{"id":2704,"date":"2016-10-19T02:00:00","date_gmt":"2016-10-19T00:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/"},"modified":"2021-05-24T01:05:39","modified_gmt":"2021-05-23T23:05:39","slug":"artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING?"},"content":{"rendered":"<\/p>\n<p>&lsquo;n Be&euml;digde verklaring wat deur die Minister van Finansies afgel&ecirc; is, suggereer dat die Departement van Minerale Bronne nie heeltemal eerlik was met betrekking tot sy goedkeuring van die oordrag van R1.5 miljard van &lsquo;n trustrekening na &lsquo;n bank in Indi&euml; nie. Die be&euml;digde verklaring is ter ondersteuning van &lsquo;n aansoek om &lsquo;n verklarende bevel wat die Hof vra om te verklaar dat as Minister van Finansies, hy nie die gesag het om in te gryp by die banke se besluit om besigheidsrekeninge wat met die Gupta-familie verbind word, te sluit nie. Die bedrag van R1.5 miljard is bedoel om die Optimum-steenkoolmyn, wat deur die Gupta-familie besit word, te rehabiliteer &#8211; die onderwerp van &lsquo;n ondersoek deur die Openbare Beskermer na bewerings van staatskaping. Hierdie spesifieke oordrag is net een van soortgelyke oordragte wat &lsquo;n totaal van R6.8 miljard beloop. Suid-Afrikaanse banke het die Finansi&euml;le Intelligensiesentrum in kennis gestel oor die transaksies voordat die besluit geneem is om die bankrekeninge te sluit van die maatskappye van die individue wat in die verslag oor staatskaping genoem word. In ooreenstemming met die <em>Wet op die Finansi&euml;le Intelligensiesentrum<\/em> word banke vereis om enige verdagte en ongewone transaksies by die Finansi&euml;le Intelligensiesentrum aan te meld. Sommige nuusberigte gaan selfs so ver om te suggereer dat hierdie selfde individue, deur hul sakeondernemings, betrokke is by korrupte of kriminele aktiwiteite, en dat dit gevolglik in hul banktransaksies weerspie&euml;l word.<\/p>\n<p>Kragtens die <em>Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Bedrywighede<\/em> word banke vereis om kennis van korrupte aktiwiteite te rapporteer. Daarbenewens bepaal dieselfde wet dat enige persoon wat &lsquo;n gesagsposisie beklee en weet of redelikerwys moes geweet het of vermoed het dat enige ander persoon &lsquo;n korrupte daad gepleeg het waarby &lsquo;n bedrag van R100&nbsp;000 of meer betrokke is, hierdie inligting of vermoede aan enige polisiebeampte moet rapporteer.<\/p>\n<p>Tot op hede het die NVG nie sy posisie bekend gemaak betreffende die moontlikheid van, op die heel minste, &lsquo;n kriminele ondersoek na hierdie wyd berigte bewerings van oortredings deur hierdie individue nie. Dit is beslis nie weens &lsquo;n gebrek aan hulpbronne nie, aangesien die NVG &lsquo;n hele afdeling het wat gewy word aan die vervolging van georganiseerde misdaad, korrupsie, asook ander ernstige oortredings &#8211; die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek &#8211; algemeen bekend as die Valke. In <em>Glenister v the President of the Republic of South Africa<\/em>, het die Konstitusionele Hof die feit beklemtoon dat die Grondwet &lsquo;n verpligting op die staat plaas om &lsquo;n onafhanklike liggaam daar te stel en te handhaaf om korrupsie en georganiseerde misdaad te bekamp. Oor korrupsie het dieselfde hof verklaar dat &ldquo;dit die demokratiese etos, die instellings van demokrasie, die oppergesag van die reg en die grondliggende waardes van ons ontluikende grondwetlike projek blatant ondermyn. Dit hits wanadministrasie en openbare bedrieglikheid aan en bedreig die staat se vermo&euml; om sy verpligtinge om al die regte verskans in die Handves van Regte te respekteer, beskerm, bevorder en uit te voer. Wanneer korrupsie en georganiseerde misdaad floreer, word volhoubare ontwikkeling en ekonomiese groei belemmer.&rdquo;<\/p>\n<p>In ooreenstemming met die onafhanklikheid van vervolging wat deur beide die Grondwet en die Nasionale Vervolgingsgesag gewaarborg word, het die NVG &lsquo;n diskresie om besluite te neem wat die strafregproses sal raak. Hierdie diskresie kan in verskeie stadiums van die proses uitgeoefen word, met inbegrip van die besluit om klagte terug te trek of om &lsquo;n vervolging te staak. Terwyl die NVG waarskynlik net betrokke raak by &lsquo;n saak nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens &lsquo;n dossier aan die NVG oorhandig het, bemagtig die Grondwet die NVG om enige funksies uit te voer wat insidenteel is tot die instelling van kriminele verrigtinge. Dit verseker dat benewens die NVG se besluit of die SAPD die saak voldoende ondersoek het en genoeg bewyse vir die saak het om voor &lsquo;n hof te dien, die NVG steeds &lsquo;n saak self kan ondersoek. Terwyl die NVG se diskresie &lsquo;n besluit om te vervolg insluit, is dit nou gevestigde reg dat hierdie diskresie rasioneel en binne die grense van regmatigheid uitgevoer moet word. Met ander woorde, indien daar oorweldigende bewyse is wat op die oortreding van &lsquo;n wet neerkom, dit moeilik vir die NVG sal wees om ni&eacute; vervolging in te stel nie.<\/p>\n<p>Die Openbare Beskermer se verslag oor bewerings van staatskaping deur dieselfde individue wat in die Minister van Finansies se be&euml;digde verklaring genoem is, is onder &lsquo;n embargo geplaas hangende die afhandeling van regstappe wat deur die President, asook die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake ingestel is om die openbare vrystelling daarvan te verhoed. Miskien sal die inhoud daarvan, asook enige regstellende stappe wat daarin aanbeveel word, groter stukrag aan die NVG verleen om ook verrigtinge teen dieselfde individue in te stel wat na bevinding die nasie se wette oortree het.<\/p>\n<p>Hierdie klaarblyklike selektiewe vervolging gooi &lsquo;n skaduwee oor die integriteit van die NVG, met baie politieke analiste wat wys op &lsquo;n polities-gekaapte organisasie wat polities gedrewe vervolgings uitvoer. Indien dit die geval is, voorspel dit niks goed vir Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie nie. Ons wag om te sien watter stappe, indien enige, die NVG sal neem om die individue wie se saketransaksies die land se wette oortree het, voor stok te kry.<\/p>\n<p><em>Deur Me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><span style=\"color: #000000; font-size: 8pt;\">Foto:&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.flickr.com\/photos\/governmentza\/8435192074\/\" style=\"color: #000000;\">GovernmentZA<\/a>&nbsp;via&nbsp;<a href=\"http:\/\/foter.com\/\" style=\"color: #000000;\">Foter.com<\/a>&nbsp;\/&nbsp;<a href=\"http:\/\/creativecommons.org\/licenses\/by-nd\/2.0\/\" style=\"color: #000000;\">CC BY-ND<\/a><\/span><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/eventually-we-will-have-to-talk-to-each-other-but-how\/'>EVENTUALLY WE WILL HAVE TO TALK TO EACH OTHER... BUT HOW?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 73.87K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/eventually-we-will-have-to-talk-to-each-other-but-how\/?wpdmdl=4492&refresh=6a85eaaf8996c1787161263\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2702\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg\" alt=\"GORDHAN2\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" \/>Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal aan almal wat wil luister, vertel dat die liggaam onafhanklik en onpartydig is en dat die liggaam sonder vrees of begunstiging optree. Dit is dus logies dat, nadat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, van bedrog aangekla is &#8211; al is die meriete van die saak debatteerbaar &#8211; strafregtelike klagte ook ingedien sal word teen verskeie individue wie se sakeondernemings klaarblyklik verskeie Suid-Afrikaanse wette oortree het.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2702,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137,145],"class_list":["post-2704","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander","tag-nasionale-vervolgingsgesag"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal aan almal wat wil luister, vertel dat die liggaam onafhanklik en onpartydig is en dat die liggaam sonder vrees of begunstiging optree. Dit is dus logies dat, nadat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, van bedrog aangekla is - al is die meriete van die saak debatteerbaar - strafregtelike klagte ook ingedien sal word teen verskeie individue wie se sakeondernemings klaarblyklik verskeie Suid-Afrikaanse wette oortree het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-10-19T00:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:05:39+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"240\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"180\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING?\",\"datePublished\":\"2016-10-19T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:39+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/\"},\"wordCount\":936,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\",\"Nasionale Vervolgingsgesag\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/\",\"name\":\"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg\",\"datePublished\":\"2016-10-19T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:39+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg\",\"width\":240,\"height\":180,\"caption\":\"GORDHAN2\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal aan almal wat wil luister, vertel dat die liggaam onafhanklik en onpartydig is en dat die liggaam sonder vrees of begunstiging optree. Dit is dus logies dat, nadat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, van bedrog aangekla is - al is die meriete van die saak debatteerbaar - strafregtelike klagte ook ingedien sal word teen verskeie individue wie se sakeondernemings klaarblyklik verskeie Suid-Afrikaanse wette oortree het.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-10-19T00:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:05:39+00:00","og_image":[{"width":240,"height":180,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING?","datePublished":"2016-10-19T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:39+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/"},"wordCount":936,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg","keywords":["Ander","Nasionale Vervolgingsgesag"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/","name":"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg","datePublished":"2016-10-19T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:39+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/GORDHAN2.jpg","width":240,"height":180,"caption":"GORDHAN2"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-n-geval-van-selektiewe-vervolging\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: \u2018N GEVAL VAN SELEKTIEWE VERVOLGING?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2704","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2704"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2704\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6136,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2704\/revisions\/6136"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2702"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2704"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2704"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2704"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}