{"id":3063,"date":"2015-03-10T13:36:00","date_gmt":"2015-03-10T11:36:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/"},"modified":"2021-05-24T01:07:50","modified_gmt":"2021-05-23T23:07:50","slug":"artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Gevolglik het di\u00e9 verslag, getiteld \u201c<em>Secure in Comfort<\/em>\u201d, aanbeveel dat die President betaal vir opgraderings aan sy woning wat nie met sekuriteit verband hou nie. Desnieteenstaande en ten spyte van hierdie verslag, het die Parlement se ad hoc-komitee oor die Nkandla-aangeleentheid (sonder die deelname van opposisiepartye) tot die gerieflike gevolgtrekking gekom dat die Staat nie sal kan bewys dat President Zuma onbehoorlik deur die opgradering van R246 miljoen van sy woning in Nkandla bevoordeel is nie.<\/p>\n<p>Alhoewel daar nie regtig &#8216;n presedent of bereidwilligheid bestaan om die uitgawes op presidensi\u00eble opgraderings &#8211; of ander ongegronde en verkwistende uitgawes &#8211; te verhaal nie, kan hierdie geld moontlik, en in die afwesigheid van doeltreffende, verantwoordbare regeringsbestuur, by wyse van regsmiddele ingevolge die gemenereg verhaal word &#8211; meer spesifiek di\u00e9 van die ongegronde verrykingsaksie. Hierdie konsep hou egter net verband met die beginsel dat iets betaalbaar is, en die kwessie oor die bedrag wat betaalbaar is moet na &#8216;n toepaslike liggaam verwys word ten einde die bedrag vas te stel.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Ongegronde verryking<br \/><\/strong>Ongegronde verryking vind plaas wanneer een persoon se boedel onregverdig vermeerder ten koste van iemand anders. Dit bestaan uit vier elemente, naamlik verryking, verarming, sonder regsoorsaak en kousaliteit &#8211; ten koste van iemand anders. Die basiese funksie van die wet betreffende ongegronde verryking is om ekonomiese voordele aan die eiser vir haar werk, op wie se koste dit verkry is en waarvoor die behoud deur die verweerder nie wetlik regverdig kan word nie, te herstel. Verryking kan bestaan uit &#8216;n toename in die verweerder se bates, wat nie die geval sou wees indien dit nie vir die verryking was nie. Die totale pakket van die verweerder se bates en laste nadat die beweerde verryking plaasgevind het moet vergelyk word met wat dit was voordat die verryking plaasgevind het.<\/p>\n<p><strong>Verweerder moes verryk geword het<br \/><\/strong>Verryking beteken dat die verweerder se bates moes toeneem en dat dit nie sou gebeur indien die verryking nie plaasgevind het nie. Wanneer die verryking bestaan uit &#8216;n toename in die markwaarde van die eiendom, sal die aksie betreffende onregverdige verryking slegs slaag indien die toename die gevolg is van tasbare, nuttige verbeterings wat op die eiendom aangebring is. Daar moet &#8216;n kousale verband wees tussen die verryking en die eiser se daaropvolgende verarming.<\/p>\n<p><strong>Eiser moes verarm het<br \/><\/strong>Die bedrag van die eiser se eis is die bedrag waarmee die eiser verarm het of waarmee die verweerder verryk is &#8211; watter een ook al die minste is. Elke aksie betreffende verryking moet ondersoek instel na beide die verweerder se verryking en die eiser se verarming. Verarming verwys na &#8216;n afname in die bates, of waar bates nie toeneem nie. Dit kan ook verwys na die toename van laste, of laste wat nie afneem nie. Uitgawes wat byvoorbeeld gespaar is weens &#8216;n ongegronde vervreemding van eiendom kan die eiser se werklike verarming verminder.<\/p>\n<p><strong>Die verryking moet ongegrond wees<br \/><\/strong>Daar moet geen voldoende regsgronde bestaan om die oordrag of behoud van waarde te regverdig wat van die eiser se boedel na di\u00e9 van die verweerder oorgedra is nie.<\/p>\n<p><strong>Verwere<br \/><\/strong>Waar daar wetlike regverdiging vir verryking bestaan, sal die eis betreffende verryking misluk. Dit beteken dat waar daar &#8216;n geldige kontrak, \u2018verstandhouding\u2019 of \u2018ooreenkomste\u2019 tussen die partye bestaan, daar nie vir onbehoorlike verryking ge\u00ebis kan word nie. Waar wetgewing regverdiging bied vir die behoud van verryking, sal die eis ook nie slaag nie. Die reg moet dit duidelik stel dat die respondent geregtig is op die verryking.<\/p>\n<p><strong>Ongegronde verryking en Nkandla<br \/><\/strong>Ten spyte van die parlement\u00eare ad hoc-komitee se versuim om die President aanspreeklik te hou vir die opgraderings, is dit duidelik uit die bespreking hier bo dat daar wel &#8216;n saak van ongegronde verryking ingevolge die gemenereg teen die President is. Die Openbare Beskermer se verslag het bevind dat opgraderings aan die President se woning wat nie met sekuriteit verband hou nie, &#8216;n veekraal en &#8216;n amfiteater insluit. Die verslag het verder bevind dat die President se onmiddellike familie onbehoorlik bevoordeel is deur die maatre\u00ebls wat in die naam van sekuriteit ingestel is, met inbegrip van die besoekersentrum, die veekraal en hoenderhok. Die familie sal vir ewig voordeel trek uit &#8216;n private mediese kliniek wat ook gebou is. Die finansiering van die bouwerk deur die Departement van Openbare werke is o\u00ebnskynlik gedoen op versoek van die SA Polisiediens en die Departement van Verdediging, met die stilswyende goedkeuring van die President. In beginsel verklaar artikel 96(2)(c) dat lede van die kabinet en adjunkministers nie \u201c<em>hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie<\/em>\u201d. Artikel 195(1)(b) van die Grondwet vereis die bevordering van \u201c<em>die voordelige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne<\/em>\u201d deur openbare administrasie. Klaarblyklik is nie een van hierdie artikels \u00f3f die <em>Wet op Openbare Finansi\u00eble Bestuur<\/em> in hierdie verband in ag geneem nie. Dit verteenwoordig die wanbesteding van openbare geld wat die Suid-Afrikaanse fiskus, wat hoofsaaklik deur die belastingbetaler gesteun word, armer sal laat. Die vierde element van die aksie van ongegronde verryking het geen regsgrondslag nodig nie. Die gebrek aan enige wette wat opgraderings aan die President se woning toelaat wat nie met sekuriteit verband hou nie deur openbare geld te gebruik beteken dat daar geen wetlike regverdiging bestaan vir die gebruik van openbare geld vir opgraderings wat nie met sekuriteit verband hou nie.<\/p>\n<p>Nadat daar op sigwaarde vasgestel is dat daar wel &#8216;n saak vir die gemenereg-aksie van ongegronde verryking bestaan, is die vraag nou, wat is volgende? Suid-Afrikaanse howe neig om die belange van die partye te balanseer wanneer die voorwaardes vir en maatre\u00ebls van regshulp bepaal word. Verbeterings aan eiendom moet gewaardeer word en die toets is objektief, wat beteken dat &#8216;n markverwante waarde bepaal word. In uitsonderlike gevalle het die howe egter &#8216;n subjektiewe benadering gevolg, wat die werklike voordeel van die verbeterings vanuit die respondent se oogpunt in ag neem. Met die bepaling van die eiser (die Suid-Afrikaanse belastingbetaler) se verarming, word dit oor die algemeen aanvaar dat laasgenoemde slegs geregtig is op werklike uitgawes en nie op enige wins vir arbeid nie. Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) gaan glo voort met &#8216;n eis vir ongegronde verryking teen die argitek wat vir die bouwerk verantwoordelik is. Die aksie betreffende ongegronde verryking behoort egter ingestel te word teen alle partye en individue wat onbehoorlik deur die opgradering van R246 miljoen van die woning in Nkandla bevoordeel is. In die afwesigheid van verantwoordelike, responsiewe en oop regeringsbestuur, maar ook die klaarblyklike ongewilligheid om die gevolge van sodanige regeringsbestuur deur doeltreffende toesighouding en uitvoerende optrede aan te pak, behoort die opdrag, \u201cbetaal die geld terug\u201d, egter miskien van die howe te kom.<\/p>\n<p><em>Deur Phephelaphi Dube: Regsbeampte: Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">Foto: mg.co.za<\/span><span style=\"font-size: 8pt;\"><br \/><\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-fw-de-klerk-foundation-awards-2015-fw-de-klerk-goodwill-award-to-afrika-tikkun\/'>THE FW DE KLERK FOUNDATION AWARDS 2015 FW DE KLERK GOODWILL AWARD  TO AFRIKA TIKKUN<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 90.59K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-fw-de-klerk-foundation-awards-2015-fw-de-klerk-goodwill-award-to-afrika-tikkun\/?wpdmdl=4292&refresh=6a8ae0ab890861787486379\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-833\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg\" alt=\"NKANDLA\" width=\"200\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA-300x169.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Die Openbare Beskermer se verslag oor die opgraderings aan die President se woning in Nkandla wat nie met sekuriteit verband hou nie, het bevind dat die President onbehoorlik bevoordeel is deur die verbeteringe en toevoegings by sy private woning en dat hy daardie verbeteringe stilswyend aanvaar het.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":833,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[141],"class_list":["post-3063","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-verantwoordbaarheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Openbare Beskermer se verslag oor die opgraderings aan die President se woning in Nkandla wat nie met sekuriteit verband hou nie, het bevind dat die President onbehoorlik bevoordeel is deur die verbeteringe en toevoegings by sy private woning en dat hy daardie verbeteringe stilswyend aanvaar het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-03-10T11:36:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:07:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"225\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING\",\"datePublished\":\"2015-03-10T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/\"},\"wordCount\":1138,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg\",\"keywords\":[\"Verantwoordbaarheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/\",\"name\":\"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg\",\"datePublished\":\"2015-03-10T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:50+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg\",\"width\":400,\"height\":225,\"caption\":\"NKANDLA\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Openbare Beskermer se verslag oor die opgraderings aan die President se woning in Nkandla wat nie met sekuriteit verband hou nie, het bevind dat die President onbehoorlik bevoordeel is deur die verbeteringe en toevoegings by sy private woning en dat hy daardie verbeteringe stilswyend aanvaar het.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-03-10T11:36:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:07:50+00:00","og_image":[{"width":400,"height":225,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING","datePublished":"2015-03-10T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/"},"wordCount":1138,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg","keywords":["Verantwoordbaarheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/","name":"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg","datePublished":"2015-03-10T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:50+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/NKANDLA.jpg","width":400,"height":225,"caption":"NKANDLA"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-nkandla-en-die-kwessie-van-ongeregverdigde-verryking\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: NKANDLA EN DIE KWESSIE VAN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3063","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3063"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3063\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6321,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3063\/revisions\/6321"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/833"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3063"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3063"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3063"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}