{"id":2761,"date":"2016-07-10T02:00:00","date_gmt":"2016-07-10T00:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/"},"modified":"2021-05-24T01:05:50","modified_gmt":"2021-05-23T23:05:50","slug":"artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP"},"content":{"rendered":"<p>Een van die min besluite deur die SAUK wat goed ontvang is, was die opdrag dat 90% plaaslike musiek op alle radiostasies van die SAUK gespeel moet word. Terwyl dit geloof is as &lsquo;n groot stap in transformasie deur lugtyd aan Suid-Afrikaanse kunstenaars en vervaardigers te gee, is die wyse waarop dit in werking gestel sal word &#8211; gegewe die tydraamwerk om inhoud van gehalte te vervaardig &#8211; steeds te betwyfel.<\/p>\n<p>Die besluit om die popul&ecirc;re aktuele sakeprogram op Sondagoggende, The Editors, van die lug af te haal, het wenkbroue laat lig. Die SAUK het dinamiese programmering as rede vir die kanselasie aangevoer. Gegewe die program se kritiese bespreking van aktuele sake kan dit aangevoer word dat die program gekanseleer is ten einde kritiek oor die regerende party se beleide en optrede in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesings te verhoed.&nbsp;<\/p>\n<p>Die SAUK se besluit om nie gewelddadige betogings uit te saai wat beskadiging van eiendom op televisie wys nie, is waarskynlik die grootste rede tot kommer. Die rede wat vir die skuif wat aangevoer is is dat die beeldsending van die geweld soortgelyke gewelddadige optrede en andersins vreedsame betogers aanhits.<\/p>\n<p>Die logiese gevolgtrekking van die bostaande redenasie is dat enige nuus oor wanbestuur van staatsdepartemente nie uitgesaai moet word nie uit vrees dat dit ander staatsdepartemente kan aanmoedig om ook so op te tree. <em>Media Monitoring Africa<\/em>, die <em>SOS Coalition<\/em> &#8211; &lsquo;n drukgroep wat &lsquo;n beroep doen om &lsquo;n onafhanklike openbare uitsaaier &#8211; en die <em>Freedom of Expression Institute<\/em> het saamgespan om &lsquo;n dringende aansoek by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (OKOSA) in te dien om die SAUK te dwing om sy omstrede besluit om beeldmateriaal van die verwoestiging van eiendom tydens betogings onmiddellik te herroep. Op sy beurt het OKOSA teen die sensorskap van gewelddadige betogings beslis, wat dus geloofwaardigheid verleen aan die kommer oor ongrondwetlikheid wat deur die burgerlike samelewing en politieke partye geopper is.<\/p>\n<p>Tot op datum is sewe joernaliste geskors omdat hulle geweier het om die sensorskap-opdrag na te kom. In lig van OKOSA se beslissing hang daar steeds vrae in die lug oor die joernaliste se lot. Die bedanking van die SAUK se Hoof Uitvoerende Beampte, Jimi Matthews, gebaseer op wat hy beskryf as &lsquo;n afbrekende omgewing by die uitsaaier, dui daarop dat die SAUK inderdaad bestuur word op &lsquo;n wyse wat die Grondwet skend. Die sensorskap het selfs die aandag getrek van die Afrika-kommissie oor Menseregte (die Kommissie) wat, in &lsquo;n dringende brief aan die President, hom gevra het om by die situasie by die SAUK in te gryp ten opsigte van die Afrika-handves met betrekking tot vryheid van uitdrukking en toegang tot inligting. Die Kommissie het gewaarsku dat versuim om die situasie reg te stel daartoe sal lei dat Suid-Afrika nie die Afrika-handves, wat dit onderteken het, nakom nie.<\/p>\n<p>Die SAUK se eie redaksionele beleid verklaar dat die uitsaaier ten doel het om sy burgers te voorsien van inligting wat nodig is om aan die bou van die demokrasie deel te neem. Die voorbeelde van sensorskap wat hier bo genoem word doen nie veel om burgerlike deelname aan te moedig nie. Die SAUK voer voorts aan dat dit gebaseer is op redaksionele onafhanklikheid wat die vryheid van uitdrukking, deursigtigheid en verantwoordbaarheid handhaaf. Dit blyk of hierdie waardes die afgelope paar weke ernstig ondermyn is. Dit wil voorkom of die SAUK nie net sy eie mandaat as openbare uitsaaier nie skend nie, maar ook die grondwetlik beskermde reg op vryheid van uitdrukking, asook vryheid van die gedrukte media en ander media. In ieder geval is openheid &lsquo;n grondliggende waarde in Suid-Afrika as grondwetlike demokrasie, en die soort sensorskap wat die SAUK wil instel het geen plek in die nasie nie. Hierdie vorm van sensorskap beteken ook dat die SAUK nie daarin slaag om sy eie mandaat na te kom nie &#8211; &lsquo;n mandaat wat aanvoer dat die SAUK daarna streef om responsief ten opsigte van die behoeftes van die gehoor te wees. In die aanloop tot die munisipale verkiesings is dit belangrik vir die publiek om algehele, akkurate en onpartydige nuus te ontvang ten einde ingeligte besluit te maak op 3 Augustus.<\/p>\n<p>Persvryheid is &lsquo;n hoeksteen van ons demokrasie en dit gaan hand-aan-hand met die reg op toegang tot inligting. In &lsquo;n demokrasie wat rasse skrede gemaak het ten opsigte van persvryheid, dra die gebeure by die SAUK by tot die idee van bevoordeling ten gunste van een stem, eerder as die stem van die nasie. Indien die SAUK sou voortgaan op di&eacute; pad sal dit nie sy mandaat nakom nie en eerder in &lsquo;n staatsuitsaaier ontaard &#8211; wat slegs ten doel het om een party se politieke perspektiewe te bevorder.<\/p>\n<p>Deur Rebecca Sibanda: Regsassistent, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-fw-de-klerk-stigting-dien-klagte-in-by-menseregtekommissie-betreffende-45-plasings-op-sosiale-media-wat-geweld-teen-wit-suid-afrikaners-aanhits\/'>DIE FW DE KLERK STIGTING DIEN KLAGTE IN BY MENSEREGTEKOMMISSIE BETREFFENDE 45 PLASINGS OP SOSIALE MEDIA WAT GEWELD TEEN WIT SUID-AFRIKANERS AANHITS<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 64.72K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-fw-de-klerk-stigting-dien-klagte-in-by-menseregtekommissie-betreffende-45-plasings-op-sosiale-media-wat-geweld-teen-wit-suid-afrikaners-aanhits\/?wpdmdl=4458&refresh=6a885fd42fcf31787322324\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2000\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\" alt=\"SABC Logo\" width=\"150\" height=\"85\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" \/>Dit blyk of dinge by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) &lsquo;n krisispunt bereik het. Dit, in die nasleep van radikale veranderinge wat dit onlangs betreffende sy bedrywighede gemaak het. Sommige van hierdie veranderinge blyk ongrondwetlik te wees. Dit dui op &lsquo;n organisasie wat onseker is van sy rol as &lsquo;n openbare uitsaaier in &lsquo;n grondwetlike demokrasie. Die feit dat beide die howe sowel as die Openbare Beskermer bevind het dat die waarnemende Hoof Bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, se aanstelling irrasioneel en onregmatig is, dra by tot die openbare uitsaaier se ongemak. Daarbenewens dui nuusberigte daarop dat die SAUK volgende maand &lsquo;n verlies van tot R500 miljoen sal aankondig &#8211; byna dubbel die verlies van R395 miljoen van verlede jaar. Dit alles skets &lsquo;n prentjie van onsekerheid oor die toekoms van die SAUK.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2000,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137],"class_list":["post-2761","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit blyk of dinge by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) &lsquo;n krisispunt bereik het. Dit, in die nasleep van radikale veranderinge wat dit onlangs betreffende sy bedrywighede gemaak het. Sommige van hierdie veranderinge blyk ongrondwetlik te wees. Dit dui op &lsquo;n organisasie wat onseker is van sy rol as &lsquo;n openbare uitsaaier in &lsquo;n grondwetlike demokrasie. Die feit dat beide die howe sowel as die Openbare Beskermer bevind het dat die waarnemende Hoof Bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, se aanstelling irrasioneel en onregmatig is, dra by tot die openbare uitsaaier se ongemak. Daarbenewens dui nuusberigte daarop dat die SAUK volgende maand &lsquo;n verlies van tot R500 miljoen sal aankondig - byna dubbel die verlies van R395 miljoen van verlede jaar. Dit alles skets &lsquo;n prentjie van onsekerheid oor die toekoms van die SAUK.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-07-10T00:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:05:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"169\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP\",\"datePublished\":\"2016-07-10T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/\"},\"wordCount\":815,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/\",\"name\":\"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\",\"datePublished\":\"2016-07-10T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:50+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\",\"width\":300,\"height\":169,\"caption\":\"SABC Logo\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP - FW de Klerk Foundation","og_description":"Dit blyk of dinge by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) &lsquo;n krisispunt bereik het. Dit, in die nasleep van radikale veranderinge wat dit onlangs betreffende sy bedrywighede gemaak het. Sommige van hierdie veranderinge blyk ongrondwetlik te wees. Dit dui op &lsquo;n organisasie wat onseker is van sy rol as &lsquo;n openbare uitsaaier in &lsquo;n grondwetlike demokrasie. Die feit dat beide die howe sowel as die Openbare Beskermer bevind het dat die waarnemende Hoof Bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, se aanstelling irrasioneel en onregmatig is, dra by tot die openbare uitsaaier se ongemak. Daarbenewens dui nuusberigte daarop dat die SAUK volgende maand &lsquo;n verlies van tot R500 miljoen sal aankondig - byna dubbel die verlies van R395 miljoen van verlede jaar. Dit alles skets &lsquo;n prentjie van onsekerheid oor die toekoms van die SAUK.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-07-10T00:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:05:50+00:00","og_image":[{"width":300,"height":169,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP","datePublished":"2016-07-10T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/"},"wordCount":815,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","keywords":["Ander"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/","name":"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","datePublished":"2016-07-10T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:50+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","width":300,"height":169,"caption":"SABC Logo"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-rol-van-die-sauk-as-openbare-uitsaaier-te-begryp\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2761","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2761"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2761\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6168,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2761\/revisions\/6168"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2000"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2761"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2761"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2761"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}