{"id":2655,"date":"2016-10-21T02:00:00","date_gmt":"2016-10-21T00:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/"},"modified":"2021-05-24T01:05:32","modified_gmt":"2021-05-23T23:05:32","slug":"artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA?"},"content":{"rendered":"<\/p>\n<p>Kragtens die <em>Statuut van Rome<\/em> sal Suid-Afrika se onttrekking van die ISH slegs in werking tree &#8216;n jaar nadat die Sekretaris-generaal van die VN die kennisgewing ontvang het. Dieselfde Statuut van Rome bepaal voorts ook dat Suid-Afrika nie heeltemal vry van sy verpligtinge teenoor die Hof sal wees nie. Dit beteken dat Suid-Afrika steeds aanspreeklik sal wees vir enige uitstaande fooie as deel van sy bydrae tot die funksionering van die ISH. Volgens die <em>Statuut van Rome<\/em> is Suid-Afrika steeds verplig om met die Hof saam te werk betreffende enige aangeleenthede wat &#8216;n aanvang geneem het voor die datum van onttrekking. Dit beteken dat Suid-Afrika steeds &#8216;n plig teenoor die ISH het ten opsigte van die al-Bashir-aangeleentheid, waarvoor &#8216;n lasbrief vir inhegtenisneming uitgereik is. &#8216;n Lasbrief vir inhegtenisneming is ook hangende in Suid-Afrika, en tensy &#8216;n hof die bevel as ongeldig beskou, of die bevel uitgevoer word met die inhegtenisname van al-Bashir, is die lasbrief vir inhegtenisneming steeds geldig. Net so beklemtoon die besluit deur die Konstitusionele Hof in <em>National Commissioner of the South African Police Service v Southern African Human Rights Litigation Centre and Another<\/em> die beginsel van internasionale reg dat ingevolge internasionale reg en die Implementeringswet, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verplig is om bewerings van marteling wat in Zimbabwe gepleeg is deur en teen Zimbabwiese burgers te ondersoek, ten spyte daarvan dat geen van die verdagtes in Suid-Afrika is nie.<\/p>\n<p>Indien die Suid-Afrikaanse regering voortgaan met sy besluit om van die ISH te onttrek, sal die volgende stap wees om die Implenteringswet te herroep. Tensy nuwe wetgewing ingestel word wat die Implementeringswet herroep, hetsy gedeeltelik of heeltemal, dan is dit steeds van krag in Suid-Afrika. Die Implementeringswet bepaal dat wanneer &#8216;n wet enige vorige wet gedeeltelik of heeltemal herroep, die wet wat herroep is steeds van krag is totdat die nuwe bepalings in werking tree.<\/p>\n<p>In elke geval maak die Grondwet dit verpligtend vir die howe dat wanneer die reg uitgel&ecirc; word, die internasionale reg ook oorweeg moet word. Gevolglik sal dit moeilik vir Suid-Afrika wees om heeltemal van die eise van internasionale geregtigheid ontslae te raak, selfs indien die Staat nie noodwendig aan dieselfde internasionale wette wil onderskryf nie.<\/p>\n<p>Suid-Afrika sluit aan by Burundi (waar die ISH tans oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom ondersoek) deur stappe te doen om van die ISH te onttrek. Kenia het ook gedreig om van die ISH te onttrek nadat die ISH President Uhuru aangekla het vir sy vermeende rol in die dodelike geweld na die verkiesings in 2007. Dit is in hierdie geselskap wat Suid-Afrika hom tans bevind. Die Afrika-unie (AU) het ook in die verlede gedreig oor die <em>en masse<\/em> onttrekking van Afrika-state van die Hof, en het dieselfde redes as Suid-Afrika uitgewys in sy kennisgewing van onttrekking van die Hof. Die Afrika-hof, wat deur die Afrika-handves oor Mense- en Volkeregte ingestel is, het slegs jurisdiksie oor die 26 lande wat die maatstaf wat die Hof ingestel het, bekragtig het. Die Afrika-hof het hoofsaaklik jurisdiksie oor menseregte-aangeleenthede en nie oor internasionale strafreg nie, anders as die ISH. Ten spyte daarvan dat Afrika-state die Malabo-protokol in 2014 aanvaar het ten einde oortredings betreffende internasionale strafreg by die jurisdiksie van die Afrika-hof in te sluit, het die Malabo-protokol nog nie in werking getree nie aangesien geen Afrika-staat dit bekragtig het nie.<\/p>\n<p>Tot op hede beskik geen Afrika-hof oor dieselfde jurisdiksie as die ISH nie, wat nog meer rede is vir Afrika-state, met inbegrip van Suid-Afrika, om deel van die ISH te bly. Daar vind steeds ernstige skending van menseregte in baie dele van die w&ecirc;reld plaas, met oortreders wat grootliks ongestraf gelaat word. Gevolglik is die ISH &#8216;n belangrike tribunaal waardeur daar &#8216;n einde aan die straffeloosheid gemaak kan word. &nbsp;Terwyl Suid-Afrikaanse howe steeds vir tyd en wyl oor sake kan waarneem wat internasionale strafreg behels, al is dit sonder die invloed van die <em>Statuut van Rome<\/em>, gooi die besluit om van die <em>Statuut van Rome<\/em> te onttrek waarskynlik &#8216;n skaduwee oor Suid-Afrika se verbintenis tot die be&euml;indiging van kommer oor internasionale menseregte.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/direkteur-sentrum-vir-eenheid-in-diversiteit\/'>DIREKTEUR: SENTRUM VIR EENHEID IN DIVERSITEIT<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 421.29K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/direkteur-sentrum-vir-eenheid-in-diversiteit\/?wpdmdl=4517&refresh=6a875b1c030df1787255580\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2525\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg\" alt=\"icc logo sml\" width=\"150\" height=\"74\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml-300x148.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/>Kragtens die Grondwet is dit die prerogatief van die nasionale uitvoerende gesag om nie net alle internasionale ooreenkomste te beding nie, maar om dit ook te bekragtig. Sodanige ooreenkomste bind dan die land nadat dit deur &#8216;n resolusie in die Parlement goedgekeur is, tensy die betrokke internasionale ooreenkoms van tegniese of administratiewe aard is, in watter geval sodanige ooreenkoms die land bind sonder dat &#8216;n resolusie deur die Parlement aanvaar word. Daarna word die internasionale ooreenkoms wet nadat nasionale wetgewing ingestel is. Dit is op hierdie grondslag dat die <em>Inwerkingstelling van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof<\/em> (Implementeringswet) in 2002 deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het.<\/p>\n<p>Dit gaan nou verander. Op 19 Oktober het Suid-Afrika die proses begin om van die Strafhof te onttrek deur die Verenigde Nasies (VN) in kennis te stel van sy voorneme om die bekragtiging van die <em>Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof<\/em> (ISH) te herroep. Die kennisgewing het die Hof se vermeende partydigheid teenoor Afrika-state uitgewys en voorts dat Suid-Afrika se mening oor die take van die Hof strydig is met die werk van die Hof.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2525,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137,143],"class_list":["post-2655","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander","tag-oppergesag-van-die-reg"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kragtens die Grondwet is dit die prerogatief van die nasionale uitvoerende gesag om nie net alle internasionale ooreenkomste te beding nie, maar om dit ook te bekragtig. Sodanige ooreenkomste bind dan die land nadat dit deur &#039;n resolusie in die Parlement goedgekeur is, tensy die betrokke internasionale ooreenkoms van tegniese of administratiewe aard is, in watter geval sodanige ooreenkoms die land bind sonder dat &#039;n resolusie deur die Parlement aanvaar word. Daarna word die internasionale ooreenkoms wet nadat nasionale wetgewing ingestel is. Dit is op hierdie grondslag dat die Inwerkingstelling van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (Implementeringswet) in 2002 deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het. Dit gaan nou verander. Op 19 Oktober het Suid-Afrika die proses begin om van die Strafhof te onttrek deur die Verenigde Nasies (VN) in kennis te stel van sy voorneme om die bekragtiging van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (ISH) te herroep. Die kennisgewing het die Hof se vermeende partydigheid teenoor Afrika-state uitgewys en voorts dat Suid-Afrika se mening oor die take van die Hof strydig is met die werk van die Hof.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-10-21T00:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:05:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"197\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"3 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA?\",\"datePublished\":\"2016-10-21T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/\"},\"wordCount\":699,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\",\"Oppergesag van die Reg\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/\",\"name\":\"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg\",\"datePublished\":\"2016-10-21T00:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg\",\"width\":400,\"height\":197,\"caption\":\"icc logo sml\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Kragtens die Grondwet is dit die prerogatief van die nasionale uitvoerende gesag om nie net alle internasionale ooreenkomste te beding nie, maar om dit ook te bekragtig. Sodanige ooreenkomste bind dan die land nadat dit deur 'n resolusie in die Parlement goedgekeur is, tensy die betrokke internasionale ooreenkoms van tegniese of administratiewe aard is, in watter geval sodanige ooreenkoms die land bind sonder dat 'n resolusie deur die Parlement aanvaar word. Daarna word die internasionale ooreenkoms wet nadat nasionale wetgewing ingestel is. Dit is op hierdie grondslag dat die Inwerkingstelling van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (Implementeringswet) in 2002 deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het. Dit gaan nou verander. Op 19 Oktober het Suid-Afrika die proses begin om van die Strafhof te onttrek deur die Verenigde Nasies (VN) in kennis te stel van sy voorneme om die bekragtiging van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (ISH) te herroep. Die kennisgewing het die Hof se vermeende partydigheid teenoor Afrika-state uitgewys en voorts dat Suid-Afrika se mening oor die take van die Hof strydig is met die werk van die Hof.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2016-10-21T00:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:05:32+00:00","og_image":[{"width":400,"height":197,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"3 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA?","datePublished":"2016-10-21T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/"},"wordCount":699,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg","keywords":["Ander","Oppergesag van die Reg"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/","name":"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg","datePublished":"2016-10-21T00:00:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/icc_logo_sml.jpg","width":400,"height":197,"caption":"icc logo sml"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-onttrekking-van-die-internasionale-strafhof-wat-is-volgende-vir-suid-afrika\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2655","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2655"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2655\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6111,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2655\/revisions\/6111"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2525"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2655"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2655"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2655"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}