{"id":2612,"date":"2017-03-28T11:32:00","date_gmt":"2017-03-28T09:32:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/"},"modified":"2021-05-24T01:05:24","modified_gmt":"2021-05-23T23:05:24","slug":"bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/","title":{"rendered":"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16]"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek, beter bekend as die Valke, is spesifiek verantwoordelik vir die ondersoek van nasionale prioriteitsmisdade, soos ernstige handelsmisdade en ernstige korrupsie kragtens die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (die Wet). Kragtens die Wet, moet die Minister, met instemming van die Kabinet, die ND aanstel, en die Minister moet dan aan die Parlement verslag doen oor die aanstelling. Die enigste kwalifiserende eienskappe van ND, soos met die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, is dat die persoon, kragtens die Wet, &#8216;n Suid-Afrikaanse burger moet wees, en &#8216;n \u201cgeskikte en gepaste persoon, met in agneming van sy ervaring, pligsgetrouheid en integriteit, om toevertrou te word met die verantwoordelikhede van die betrokke amp<em>.<\/em>..\u201d.<\/p>\n<p>Die Minister het&nbsp;<em>Ntlemeza<\/em>&nbsp;op 10 September 2015 aangestel, na afloop van &#8216;n aanstellingsproses wat aanbevelings deur &#8216;n onderhoudspaneel ingesluit het. Nadat die aanstelling gemaak is, het die Helen Suzman-stigting aan die Minister geskryf en volledige redes aangevra betreffende die aanstelling van&nbsp;<em>Ntlemeza, asook afskrifte en enige dokumente en inligting op grond waarvan die aanstelling gemaak is<\/em>. In die antwoord van die Minister op die vermelde versoek is dit baie duidelik dat uitsprake in die saak van&nbsp;<em>Sibiya v the Minister of Police and Others<\/em>, waarin Regter Matojane opmerkings gemaak het oor die integriteit van&nbsp;<em>Ntlemeza<\/em>, nooit deur die onderhoudspaneel in ag geneem is nie. Hierdie versuim is aan die kern van die aansoek om hersiening wat deur die Helen Suzman-stigting van stapel gestuur is.<\/p>\n<p>Ter opsomming was die&nbsp;<em>Sibiya<\/em>-saak &#8216;n dringende aansoek en app\u00e8laansoek gewees om die skorsing van generaal-majoor Sibiya in Desember 2014 deur die destydse waarnemende hoof van die Direktoor vir Prioriteitsmisdaadondersoek,&nbsp;<em>Ntlemeza, ter syde te stel<\/em>. Die Regter het spesifiek daarop gelet dat&nbsp;<em>Ntlemeza se besluit om generaal-majoor&nbsp;<\/em>Sibiya te skors,&nbsp;&nbsp;&#8220;ter kwade trou geneem is &#8230; arbitr\u00ear was en nie rasioneel was ten opsigte van die doel waarvoor dit geneem is nie\u201d.&nbsp;&nbsp;<em>Ntlemeza<\/em>&nbsp;het app\u00e8l aangeteken teen die beslissing en in die app\u00e8laansoek het die Hof bevind dat&nbsp;<em>Ntlemeza se optrede daarop wys dat hy<\/em>&nbsp;\u201c<em>bevooroordeeld en oneerlik is&#8230;en nie oor integriteit en eerbaarheid beskik nie, hy het valse verklarings onder eed afgel\u00ea<\/em>\u201d.<\/p>\n<p>In die Minister se be\u00ebdigde verklaring in die saak het hy erken dat hy die uitsprake in die&nbsp;<em>Sibiya<\/em>-saak gelees het, en dat &#8216;n memorandum van twee bladsye, gemagtig deur&nbsp;<em>Ntlemeza<\/em>, wat handel oor sommige van die kwessies van die uitspraak in die&nbsp;<em>Sibiya<\/em>-saak, aan die onderhoudspaneel gegee is. Geen bewyse is egter ingedien dat afskrifte van die uitsprake aan die onderhoudspaneel gegee is nie. Na die Minister se mening is die opmerkings betreffende die geskiktheid van&nbsp;<em>Ntlemeza<\/em>&nbsp;in die&nbsp;<em>Sibiya<\/em>-saak opmerkings en nie bevindings nie, en hou dit nie verband met&nbsp;<em>Ntlemeza se geskiktheid vir die pos nie<\/em>.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Hof het &#8216;n striemende aanval geloods op die Minister se versuim om afskrifte van die uitsprake in die&nbsp;<em>Sibiya<\/em>-saak aan die onderhoudspaneel te voorsien, en het beklemtoon dat die opmerkings deur Regter Matojane verband hou met die kern van &#8216;n geskikte en gepaste persoon, en dat dit geregtelike uitsprake deur &#8216;n ho\u00eb hof is, wat nie bloot ignoreer kan word nie. Vir leiding oor die uitleg van &#8216;n &#8220;geskikte en gepaste persoon&#8221; het die Hof die Konstitusionele Hof se uitspraak in&nbsp;<em>Democratic Alliance v President of South Africa and Others&nbsp;<\/em>(die Simelane-saak) oorweeg, wat verband hou met die aanstelling van Simelane as die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging deur die President. In die Simelane-saak&nbsp;&nbsp;het die President Simelane aangestel ten spyte van negatiewe bevindings oor die karakter van Simelane deur die Ginwala-kommissie. Die Hof het beklemtoon in die Simelane-saak dat die vereiste van &#8216;n &#8220;geskikte en gepaste persoon&#8221; noodsaaklike jurisdiksionele feite is, wat rasioneel verband moet hou met die besluit om die persoon aan te stel, en dus objektief vasgestel kan word. In die&nbsp;<em>Ntlemeza-saak het die Hof verklaar dat die Minister versuim het om alle tersaaklike feite te oorweeg, wat ernstige twyfel laat ontstaan oor die integriteit van Ntlemeza om sodanige belangrike amp te beklee, en dat die besluit dus nie rasioneel was nie en ter syde gestel moes word<\/em>.&nbsp;<\/p>\n<p>Hierdie saak het weer eens lig gewerp op die wetgewende&nbsp;<em>lacuna<\/em>&nbsp;oor leiding oor wat &#8216;n \u201cgeskikte en gepaste persoon\u201d is en die behoefte vir strenger vereistes vir persone wat openbare ampte beklee. Gelukkig kan regspraak aangewend word in sake soos&nbsp;<em>General Council of the Bar of South Africa v Jiba and Others<\/em>&nbsp;(<em>Jiba-<\/em>saak) en die Simelane-saak. Die&nbsp;<em>Jiba<\/em>-saak hou verband met die vraag oor of die respondente, almal advokate, steeds &#8220;geskikte en gepaste persone&#8221; is om steeds op die rol van advokate te wees n\u00e1 hul optrede betreffende die vervolging van sekere sake. Die Hof het in&nbsp;<em>Jiba<\/em>&nbsp;beklemtoon dat een stap in die ondersoek na die skrapping van advokate kragtens die Wet op die Toelating van Advokate behels, die opweeg van die optrede waaroor gekla is, teenoor die optrede wat verwag word van &#8216;n geskikte en gepaste persoon insluit. Die feit dat hierdie bepaling &#8216;n waardebeoordeling insluit, beteken egter nie dat &#8220;die besluit &#8216;n besluit van subektiewe vasberadenheid word wat immuun teen objektiewe ondersoek is niemet inbegrithat one step in the inquiry test involved in the removal of advocates in terms\u201d, en soos met alle besluite deur die uitvoerende gesag, moet die besluit, asook die proses waarvolgens die besluit gemaak is, rasioneel is.&nbsp;<\/p>\n<p>Om te verseker dat die uitoefening van mag nie misbruik word nie, en dat die grondwetlike mandaat van hierdie belangrike openbare kantore behoue bly, raak die behoefte aan strenger wetgewende kwalifikasies en leiding &#8211; in ooreenstemming met geregtelike oorwegings oor faktore wat oorweeg moet word in dieaanstelling van posisies &#8211; al hoe duideliker.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>*Ten tyde van die skrywe van hierdie artikel het Ntlemeza verlof tot app\u00e8l aangeteken en volgens mediaberigte het die Helen Suzman-stigting &#8216;n dringende aansoek ingedien sodat die bevel uitgevoer word.<\/strong><\/p>\n<p><em>Deur me Christine Botha: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/general-elections-may-2019-views-of-the-robert-mangaliso-sobukwe-trust\/'>GENERAL ELECTIONS - MAY 2019: VIEWS OF THE ROBERT MANGALISO SOBUKWE TRUST<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 369.47K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/general-elections-may-2019-views-of-the-robert-mangaliso-sobukwe-trust\/?wpdmdl=4832&refresh=6a8bbf0f4198a1787543311\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2610\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg\" alt=\"hawks logo\" width=\"150\" height=\"56\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" \/><\/p>\n<p>Die kwalifiserende eienskappe van &#8216;n &#8220;geskikte en gepaste persoon&#8221; wat openbare mag uitoefen is weer eens op die voorgrond in die saak van&nbsp;<em>Helen Suzman Foundation and Another v the Minister of Police and Others<\/em>&nbsp;(<em>Ntlemeza<\/em>-saak. Die&nbsp;<em>Ntlemeza-saak handel oor die aansoek om hersiening betreffende die aanstelling van generaal-majoor<\/em><em>Ntlemeza<\/em>&nbsp;(<em>Ntlemeza<\/em>) deur die Minister van Polisie (die Minister) as Nasionale Direkteur (ND) van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2610,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-2612","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16] - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16] - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die kwalifiserende eienskappe van &#039;n &quot;geskikte en gepaste persoon&quot; wat openbare mag uitoefen is weer eens op die voorgrond in die saak van&nbsp;Helen Suzman Foundation and Another v the Minister of Police and Others&nbsp;(Ntlemeza-saak. Die&nbsp;Ntlemeza-saak handel oor die aansoek om hersiening betreffende die aanstelling van generaal-majoorNtlemeza&nbsp;(Ntlemeza) deur die Minister van Polisie (die Minister) as Nasionale Direkteur (ND) van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-03-28T09:32:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:05:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"111\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16]\",\"datePublished\":\"2017-03-28T09:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:24+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/\"},\"wordCount\":1049,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/\",\"name\":\"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16] - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg\",\"datePublished\":\"2017-03-28T09:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:24+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg\",\"width\":300,\"height\":111,\"caption\":\"hawks logo\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16]\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16] - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16] - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die kwalifiserende eienskappe van 'n \"geskikte en gepaste persoon\" wat openbare mag uitoefen is weer eens op die voorgrond in die saak van&nbsp;Helen Suzman Foundation and Another v the Minister of Police and Others&nbsp;(Ntlemeza-saak. Die&nbsp;Ntlemeza-saak handel oor die aansoek om hersiening betreffende die aanstelling van generaal-majoorNtlemeza&nbsp;(Ntlemeza) deur die Minister van Polisie (die Minister) as Nasionale Direkteur (ND) van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2017-03-28T09:32:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:05:24+00:00","og_image":[{"width":300,"height":111,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16]","datePublished":"2017-03-28T09:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:24+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/"},"wordCount":1049,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/","name":"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16] - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg","datePublished":"2017-03-28T09:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:24+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/hawks_logo.jpg","width":300,"height":111,"caption":"hawks logo"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/bespreking-van-hofsake-geskik-en-gepas-in-die-oe-van-die-publiek-of-gepas-en-geskik-in-die-oe-van-die-minister-helen-suzman-foundation-and-another-v-the-minister-of-police-and-others-23199-16\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"BESPREKING VAN HOFSAKE: GESKIK EN GEPAS IN DIE O\u00cb VAN DIE PUBLIEK OF GEPAS EN GESKIK IN DIE O\u00cb VAN DIE MINISTER? HELEN SUZMAN FOUNDATION AND ANOTHER V THE MINISTER OF POLICE AND OTHERS [23199\/16]"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2612","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2612"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2612\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6086,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2612\/revisions\/6086"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2610"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2612"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2612"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2612"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}