{"id":3044,"date":"2015-03-09T13:36:00","date_gmt":"2015-03-09T11:36:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/"},"modified":"2021-05-24T01:07:46","modified_gmt":"2021-05-23T23:07:46","slug":"artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET &#8211; BESINNING OOR VROUEREGTE"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook die ideale geleentheid om te besin oor vordering wat gemaak is betreffende die bevordering van vroueregte in die samelewing. Hierdie week &#8211; 9 tot 20 Maart &#8211; vind die 59ste sitting van die Verenigde Nasies se Kommissie oor die Status van Vroue (CSW59) plaas, en 2015 is ook die 20ste herdenking van die Beijing-verklaring en -platform vir optrede, waarin regerings &#8211; met inbegrip van Suid-Afrika &#8211; onderneem om bindende verpligtinge betreffende geslagsgelykheid te verseker.<\/p>\n<p>Ten einde dit te verwesenlik is Suid-Afrikaanse howe aan die voorpunt in die strewe om betekenis te verleen aan die reg op gelykheid. Pertinente uitsprake wat oor die afgelope twee dekades gelewer is, wat strek van opvolging, veiligheid en sekuriteit tot sosio-ekonomiese regte, speel \u2019n belangrike rol in die bevordering van gelykheid vir Suid-Afrikaanse vroue. Die howe l\u00ea steeds die Grondwet uit en gee betekenis aan sy bepalings; wat hierop volg is \u2019n beperkte bespreking oor die rol van die Grondwet om sekere regte en aansprake spesifiek vir vroue te erken en bevestig.<\/p>\n<p><em><strong>Bhe and Others v The Magistrate, Khayelitsha and others en Shibi v Sithole and Others<\/strong><\/em><\/p>\n<p>In hierdie sake is die Konstitusionele Hof gekonfronteer met die re\u00ebl van eersgeboortereg en verbandhoudende bepalings betreffende opvolging in die <em>Wet op Swart Administrasie<\/em>, wat vroue en buite-egtelike kinders van opvolging kragtens gewoontereg uitgesluit het. In <em>Bhe<\/em> was die saak wat voor die Hof gedien het dat die gewoontereg-re\u00ebl van manlike eersgeboortereg onregverdig diskrimineer op grond van geslag. Hierdie gebruik het toegelaat dat slegs die oudste manlike familielid die boedel van \u2019n swart persoon kon erf. \u2019n Soortgelyke argument is aangevoer in <em>Shibi<\/em>, wat verband gehou het met die erflating van haar oorlede broer se boedel. Die Hof het aangevoer dat die Afrika-gewoonteregre\u00ebl van manlike eersgeboortereg soos dit toegepas sou word, op onregverdige wyse teen vroue en buite-egtelike kinders gediskrimineer het, en het dit gevolglik ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Die Hof het ook artikel 23(7) van die <em>Wet op Swart Administrasie<\/em> ongrondwetlik en ongeldig verklaar aangesien dit op onregverdige wyse teen vroue diskrimineer betreffende die administrasie en verspreiding van swart boedels. Die hof het bevind dat die bepalings diskriminerend is en die reg op gelykheid in artikel 9 en die reg op waardigheid in artikel 10 skend.<\/p>\n<p>Hierdie besluit is belangrik vir vroue wat ingevolge gewoontereg getroud is, aangesien hulle nou gelyke opvolgingsregte geniet.<\/p>\n<p><em><strong>Carmichele v Minister of Safety and Security and Another<\/strong><\/em><\/p>\n<p>In hierdie saak het die Hof bevind dat die Minister van Justisie en die Minister van Veiligheid en Sekuriteit vir die wrede aanval op \u2019n vrou aanspreeklik is. Die oortreder was \u2019n man wat verhoorafwagtend was op ander klagtes. Die man is vrygelaat sonder borgtog op grond van aanbevelings deur die ondersoekbeampte en aanklaer, ten spyte van sy geskiedenis van geweld teen vroue. Die Hof het die feit beklemtoon dat die Grondwet die staat verplig om geweld teen vroue, wat \u2019n vorm van diskriminasie op grond van geslag is, te voorkom. Die staat is ook verplig om die waardigheid, vryheid en sekuriteit van vroue te beskerm. Daarbenewens het die howe \u2019n plig om die reg te ontwikkel ten einde die staat verantwoordelik te hou. Geweld teen vroue in Suid-Afrika is goed gedokumenteer, met berigte wat daarop dui dat geslagsgebaseerde geweld die Suid-Afrikaanse ekonomie R28.4 miljard tot R42.2 miljard per jaar kos &#8211; as \u2019n mens aanvaar dat een in vyf vroue elke jaar \u2019n voorval van geslagsgebaseerde geweld ervaar. Gevolglik is hierdie saak belangrik vir die stryd om geweld teen vroue te be\u00ebindig en die Nasionale Vervolgingsgesag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet goeie oordeel toepas wanneer hulle individue met geskiedenis van gewelddadigheid in die samelewing vrylaat. Dit beklemtoon die idee dat die staat verplig is om individue te beskerm deur borgtog te weier aan persone wat vroue moontlik leed kan aandoen. Dit verleen betekenis aan artikel 12 van die Grondwet, wat aan elkeen die reg op vryheid en sekuriteit waarborg.<\/p>\n<p><em><strong>Grobler v Naspers BPK en \u2018n Ander<\/strong><\/em><\/p>\n<p>In hierdie saak het die hof bevind dat \u2019n werkgewer aanspreeklik is vir skade wat berokken is deur die seksuele teistering van \u2019n vrou wat as sekretaresse gewerk het vir \u2019n bestuurder wat haar aan seksuele teistering vir \u2019n volgehoue tydperk onderwerp het. Weens die volgehoue ongewenste aandag &#8211; met inbegrip van \u2019n poging tot verkragting deur haar met \u2019n vuurwapen aan te hou &#8211; het sy post-traumatiese stresversteuring ontwikkel, wat haar verhoed het om normaal by die werk en by die huis te funksioneer, asook in ander situasies. Dit het daartoe gelei dat sy \u2019n emosionele ineenstorting gehad het weens die vyandige werksomgewing. Die Hof het die bestuurder se misbruik van gesag, die omvang van die gesag wat aan die bestuurder verleen is, asook die weerloosheid van die vrou betreffende die omvang van die bestuurder se gesag in ag geneem. Om hierdie redes het die Hof bevind dat die werkgewer aanspreeklik is vir die vrou se lyding. Die belangrikheid van hierdie besluit is dat dit \u2019n werkgewer se plig beklemtoon om redelike optrede te voorkom en om teistering in die werkplek uit te wis. Die besluit het ook bevestig dat werkgewers aanspreeklik is vir seksuele teistering deur werknemers (tensy hulle redelike stappe gedoen het om sodanige teistering te voorkom). Slagoffers van teistering kan die werkgewer en die teisteraar dagvaar vir skade weens die seksuele teistering. Die besluit bevestig nie net die reg op regverdige arbeidspraktyke nie, maar ook die regte op waardigheid en gelykheid in die werkplek.<\/p>\n<p><strong><em>Minister of Health and Others v Treatment Action Campaign and Others<\/em><\/strong><\/p>\n<p>Die applikante, die <em>Treatment Action Campaign<\/em>-groep, saam met ander burgerregteorganisasies, het \u2019n aansoek gebring om die destydse Minister van Gesondheid te dwing om \u2019n omvattende beleid oor die voorkoming van MIV\/Vigs daar te stel en in te stel ten einde die uitwerking van MIV\/Vigs te verminder. Hulle het aangevoer dat die bestaande beleide waaroor beskik word &#8211; wat ten doel het om die risiko van die oordrag van moeder na kind te verminder &#8211; nie aan grondwetlike vereistes voldoen nie. Die Hof het in ag geneem dat die Grondwet \u2018n noodsaaklikheid daarstel vir die regering, binne sy beskikbare middele, om programme te ontwikkeling om die regte van swanger vroue en pasgebore babas op toegang tot gesondheidsdienste om die oordrag van MIV van moeder na kind progressief te verwesenlik. Die Hof het die regering beveel om Nevirapine onmiddellik beskikbaar te stel en om voorts ook berading en toetsfasiliteite landwyd te voorsien ten einde die oordrag van moeder na kind te verminder. Die beslissing gee betekenis aan sosio-ekonomiese regte deur die vereiste dat die staat positiewe stappe moet doen ten einde te verseker dat die reg op toegang tot gesondheidsorg verwesenlik word.<\/p>\n<p>Ten spyte van die bogenoemde lofwaardige beslissings, wat tasbare resultate regoor Suid-Afrikaanse gemeenskappe gelewer het, is daar steeds rede tot kommer betreffende die onlangse pogings om wetgewing te aanvaar wat sou versuim om vroueregte te beskerm en bevorder. Dit is kommerwekkend dat wetgewing soos die <em>Communal Land Rights Act<\/em> (wat geheel en al deur die Konstitusionele Hof weens tegniese redes geskrap is) deur die Parlement aanvaar kan word, ten spyte daarvan dat die Grondwet gelykheid vir alle burgers waarborg. Die <em>Communal Land Rights Ac<\/em>t sou die magte van tradisionele leiers betreffende grond uitbrei &#8211; wat die patriargale magsverhoudings sou versterk &#8211; tot nadeel van vroue se toegang tot grond en sekerheid van verblyfreg. Nog \u2019n problematiese aspek van die <em>Communal Land Rights Act<\/em> was dat dit diskriminasie teen vroue verskans deur regte wat voorheen aan mans toegeken is, te formaliseer. Die <em>Traditional Courts Bill<\/em> (wat later verval het) is in 2013 ingetel en sou \u2019n parallelle regstelsel skep waarin vroue nie op regsverteenwoordiging sou kon steun nie, wat direk in teenstryd met die Grondwet is. Die onus is dus op die staat om voort te gaan om vroueregte te beskerm en bevorder soos wat dit in die Grondwet verskans is.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur Phephelaphi Dube; Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt;\">[Foto:<\/span><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">&nbsp;UN Women<\/span><span style=\"font-size: 8pt;\">]<\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/statement-by-former-president-fw-de-klerk-on-the-25th-anniversary-of-nelson-mandela-s-release-from-prison\/'>STATEMENT BY FORMER PRESIDENT FW DE KLERK ON THE 25TH ANNIVERSARY OF NELSON MANDELA\u2019S RELEASE FROM PRISON<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 93.84K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/statement-by-former-president-fw-de-klerk-on-the-25th-anniversary-of-nelson-mandela-s-release-from-prison\/?wpdmdl=4305&refresh=6a8666190c78e1787192857\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3042\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg\" alt=\"IWD2015UNWomen\" width=\"200\" height=\"94\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen-300x141.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/>Terwyl ons besin oor Internasionale Vrouedag &#8211; wat w\u00eareldwyd op 8 Maart gevier word &#8211; is dit nie net belangrik om steeds die prestasies van vroue te vier nie, maar ook om \u2019n beroep te doen om groter gelykheid.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3042,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[138],"class_list":["post-3044","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-geslagsgelykheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET - BESINNING OOR VROUEREGTE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET - BESINNING OOR VROUEREGTE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Terwyl ons besin oor Internasionale Vrouedag - wat w\u00eareldwyd op 8 Maart gevier word - is dit nie net belangrik om steeds die prestasies van vroue te vier nie, maar ook om \u2019n beroep te doen om groter gelykheid.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-03-09T11:36:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:07:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"188\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET &#8211; BESINNING OOR VROUEREGTE\",\"datePublished\":\"2015-03-09T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/\"},\"wordCount\":1327,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg\",\"keywords\":[\"Geslagsgelykheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/\",\"name\":\"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET - BESINNING OOR VROUEREGTE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg\",\"datePublished\":\"2015-03-09T11:36:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:46+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg\",\"width\":400,\"height\":188,\"caption\":\"IWD2015UNWomen\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET &#8211; BESINNING OOR VROUEREGTE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET - BESINNING OOR VROUEREGTE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET - BESINNING OOR VROUEREGTE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Terwyl ons besin oor Internasionale Vrouedag - wat w\u00eareldwyd op 8 Maart gevier word - is dit nie net belangrik om steeds die prestasies van vroue te vier nie, maar ook om \u2019n beroep te doen om groter gelykheid.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-03-09T11:36:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:07:46+00:00","og_image":[{"width":400,"height":188,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET &#8211; BESINNING OOR VROUEREGTE","datePublished":"2015-03-09T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/"},"wordCount":1327,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg","keywords":["Geslagsgelykheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/","name":"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET - BESINNING OOR VROUEREGTE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg","datePublished":"2015-03-09T11:36:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:46+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/IWD2015UNWomen.jpg","width":400,"height":188,"caption":"IWD2015UNWomen"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-viering-van-die-grondwet-besinning-oor-vroueregte\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: VIERING VAN DIE GRONDWET &#8211; BESINNING OOR VROUEREGTE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3044","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3044"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3044\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6308,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3044\/revisions\/6308"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3042"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3044"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3044"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3044"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}