{"id":2732,"date":"2016-08-25T02:00:00","date_gmt":"2016-08-25T00:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/"},"modified":"2021-05-24T01:05:45","modified_gmt":"2021-05-23T23:05:45","slug":"artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS &#8211; \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT"},"content":{"rendered":"<p>Volgens die nasie se grondliggende waardes wat die oppergesag van die Grondwet en die heerskappy van die reg insluit, is dit duidelik dat die Regbank &lsquo;n noodsaaklike element van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie is. Voorts het artikel 165 van die Grondwet die howe daargestel as onafhanklik en slegs onderhewig aan die Grondwet en die reg. Die howe is verplig om die reg objektief toe te pas &#8211; sonder vrees, begunstiging of vooroordeel. Nie persone of staatsorgane mag by die funksionering van die howe inmeng nie. Staatsorgane het &lsquo;n plig om die howe by te staan en te beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid, toeganklikheid en doeltreffendheid van die howe te verseker. Wanneer hulle hul amp aanvaar, word daar van regters of waarnemende regters vereis om &lsquo;n eed af te l&ecirc; of plegtig te verklaar dat sy of hy die Grondwet sal handhaaf en beskerm en aan alle persone op gelyke voet reg sal laat geskied sonder vrees, begunstiging of vooroordeel, ooreenkomstig die Grondwet en die reg.<\/p>\n<p>Dit is teen hierdie agtergrond dat die gedrag van die verskillende regters soos hier bo beskryf ge&euml;valueer moet word. Dit is voldoende om te s&ecirc; dat die pogings om ander regters op ander wyses as die erkende kanale te be&iuml;nvloed nie voldoen aan die grondwetlike standaard betreffende die toepaslike rol en funksie van die howe nie. So ook nie die onverklaarbare pogings om te verhoed dat hulle as getuies verskyn by &lsquo;n tribunaal om die beweerde onbehoorlike optrede aan te pak nie. Daarbenewens het dit negatiewe gevolge vir die behoorlike administrasie van geregtigheid. Dit is uiters belangrik dat howe nie net onpartydig is nie, maar ook as onpartydig waargeneem word. Dit is belangrik dat Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie op howe met integriteit geskoei word. Gevolglik moet regters oor alle aangeleenthede voor hulle beslis met behoorlike inagneming van die eed of plegtige verklaring wat hulle afgel&ecirc; het, deur slegs die Grondwet en die reg te oorweeg.<\/p>\n<p>Terwyl dit ontstellend is dat senior figure van die Regbank hulself op &lsquo;n wyse gedra het wat nie aan verwagtinge en verpligtinge voldoen nie, bied dit egter die nasie &lsquo;n geleentheid om aandag te skenk aan artikel 180 van die Grondwet, wat bepaal dat &ldquo;[n]asionale wetgewing voorsiening [kan] maak vir enige aangeleentheid betreffende die regspleging waarmee nie in die Grondwet gehandel word nie, met inbegrip van&hellip;prosedures vir die hantering van klagtes oor regterlike beamptes&rdquo;. Gevolglik het die <em>Wet op die Regterlike Dienskommissie<\/em> &lsquo;n proses daargestel vir die dissiplinering van regters. Die Wet stel &lsquo;n regterlike gedragskomitee daar, wat alle klagtes oor regters moet ontvang en oorweeg. Daarna kan die komitee die aangeleentheid na die regterlike gedragstribunaal verwys, of kan besluit dat dit nie neerkom op &lsquo;n vervolgbare oortreding nie. Regters Nkabinde en Jafta het die grondwetlike geldigheid van die regterlike gedragstribunaal uitgedaag &#8211; en gister se besluit deur die Konstitusionele Hof het hierdie uitdaging verwerp. Gevolglik baan dit die weg vir die regterlike gedragstribunaal om uiteindelik die saak teen Regter Hlophe aan te hoor.<\/p>\n<p>Oor die algemeen geniet Suid-Afrikaanse howe geregtelike onafhanklikheid en word as onpartydig aanvaar. Hierdie saak, wat lank reeds voortduur, en wat die nasie se mees senior regters teen mekaar te staan laat kom het, kan &lsquo;n mate van vertroue in die nasie se howe erodeer het. Dit is uiters belangrik dat daar so gou as moontlik uitsluitsel oor die aangeleentheid gegee word.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p><em><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/building-peace-after-conflict-in-a-troubled-world\/'>BUILDING PEACE AFTER CONFLICT IN A TROUBLED WORLD<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 120.33K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/building-peace-after-conflict-in-a-troubled-world\/?wpdmdl=4473&refresh=6a876fdde661c1787260893\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2030\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg\" alt=\"constitutional court foter\" width=\"150\" height=\"92\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg 600w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter-300x183.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Gister het die Konstitusionele Hof (die Hof) in <em>Nkabinde and Another v Judicial Service Commission and Others<\/em> bevind dat &lsquo;n bepaling in die <em>Wet op die Regterlike Dienskommissie<\/em> die toets van grondwetlikheid slaag. Die Hof het die aansoek deur Regters Nkabinde en Jafta, om &lsquo;n bevel te herroep wat voorheen deur dieselfde Hof gemaak is, van die hand gewys. Die Hof het voorts benadruk dat dit in die belang van geregtigheid is dat daar uitsluitsel gegee word oor die klagte teen die regter-president van die Wes-Kaap, Regter Hlophe.<\/p>\n<p>Die besluit is die laaste struikelblok wat oorkom is en baan die weg vir die daarstelling van &lsquo;n tribunaal om tugverhore betreffende Regter Hlophe se optrede in te stel. Dit volg na &lsquo;n klagte van ernstige wangedrag by die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingedien is teen Regter Hlophe deur al die destydse Regters van die Konstitusionele Hof, met inbegrip van die partye in gister se bevinding, Jafta en Nkabinde. Hulle het beweer dat Regter Hlophe onbehoorlik opgetree het deur te poog om hul oordeel te be&iuml;nvloed betreffende aangeleenthede wat direk verband hou met die aanklagte van korrupsie teen President Jacob Zuma. Regters Jafta en Nkabinde sou belangrike getuienis lewer oor hierdie onbehoorlike optrede, maar in plaas daarvan het hulle die regmatigheid van die tribunaal wat deur die RDK ingestel sou word, uitgedaag. Agt jaar en talle regsuitdagings later, blyk dit of hierdie bevinding uitsluitsel in die aangeleentheid sal gee.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2030,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137,147,143,141],"class_list":["post-2732","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander","tag-die-regbank","tag-oppergesag-van-die-reg","tag-verantwoordbaarheid"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: REGTERS V REGTERS - \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS - \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Gister het die Konstitusionele Hof (die Hof) in Nkabinde and Another v Judicial Service Commission and Others bevind dat &lsquo;n bepaling in die Wet op die Regterlike Dienskommissie die toets van grondwetlikheid slaag. Die Hof het die aansoek deur Regters Nkabinde en Jafta, om &lsquo;n bevel te herroep wat voorheen deur dieselfde Hof gemaak is, van die hand gewys. Die Hof het voorts benadruk dat dit in die belang van geregtigheid is dat daar uitsluitsel gegee word oor die klagte teen die regter-president van die Wes-Kaap, Regter Hlophe. Die besluit is die laaste struikelblok wat oorkom is en baan die weg vir die daarstelling van &lsquo;n tribunaal om tugverhore betreffende Regter Hlophe se optrede in te stel. Dit volg na &lsquo;n klagte van ernstige wangedrag by die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingedien is teen Regter Hlophe deur al die destydse Regters van die Konstitusionele Hof, met inbegrip van die partye in gister se bevinding, Jafta en Nkabinde. Hulle het beweer dat Regter Hlophe onbehoorlik opgetree het deur te poog om hul oordeel te be&iuml;nvloed betreffende aangeleenthede wat direk verband hou met die aanklagte van korrupsie teen President Jacob Zuma. Regters Jafta en Nkabinde sou belangrike getuienis lewer oor hierdie onbehoorlike optrede, maar in plaas daarvan het hulle die regmatigheid van die tribunaal wat deur die RDK ingestel sou word, uitgedaag. Agt jaar en talle regsuitdagings later, blyk dit of hierdie bevinding uitsluitsel in die aangeleentheid sal gee.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-08-25T00:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:05:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"366\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"3 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS &#8211; \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT\",\"datePublished\":\"2016-08-25T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/\"},\"wordCount\":600,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\",\"Die Regbank\",\"Oppergesag van die Reg\",\"Verantwoordbaarheid\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/\",\"name\":\"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS - \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2016-08-25T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:45+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg\",\"width\":600,\"height\":366,\"caption\":\"constitutional-court-foter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS &#8211; \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS - \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS - \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT - FW de Klerk Foundation","og_description":"Gister het die Konstitusionele Hof (die Hof) in Nkabinde and Another v Judicial Service Commission and Others bevind dat &lsquo;n bepaling in die Wet op die Regterlike Dienskommissie die toets van grondwetlikheid slaag. Die Hof het die aansoek deur Regters Nkabinde en Jafta, om &lsquo;n bevel te herroep wat voorheen deur dieselfde Hof gemaak is, van die hand gewys. Die Hof het voorts benadruk dat dit in die belang van geregtigheid is dat daar uitsluitsel gegee word oor die klagte teen die regter-president van die Wes-Kaap, Regter Hlophe. Die besluit is die laaste struikelblok wat oorkom is en baan die weg vir die daarstelling van &lsquo;n tribunaal om tugverhore betreffende Regter Hlophe se optrede in te stel. Dit volg na &lsquo;n klagte van ernstige wangedrag by die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingedien is teen Regter Hlophe deur al die destydse Regters van die Konstitusionele Hof, met inbegrip van die partye in gister se bevinding, Jafta en Nkabinde. Hulle het beweer dat Regter Hlophe onbehoorlik opgetree het deur te poog om hul oordeel te be&iuml;nvloed betreffende aangeleenthede wat direk verband hou met die aanklagte van korrupsie teen President Jacob Zuma. Regters Jafta en Nkabinde sou belangrike getuienis lewer oor hierdie onbehoorlike optrede, maar in plaas daarvan het hulle die regmatigheid van die tribunaal wat deur die RDK ingestel sou word, uitgedaag. Agt jaar en talle regsuitdagings later, blyk dit of hierdie bevinding uitsluitsel in die aangeleentheid sal gee.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-08-25T00:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:05:45+00:00","og_image":[{"width":600,"height":366,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"3 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS &#8211; \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT","datePublished":"2016-08-25T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/"},"wordCount":600,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg","keywords":["Ander","Die Regbank","Oppergesag van die Reg","Verantwoordbaarheid"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/","name":"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS - \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg","datePublished":"2016-08-25T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:45+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/constitutional-court-foter.jpg","width":600,"height":366,"caption":"constitutional-court-foter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-regters-v-regters-n-behoefte-aan-finaliteit\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: REGTERS V REGTERS &#8211; \u2018N BEHOEFTE AAN FINALITEIT"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2732","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2732"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2732\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6154,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2732\/revisions\/6154"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2030"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2732"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2732"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2732"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}