{"id":3118,"date":"2014-11-07T13:56:00","date_gmt":"2014-11-07T11:56:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/"},"modified":"2021-05-24T01:07:59","modified_gmt":"2021-05-23T23:07:59","slug":"verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/","title":{"rendered":"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Wet, wat op 2 Mei 2013 gepromulgeer is, is aangeneem om die gebruik van amptelike tale deur die nasionale regering te reguleer, soos deur artikel 6 van die Grondwet vereis word, en wat van alle nasionale departemente, nasionale staatsinstellings en nasionale openbare ondernemings vereis om amptelike taalbeleide binne 18 maande vanaf die inwerkingtreding van die Wet te aanvaar.<\/p>\n<p>Tydens \u2019n onlangse inligtingsessie aan die parlement\u00eare Portefeuljekomitee oor Kuns en Kultuur het die Departement van Kuns en Kultuur (DKK) egter aangedui dat nie \u2019n enkele nasionale departement nie, en slegs \u2019n handjievol nasionale instellings en ondernemings, die Wet teen 2 November 2014 &#8211; die sperdatum vir inwerkingstelling &#8211; nagekom het.<\/p>\n<p>Artikel 6 van die Grondwet maak voorsiening vir 11 amptelike tale. Hierdie artikel erken ook die verminderde gebruik en status van inheemse tale en vereis van die Staat om &#8220;<em>praktiese en positiewe maatre\u00ebls<\/em>&#8221; in te stel om die status te verhoog en ook om die gebruik van inheemse tale te bevorder. Desnieteenstaande vereis artikel 6(4) dat alle amptelike tale gelykheid van aansien moet geniet en billik behandel moet word, en dat die nasionale regering sy gebruik van amptelike tale moet reguleer en monitor deur wetgewende en ander maatre\u00ebls om dit te verseker.<\/p>\n<p>Die Wet is s\u00f3 \u2019n wetgewende maatre\u00ebl, met die doelwit om die gebruik van amptelike tale vir regeringsdoeleindes deur die nasionale regering te reguleer en monitor; om billike toegang tot dienste en inligting van die nasionale regering te bevorder; en om goeie taalbestuur deur die nasionale regering te bevorder om doeltreffende staatsdiensadministrasie te verseker en om aan die behoeftes van die publiek te voldoen.<\/p>\n<p>Gevolglik vereis die Wet dat nasionale departemente, instellings en ondernemings \u2019n taalbeleid aanvaar waarin hulle, onder andere, drie amptelike tale moet aanwys vir regeringsdoeleindes. Dit vereis ook van hulle om aan te dui hoe die amptelike tale gebruik sal word om, onder andere, doeltreffend te kommunikeer betreffende die publiek, amptelike kennisgewings, regeringspublikasies en ander kommunikasie in en tussen regerings. Selfs meer belangrik vereis die Wet dat hierdie staatsorgane in hul onderskeie beleide moet beskryf hoe hulle doeltreffend met lede van die publiek sal kommunikeer wie se taal van keuse nie een van die drie amptelike tale is wat deur die spesifieke departement, instelling of ondernemings aangewys is nie.<\/p>\n<p>Die Minister is daarvoor verantwoordelik om die gebruik van amptelike tale deur die nasionale regering, nasionale openbare instellings en nasionale openbare ondernemings te monitor. Gevolglik moet elke nasionale departement, nasionale staatsinstelling en nasionale openbare onderneming jaarliks \u2019n verslag by die Minister en die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) indien oor die aktiwiteite van sy taaleenheid; die inwerkingstelling van sy taalbeleid; en enige klagtes wat ontvang is betreffende die gebruik van amptelike tale en die wyse waarop hierdie klagtes aangespreek is. Die Minister moet jaarliks \u2019n verslag in die Nasionale Vergadering indien oor die stand en gebruik van amptelike tale deur die nasionale regering vir regeringsdoeleindes en oor enige vrystelling wat aan \u2019n nasionale openbare instelling en nasionale openbare onderneming kragtens artikel 12 verleen is. Na aanleiding van die DKK se onlangse inligtingsessie aan die Parlement is dit egter duidelik dat die meeste nasionale staatsorgane nie die Wet ernstig opneem nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Ter verdediging het die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, ges\u00ea dat hy diep bekommerd is oor die stadige inwerkingstelling van hierdie wet. Hy het, kragtens die Wet, die sperdatum vir taalbeleide om aanvaar te word tot 2 Mei 2015 uitgestel, onderhewig aan die voorwaardes wat hy in \u2019n statusverslag van elke departement, instelling en onderneming teen 30 Januarie 2015 ontvang; dat taalbeleide teen 31 Maart 2014 in die Staatskoerant gepubliseer word vir kommentaar deur die publiek; en dat alle taalbeleide teen 2 Mei 2015 aanvaar is. Die Minister het ook gewaarsku dat die nie-nakoming gesien sal word as die regering wat nie daarin slaag om sy eie regulasies in werking te stel nie. Daarbenewens het hy daarop gewys dat \u2019n gebrek aan nakoming sal lei tot ouditnavrae aangesien dit deur die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika beskou sal word as die nie-nakoming van regeringswetgewing en -regulasies.<\/p>\n<p>Afgesien van die Minister se ooglopende verantwoordelikhede kragtens die Wet, het die Portefeuljekomitee oor Kuns en Kultuur \u2019n belangrike rol om in di\u00e9 aangeleentheid te speel. Die Parlement het \u2019n verantwoordelikheid om te verseker dat die nasionale uitvoerende gesag en alle nasionale staatsorgane aan hom verantwoording doen &#8211; veral betreffende die versuim om aan die Grondwet en wetgewing te voldoen. Enige verdere versuim deur staatsorgane om die Wet of die Minister se hersiene tydraamwerke en sperdatums na te kom moet tot gevolg h\u00ea dat die Portefeuljekomitee ernstige stappe neem teen die tersaaklike staatsorgane en die betrokke Ministers.<\/p>\n<p>Die belangrikheid van taal is oogeenlopend. Dit weerspie\u00ebl die diversiteit van Suid-Afrika; dit spreek tot die erkenning van die verlede en die erkenning van \u2019n verenigde toekoms in Suid-Afrika wat aan almal behoort wat daarin woon. Taal, in konteks van staatsorgane, hou direk verband met responsiewe en deursigtige openbare administrasie, met doeltreffende dienslewering en toegang tot inligting. Trouens, die gebruik van amptelike tale deur staatsorgane is so belangrik dat die opstellers van die Grondwet dit nodig geag het om dit by die grondliggende bepalings van die Grondwet in te sluit. Versuim deur nasionale staatsorgane om aan die Wet te voldoen het nie net \u2019n uitwerking op doeltreffende dienslewering nie, maar ondermyn ook \u2019n grondliggende bepaling van die Grondwet.<\/p>\n<p><em>Deur Adv Johan Kruger, Direkteur: Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/aids-in-south-africa-out-of-media-out-of-mind\/'>AIDS IN SOUTH AFRICA: OUT OF MEDIA, OUT OF MIND<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 113.04K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/aids-in-south-africa-out-of-media-out-of-mind\/?wpdmdl=4262&refresh=6a88469ba223a1787315867\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2553\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\" alt=\"foter ConCourt\" width=\"150\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die stadige vordering betreffende die inwerkingstelling van die <em>Use of Official Languages Act<\/em>, Wet&nbsp;12 van 2012 (die Wet) deur nasionale departemente, nasionale staatsinstellings en nasionale openbare ondernemings.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2553,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137,134,152],"class_list":["post-3118","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander","tag-education","tag-judges"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die stadige vordering betreffende die inwerkingstelling van die Use of Official Languages Act, Wet&nbsp;12 van 2012 (die Wet) deur nasionale departemente, nasionale staatsinstellings en nasionale openbare ondernemings.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-11-07T11:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:07:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"375\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND\",\"datePublished\":\"2014-11-07T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/\"},\"wordCount\":891,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\",\"education\",\"judges\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/\",\"name\":\"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\",\"datePublished\":\"2014-11-07T11:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:59+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\",\"width\":500,\"height\":375,\"caption\":\"foter ConCourt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die stadige vordering betreffende die inwerkingstelling van die Use of Official Languages Act, Wet&nbsp;12 van 2012 (die Wet) deur nasionale departemente, nasionale staatsinstellings en nasionale openbare ondernemings.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-11-07T11:56:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:07:59+00:00","og_image":[{"width":500,"height":375,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND","datePublished":"2014-11-07T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/"},"wordCount":891,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","keywords":["Ander","education","judges"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/","name":"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","datePublished":"2014-11-07T11:56:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:59+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","width":500,"height":375,"caption":"foter ConCourt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/verklaring-stadige-vordering-betreffende-inwerkingstelling-van-talewet-kommerwekkend\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"VERKLARING: STADIGE VORDERING BETREFFENDE INWERKINGSTELLING VAN TALEWET KOMMERWEKKEND"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3118","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3118"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3118\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6348,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3118\/revisions\/6348"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2553"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3118"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3118"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3118"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}