{"id":3082,"date":"2014-12-15T13:32:00","date_gmt":"2014-12-15T11:32:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/"},"modified":"2021-05-24T01:07:54","modified_gmt":"2021-05-23T23:07:54","slug":"artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Eskom is jare agter en het hul begroting om die kragnetwerk te onderhou, oorskry, met die gevolg dat beurtkrag so algemeen is soos braaivleis op \u2019n Saterdag (wat binnekort die doeltreffendste wyse sal wees om op enige van die ander dae van die week ook kos te kook). Tog ontvang Eskom se uitvoerende bestuur miljoen rand-bonusse en die publiek word in die donker gehou oor die ware redes vir Eskom se stand van sake. Die SA Lugdiens (SAL) en South African Express vlieg op walms, ten spyte daarvan dat hulle keer op keer deur die regering gered is. Die SA Uitsaaikorporasie (SAUK) voldoen al vir \u2019n geruime tyd nie aan goeie en doeltreffende bestuur nie, klaarblyklik weens verskeie vorms van wanbestuur. Die SA Posdiens is in stryd met sy personeel en die vermo\u00eb om pos &#8211; betyds en sonder dat daarmee gepeuter is &#8211; af te lewer; Transnet staar \u2019n klas-aksie van \u2019n miljard rand in die gesig omdat hulle na bewering versuim het om aan afgetrede werknemers hul pensioen te betaal; en die voorsitter van Petro SA is in die moeilikheid. Die lys gaan aan \u2026<\/p>\n<p>Byna elke openbare onderneming word gekenmerk deur een of ander skandaal wat met bestuur verband hou, en daar is vele redes vir hierdie versuime waaroor wyd berig gelewer is. Aan die kern van die probleem is egter die versuim om die Grondwet se \u201c10-punt-plan\u201d vir openbare administrasie na te kom. Kragtens artikel 195(1) van die Grondwet:<\/p>\n<p>\u201c<em>Openbare administrasie moet deur demokratiese waardes en beginsels wat in die Grondwet verskans word, bestuur word, met inbegrip van die volgende beginsels:<\/em><\/p>\n<p>a)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; &#8216;n Ho\u00eb standaard van beroepsetiek moet bevorder en gehandhaaf word.<\/p>\n<p>b)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die voordelige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne moet bevorder word.<\/p>\n<p>c)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Openbare administrasie moet ontwikkelingsgerig wees.<\/p>\n<p>d)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder vooroordeel gelewer word.<\/p>\n<p>e)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem.<\/p>\n<p>f)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees.<\/p>\n<p>g)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Deursigtigheid moet bevorder word deur die publiek van tydige, toeganklike en korrekte inligting te voorsien.<\/p>\n<p>h)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Bekwame bestuur van menslike hulpbronne en geskikte loopbaanontwikkelingspraktyke moet ontwikkel word ten einde menslike potensiaal tot die maksimum te ontsluit.<\/p>\n<p>i)&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Openbare administrasie moet in die bre\u00eb verteenwoordigend wees van die Suid-Afrikaanse bevolking, met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermo\u00eb, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde bre\u00eb verteenwoordiging te bewerkstellig.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie basiese waardes en beginsels wat openbare administrasie bestuur is nie opsioneel nie, maar \u2019n grondwetlike verpligting wat kragtens artikel 195(2) van toepassing is op \u201c<em>(a) administrasie in elke regeringsfeer; (b) staatsorgane; en (c) openbare ondernemings<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Die eerste probleem blyk om die feit te wees dat die regering nie openbare ondernemings beskou as deel van openbare administrasie nie. D\u00edt is blyk uit die <em>Public Administration Management Act<\/em>, wat onlangs &#8211; sonder behoorlike gesprekvoering &#8211; deur die Nasionale Vergadering aanvaar is. Hierdie Wet het meer doeltreffende, professionele en verantwoordingspligtige \u201copenbare administrasie\u201d ten doel. Dit het ook ten doel om korrupsie te voorkom en uit te wis deur werknemers te verbied om met die Staat besigheid te doen; dit stel \u2019n tegniese bystandeenheid vir etiek, integriteit en dissipline in om \u2019n kultuur van dissipline, integriteit en etiese gedrag in \u201copenbare administrasie\u201d te versterk; en dit maak voorsiening vir maatstawwe om \u2019n kultuur van nakoming met die regulasies onder die instellings in \u201copenbare administrasie\u201d te kweek. Die probleem is dat die Wet nie van toepassing is op openbare ondernemings nie. Al bepaal artikel 195(3) van die Grondwet dat \u201c<em>[n]asionale wetgewing die bevordering [moet] verseker van die waardes en beginsels wat in subartikel (1) vermeld word<\/em>\u201d, en ten spyte van die titel van die Wet, is die Wet slegs van toepassing op en reguleer dit slegs die staatsdiens en munisipaliteite. Dit is nie van toepassing op staatsorgane en openbare ondernemings soos deur artikel 195(1) en (2) van die Grondwet vereis word nie. In der waarheid herdefinieer die Wet \u201copenbare administrasie\u201d deur die betekenis te ignoreer wat die Grondwet daaraan toeskryf. Dit was \u2019n groot fout wat deur die Parlement gemaak is &#8211; hetsy deur weglating of andersins.<\/p>\n<p>Die tweede probleem is die aanstelling van raadslede van openbare ondernemings. In hierdie verband het \u2019n redakteursbrief van <em>Business Day<\/em> wat op 24 Oktober 2014 verskyn het, na hierdie probleem verwys as &#8220;<em>the (at best) questionable quality of the state-owned company boards&#8230; composed of deployees and ministerial buddies who have little or no experience&#8230;<\/em>&#8220;, wat \u2019n groot deel van die probleem is. Selfs \u2019n vlugtige blik op die direksies van openbare ondernemings regverdig rede tot kommer.<\/p>\n<p>In enige maatskappy behoort die voorsitter en raad in staat te wees om doeltreffende leierskap te bied wat gegrond is op \u2019n etiese grondslag. Dit noodsaak \u2019n voorsitter en individuele raadslede wat oor kennis, vaardighede en ervaring beskik om die vermelde maatskappy wat aan hulle toevertrou is, op die wyse te bestuur wat deur artikel 195 van die Grondwet, die Maatskappywet, Wet 71 van 2008 en die <em>King Code of Governance for South Africa 2009 <\/em>(die <em>King III<\/em>-verslag) vereis word. Dit sluit in die vermo\u00eb om strategie\u00eb en bedrywighede te bestuur ten einde \u2019n volhoubare sakeonderneming te bou, deur in gedagte te hou watter uitwerking sodanige strategie op die ekonomie, samelewing en die omgewing het. Dit vereis ook dat die prestasie van die maatskappy en sy skakeling met belanghebbendes deur die Grondwet en die Handves van Regte gelei word. Daarbenewens, kragtens die Maatskappywet en die <em>King III<\/em>-verslag, is \u2019n raad verplig om in die beste belang van die maatskappy op te tree, en nie die belanghebbendes wat hulle aangestel het nie. Dit beteken besluite wat op etiese en goeie bestuur asook goeie besigheidspraktyk, en nie persoonlike of politieke belange, geneem is. Dit behels ook \u2019n mate van onafhanklike denke. Volgens die <em>King III<\/em>-verslag&nbsp;behoort die beste belange van die maatskappy binne die raamwerk van die maatskappy uitgel\u00ea word en die sukses ten opsigte van \u2019n blywende positiewe uitwerking vir alle belanghebbendes herdefinieer. Gevolglik moet die raad die regmatige belange en verwagtinge van belanghebbendes (wat vanselfsprekend die mense van Suid-Afrika insluit) oorweeg op grond daarvan dat dit in die beste belang van die maatskappy is, en nie bloot as instrument om die belange van die belanghebbende te dien nie &#8211; met laasgenoemde wat neerkom op regering namens die mense van Suid-Afrika is. Dit wil egter voorkom of die beste belange van verskeie openbare ondernemings en al hul belanghebbendes &#8211; met inbegrip van die mense van Suid-Afrika &#8211; dikwels met die beste belange van politici en diegene met politieke verbintenisse vervang word. Ongelukkig blyk dit ook of politieke invloed en verbintenisse met \u2019n politieke party die belangrikste maatstawwe is vir aanstelling as voorsitter of raadslid van \u2019n openbare onderneming.<\/p>\n<p>Die derde probleem blyk om politieke inmenging in die daaglikse werksaamhede van openbare ondernemings te wees. Artikel 66 van die Maatskappywet bepaal dat besigheid en aangeleenthede van \u2019n maatskappy bestuur moet word deur of onder leiding van die direksie van die raad, wat oor die mag beskik om al die magte uit te oefen en enige van die funksies van die maatskappy uit te voer, behalwe in die mate waarin die Wet of die maatskappy se akte van oprigting anders bepaal. Die Maatskappywet vereis ook van individuele direkteurs om ter goede trou en om \u2019n behoorlike doel op te tree, in die beste belang van die maatskappy, met sorg, vaardigheid en noulettendheid wat redelikerwys van \u2019n direkteur in dieselfde posisie verwag kan word. Soos deur die <em>King III<\/em>-verslag uitgewys is, is \u2019n aanvangspunt van enige evaluasie betreffende hierdie aangeleentheid die plig van die direkteurs en beamptes om hul wetlike pligte na te kom; en tweedens om hul vertrouenspligte uit te voer.<\/p>\n<p>Volgens die ANC se Sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, is die party besig om \u2019n interne komitee saam te stel om die werk van ondernemings in staatsbesit te monitor en om met hulle te skakel waar nodig. Operasionele \u201cbetrokkenheid\u201d is aan die orde van die dag. Eskom se Hoof Uitvoerende Beampte, Tshediso Matona, is onlangs aangehaal dat hy ges\u00ea het dat politici verantwoordelik is vir Eskom se huidige mislukkings omdat dit aanges\u00ea is om die ligte aan te hou vir die W\u00eareldbeker in 2010 en tydens die verkiesings toe kragonderbrekings stemme sou kos. President Zuma se spesiale raadgewer oor besigheid, Sandile Zungu, het immers nie te lank gelede nie verklaar dat die regering die mense wat openbare ondernemings bestuur moet verseker dat dit hul opofferings waardeer, hulle ondersteun en nie onnodig sal inmeng nie. Dit noop die vraag: waarom meng die regering in of raak enigsins betrokke by die operasionele bestuur van hierdie instellings?<\/p>\n<p>Openbare ondernemings is deel van openbare administrasie en is staatsorgane. Hulle is nie deel van die regering of die besigheid van partye nie. Burgers vertrou dus hul regering en openbare ondernemings om openbare hulpbronne te bestuur en noodsaaklike dienste te lewer. Om daardie rede het die mense die reg om te verwag dat hierdie ondernemings in staatsbesit ten volle verantwoordelik gehou word en bestuur word met inagneming van diegene vir wie hulle werk: die mense van Suid-Afrika. Desnieteenstaande is die probleem wat deur ondernemings in staatsbesit in die gesig gestaar word nie operasioneel van aard nie, en geen \u201cvyfpuntplan\u201d wat ten doel het om die simptome van ondoeltreffende regeringsbestuur en wanbestuur aan te pak, sal die probleme op die lange duur oplos nie. Hierdie operasionele tekortkominge is gevolge van die regering (en hierdie instellings self) wat versuim om artikel 195 van die Grondwet na te kom. Die gevolg is duidelik uit die gehalte van dienste wat gelewer word, sowel as die bestuur van bates en finansi\u00eble en menslike hulpbronne &#8211; of dit nou by Eskom, SAL, die Posdiens of die SAUK is. In teenstelling daarmee vereis die Grondwet \u2019n ho\u00eb standaard van professionele etiek, met inbegrip van doeltreffende en ekonomiese gebruik van hulpbronne. Dit vereis dat openbare ondernemings reageer op die behoefte van die mense (eerder as di\u00e9 van politieke partye en politici). Dit vereis verantwoordbaarheid en deursigtigheid (met inbegrip daarvan dat die publiek betyds toeganklike en akkurate inligting ontvang). Daarbenewens vereis dit van openbare ondernemings om goeie menslike hulpbron-, indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke te handhaaf wat gegrond is op vermo\u00eb, objektiwiteit, regverdigheid en die behoefte om die ongelykhede van die verlede reg te stel ten einde verteenwoordiging in die bre\u00eb (nie numeriese, demografiese of politieke party-verteenwoordiging nie) te verwesenlik. Hierdie basiese waardes en beginsels &#8211; die Grondwet se \u201c10-punt-plan\u201d &#8211; is die grondslag vir ondernemings in staatsbesit wat goed en doeltreffend bestuur word. Enige ander plan sal Suid-Afrika steeds in die donker laat.<\/p>\n<div><strong>Vir kommentaar oor artikel:<\/strong><br \/>Adv Johan Kruger: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte<br \/>E-pos: <a href=\"mailto:tjkruger@cfcr.org.za\">tjkruger@cfcr.org.za<br \/><\/a>Telefoon: 27 21 (0) 930 3622<\/div>\n<p><strong>Navrae:<\/strong><br \/>Megan Dick: Kommunikasiebeampte, FW de Klerk Stigting<br \/>E-pos: <a href=\"mailto:megan@fwdeklerk.org\">megan@fwdeklerk.org<br \/><\/a>Telefoon: 27 21 (0) 930 3622<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">&nbsp;F<\/span><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\">oto:&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/paulk\/2212160797\/\"><span style=\"color: #000000;\">Paul Keller<\/span><\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY<\/span><\/a><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/annual-conference-programme-2015\/'>ANNUAL CONFERENCE PROGRAMME 2015<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 181.39K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/annual-conference-programme-2015\/?wpdmdl=4280&refresh=6a88654b366081787323723\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3080\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg\" alt=\"eskom-foter\" width=\"150\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg 334w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter-200x300.jpg 200w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Openbare ondernemings is in chaos.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3080,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137],"class_list":["post-3082","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Openbare ondernemings is in chaos.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-12-15T11:32:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:07:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"334\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN\",\"datePublished\":\"2014-12-15T11:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:54+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/\"},\"wordCount\":1846,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/\",\"name\":\"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2014-12-15T11:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:54+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg\",\"width\":334,\"height\":500,\"caption\":\"eskom-foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN - FW de Klerk Foundation","og_description":"Openbare ondernemings is in chaos.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2014-12-15T11:32:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:07:54+00:00","og_image":[{"width":334,"height":500,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"9 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN","datePublished":"2014-12-15T11:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:54+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/"},"wordCount":1846,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg","keywords":["Ander"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/","name":"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg","datePublished":"2014-12-15T11:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:54+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/eskom-foter.jpg","width":334,"height":500,"caption":"eskom-foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-openbare-ondernemings-en-die-grondwet-se-10-punt-plan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: OPENBARE ONDERNEMINGS EN DIE GRONDWET SE 10-PUNT-PLAN"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3082","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3082"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3082\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6332,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3082\/revisions\/6332"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3080"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3082"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3082"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3082"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}