{"id":3013,"date":"2015-04-20T13:32:00","date_gmt":"2015-04-20T11:32:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/"},"modified":"2021-05-24T01:07:42","modified_gmt":"2021-05-23T23:07:42","slug":"artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p>Gegewe Suid-Afrika se geskiedenis en die gebruik van die weermag in townships voor die instelling van demokrasie in 1994 om regmatige betogings te onderdruk, is dit verstaanbaar dat hierdie jongste ontwikkeling kommer kan wek. Daarbenewens het die onlangse vlaag xenofobiese aanvalle en die beelde van hierdie dade emosies regoor die land aangeroer, en herinner aan die soort geweld wat ons nooit weer in Suid-Afrika wil ervaar nie. Gevolglik, en om verstaanbare redes in hierdie konteks, is die laaste ding wat Suid-Afrikaners wil sien die terugkeer van soldate om reg en orde op ons strate te handhaaf.<\/p>\n<p>Om daardie rede &#8211; afgesien van die erkenning van die behoefte aan die ontplooiing van die SANW in Suid-Afrika onder sekere omstandighede &#8211; reguleer die Grondwet en die <em>Defence Act<\/em> van 2002 duidelik wanneer en hoe die SANW in die hoedanigheid van wetstoepassing ontplooi mag word, en hoe die Parlement ten alle tye toesighouding sal uitoefen ten opsigte van sodanige ontplooiing.<\/p>\n<p>Die hoofdoelwitte van die SANW is om die Republiek, sy territoriale integriteit en sy mense te verdedig en beskerm in ooreenstemming met die Grondwet en die beginsels van internasionale reg wat die gebruik van geweld betref. Artikel 201(2)(a) van die Grondwet maak egter daarvoor voorsiening dat die President die ontplooiing van die SANW in samewerking met die SAPD kan goedkeur, bo en behalwe die ontplooiing ter verdediging van die Republiek of ter uitvoering van &#8216;n internasionale verpligting. Artikel 19 van die <em>Defence Act <\/em>gee uitdrukking aan hierdie grondwetlike bepaling deur te bepaal dat die SANW in samewerking met die SAPD ontplooi mag word kragtens artikel 201(2)(a) van die Grondwet om misdaad te voorkom en beveg en om reg en orde in die Republiek te handhaaf en bewaar. Die President of die Minister mag, kragtens artikel 18 van die <em>Defence Act<\/em>, ook die ontplooiing van die SANW magtig vir dienste buite Suid-Afrika, of in internasionale waters, ten einde lewens, gesondheid of eiendom in noodgevalle te bewaar of om humanit\u00eare hulp te verleen; om die lewering van noodsaaklike dienste te verseker; om enige staatsdepartement te steun, met inbegrip van steun ten opsigte van sosio-ekonomiese opheffing; en om nasionale grensbeheer toe te pas. Die SANW is voorheen en op baie geleenthede ontplooi om al die bogenoemde funksies op een of ander stadium uit te voer, en het dit goed gedoen.<\/p>\n<p>Desnieteenstaande is nasionale sekuriteit onderhewig aan die gesag van beide die Parlement, as verteenwoordigers van die mense, en die nasionale uitvoerende gesag. Wanneer die President dus die SANW ontplooi kragtens die bogenoemde grondwetlike bepalings, moet hy kragtens artikel 201(3) van die Grondwet die Parlement \u201converwyld en in gepaste besonderhede verwittig van (a) die redes vir die aanwending van die weermag; (b) enige plek waar die mag aangewend word; (c) die getal mense wat daarby betrokke is; en (d) die tydperk waarvoor die mag na verwagting aangewend sal word.\u201d Indien die Parlement nie tydens die eerste sewe dae na die ontplooiing sit nie, moet die President die inligting aan die toepaslike toesighoudende komitee oordra. Daarbenewens vereis artikel 19(2) van die <em>Defence Act<\/em> dat die Minister kennis van sodanige ontplooiing in die Staatskoerant gee binne 24 uur van die aanvang van sodanige ontplooiing en, wanneer sodanige ontplooiing gestaak word, moet hy of sy binne 24 uur kennis gee van die staking daarvan.<\/p>\n<p>Wanneer die SANW ontplooi word kragtens artikel 201(2) van die Grondwet, bepaal artikel 19(3) dat daardie diens deur lede van die SANW in samewerking met die SAPD:<\/p>\n<p>a.&nbsp;slegs uitgevoer kan word in sodanige gebied of by sodanige plek as wat die President kan beveel op versoek van die Minister van Verdediging en Minister van Polisie;<\/p>\n<p>b.&nbsp;gestaak word in sodanige gebied soos wat die President kan beveel op versoek van die Minister van Verdediging en Minister van Polisie, of wanneer die President dit raadsaam ag om enige ander rede; en<\/p>\n<p>c.&nbsp;uitgevoer moet word in ooreenstemming met:<\/p>\n<ul>\n<li>&#8216;n gedragskode en operasionele prosedures wat deur die Minister goedgekeur is;<\/li>\n<li>riglyne betreffende samewerking tussen die SANW en die SAPD; en<\/li>\n<li>ko\u00f6rdinering van beheer oor lede van die SANW en die SAPD, soos deur die Hoof van die SANW en die Nasionale Polisiekommissaris mag bepaal.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Artikel 20 van die <em>Defence Act<\/em> maak voorsiening van die magte en pligte van lede van die SANW wanneer hulle ter ondersteuning van die SAPD ontplooi word. Hierdie artikel bepaal dat wanneer lede van die SANW vir &#8216;n diens kragtens artikel 201(2) van die Grondwet ontplooi word, sodanige lede oor dieselfde magte, pligte en verantwoordelikhede beskik as di\u00e9 van &#8216;n lid van die SAPD ingevolge die<em> Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens<\/em> van 1995, die Strafprosesreg van 1977 en ander tersaaklike wetgewing soos in die <em>Defence Act<\/em> na verwys word.<\/p>\n<p>Sodanige magte, wat nie die ondersoek van misdaad insluit nie, kan slegs uitgevoer word deur lede van die SANW vir die doel van die suksesvolle uitvoering van daardie ontplooiing, die voorkoming van misdaad, handhawing van wet en orde, of die behoud van die interne sekuriteit van die Republiek. Artikel 20 bepaal dat lede van die SANW wat kragtens artikel 201(2) van die Grondwet ontplooi word, die nodige opleiding voor sodanige ontplooiing moes ontvang het en toepaslik toegerus moet wees.<\/p>\n<p>Dit is duidelik uit die grondwetlike en wetgewende raamwerk dat wanneer lede van die SANW in samewerking van die SAPD ontplooi word, hierdie soldate ontplooi word binne die streng raamwerk van die Grondwet en die reg. Gevolglik moet hulle in ooreenstemming met die Grondwet en die reg optree, met inbegrip van die gebruiklike internasionale reg en internasionale ooreenkomste wat Suid-Afrika bind, en mag nie &#8216;n onwettige bevel nakom nie. In lig van die wydverspreide xenofobiese geweld, veral in KwaZulu-Natal en Gauteng, moet hierdie ontplooiing wat ten doel het om die SAPD te steun ten opsigte van die voorkoming en onderdrukking van verdere xenofobiese geweld, met inbegrip van lewensverliese en die verlies van eiendom, verwelkom word. Dit sal hopelik verseker dat die regte in die Handves van Regte van alle mense in Suid-Afrika verwesenlik en beskerm word &#8211; ongeag nasionaliteit. In hierdie konteks sal die SANW, in samewerking met die SAPD, hopelik die vasberadenheid van Suid-Afrikaners weerspie\u00ebl om as individue en as &#8216;n nasie, as gelykes in vrede en harmonie te leef, vry van vrees en gebrek en om &#8216;n beter lewe te soek.<\/p>\n<p><em>Adv Johan Kruger, Direkteur: Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"font-size: 8pt; color: #000000;\">Foto:&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/governmentza\/8703747245\/\"><span style=\"color: #000000;\">GovernmentZA<\/span><\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/foter.com\/\"><span style=\"color: #000000;\">Foter<\/span><\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nd\/2.0\/\"><span style=\"color: #000000;\">CC BY-ND<\/span><\/a><\/span><em><br \/><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/'>PRESIDENT ZUMA SE REAKSIE OP DIE STAATSREDE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 119.39K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-zuma-se-reaksie-op-die-staatsrede\/?wpdmdl=4320&refresh=6aad5daf87cac1789746607\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-3011\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg\" alt=\"defence minister\" width=\"200\" height=\"133\" \/>Minister van Verdediging en Milit\u00eare Veterane, Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula, het onlangs aangekondig dat die SA Nasionale Weermag (SANW) ontplooi sal word om die SA Polisiediens (SAPD) by te staan om verdere xenofobiese aanvalle te voorkom en onderdruk.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":3011,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137,143],"class_list":["post-3013","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander","tag-oppergesag-van-die-reg"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Minister van Verdediging en Milit\u00eare Veterane, Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula, het onlangs aangekondig dat die SA Nasionale Weermag (SANW) ontplooi sal word om die SA Polisiediens (SAPD) by te staan om verdere xenofobiese aanvalle te voorkom en onderdruk.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-04-20T11:32:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:07:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"160\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK\",\"datePublished\":\"2015-04-20T11:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/\"},\"wordCount\":1064,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\",\"Oppergesag van die Reg\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg\",\"datePublished\":\"2015-04-20T11:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:07:42+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg\",\"width\":240,\"height\":160,\"caption\":\"defence minister\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK - FW de Klerk Foundation","og_description":"Minister van Verdediging en Milit\u00eare Veterane, Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula, het onlangs aangekondig dat die SA Nasionale Weermag (SANW) ontplooi sal word om die SA Polisiediens (SAPD) by te staan om verdere xenofobiese aanvalle te voorkom en onderdruk.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2015-04-20T11:32:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:07:42+00:00","og_image":[{"width":240,"height":160,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK","datePublished":"2015-04-20T11:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/"},"wordCount":1064,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg","keywords":["Ander","Oppergesag van die Reg"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/","name":"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg","datePublished":"2015-04-20T11:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:07:42+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/defence_minister.jpg","width":240,"height":160,"caption":"defence minister"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-ontplooiing-van-die-sanw-en-die-sapd-om-xenofobiese-geweld-te-onderdruk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: DIE ONTPLOOIING VAN DIE SANW EN DIE SAPD OM XENOFOBIESE GEWELD TE ONDERDRUK"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3013","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3013"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3013\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6295,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3013\/revisions\/6295"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3011"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3013"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3013"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3013"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}