{"id":2708,"date":"2016-10-18T02:00:00","date_gmt":"2016-10-18T00:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/"},"modified":"2021-05-24T01:05:40","modified_gmt":"2021-05-23T23:05:40","slug":"artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND"},"content":{"rendered":"<\/p>\n<p>Die weeklange ondervinding het uitstappies na belangrike gedenktekens, kantore, museums &#8211; met inbegrip van die Berlynse Hohensch&ouml;nhausen-gedenkteken, die Sachsenhausen-gedenkteken en -museum &#8211; asook die Cottbus-sentrum vir Menseregte ingesluit. Die besoeke het vergaderings met organisasies soos Stolpersteine Berlin, en die Stigting vir Remembrance, Responsibility and Future ingesluit.<\/p>\n<p>Vir die Suid-Afrikaner is dit belangrik om te onthou dat die Nasionale Sosialiste, met Adolf Hitler aan die stuur, in 1933 op demokratiese wyse aan bewind gekom het, as gevolg van die setels wat sy party gehad het. N&aacute; &lsquo;n brand in die parlement&ecirc;re gebou (daar word tot vandag toe nog gegis oor die oortreder), is die Parlement gedwing om wette in te stel wat burgerlike vryheid opgeskort het, wat die begin van selfs meer onderdrukkende maatre&euml;ls was. Dit het uitgeloop op die Tweede W&ecirc;reldoorlog, met die stelselmatige volksmoord op die Jode, Sinti en Roma, homoseksuele persone, diegene wat nie sosiaal ingepas het nie, mense met gestremdhede, asook politieke teenstanders van die Nasionale Sosialiste. Na afloop van Duitsland se oorgawe aan die geallieerde magte, het die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) toesig gehou oor die stigting van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR, algemeen bekend as Oos-Duitsland), met die Sosialistiese Eenheidsparty wat &lsquo;n <em>de facto<\/em> totalit&ecirc;re staat tot stand gebring het totdat Duitsland in 1989 weer verenig is. Die kommunistiese diktatorskap is gekenmerk deur &lsquo;n onderdrukkende regime wat aan growwe menseregteskendings aandadig was.<\/p>\n<p>Daar is duidelike lesse te leer vir Suid-Afrika in die wyse waarop Duitsland sy verlede takel. Die feit dat die Nasionale Sosialiste op demokratiese wyse aan bewind gekom het, tref onmiddelik, asook die feit dat sekere besluite wat geneem is, soos die &ldquo;finale oplossing vir die groter vraagstuk&rdquo;, wettige administratiewe besluite was. Terwyl Suid-Afrika &lsquo;n progressiewe grondwetlike demokrasie is waarvan die aanhef &#8211; &ldquo;Ons, die mense van Suid-Afrika, erken die ongeregtighede van die verlede&hellip;&rdquo; &#8211; dien as die groot narratief waarvolgens alle wette en optrede oorweeg moet word, is dit nie genoeg vir Suid-Afrika om op die louere van hierdie prestasie te rus nie. Demokrasie moet bewaak word en die magte van die staat moet voortdurend in toom gehou word, terwyl staatsamptenare teenoor sy burgers verantwoordelik moet wees. In die woorde van Primo Levi, &lsquo;n oorlewende van die Holocaust: &ldquo;Dit het gebeur; dus kan dit weer gebeur&hellip;&rdquo; Dit is dus noodsaaklik dat ons voortdurend waaksaam is ter beskerming van grondwetlike demokrasie en die regte en vryhede wat dit bied.<\/p>\n<p>Terwyl die Oppergesag van die Reg in Suid-Afrika &lsquo;n grondliggende waarde van die Grondwet is, moet dit nie bloot op wettigheid berus nie, maar moet dit ook ander waardes vervat, soos gelykheid, waardigheid en die bevordering van menseregte en vryhede. Regter Albie Sachs het in die <em>Port Elizabeth Municipality v Various Occupiers<\/em>-beslissing, in die konteks van die reg betreffende uitsettings, bespreek hoe daar na die howe gewend word om &ldquo;elemente van genade en deernis in die formele strukture van die wet te vervat&rdquo; &#8211; &lsquo;n voorskrif vir &lsquo;n waarde-gebaseerde regstelsel waarin &lsquo;n gemeenskaplike menslikheid erken en beskerm word.<\/p>\n<p>Die vraag oor hoe die verlede onthou moet word, kom egter op die voorgrond vir beide Duitsland en Suid-Afrika. Wat my moontlik die meeste getref het, is hoe Duitsland die meer onaangename aspekte van sy verlede getakel het. Projekte soos die Stolpersteine (struikelstene) wat regoor baie stede in Wes-Europa ingestel is &#8211; waar klein koperstene op sypaadjies aangebring word met inligting oor die slagoffers van die Nazi-era &#8211; dien as herinnering dat die slagoffers mense was en nie abstrakte historiese statistieke nie. &lsquo;n Besoek aan Duitsland se parlement&ecirc;re gebou stel, onder andere, perfek bewaarde graffiti ten toon wat deur se&euml;vierende soldate van die Sowjet-weermag aangebring is na afloop van Duitsland se val in April 1945. Die argief van Duitse Lede van die Parlement vervat ongeveer 5000 metaalboksies met die name van alle Lede van die Parlement wat op demokratiese wyse verkies is tussen 1919 en die inhuldiging van die opgeknapte parlement&ecirc;re gebou in 1999. Al die boksies het soortgelyke vorms en groottes, behalwe vir daardie Lede van die Parlement wat deur die Nasionale Sosialiste vermoor is, wie se boksies met &lsquo;n swart streep as &ldquo;Slagoffer van Nasionale Sosialisme&rdquo; gemerk is. &lsquo;n Enkele swart boks in die middel van die gang verteenwoordig die jare tussen 1933 tot 1945, toe Duitsland nie &lsquo;n demokraties regmatige Parlement gehad het nie. Adolf Hitler se boksie staan ook daar, aangesien hy in 1933 demokraties verkies is.&nbsp;<\/p>\n<p>Suid-Afrika het onlangs hernude debatte gevoer oor hoe problematiese figure soos Mahatma Gandhi en Cecil John Rhodes onthou moet word. Aktiviste het hulle beroep om die verwydering van Gandhi se standbeeld in Johannesburg, terwyl ander dit geskend het en aangevoer het dat hy nie &lsquo;n prominente plek moes beklee nie vanwe&euml; sy rassistiese sieninge in die tyd toe hy in Suid-Afrika gewoon het. Die Universiteit van Kaapstad het &lsquo;n standbeeld van Rhodes verwyder nadat &lsquo;n betoging wat deur studente gelei is, daarteen beswaar gemaak het, gegewe sy prominensie as een van die argitekte van kolonialisme. &lsquo;n Onlangse beslissing deur die Konstitusionele Hof het daarop gesinspeel dat die noue verband tussen die Afrikaanse taal en die apartheidstaat nie toelaat dat strate na Afrikaanse figure vernoem kan word nie. Miskien moet ons, soos die Duitse benadering, eerder as om te verwyder of weg te vee as &lsquo;n manier om dit wat seermaak, te vergeet, nie net die verlede los soos wat dit is nie, maar ook konkrete stappe doen om &lsquo;n kultuur van herinnering deur opvoedkundige programme daar te stel wat ten doel het om oor die verlede en sy historiese figure te leer, as &lsquo;n manier om &lsquo;n herhaling van die verlede te vermy.<\/p>\n<p>Natuurlik het Duitsland nie dadelik met &lsquo;n introspektiewe reis begin onmiddellik nadat die Nasionale Sosialiste tot &lsquo;n val gekom het nie. Dit was moontlik eers in die 1960s, grootliks op aandrang van betogende studente, dat Duitsland gedwing is om sy verlede ten volle te konfronteer. Terwyl die val van die Muur sinoniem is met die val van die kommunistiese diktatorskap, het die gruweldade en menseregteskendings wat hulle gepleeg het, nie &lsquo;n onmiddellike grootskaalse reaksie ontlok nie, en daar word inderdaad in sommige kringe gedebatteer oor hierdie menseregteskendings en gruweldade. Suid-Afrika bevind homself ook, 20 jaar na die aanvaarding van sy finale Grondwet, by &lsquo;n kruispad. Met lewendige jeugbewegings wat die &lsquo;re&euml;nboognasie&rsquo; en &lsquo;nie-rassigheid&rsquo; bevraagteken, en ook vra of Nelson Mandela hulle uitverkoop het &#8211; nes die geval met soortgelyke beskuldigings dat FW de Klerk wit Suid-Afrikaners uitverkoop het &#8211; is dit miskien nou die ideale geleentheid om die rowe van die geskiedenis af te krap, binne die raamwerk van grondwetlike demokrasie. Maar ons moet dit doen met die verstandhouding dat ander nasies ook &lsquo;n stryd voer, en wen, om die geskiedenis te onthou, terwyl hulle samehorige samelewings bou.<\/p>\n<p><em>Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toast-by-dave-steward-at-fw-de-klerk-s-80th-birthday-celebration\/'>TOAST BY DAVE STEWARD  AT FW DE KLERK\u2019S 80TH BIRTHDAY CELEBRATION<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 78.61K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/toast-by-dave-steward-at-fw-de-klerk-s-80th-birthday-celebration\/?wpdmdl=4490&refresh=6a89cb69355221787415401\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2706\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg\" alt=\"KAS STUDY TRIP\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Hoe aanvaar &lsquo;n nasie die verlede? Is daar &lsquo;n regte manier om die verlede te onthou? Hoe kan &lsquo;n multikulturele samelewing &lsquo;n gemeenskaplike identiteit ter wille van maatskaplike samehorigheid smee? D&iacute;t was die herhalende temas die afgelope week tydens &lsquo;n studietoer na Berlyn, Duitsland, en die omliggende gebiede. Saam met &lsquo;n mengelmoes van besigheid, die regering, akademici en die burgerlike samelewing, het ek aan die studietoer deelgeneem, wat mildelik finansier is deur die Konrad Adenauer-stigting. Duitsland, met sy belaaide en dikwels omstrede geskiedenis van die 20ste eeu onder die Nasionale Sosialiste, asook die kommunistiese diktatorskap in die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR), het as die perfekte agtergrond gedien om die Suid-Afrikaanse ervaring te oorweeg.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2706,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137],"class_list":["post-2708","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoe aanvaar &lsquo;n nasie die verlede? Is daar &lsquo;n regte manier om die verlede te onthou? Hoe kan &lsquo;n multikulturele samelewing &lsquo;n gemeenskaplike identiteit ter wille van maatskaplike samehorigheid smee? D&iacute;t was die herhalende temas die afgelope week tydens &lsquo;n studietoer na Berlyn, Duitsland, en die omliggende gebiede. Saam met &lsquo;n mengelmoes van besigheid, die regering, akademici en die burgerlike samelewing, het ek aan die studietoer deelgeneem, wat mildelik finansier is deur die Konrad Adenauer-stigting. Duitsland, met sy belaaide en dikwels omstrede geskiedenis van die 20ste eeu onder die Nasionale Sosialiste, asook die kommunistiese diktatorskap in die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR), het as die perfekte agtergrond gedien om die Suid-Afrikaanse ervaring te oorweeg.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-10-18T00:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:05:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND\",\"datePublished\":\"2016-10-18T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:40+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/\"},\"wordCount\":1191,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/\",\"name\":\"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg\",\"datePublished\":\"2016-10-18T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:40+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"KAS STUDY TRIP\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND - FW de Klerk Foundation","og_description":"Hoe aanvaar &lsquo;n nasie die verlede? Is daar &lsquo;n regte manier om die verlede te onthou? Hoe kan &lsquo;n multikulturele samelewing &lsquo;n gemeenskaplike identiteit ter wille van maatskaplike samehorigheid smee? D&iacute;t was die herhalende temas die afgelope week tydens &lsquo;n studietoer na Berlyn, Duitsland, en die omliggende gebiede. Saam met &lsquo;n mengelmoes van besigheid, die regering, akademici en die burgerlike samelewing, het ek aan die studietoer deelgeneem, wat mildelik finansier is deur die Konrad Adenauer-stigting. Duitsland, met sy belaaide en dikwels omstrede geskiedenis van die 20ste eeu onder die Nasionale Sosialiste, asook die kommunistiese diktatorskap in die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR), het as die perfekte agtergrond gedien om die Suid-Afrikaanse ervaring te oorweeg.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-10-18T00:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:05:40+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND","datePublished":"2016-10-18T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:40+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/"},"wordCount":1191,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg","keywords":["Ander"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/","name":"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg","datePublished":"2016-10-18T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:40+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/KAS_STUDY_TRIP.jpg","width":400,"height":267,"caption":"KAS STUDY TRIP"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-die-verlede-te-aanvaar-lesse-van-duitsland\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: OM DIE VERLEDE TE AANVAAR: LESSE VAN DUITSLAND"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2708","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2708"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2708\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6138,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2708\/revisions\/6138"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2706"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2708"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2708"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2708"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}