{"id":3228,"date":"2014-06-06T13:36:00","date_gmt":"2014-06-06T11:36:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:16","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:16","slug":"artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE &#8220;ONGEWENSTE&#8221; IMMIGRASIEREGULASIES 2014"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die regulasies &#8211; wat besoekers en sowel as immigrante na Suid-Afrika raak &#8211; het betrekking op visumaansoeke om tydelike of permanente verblyf, asook op buitelanders wat sakeondernemings in Suid-Afrika wil vestig. Volgens die Minister van Binnelandse Sake het die regulasies ten doel om Suid-Afrika in ooreenstemming met die res van die w\u00eareld te bring. Hierdie regulasies word egter in omstredenheid gehul, veral as dit vanuit \u2019n grondwetlike oogpunt oorweeg word.<\/p>\n<p>Die regulasies, gelees saam met die <em>Immigration Act<\/em> (Wet 13 van 2002) (die Wet), bepaal dat verskeie instellings, met inbegrip van banke, eiendomsagente en private hospitale, moet vasstel of sekere buitelanders wettig in die land is. Indien hul immigrasiestatus onwettig is, is sodanige instellings verplig om die Direkteur-generaal daarvan in kennis te stel. In beginsel skort daar niks met hierdie bepaling nie. Terwyl hierdie verpligte beginsel opgeweeg moet word teen ander professies se plig om sekere inligting te rapporteer (soos dokters wat verplig is om moontlike kindermishandeling te aan te meld), kan hierdie plig om die status van buitelanders te rapporteer \u2019n uitwerking h\u00ea op die reg op toegang tot gesondheidsorg soos verskans in artikel 27 van die Grondwet. Dit herinner ook in \u2019n mate aan \u2019n polisiestaat. Desnieteenstaande is dit soms nodig om te onderskei tussen mense en groepe mense ten einde regte toe te ken. Hierdie klassifikasie moet egter ooreenstem met artikel 27(2), wat \u2019n beroep doen om redelikheid ten opsigte van sodanige onderskeid. In <em>Prinsloo v Van der Linde<\/em> 1997(6) BCLR 759 (CC) het die Konstitusionele Hof voorts ten opsigte van hierdie onderskeid bepaal: &#8220;<em>[it] must not be arbitrary or irrational nor must it manifest a naked preference<\/em>&#8220;. Daar moet ook \u2019n rasionele verbintenis wees tussen die onderskeidende reg en die regmatige doelwit van die regering wat daardeur verwesenlik moet word. \u2019n Onderskeidende wet wat versuim om aan die standaard te voldoen, sal ongrondwetlik wees. Die regulasies in hierdie verband voldoen moontlik nie aan die standaard van redelikheid nie en kan dus ongrondwetlik wees.<\/p>\n<p>Die vrees vir uitsetting kan veroorsaak dat onwettige buitelanders wat gesondheidsorg benodig, hospitale en klinieke sal vermy, wat vanselfsprekend gevolge vir hul welstand sal in hou. Alhoewel die regering se kommer dat sodanige nie-burgers \u2019n finansi\u00eble las vir Suid-Afrikaners kan wees, nie ongegrond is nie, kan die moontlike weiering van gesondheidsorg (alhoewel dit \u2019n onbedoelde gevolg van die regulasie is) wel ongrondwetlik wees.&nbsp;<\/p>\n<p>Die regulasies vereis ook dat mense bewys dat hulle in \u2019n verhouding met hul buitelandse eggenoot is ten einde vir die buitelandse eggenoot om vir die visum te kwalifiseer. Daarbenewens vereis die regulasies dat \u2019n buitelander wat met \u2019n Suid-Afrikaner getroud is, na die land van sy of haar oorsprong moet terug keer om om \u2019n visum aansoek te doen. Hierdie vereistes raak die reg op gesinslewe. Hierdie reg word nie uitdruklik in die Grondwet genoem nie, maar dit word erken in internasionale verdrae soos die <em>Universele Verklaring van Menseregte<\/em> en die <em>Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte<\/em> (wat deur Suid-Afrika onderteken en bekragtig is) en wat dus van die regering vereis om aan die bepalings kragtens artikels 231 en 233 van die Grondwet te voldoen.<\/p>\n<p>\u2019n Verdere kommerwekkende aspek van die regulasies &#8211; wat die reg op gesinslewe raak &#8211; is dat \u2019n aansoeker wat om \u2019n visum wil aansoek doen as eggenoot van \u2019n Suid-Afrikaner, bewyse moet kan lewer dat die verhouding bestaan met uitsluiting van enige ander persoon. Huwelike ingevolge gewoontereg en sekere gelowe kan moontlik poligaam wees. Eggenote wie se huwelike dus per definisie ingevolge die gewoontereg gesluit is, word uitgesluit van hierdie bepaling, aangesien die huwelik beslis nie tot uitsluiting van enige ander persoon gesluit is nie. Met inagneming van die gees, bedoeling en doelwitte van die Handves van Regte, kan hierdie uitsluiting neerkom op \u2019n onregverdige beperking van regte, wat die beperkings kragtens artikel 36 van die Grondwet kan oorskry.<\/p>\n<p>Die nuwe regulasies het tot gevolg dat mense wat wag vir die Departement van Binnelandse Sake om aansoeke om nuwe visums af te handel, as ongewenste persone verklaar sal word indien hulle die land verlaat. Voordat die regulasies in werking getree het, kon \u2019n mens die land verlaat en weer binne kom deur \u2019n afskrif van \u2019n hangende aansoek te toon ten einde te bewys dat aansoek wel gedoen is om \u2019n visum te verleng of om \u2019n status te verander. Hierdie bepaling kan aansoekers in \u2019n moeilike posisie plaas &#8211; met die risiko om moontlik onwettig in Suid-Afrika te wees, of om as &#8220;ongewens&#8221; verklaar te word wanneer hulle die land verlaat voordat die aansoek afgehandel is.<\/p>\n<p>Daar word aanvaar dat Suid-Afrika die beweging van nie-burgers oor die grense moet bestuur by wyse van wetgewing en regulasies. Suid-Afrika se reg om sodanige beweging te reguleer moet egter in ooreenstemming met beide internasionale reg sowel as die Grondwet geskied. Daarbenewens sou \u2019n mens verwag dat \u2019n regering dit so maklik as moontlik sal maak vir vaardige professionele persone om hul vaardighede na Suid-Afrika te bring, gegewe dat ons in \u2018n era leef wat deur globale migrasie gekenmerk word. Die regulasies &#8211; soos wat dit nou lyk &#8211; slaag egter nie die toets van grondwetlikheid nie omdat hulle nie die bostaande grondwetlike waardes, regte en beginsels in ag neem nie, en ook blyk om \u2019n burokratiese oefening te wees wat in die vorige eeu tuis hoort.<\/p>\n<p><em>Deur Phephelaphi Dube, Regsbeampte: Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.flickr.com\/photos\/dfid\/4700705842\/\" rel=\"nofollow\"><span style=\"color: #000000;\">DFID &#8211; UK Department for International Development<\/span><\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/foter.com\/\" rel=\"nofollow\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a><span style=\"font-family: Roboto; line-height: 20px; text-align: right;\">&nbsp;<\/span>\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nc-nd\/2.0\/\" rel=\"nofollow\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY-NC-ND<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/'>MOENIE VAN \"PLAN A\" VERGEET NIE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 114.71K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/moenie-van-plan-a-vergeet-nie\/?wpdmdl=4200&refresh=6aad538fb29241789744015\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3226\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg\" alt=\"home-affairs-foter\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg 1024w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter-300x200.jpg 300w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter-768x512.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Op 26 Mei 2014 het nuwe immigrasieregulasies in werking getree wat voorsiening maak vir algemene werks- en skaars vaardighedevisums wat vir vyf jaar geldig is, werksvisums ten opsigte van werknemers wat in dieselfde maatskappy verplaas word, wat vir vier jaar geldig is, en korporatiewe werksvisums wat vir drie jaar geldig is.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3226,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137],"class_list":["post-3228","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE &quot;ONGEWENSTE&quot; IMMIGRASIEREGULASIES 2014 - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE &quot;ONGEWENSTE&quot; IMMIGRASIEREGULASIES 2014 - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op 26 Mei 2014 het nuwe immigrasieregulasies in werking getree wat voorsiening maak vir algemene werks- en skaars vaardighedevisums wat vir vyf jaar geldig is, werksvisums ten opsigte van werknemers wat in dieselfde maatskappy verplaas word, wat vir vier jaar geldig is, en korporatiewe werksvisums wat vir drie jaar geldig is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-06-06T11:36:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"683\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE &#8220;ONGEWENSTE&#8221; IMMIGRASIEREGULASIES 2014\",\"datePublished\":\"2014-06-06T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/\"},\"wordCount\":907,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE \\\"ONGEWENSTE\\\" IMMIGRASIEREGULASIES 2014 - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2014-06-06T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:16+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg\",\"width\":1024,\"height\":683,\"caption\":\"home-affairs-foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: DIE &#8220;ONGEWENSTE&#8221; IMMIGRASIEREGULASIES 2014\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE \"ONGEWENSTE\" IMMIGRASIEREGULASIES 2014 - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE \"ONGEWENSTE\" IMMIGRASIEREGULASIES 2014 - FW de Klerk Foundation","og_description":"Op 26 Mei 2014 het nuwe immigrasieregulasies in werking getree wat voorsiening maak vir algemene werks- en skaars vaardighedevisums wat vir vyf jaar geldig is, werksvisums ten opsigte van werknemers wat in dieselfde maatskappy verplaas word, wat vir vier jaar geldig is, en korporatiewe werksvisums wat vir drie jaar geldig is.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-06-06T11:36:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:16+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":683,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE &#8220;ONGEWENSTE&#8221; IMMIGRASIEREGULASIES 2014","datePublished":"2014-06-06T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/"},"wordCount":907,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg","keywords":["Ander"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/","name":"ARTIKEL: DIE \"ONGEWENSTE\" IMMIGRASIEREGULASIES 2014 - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg","datePublished":"2014-06-06T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:16+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/home-affairs-foter.jpg","width":1024,"height":683,"caption":"home-affairs-foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ongewenste-immigrasieregulasies-2014\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: DIE &#8220;ONGEWENSTE&#8221; IMMIGRASIEREGULASIES 2014"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3228","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3228"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3228\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6398,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3228\/revisions\/6398"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3226"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3228"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3228"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3228"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}