{"id":2774,"date":"2016-05-30T02:00:00","date_gmt":"2016-05-30T00:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/"},"modified":"2021-05-24T01:05:52","modified_gmt":"2021-05-23T23:05:52","slug":"artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR &#8211; MAAR WEK STEEDS KOMMER"},"content":{"rendered":"<p>Die howe het dit baie duidelik gemaak dat die wetgewer &lsquo;n plig het om die publiek by die wetgewende proses te betrek. Die Konstitusionele Hof het in <em>Doctors for Life International v The Speaker of the National Assembly and Others<\/em> dit duidelik gestel dat goeie wette gemaak word en burgerskap bevorder word wanneer daar van wetgewers vereis word om die publiek om insette te nader en dit in ag te neem. Dieselfde saak het dit duidelik gemaak dat die Parlement sy grondwetlike plig sou versuim indien die Nasionale Vergadering of die Nasionale Raad van Provinsies nie openbare deelname voldoende fasiliteer nie.<\/p>\n<p>Wanneer substantiewe bepalings van die Wetsontwerp oorweeg word, is die definisie van onteiening moontlik die mees kommerwekkendste. Die Wetsontwerp definieer onteiening as die verkryging van eiendom. Die definisie is problematies omdat die idee van voogdyskap, soos bekendgestel in die <em>Agri South Africa v Minister for Minerals and Energy and Others<\/em> (AgriSA)-beslissing, bepaal dat minerale bronne nie deur die Staat verkry word nie, maar in voogdyskap vir alle Suid-Afrikaners geplaas word, wat dus geen vergoeding vereis nie, ten spyte van die algehele ontneming van die regte van eienaarskap. Die AgriSA-beslissing was versigtig om die idee van voogdyskap te beperk tot spesifieke feite &#8211; &lsquo;n punt wat die Wetsontwerp nalaat. Die blote idee van die Staat se &ldquo;voogdyskap&rdquo; oor nie-natuurlike bronne geniet nie veel steun in akademiese en regskringe nie.<\/p>\n<p>Die Wetsontwerp maak voorsiening vir onteiening om `n openbare doel en in die openbare belang. Die idee van openbare belang is goed gevestig in die reg en sluit in onteiening vir openbare doeleindes, soos die bou van paaie of damme. Die konsep van &ldquo;openbare belang&rdquo; is egter vaag en die definisie in die Wetsontwerp haal slegs die Grondwet verbatim aan met die gevolg dat &ldquo;openbare belang&rdquo; die nasie se verbintenis tot grondhervorming en tot hervormings om billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike bronne te bewerkstellig, insluit.<\/p>\n<p>Dit is onvoldoende vir die Wetsontwerp om die Grondwet eenvoudig verbatim aan te haal. Die rol van die wetgewing is om uitvoering aan die Grondwet te gee deur die bepalings duidelik te stel. Deur eenvoudig te herhaal wat reeds ges&ecirc; is verleen nie groter begrip ten opsigte van die bestaande grondwetlike bepaling nie en laat die Wetsontwerp se bepalings vaag. Die vaagheid skep onsekerheid en kan lei tot onre&euml;lmatighede &#8211; en moontlik uitdagings in die Konstitusionele Hof.<\/p>\n<p>Daarbenewens is die Wetsontwerp se definisie van eiendom &#8211; eiendom soos in artikel 25 van die Grondwet vervat word &#8211; so breed dat dit feitlik enige vorm van eiendom kan insluit, met inbegrip van inheemse kennisstelsels en ander vorms van intellektuele eiendom.<\/p>\n<p>Die <em>Onteieningswetsontwerp<\/em> blyk ook om oordragte deur derde partye toe te laat in sover dit die onteiening van eiendom vir private individue toelaat. Soos ons voorheen opgemerk het, kan die Wetsontwerp ampsoortredings of die misbruik van gesag aanmoedig, in die afwesigheid van &lsquo;n uitdruklike bepaling in die Wetsontwerp wat oordragte met betrekking tot derde partye vir ekonomiese ontwikkeling te verbied. Afgesien van grondhervorming (wat reeds &lsquo;n vereiste in die Grondwet is), baan oordragte met betrekking tot derde partye vir uitsluitlik ekonomiese ontwikkeling die weg vir onre&euml;lmatighede en misbruik.<\/p>\n<p>Dit moet wel op gewys word dat die Wetsontwerp, in vergelyking met vorige weergawes, beter beskerming bied aan eienaars in die sin dat dit verpligtend is vir die Staat om eers te poog om die eiendom by wyse van &lsquo;n ooreenkoms te bekom. Slegs waar daar geen ooreenkoms is nie, kan die Staat voortgaan om die eiendom te onteien. Terwyl markwaarde slegs een van die faktore is wanneer die vergoedingsbedrag bepaal word, moet dit steeds &lsquo;n regverdige en billike bedrag wees, wat ook die eienaar se belange in ag neem. In ooreenstemming met artikel 25(b) van die Grondwet is dit egter die Howe, en nie die Staat nie, wat die laaste s&ecirc; het ten opsigte van die vergoedingsbedrag. Dit is &lsquo;n groot verbetering op die Wetsontwerp van 2008, wat in wese gepoog het om die rol van die Howe te omseil wat die bepaling van vergoeding vir onteiende eiendom betref.<\/p>\n<p>Dat Suid-Afrika &lsquo;n nuwe onteieningsproses nodig het, een wat in ooreenstemming met die Grondwet is, is gegewe. Desnieteenstaande moet die onteieningsproses die delikate balans weerspie&euml;l wat die beskerming van eiendomsregte noodsaak terwyl dit voorsiening maak vir grondhervorming, soos weerspie&euml;l in die eiendomsklousule in die Grondwet. Die Wetsontwerp is steeds heeltemal te vaag, veral met betrekking tot sy definisies van onteiening, eiendom en die openbare belang, en ook weens die bepaling vir onteiening namens derde partye.<\/p>\n<p>Dit mag raadsaam wees vir die President om die Wetsontwerp terug te verwys na die Nasionale Vergadering sodat die grondwetlikheid daarvan bepaal kan word, voordat hy dit bekragtig.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte&nbsp;<\/em><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-dismissal-of-minister-nanhla-nene\/'>THE DISMISSAL OF MINISTER NANHLA NENE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 52.49K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-dismissal-of-minister-nanhla-nene\/?wpdmdl=4449&refresh=6a886bf31583d1787325427\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2772\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg\" alt=\"pen\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Die Nasionale Vergadering het die <em>Onteieningswetsontwerp<\/em> aanvaar en indien die President dit bekragtig, sal Suid-Afrika &lsquo;n nuwe <em>Onteieningswet<\/em> h&ecirc;.<\/p>\n<p>Die nuwe <em>Onteieningswet<\/em> is lank reeds in die pyplyn &#8211; dit is in 2008 van stapel gestuur &#8211; met verskeie weergawes wat in die Parlement verval het weens kommer oor die grondwetlikheid daarvan. In verskeie opsigte is hierdie weergawe moontlik die beste tot dusver. Dit wil nie s&ecirc; dat die nuwe <em>Onteieningswetsontwerp<\/em> sonder probleme is nie.<\/p>\n<p>Om mee te begin was daar op provinsiale vlak bewerings van onvoldoende openbare deelname in die wetgewende proses. Verskeie mediaberigte het byvoorbeeld daarop gewys dat die publiek in die Oos-Kaap slegs drie dae voordat die openbare verhore &lsquo;n aanvang sou neem, daarvan bewus gemaak is. In die Vrystaat is plekke waar die verhore sou plaasvind na bewering op die laaste minuut verander, wat verwarring veroorsaak het. Dit is te betwyfel of die provinsies daarin geslaag het om voldoende openbare deelname te verseker, wat dus die Nasionale Raad van Provinsies se finale mandaat in twyfel trek.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2772,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137],"class_list":["post-2774","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR - MAAR WEK STEEDS KOMMER - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR - MAAR WEK STEEDS KOMMER - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Nasionale Vergadering het die Onteieningswetsontwerp aanvaar en indien die President dit bekragtig, sal Suid-Afrika &lsquo;n nuwe Onteieningswet h&ecirc;. Die nuwe Onteieningswet is lank reeds in die pyplyn - dit is in 2008 van stapel gestuur - met verskeie weergawes wat in die Parlement verval het weens kommer oor die grondwetlikheid daarvan. In verskeie opsigte is hierdie weergawe moontlik die beste tot dusver. Dit wil nie s&ecirc; dat die nuwe Onteieningswetsontwerp sonder probleme is nie. Om mee te begin was daar op provinsiale vlak bewerings van onvoldoende openbare deelname in die wetgewende proses. Verskeie mediaberigte het byvoorbeeld daarop gewys dat die publiek in die Oos-Kaap slegs drie dae voordat die openbare verhore &lsquo;n aanvang sou neem, daarvan bewus gemaak is. In die Vrystaat is plekke waar die verhore sou plaasvind na bewering op die laaste minuut verander, wat verwarring veroorsaak het. Dit is te betwyfel of die provinsies daarin geslaag het om voldoende openbare deelname te verseker, wat dus die Nasionale Raad van Provinsies se finale mandaat in twyfel trek.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-05-30T00:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:05:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR &#8211; MAAR WEK STEEDS KOMMER\",\"datePublished\":\"2016-05-30T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/\"},\"wordCount\":823,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR - MAAR WEK STEEDS KOMMER - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg\",\"datePublished\":\"2016-05-30T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:52+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg\",\"width\":400,\"height\":300,\"caption\":\"pen\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR &#8211; MAAR WEK STEEDS KOMMER\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR - MAAR WEK STEEDS KOMMER - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR - MAAR WEK STEEDS KOMMER - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Nasionale Vergadering het die Onteieningswetsontwerp aanvaar en indien die President dit bekragtig, sal Suid-Afrika &lsquo;n nuwe Onteieningswet h&ecirc;. Die nuwe Onteieningswet is lank reeds in die pyplyn - dit is in 2008 van stapel gestuur - met verskeie weergawes wat in die Parlement verval het weens kommer oor die grondwetlikheid daarvan. In verskeie opsigte is hierdie weergawe moontlik die beste tot dusver. Dit wil nie s&ecirc; dat die nuwe Onteieningswetsontwerp sonder probleme is nie. Om mee te begin was daar op provinsiale vlak bewerings van onvoldoende openbare deelname in die wetgewende proses. Verskeie mediaberigte het byvoorbeeld daarop gewys dat die publiek in die Oos-Kaap slegs drie dae voordat die openbare verhore &lsquo;n aanvang sou neem, daarvan bewus gemaak is. In die Vrystaat is plekke waar die verhore sou plaasvind na bewering op die laaste minuut verander, wat verwarring veroorsaak het. Dit is te betwyfel of die provinsies daarin geslaag het om voldoende openbare deelname te verseker, wat dus die Nasionale Raad van Provinsies se finale mandaat in twyfel trek.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-05-30T00:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:05:52+00:00","og_image":[{"width":400,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR &#8211; MAAR WEK STEEDS KOMMER","datePublished":"2016-05-30T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/"},"wordCount":823,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg","keywords":["Ander"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/","name":"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR - MAAR WEK STEEDS KOMMER - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg","datePublished":"2016-05-30T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:52+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/pen.jpg","width":400,"height":300,"caption":"pen"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-onteieningswetsontwerp-is-aanvaar-maar-wek-steeds-kommer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR &#8211; MAAR WEK STEEDS KOMMER"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2774","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2774"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2774\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6177,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2774\/revisions\/6177"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2772"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2774"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2774"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2774"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}