{"id":2330,"date":"2018-04-07T07:57:53","date_gmt":"2018-04-07T05:57:53","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/"},"modified":"2021-05-24T01:04:42","modified_gmt":"2021-05-23T23:04:42","slug":"artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG &#8211; KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA"},"content":{"rendered":"<p>Listeriose, volgens die WGO, is een van die ernstigste siektes wat deur voedsel versprei word en hou verband met \u2019n ho\u00eb sterftesyfer van 20% tot 30%. Die bakterie word in grond, water en spysverteringskanale van diere gevind, en dit word beraam dat 2% tot 10% van die algemene bevolking die bakterie dra sonder enige aangetekende gesondheidsimpak. Die bakterie het egter die unieke vermo\u00eb om teen lae temperature ernstig te vermeerder. Verder maak sy weerstand teen ho\u00eb sout en suurheid, wat gewoonlik as preseveermiddels gebruik word, dit veral moeilik om te beheer as besoedeling in die verwerkingsketting plaasvind. Verkoelde kosse met \u2019n lang raklewe, en gereed-om-te-eet kosse wat nie verder gekook hoef te word nie, is in die besonder vatbaar vir ho\u00eb konsentrasies van die bakterie. Die kwesbaarste in die samelewing &#8211; swanger vroue, pasgeborenes, bejaardes en mense met immuungebrekke &#8211; is veral in gevaar om indringende listeriose op te doen.<\/p>\n<p>Nadat die Departement van Gesondheid Polokwane se voedselvervaardigingsaanleg van die verwerkte vleisvervaardiger, Enterprise Foods (Edms) Bpk, ge\u00efdentifiseer het as die bron van die huidige uitbraak van listeriose (gedryf deur die bakterie se ST6-stamme), het \u2019n nasionale herroeping van Enterprise se uitvoer van hierdie produkte gevolg. Dit is nie net die omvang van die gesondheidsimpak wat tot op hede onbekend is nie &#8211; weens die lang ontkiemingstyd van listeriose &#8211; die sosio-ekonomiese uitwerking is ook omvattend, met \u2019n geraamde verlies van meer as $8 miljoen op net die verbode uitvoerprodukte. Enterprise en sy beheermaatskappy, Tiger Brands Limited, moet ook moontlik voor \u2019n enorme klasaksie te staan kom ingevolge die<em>&nbsp;Wet op Verbruikersbeskerming<\/em>&nbsp;van 2008. Die voorgestelde klasaksie beoog vier groepe mense wat skadevergoeding eis n\u00e1 die verbruik van die besmette Enterprise-produkte, en \u2019n twee-fase proses rakende verantwoording wat gevolg moet word. Die Ho\u00eb Hof is tans gevra om die vier ge\u00efdentifiseerde groepe te sertifiseer en die aansoekers moet bewys dat \u2019n klasaksie tersaaklik is voor verlof toegestaan sal word om die klasaksie voort te sit.<\/p>\n<p>Met betrekking tot die regulasie op voedselveiligheidsbestuur in Suid-Afrika, speel verskeie stukke wetgewing en verskillende Staatsdepartemente \u2019n rol. \u2019n Skreiende wetgewende leemte in die openbare gesondheidsektor is die verouderde regulasies, ingevolge die&nbsp;<em>Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Onsmettingsmiddels<\/em>&nbsp;van 1972 (die Wet). Die Wet reguleer die verkoop, vervaardiging en uitvoer van voedingsmiddels, skoonheidsmiddels en onsmettingsmiddels. Voedingsmiddels, ingevolge die Wet, sluit hoofsaaklik enige artikel of middel in, of bestandeel daarvan, wat normaalweg vervaardig is of vir menslike verbruik verkoop word.<\/p>\n<p>Regulasie 692 ingevolge die Wet, bekend as die&nbsp;<em>Regulasies betreffende Mikrobiologiese Standaarde vir Voedingsmiddels en Verwante Sake<\/em>, ontleed hoe mikro\u00f6rganismes in voedingsmiddels getoets moet word, en sluit mikrobiologiese beperkings in. Byvoorbeeld, daar is \u2019n beperking op die hoeveelheid van die bakterie&nbsp;<em>Escherichia coli&nbsp;<\/em>(E coli) in eetbare gelatien, maar die regulasies maak nie voorsiening vir die bakterie&nbsp;Listeria monocytogenes, of die wyse waarop dit getoets moet word. Breedvoerige internasionale riglyne bestaan wat spesifiek op&nbsp;<em>Listeria monocytogenes<\/em>&nbsp;gemik is, met inbegrip van \u2019n internasionale risikobepalingsraamwerk uitgereik deur die WGO en die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO). Dit kan deur regerings gebruik word om die beheer van&nbsp;Listeria monocytogenes&nbsp;te monitor &#8211; spesifiek in gereed-om-te-eet kosse. Die Europese Kommissie se Regulasie van 2005,&nbsp;<em>Mikrobiologiese kriteria vir voedingsmiddels<\/em>,&nbsp;maak ook spesifiek voorsiening vir die mikrobiologiese kriteria van&nbsp;<em>Listeria monocytogenes<\/em>.<\/p>\n<p>Verder moet Regulasie 908 ingevolge die Wet, die&nbsp;<em>Toepassing van die Gevaarontleding- en Kritiese Beheerpuntstelsel<\/em> (HACCP-stelsel),&nbsp;ook hersien word. Die HACCP-stelsel, wat gebruik word om gevare in die voedselproduksieproses te identifiseer en te beheer, reguleer net voedselhanteringsondernemings wat grondbone ten opsigte van hierdie Regulasies verwerk. Die Minister van Gesondheid mag vereis dat ander voedselsektorondernemings ook aan die HACCP-stelsel voldoen, wat dringend getakel moet word in die lig van die listeriose-epidemie.<\/p>\n<p>Voedselhanteringsondernemings mag alreeds aan internasionale standaarde voldoen, en spesifiek die HACCP-stelsel toepas om die vereistes van klante na te kom. Maar, die feit dat die Departement van Gesondheid versuim het om die bogenoemde wetgewende leemte te hersien ten opsigte van internasionale tendense, is nie redelik nie. Die listeriose-epidemie het die noodsaaklike behoefte na die gereelde hersiening van gesondheidsorgwetgewing aan die lig gebring &#8211; nie net om te verseker dat dit in ooreenstemming is met internasionale ontwikkelings nie, maar ook om moontlike gesondheidsrampe te voorkom. \u2019n Belangrike bepaling vir die versekering van&nbsp;<em>gesondheid vir almal&nbsp;<\/em>moet die versekering wees dat geen skade berokken word nie en dat die Staat alle redelike maatre\u00ebls doen om gesondheidsgevare te voorkom.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur me Christine Botha: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<br \/><\/em>7 April 2018<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/impressions-of-the-first-dialogue-on-property-land-reform-and-section-25\/'>IMPRESSIONS OF THE (FIRST) DIALOGUE ON PROPERTY, LAND REFORM AND SECTION 25<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 104.38K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/impressions-of-the-first-dialogue-on-property-land-reform-and-section-25\/?wpdmdl=4704&refresh=6a8a3a25503221787443749\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2328\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg\" alt=\"who whd2018 opt\" width=\"140\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; margin-bottom: 3px; border: 4px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt-300x215.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 140px) 100vw, 140px\" \/><\/p>\n<p>W\u00eareldgesondheidsdag &#8211; die internasionale gesondheidsbewusmakingsdag wat deur die W\u00eareldgesondheidsorganisasie (WGO) ingestel is &#8211; word op 7 April 2018 gevier. Die tema vir 2018 is universele gesondheidsdekking, met \u2019n dringende beroep op regerings om daadwerklik toegang tot noodsaaklike gehalte gesondheidsdienste aan almal beskikbaar te stel. Hierdie tema is in ooreenstemming met die Staat se verpligting betreffende gesondheidsorg ingevolge artikel 27(2) van die Grondwet, om \u201credelike wetgewende en ander maatre\u00ebls binne sy beskikbare middele\u201d te tref om die \u201ctoenemende mate\u201d van die reg te verwesenlik.<\/p>\n<p>Universele gesondheidsdekking, volgens die WGO, is nie beperk tot die versekering van toegang tot mediese sorg nie, maar sluit ook veldtogte vir openbare gesondheidsdiens in. \u2019n Belangrike element van openbare gesondheidsorg is voedselveiligheid. Suid-Afrika beleef tans die w\u00eareld se ergste uitbreking van listeriose, \u2019n ernstige voedselverwante siekte wat deur die bakterie&nbsp;<em>Listeria monocytogenes<\/em> veroorsaak word. 982 gevalle wat deur laboratoriums bevestig is, is sedert 26 Maart 2018 aangemeld, en tot op hede het meer as 180 mense gesterf. Die doelwit van&nbsp;<em>gesondheid vir almal<\/em> sou baie min beteken n\u00e1 hierdie epidemie, tensy \u2019n dringende hersiening van voedselveiligheidsbestuur in Suid-Afrika onderneem word.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2328,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-2330","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG - KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG - KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"W\u00eareldgesondheidsdag - die internasionale gesondheidsbewusmakingsdag wat deur die W\u00eareldgesondheidsorganisasie (WGO) ingestel is - word op 7 April 2018 gevier. Die tema vir 2018 is universele gesondheidsdekking, met \u2019n dringende beroep op regerings om daadwerklik toegang tot noodsaaklike gehalte gesondheidsdienste aan almal beskikbaar te stel. Hierdie tema is in ooreenstemming met die Staat se verpligting betreffende gesondheidsorg ingevolge artikel 27(2) van die Grondwet, om \u201credelike wetgewende en ander maatre\u00ebls binne sy beskikbare middele\u201d te tref om die \u201ctoenemende mate\u201d van die reg te verwesenlik. Universele gesondheidsdekking, volgens die WGO, is nie beperk tot die versekering van toegang tot mediese sorg nie, maar sluit ook veldtogte vir openbare gesondheidsdiens in. \u2019n Belangrike element van openbare gesondheidsorg is voedselveiligheid. Suid-Afrika beleef tans die w\u00eareld se ergste uitbreking van listeriose, \u2019n ernstige voedselverwante siekte wat deur die bakterie&nbsp;Listeria monocytogenes veroorsaak word. 982 gevalle wat deur laboratoriums bevestig is, is sedert 26 Maart 2018 aangemeld, en tot op hede het meer as 180 mense gesterf. Die doelwit van&nbsp;gesondheid vir almal sou baie min beteken n\u00e1 hierdie epidemie, tensy \u2019n dringende hersiening van voedselveiligheidsbestuur in Suid-Afrika onderneem word.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-04-07T05:57:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:04:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"286\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG &#8211; KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA\",\"datePublished\":\"2018-04-07T05:57:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:04:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/\"},\"wordCount\":764,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/\",\"name\":\"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG - KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-04-07T05:57:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:04:42+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":286,\"caption\":\"who whd2018 opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG &#8211; KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG - KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG - KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation","og_description":"W\u00eareldgesondheidsdag - die internasionale gesondheidsbewusmakingsdag wat deur die W\u00eareldgesondheidsorganisasie (WGO) ingestel is - word op 7 April 2018 gevier. Die tema vir 2018 is universele gesondheidsdekking, met \u2019n dringende beroep op regerings om daadwerklik toegang tot noodsaaklike gehalte gesondheidsdienste aan almal beskikbaar te stel. Hierdie tema is in ooreenstemming met die Staat se verpligting betreffende gesondheidsorg ingevolge artikel 27(2) van die Grondwet, om \u201credelike wetgewende en ander maatre\u00ebls binne sy beskikbare middele\u201d te tref om die \u201ctoenemende mate\u201d van die reg te verwesenlik. Universele gesondheidsdekking, volgens die WGO, is nie beperk tot die versekering van toegang tot mediese sorg nie, maar sluit ook veldtogte vir openbare gesondheidsdiens in. \u2019n Belangrike element van openbare gesondheidsorg is voedselveiligheid. Suid-Afrika beleef tans die w\u00eareld se ergste uitbreking van listeriose, \u2019n ernstige voedselverwante siekte wat deur die bakterie&nbsp;Listeria monocytogenes veroorsaak word. 982 gevalle wat deur laboratoriums bevestig is, is sedert 26 Maart 2018 aangemeld, en tot op hede het meer as 180 mense gesterf. Die doelwit van&nbsp;gesondheid vir almal sou baie min beteken n\u00e1 hierdie epidemie, tensy \u2019n dringende hersiening van voedselveiligheidsbestuur in Suid-Afrika onderneem word.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-04-07T05:57:53+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:04:42+00:00","og_image":[{"width":400,"height":286,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG &#8211; KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA","datePublished":"2018-04-07T05:57:53+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:04:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/"},"wordCount":764,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/","name":"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG - KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg","datePublished":"2018-04-07T05:57:53+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:04:42+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/who_whd2018_opt.jpg","width":400,"height":286,"caption":"who whd2018 opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wereldgesondheidsdag-kollig-op-voedselveiligheid-in-suid-afrika\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: W\u00caRELDGESONDHEIDSDAG &#8211; KOLLIG OP VOEDSELVEILIGHEID IN SUID-AFRIKA"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2330","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2330"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2330\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5950,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2330\/revisions\/5950"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2328"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2330"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2330"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2330"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}