{"id":3135,"date":"2014-11-25T13:36:00","date_gmt":"2014-11-25T11:36:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/"},"modified":"2021-05-24T01:08:02","modified_gmt":"2021-05-23T23:08:02","slug":"artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die beweging staan bekend as \u201c16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld\u201d. Regerings, internasionale organisasies, nie-regeringsorganisasies (NROs), burgerregte organisasies, organisasies wat op godsdiens gebaseer is en individue werk saam gedurende hierdie tydperk om bewusmaking te skep oor geslagsgebaseerde geweld in hul gemeenskappe.<\/p>\n<p>25 November is deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aangewys as W\u00earelddag vir die Be\u00ebindiging van Geweld teen Vroue, omdat dit die herdenking is van die moord op drie van die Mirabal-susters, wat politieke aktiviste in die Dominikaanse Republiek was. Die veldtog kom op 10 Desember tot \u2019n einde, wat ook Internasionale Menseregtedag is. W\u00eareldvigsdag op 1 Desember val ook binne die tydperk van die veldtog, wat gepas is aangesien vroue en kinders van die grootste slagoffers van die Vigs-pandemie is.<\/p>\n<p>Volgens die VN is geweld teen vroue een van die mees wydverspreide skendings van menseregte. Een in drie vroue en dogters het op een of ander stadium in hul lewens huishoudelike geweld ervaar. Sommige nasionale studies wys daarop dat tot ongeveer 70% vroue geslagsgebaseerde geweld ervaar het. Statistieke dui ook daarop dat minder as 4% van vroue in sodanige situasies die geweld aangemeld het weens die persoonlike aard van die verhouding tussen hulle en die oortreder.<\/p>\n<p>Die VN is betrokke by die mobilisering vir hierdie veldtog deur middel van die <em>UNiTE to End Violence Against Women<\/em>-beweging. Die beweging is in 2008 gestig om bewusmaking te skep en om die politieke wil te verhoog om alle vorms van geweld teen vroue te be\u00ebindig. Die hutsteken (#-teken) op sosiale media, <em>#orangeurhood<\/em>, verwys na die amptelike kleur van die veldtog en moedig internasionale deelname aan.&nbsp;<\/p>\n<p>Die kwessie van geweld teen vroue is so belangrik dat daar verskeie platforms is waar dit bespreek wo. Die VN Vroue se <em>Beijing-verklaring en platform vir optrede<\/em>, nou in sy 20ste jaar (2014), het geweld teen vroue uitgewys as \u2019n belangrike gebied wat internasionale aandag noodsaak. Die Platform bespreek maatre\u00ebls om geweld teen vroue te voorkom en be\u00ebindig. Dit identifiseer ook die behoefte om beide die oorsake en doeltreffendheid van voorkomende maatre\u00ebls te bestudeer. Die be\u00ebindiging van mensehandel is ook ge\u00efdentifiseer as \u2019n gebied waaraan aandag geskenk moet word.<\/p>\n<p>Die doelwitte van hierdie inisiatief sluit in:<\/p>\n<ul>\n<li>Die verskerping van die veiligheid van vroue;<\/li>\n<li>Om w\u00eareldwye solidariteit tussen vroue ten toon te stel;<\/li>\n<li>Die beklemtoning van die aard van die voorkoms van geweld teen vroue;<\/li>\n<li>Die bevordering van leierskap onder vroue;<\/li>\n<li>Om druk op regerings uit te oefen; en<\/li>\n<li>Die versterking van plaaslike pogings om geweld teen vroue aan te pak.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Suid-Afrika en Geweld teen Vroue<\/strong><\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Grondwet maak voorsiening vir die beskerming van vroue. Artikel 9 &#8211; die klousule oor gelykheid &#8211; doen \u2019n beroep om die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg, en verbied onregverdige diskriminasie op grond van ras. Artikel 12 maak voorsiening vir vryheid en sekuriteit van die persoon, waarop almal, met inbegrip van vroue, geregtig is. Daarbenewens stel hoofstuk 9 van die Grondwet beide die SA Menseregtekommissie en die Kommissie vir Geslagsgelykheid daar. Beide Kommissies het \u2019n grondwetlike mandaat om respek vir menseregte te bevorder. Laasgenoemde Kommissie het egter \u2019n spesifieke mandaat om respek vir geslagsgelykheid te bevorder en om geslagsgelykheid te beskerm, ontwikkel en behaal kragtens artikel 187(1) van die Grondwet. Artikel 187(2) ken weer sekere magte aan die Kommissie toe, met inbegrip van die magte om aangeleenthede betreffende geslagsgelykheid te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.<\/p>\n<p>Geweld teen vroue en dogters, of dit nou in die openbare of private sfeer is, is \u2019n skending van die regte van beide vroue en kinders. Benewens die Grondwet is daar wetgewende waarborge beskikbaar vir die beskerming van hierdie kwesbare groep. Wetgewing soos die <em>Wet op Gesinsgeweld<\/em>, die Kinderwet, die Wet op Onderhoud, die <em>Promotion of Equity and Prevention of Unfair Discrimination Act<\/em>, asook die <em>Wysigingswet op die Strafreg<\/em> (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) skenk aandag aan die verskeie maniere waarop geweld teen vroue en kinders plaasvind. Die Grondwet en hierdie wette moet holisties saamwerk om die menswaardigheid, eiewaarde, gelykheid en die fisiese integriteit van vroue en dogters te beskerm. Gegewe Suid-Afrika se vlakke van geslagsgebaseerde geweld wat voortdurend hoog is, is dit te betwyfel of instellings en wetgewing die probleem sal oplos.<\/p>\n<p>Die Parlement het ook twee liggame ingestel wat onder andere moet verseker dat die regering sy grondwetlike verpligtinge moet nakom en dat gemeenskappe bewus is van en aktief is in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Die eerste liggaam is die Portefeuljekomitee oor Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede, en die tweede is die Gekose Komitee oor Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede. Beide hierdie Komitees skenk aandag aan vroue en kinders en die uitdagings wat hulle die hoof moet bied.<\/p>\n<p>Suid-Afrika staan saam met die internasionale gemeenskap deur deel te neem aan die 16 Dae-beweging. Verskeie geleenthede word jaarliks op nasionale en provinsiale vlak aangebied.<\/p>\n<p><strong>Hoe kan Suid-Afrikaners 16 Dae ondersteun?<\/strong><\/p>\n<p>Jy kan:<\/p>\n<ul>\n<li>\u2019n Wit strikkie dra, wat die internasionaal erkende simbool van ondersteuning is om geweld teen vroue en kinders te be\u00ebindig.<\/li>\n<li>Kyk na televisie-uitsendings van tersaaklike toesprake en besprekings.<\/li>\n<li>Woon geleenthede by of ondersteun geleenthede wat fokus op opvoeding van en bewusmaking onder die burgerlike samelewing.<\/li>\n<li>Maak \u2019n skenking aan \u2019n instelling wat diegene wat deur geweld geraak is, ondersteun en bystaan.<\/li>\n<\/ul>\n<p>In die verlede het vroue die 16 Dae van Aktivisme-veldtog hoofsaaklik alleen bestuur. Mans is egter onlangs genooi om by die veldtog aan te sluit. Die Minister in die Presidensie wat vir vroue verantwoordelik is, Susan Shabangu, tereg daarop gewys dat alhoewel slagoffer-ge\u00f6rienteerde aktivisme \u2019n goeie ding is, dit ook belangrik is om diegene wat verantwoordelik is vir die skade wat berokken is, ook te betrek. Die mobilisering van die helfte van die gemeenskap kan slegs soveel verrig. As die hele gemeenskap saamstaan om \u2019n veldtog te steun, sal die gevolge \u2019n groter uitwerking h\u00ea. Alhoewel haar opmerkings met teenstrydige gevoelens begroet is weens die onderliggende patriargale verwysings in haar toespraak, is die oorhoofse boodskap waar.&nbsp;<\/p>\n<p>Ten spyte van intensiewe aktivisme is die vlak van geslagsgebaseerde geweld egter steeds uitermatig hoog &#8211; en dit slegs wat sake betref wat aangemeld word. Dit kan wees omdat huishoudelike geweld nie \u2019n aangeleentheid op sy eie is nie. Dit word verbind tot alkohol- en dwelmmisbruik, armoede en die wyse waarop geweld \u2019n oorheersende eienskap in die geskiedenis van Suid-Afrika is. Daar is \u2019n duidelike behoefte om weer te dink oor die manier waarop ons die voorkoming van geweld teen vroue en dogters benader. Ons benodig \u2019n ge\u00efntegreerde veldtog wat al die probleme in die samelewing aanpak wat bydra tot die voorkoms van huishoudelike geweld. Dit sluit in \u2019n strafregstelsel wat doeltreffend reageer op geweld teen vroue en kinders, en \u2019n samelewing wat nie net hierdie menseregteskendings afkeur nie, maar wat dit ook nie pleeg nie. In die woorde van aartsbiskop Desmond Tutu: &#8220;<em>It is by standing up for the rights of girls and women that we truly measure up as men<\/em>.&#8221;<\/p>\n<p><em>Deur Rebecca Sibanda: Intern, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p><span style=\"font-size: 8pt;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[Foto:<\/span><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">&nbsp;United Nations<\/span><span style=\"font-size: 8pt;\">]<\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/does-the-ndp-offer-any-protection-against-creeping-communism-in-south-africa\/'>DOES THE NDP OFFER ANY PROTECTION AGAINST CREEPING COMMUNISM IN SOUTH AFRICA?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 173.11K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/does-the-ndp-offer-any-protection-against-creeping-communism-in-south-africa\/?wpdmdl=4251&refresh=6a87f25668fe21787294294\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2872\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg\" alt=\"EVAWOrangeGrid 675x317\" width=\"200\" height=\"94\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg 675w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317-300x141.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Elke jaar van 25 November tot 10 Desember &#8211; 16 dae in totaal &#8211; kom die w\u00eareld bymekaar om voorspraak te doen vir \u2019n pandemie wat miljoene vroue en dogters regoor die w\u00eareld raak: huishoudelike geweld.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2872,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137,138],"class_list":["post-3135","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander","tag-geslagsgelykheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Elke jaar van 25 November tot 10 Desember - 16 dae in totaal - kom die w\u00eareld bymekaar om voorspraak te doen vir \u2019n pandemie wat miljoene vroue en dogters regoor die w\u00eareld raak: huishoudelike geweld.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-11-25T11:36:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:08:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"317\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD\",\"datePublished\":\"2014-11-25T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/\"},\"wordCount\":1186,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\",\"Geslagsgelykheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/\",\"name\":\"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg\",\"datePublished\":\"2014-11-25T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:08:02+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg\",\"width\":675,\"height\":317,\"caption\":\"EVAWOrangeGrid 675x317\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD - FW de Klerk Foundation","og_description":"Elke jaar van 25 November tot 10 Desember - 16 dae in totaal - kom die w\u00eareld bymekaar om voorspraak te doen vir \u2019n pandemie wat miljoene vroue en dogters regoor die w\u00eareld raak: huishoudelike geweld.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-11-25T11:36:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:08:02+00:00","og_image":[{"width":675,"height":317,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD","datePublished":"2014-11-25T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/"},"wordCount":1186,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg","keywords":["Ander","Geslagsgelykheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/","name":"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg","datePublished":"2014-11-25T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:08:02+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/EVAWOrangeGrid_675x317.jpg","width":675,"height":317,"caption":"EVAWOrangeGrid 675x317"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-16-dae-van-aktivisme-teen-geslagsgebaseerde-geweld\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3135","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3135"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3135\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6357,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3135\/revisions\/6357"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2872"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3135"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3135"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3135"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}