat moet redelike wetgewende en ander maatre\u00ebls tref om binne sy beskikbare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik&#8221;<\/em>. In die afwesigheid van sodanige behuising moet die uitsetting van onwettige besetters regverdig en billik wees in ooreenstemming met die Grondwet en die Wet &#8211; met oorweging van die grondwetlike waarde van menswaardigheid.<\/p>\n<p><em>Deur Phephelaphi Dube: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[Foto: <\/span><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\"><a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-nd\/2.0\/\" rel=\"nofollow\"><span style=\"color: #000000;\">foter-informal-settlement<\/span><\/a><\/span><span style=\"font-size: 8pt;\">]<\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-zuma-s-second-inaugural-address-second-phase-of-the-national-democratic-revolution-and-or-implementation-of-the-ndp\/'>PRESIDENT ZUMA\u2019S SECOND INAUGURAL ADDRESS: SECOND PHASE OF THE NATIONAL DEMOCRATIC REVOLUTION AND\/OR IMPLEMENTATION OF THE NDP?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 118.39K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-zuma-s-second-inaugural-address-second-phase-of-the-national-democratic-revolution-and-or-implementation-of-the-ndp\/?wpdmdl=4191&refresh=6a897712ae4b71787393810\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2436\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg\" alt=\"foter-informal-settlement\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>In \u2019n voorval waaroor wyd berig gelewer is, het die SA Nasionale Padagentskap (SANPAB) &#8211; met die hulp van \u2019n private sekuriteitsmaatskappy, die balju van die hof en lede van die SA Polisiediens &#8211; honderde mense van grond afgesit wat deur SANPAB besit word, met die gevolg dat hierdie mense haweloos gelaat is. Dit het later aan die lig gekom dat SANPAB \u2019n interdik van die Wes-Kaapse Ho\u00eb Hof bekom het wat gedien het as regsbasis vir sodanige uitsettings.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2436,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[141],"class_list":["post-3238","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-verantwoordbaarheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In \u2019n voorval waaroor wyd berig gelewer is, het die SA Nasionale Padagentskap (SANPAB) - met die hulp van \u2019n private sekuriteitsmaatskappy, die balju van die hof en lede van die SA Polisiediens - honderde mense van grond afgesit wat deur SANPAB besit word, met die gevolg dat hierdie mense haweloos gelaat is. Dit het later aan die lig gekom dat SANPAB \u2019n interdik van die Wes-Kaapse Ho\u00eb Hof bekom het wat gedien het as regsbasis vir sodanige uitsettings.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-06-11T11:36:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"333\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD\",\"datePublished\":\"2014-06-11T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/\"},\"wordCount\":1179,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg\",\"keywords\":[\"Verantwoordbaarheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/\",\"name\":\"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg\",\"datePublished\":\"2014-06-11T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg\",\"width\":500,\"height\":333,\"caption\":\"foter-informal-settlement\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD - FW de Klerk Foundation","og_description":"In \u2019n voorval waaroor wyd berig gelewer is, het die SA Nasionale Padagentskap (SANPAB) - met die hulp van \u2019n private sekuriteitsmaatskappy, die balju van die hof en lede van die SA Polisiediens - honderde mense van grond afgesit wat deur SANPAB besit word, met die gevolg dat hierdie mense haweloos gelaat is. Dit het later aan die lig gekom dat SANPAB \u2019n interdik van die Wes-Kaapse Ho\u00eb Hof bekom het wat gedien het as regsbasis vir sodanige uitsettings.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-06-11T11:36:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:19+00:00","og_image":[{"width":500,"height":333,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD","datePublished":"2014-06-11T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/"},"wordCount":1179,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg","keywords":["Verantwoordbaarheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/","name":"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg","datePublished":"2014-06-11T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/foter-informal-settlement.jpg","width":500,"height":333,"caption":"foter-informal-settlement"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-uitsetting-van-persone-van-grond-wat-onwettig-beset-word\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: UITSETTING VAN PERSONE VAN GROND WAT ONWETTIG BESET WORD"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3238","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3238"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3238\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6406,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3238\/revisions\/6406"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2436"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3238"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3238"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3238"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}