{"id":3141,"date":"2014-12-02T13:56:00","date_gmt":"2014-12-02T11:56:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:03","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:03","slug":"artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika het in ooreenstemming hiermee dieselfde dag as die Nasionale Dag vir Persone met Gestremdhede aangewys. Die land het ook die Verenigde Nasies se <em>Konvensie oor die Regte van Mense met Gestremdhede<\/em> (CRPD) onderteken en bekragtig, wat die nasie verbind tot \u2019n internasionale standaard betreffende die bevordering en beskerming van die menseregte van alle persone met gestremdhede. Ander plaaslike instrumente soos die <em>Afrika-handves oor Mense- en Volkeregte<\/em> verbind voorts ook die land tot die daarstelling van spesiale beskermingsmaatre\u00ebls in ooreenstemming met die fisiese behoeftes van persone met gestremdhede.<\/p>\n<p>Die Grondwet maak in artikel 9 voorsiening vir die gelyke beskerming en voordeel van die reg en die reg dat daar teen geen persoon gediskrimineer mag word nie. Artikel 9 bepaal ook dat die staat nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand mag diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele geori\u00ebnteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.<\/p>\n<p>Artikel 9(4) bepaal voorts dat geen persoon regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde, met inbegrip van gestremdheid, mag diskrimineer nie. Alhoewel daar geen omvattende wetgewing betreffende gestremdheid bestaan wat uitsluitlik aan gestremdheid of persone met gestremdhede aandag skenk nie, word daar egter oor verskeie ander wette beskik wat na mense met gestremdhede verwys of wat verband hou met aangeleenthede rakende gestremdhede. Die <em>Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act<\/em> sluit byvoorbeeld spesifiek diskriminasie teen mense met gestremdhede in, en so ook die <em>Wet op Arbeidsverhoudinge <\/em>wat die reg op regverdige arbeidspraktyke reguleer en onregverdige diskriminasie op arbitr\u00eare gronde, soos gestremdheid, verbied. Die <em>Mental Health Care Act <\/em>reguleer die wyse waarop eiendom van mense met geestelike siektes en persone met ernstige of diepgaande intellektuele gestremdhede deur \u2019n hof hanteer mag word. Beleide soos die Nasionale Strategie oor Gestremdheid bied leiding betreffende die oorweging van gestremdhede in beleids- en wetgewende hervorming.<\/p>\n<p>Gevolglik is die bestaan van sodanige wette en beleide \u2019n aanduiding van \u2019n nasie wat grootliks bewus is daarvan dat diskriminasie teen enige persoon op grond van gestremdheid \u2019n skending is van die inherente waardigheid en waarde van die persoon. Die begrip \u201cdiskriminasie teen gestremdes\u201d is egter \u2019n werklike konsep wat dikwels in die diskoers betreffende die regte van gestremdes ge\u00efgnoreer word, wat in wese diskrimineer teen mense met gestremdhede ten gunste van mense wat nie gestremd is nie.<\/p>\n<p>Die CRPD erken selfs in sy voorrede dat gestremdheid \u2019n ontwikkelende konsep is en dat gestremdheid spruit uit die skakeling tussen persone met gestremdhede en wat hindernisse betreffende geestesgesteldheid en die omgewing ervaar, wat hul volle en doeltreffende deelname in die samelewing op gelyke grondslag met ander belemmer. Samelewings waarin daar teen gestremdes gediskrimineer word neig om persone wat nie gestremd is nie as die standaard daar te stel van wat dit is om \u2019n \u2018normale lewe\u2019 te lei. Die gevolg is dat openbare en private ruimtes en dienste gebou en gelewer word om mense te dien wat \u2018normale lewens\u2019 lei, en wat dus persone met gestremdhede inherent uitsluit.<\/p>\n<p>Die beboude omgewing bied byvoorbeeld hindernisse vir gestremde mense. Terwyl persone sonder gestremdhede die vryheid van beweging as \u2019n reg aanvaar, is toegang tot vervoer, maklike beweging op strate en deur geboue al die komponente wat nodig is vir \u2019n toeganklike omgewing, wat nie altyd die geval is vir persone in rolstoele nie. Daar kan van tyd tot tyd geldige redes wees vir die beperking van toegang tot sekere omgewings, soos boupersele, maar die vlak van toegang waarna hier verwys word sluit dikwels onbewustelik baie ander persone uit. Selfs ho\u00eb toonbanke en rakke in winkels is \u2019n hindernis om toegang tot produkte en dienste te verkry. Dit is ook die geval met die gebrek aan inligting in braille of hoorbare aankondigings vir gesig- en gehoorgestremde persone.<\/p>\n<p>Alhoewel vordering gemaak word wat geneeskunde betref, was dit lank die gebruik om gestremde persone as die probleem te beskou, en om van hulle te verwag om by die w\u00eareld aan te pas soos dit is &#8211; of om andersins ge\u00efnstitusionaliseer te word. Hierdie verouderde mediese opinies het gestremdheid as \u2019n probleem gesien wat gevrees moes word en waarop neergesien moes word, met gestremde persone wat baie min outonomie oor hul eie lewens gehad het. Die media kan ook negatiewe sienings oor gestremdheid versterk &#8211; wat slegs bydra tot die idee dat gestremde mense op een of ander manier tragies is en bejammer moet word.<\/p>\n<p>\u2019n Samelewing wat homself beskou deur die lens van \u2019n niegestremde kweek isolasie en paternalisme onder gestremdes, terwyl \u2019n inklusiewe samelewing interafhanklikheid skep tussen di\u00e9 wat nie gestremd is nie en di\u00e9 wat gestremd is. Ter heroorweging van die samelewing se onbewustelike diskriminasie teen gestremdes kan iets so eenvoudig soos alledaagse taalgebruik \u2019n goeie beginpunt wees. Die woordeskat van iemand wat teen gestremdes diskrimineer verwys na woorde of frases wat bewustelik of onbewustelik mense met gestremdhede teiken, soos \u2018mal\u2019, \u2018simpel\u2019 of \u2018vertraag\u2019. Alhoewel dit nie na ernstige oordrywings klink nie, kan dit beledigend wees vir individue met werklike intellektuele of liggaamlike gestremdhede.<\/p>\n<p>Die wette en beleide dui ten minste op \u2019n politieke wil vir mense met gestremdhede om die volle spektrum van burgerlike, politieke, ekonomiese, maatskaplike en ontwikkelingsregte te kan geniet. Hierdie politieke wil alleenlik is egter onvoldoende. Die bre\u00ebr samelewing moet streef na \u2019n inklusiewe benadering sonder hindernisse waarin alle persone hul volle potensiaal kan bereik.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur Phephelaphi Dube, Regsbeampte: Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p><strong>Vir kommentaar oor verklaring:\u2028<\/strong><br \/>Phephelaphi Dube: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<br \/>E-pos: pdube@cfcr.org.za<a href=\"mailto:pdube@cfcr.org.za\"><br \/><\/a><a href=\"mailto:pdube@cfcr.org.za\">&nbsp;<\/a>Telefoon: 27 21 (0) 930 3622<\/p>\n<p><strong>Navrae:\u2028<\/strong><br \/>Megan Dick: Kommunikasiebeampte, FW de Klerk Stigting<br \/>E-pos: <a href=\"mailto:megan@fwdeklerk.org\">megan@fwdeklerk.org<br \/><\/a>Telefoon: 27 21 (0) 930 3622<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[F<\/span><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\">oto:UN<\/span><span style=\"font-size: 8pt;\">]<\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-dalai-lama-se-visum-en-terminologiese-onnoukeurighede\/'>DIE DALAI LAMA SE VISUM EN TERMINOLOGIESE ONNOUKEURIGHEDE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 96.33K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-dalai-lama-se-visum-en-terminologiese-onnoukeurighede\/?wpdmdl=4245&refresh=6a8870b1c36411787326641\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3139\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg\" alt=\"Unknown\" width=\"200\" height=\"71\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg 379w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown-300x105.jpeg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>3 Desember is W\u00earelddag vir Persone met Gestremdhede.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3139,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[132],"class_list":["post-3141","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-other"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"3 Desember is W\u00earelddag vir Persone met Gestremdhede.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-12-02T11:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"379\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"133\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES\",\"datePublished\":\"2014-12-02T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/\"},\"wordCount\":957,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg\",\"keywords\":[\"Other\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/\",\"name\":\"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg\",\"datePublished\":\"2014-12-02T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:03+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg\",\"width\":379,\"height\":133,\"caption\":\"Unknown\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES - FW de Klerk Foundation","og_description":"3 Desember is W\u00earelddag vir Persone met Gestremdhede.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-12-02T11:56:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:03+00:00","og_image":[{"width":379,"height":133,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES","datePublished":"2014-12-02T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/"},"wordCount":957,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg","keywords":["Other"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/","name":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg","datePublished":"2014-12-02T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:03+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/Unknown.jpeg","width":379,"height":133,"caption":"Unknown"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kom-ons-praat-hierdie-nasionale-dag-vir-persone-met-gestremdhede-oor-diskriminasie-teen-gestremdes\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: KOM ONS PRAAT HIERDIE NASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE OOR DISKRIMINASIE TEEN GESTREMDES"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3141","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3141"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3141\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6361,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3141\/revisions\/6361"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3139"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3141"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3141"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3141"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}