{"id":2555,"date":"2017-05-12T11:32:00","date_gmt":"2017-05-12T09:32:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/"},"modified":"2021-05-24T01:05:15","modified_gmt":"2021-05-23T23:05:15","slug":"artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG*"},"content":{"rendered":"<\/p>\n<p>Gevolglik bestaan daar &#8216;n balanseertoets wat op die Grondwet gegrond is, waarteen enige taalversoek getoets kan word. Maar hoe toets mens artikel 29(2) in die konteks waar &#8216;n ideologiese faktor soos &#8216;n &ldquo;verbintenis tot transformasie&rdquo; &#8211; wat moeilik is om te toets &#8211; &#8216;n oorheersende rol speel? &#8216;n Goeie voorbeeld is die beslissing deur die App&egrave;lhof in <em>University of the Free State v Afriforum and Another<\/em> (App&egrave;lhof-beslissing). Die App&egrave;lhof-beslissing bevraagteken die toekoms van artikel 29(2) en of moedertaalonderrig aan openbare onderwysinstellings, soos baie kenners van mening is, sal neerkom op politieke armdruk.<\/p>\n<p>Die App&egrave;lhof-beslissing het die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besluit om die Afrikaans-Engels-taalbeleid te vervang met Engels as die hooftaal van onderrig (UV-besluit) gehandhaaf. Dit het gevolg nadat die Vrystaatse Ho&euml; Hof die UV-beslissing tersyde gestel het as &#8216;n onwettige administratiewe stap kragtens die <em>Wet op die Bevordering van Administratiewe Gregtigheid<\/em> van 2000 (PAJA). Die Ho&euml; Hof het bevind dat die UV-beslissing om Afrikaans af te skaf nie alle tersaaklike oorwegings in ag geneem het nie, soos die Afrikaanse studente se artikel 29(2)-reg en die Minister van Ho&euml;r Onderwys se Taalbeleid (Ho&euml;r Onderwysbeleid).<\/p>\n<p>Die Sentrum vir Grondwetlike Regte sal die App&egrave;lhof se beslissing bestudeer in &#8216;n reeks artikels, en oorweging skenk aan die bevindings van die App&egrave;lhof oor belangrike kwessies en die feit dat die Konstitusionele Hof genader is om teen die beslissing te appelleer. Hierdie artikel sal kortliks die regskonteks waarin die UV se taalstryd ontvou het uiteensit, asook die hoof omstrede punte waaroor regsekerheid van die Konstitusionele Hof verkry moet word.<\/p>\n<p>Die Grondwet erken al 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale en artikel 6 stipuleer spesifiek die Staat se verpligting om die status van inheemse tale op te hef. Die Minister van Ho&euml;r Onderwys het ook die Ho&euml;r Onderwysbeleid aanvaar kragtens die <em>Wet op Ho&euml;r Onderwys<\/em> van 1997 (die Wet). Dit beklemtoon ook voorts die behoud van Afrikaans as medium van akademiese uitdrukking. Alle ho&euml;r onderwysinstellings moes hul eie taalbeleid ontwikkel, onderhewig aan die Ho&euml;r Onderwysbeleid.<\/p>\n<p>In 2003 het die UV, in ooreenstemming met die Ho&euml;r Onderwysbeleid, &#8216;n dubbelmedium-taalbeleid aanvaar, wat ook die ontwikkeling van Sesotho bevorder het. Die inwerkingstelling van die dubbelmedium-taalbeleid lei egter volgens die UV tot rassespanning, aangesien veranderinge in die studentedemografie tot kleiner Afrikaanse klasse gelei het. Dit het die indruk geskep dat Afrikaanse studente beter onderrig ontvang het. Gevolglik is die enkelmedium-beleid in 2016 aanvaar ten einde transformasie en die grondwetlike plig van integrasie te verseker. Vreemd genoeg het sekere fakulteite, soos Teologie en Onderwys, egter blykbaar nie nodig om te transformeer nie, en sal die dubbelmedium-beleid voortsit, gegewe die nismark aanvraag van Afrikaanse gegradueerdes.<\/p>\n<p>Die Ho&euml; Hof het die UV-beslissing as &ldquo;administratiewe optrede&rdquo; genader, hersienbaar kragtens die streng raamwerk van PAJA. Dus kan die Ho&euml; Hof die gewig wat toegeken is aan die oorwegings wat deur die UV in ag geneem is toe die besluit geneem is om van Afrikaans afstand te doen, bevraagteken. Dit was die eerste belangrike verskil tussen die Ho&euml; Hof en die App&egrave;lhof. Die App&egrave;lhof het bevind dat die UV-besluit uitvoerend van aard is, wat beleidformulering behels, wat met &#8216;n wyer diskresion&ecirc;re mag geassosieer word. Die App&egrave;lhof kon dus slegs inmeng indien die UV nie sy mag rasioneel uitgeoefen het nie en aangesien die UV-besluit die gevolg van prosedureel regverdige proses was, was daar geen grondslag om in te meng nie.<\/p>\n<p>Tweedens het die Ho&euml; Hof, met meer ondersoekende magte kragtens PAJA, die twee taalbeleide vergelyk in lig van Afrikaanse studente se artikel 29(2)-reg. Die Ho&euml; Hof het eers oorweeg of dit redelik doenbaar is om aan hierdie reg uitvoering te gee. Die &ldquo;redelikheid&rdquo;-aspek hou verband met &#8216;n vraag oor die praktiese uitvoerbaarheid van die inwerkingstelling van &#8216;n taalbeleid, gegewe hulpbronne en, byvoorbeeld, die beskikbaarheid van fasiliteite in die spesifieke feitlike scenario. Aangesien daar geen hulpbronbeperkings was nie, was dit redelik uitvoerbaar om met Afrikaans voort te gaan, volgens die Ho&euml; Hof. Toe het die Ho&euml; Hof alle redelike opvoedkundige alternatiewe ondersoek, gegewe die lys van kriteria van billikheid, praktiese uitvoerbaarheid en historiese regstelling. Wat hierdie analise betref het die Ho&euml; Hof bevind dat die dubbelmedium-taalbeleid &#8211; wat nie net redelik uitvoerbaar is nie &#8211; ook in wese beter uitvoering gee aan hierdie lys van kriteria. Die App&egrave;lhof, aan die ander kant, het nie artikel 29(2) genader as twee onderskeie dele nie, en het &#8216;n normatiewe benadering gevolg ten opsigte van wat redelik is ingevolge die kwalifiserende eienskap van &ldquo;redelikheid&rdquo;. Dit het aangevoer dat dit prakties mag wees om die dubbelmedium-taalbeleid in te stel, maar dat dit nie &ldquo;redelik&rdquo; mag wees nie, aangesien dit grondwetlike norme soos &ldquo;billikheid&rdquo; en &ldquo;desegregasie&rdquo; oortree. Dit kan egter aangevoer word dat die App&egrave;lhof se benadering &#8216;n verkeerde interpretasie is.<\/p>\n<p>Laastens het die Ho&euml; Hof &nbsp;bevind dat die UV verplig was om aan die Ho&euml;r Onderwysbeleid te voldoen op grond van die verskeie artikels van die Wet, terwyl die App&egrave;lhof bevind het dat die outonomie van universiteite en nie-voorskriftaal van die Ho&euml;r Onderwysbeleid geen verpligting aandui nie. Hierdie spesifieke bevinding van die App&egrave;lhof bevraagteken nie net die status van die Minister se Ho&euml;r Onderwysbeleid nie, maar ook die toekomstige toepasbaarheid van die Minister se beleide.<\/p>\n<p>Hierdie diverse interpretasies van die App&egrave;lhof vereis regsekerheid van die Konstitusionele Hof. Baie Suid-Afrikaners mag apaties voel oor die taalstryd en mag dit beskou as &#8216;n stryd om die behoud van Afrikaans, maar weens die onderontwikkeling van inheemse tale, is Afrikaans die enigste ander taal wat op hierdie stadium met Engels kan meeding. Dit oorskadu die werklike bedreiging vir die toekoms van &#8216;n gewaarborgde grondwetlike reg om onderrig te ontvang in jou moedertaal, wat grootliks sal afhang van die Konstitusionele Hof se benadering.<\/p>\n<p><strong>*Die eerste artikel in &#8216;n reeks van vier dele oor die reg om onderrig te ontvang in die amptelike taal of tale van keuse in openbare onderwysinstellings.&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><em>Deur me Christine Botha: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte&nbsp;<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-land-question-black-unity-and-no-compensation-or-non-racialism-and-constitutionalism\/'>THE LAND QUESTION: BLACK UNITY AND NO COMPENSATION OR NON-RACIALISM AND CONSTITUTIONALISM?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 430.60K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-land-question-black-unity-and-no-compensation-or-non-racialism-and-constitutionalism\/?wpdmdl=4592&refresh=6a85f47959e571787163769\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2553\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\" alt=\"foter ConCourt\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Is dit realisties in Suid-Afrika se multikulturele samelewing om te verwag om moedertaalonderrig te ontvang aan &#8216;n onderwysinstelling van die staat? Indien daar slegs gefokus word op artikel 29(2) van die Grondwet, moet die antwoord bepaal word volgens enige feitlike konteks. Artikel 29(2) van die Grondwet (artikel 29(2)-reg) is ingestel om die balansering van regte te verseker, deur te waarborg dat elkeen die reg het op onderrig in die taal van hul keuse aan &#8216;n openbare onderwysinstelling, mits dit &ldquo;redelik doenbaar&rdquo; is. Die Staat is voorts verplig om alle redelike opvoedkundige alternatiewe te oorweeg om aan hierdie reg uitvoering te gee, met die in agneming van die faktore van &ldquo;billikheid, doenbaarheid en die behoefte daaraan om die gevolge van die diskriminerende wette en praktyke in die verlede reg te stel&rdquo;.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2553,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[137,142],"class_list":["post-2555","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr","tag-ander","tag-onderwys"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG* - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG* - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is dit realisties in Suid-Afrika se multikulturele samelewing om te verwag om moedertaalonderrig te ontvang aan &#039;n onderwysinstelling van die staat? Indien daar slegs gefokus word op artikel 29(2) van die Grondwet, moet die antwoord bepaal word volgens enige feitlike konteks. Artikel 29(2) van die Grondwet (artikel 29(2)-reg) is ingestel om die balansering van regte te verseker, deur te waarborg dat elkeen die reg het op onderrig in die taal van hul keuse aan &#039;n openbare onderwysinstelling, mits dit &ldquo;redelik doenbaar&rdquo; is. Die Staat is voorts verplig om alle redelike opvoedkundige alternatiewe te oorweeg om aan hierdie reg uitvoering te gee, met die in agneming van die faktore van &ldquo;billikheid, doenbaarheid en die behoefte daaraan om die gevolge van die diskriminerende wette en praktyke in die verlede reg te stel&rdquo;.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-05-12T09:32:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:05:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"375\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG*\",\"datePublished\":\"2017-05-12T09:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/\"},\"wordCount\":1052,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\",\"keywords\":[\"Ander\",\"Onderwys\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG* - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\",\"datePublished\":\"2017-05-12T09:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:05:15+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg\",\"width\":500,\"height\":375,\"caption\":\"foter ConCourt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG*\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG* - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG* - FW de Klerk Foundation","og_description":"Is dit realisties in Suid-Afrika se multikulturele samelewing om te verwag om moedertaalonderrig te ontvang aan 'n onderwysinstelling van die staat? Indien daar slegs gefokus word op artikel 29(2) van die Grondwet, moet die antwoord bepaal word volgens enige feitlike konteks. Artikel 29(2) van die Grondwet (artikel 29(2)-reg) is ingestel om die balansering van regte te verseker, deur te waarborg dat elkeen die reg het op onderrig in die taal van hul keuse aan 'n openbare onderwysinstelling, mits dit &ldquo;redelik doenbaar&rdquo; is. Die Staat is voorts verplig om alle redelike opvoedkundige alternatiewe te oorweeg om aan hierdie reg uitvoering te gee, met die in agneming van die faktore van &ldquo;billikheid, doenbaarheid en die behoefte daaraan om die gevolge van die diskriminerende wette en praktyke in die verlede reg te stel&rdquo;.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2017-05-12T09:32:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:05:15+00:00","og_image":[{"width":500,"height":375,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG*","datePublished":"2017-05-12T09:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/"},"wordCount":1052,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","keywords":["Ander","Onderwys"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/","name":"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG* - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","datePublished":"2017-05-12T09:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:05:15+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/foter_ConCourt.jpg","width":500,"height":375,"caption":"foter ConCourt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-toekoms-van-moedertaalonderrig\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: DIE TOEKOMS VAN MOEDERTAALONDERRIG*"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2555","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2555"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2555\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6057,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2555\/revisions\/6057"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2553"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2555"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2555"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2555"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}