{"id":2293,"date":"2018-08-31T07:57:53","date_gmt":"2018-08-31T05:57:53","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/"},"modified":"2021-05-24T01:04:38","modified_gmt":"2021-05-23T23:04:38","slug":"artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS"},"content":{"rendered":"<p>Beheerliggame se wantroue het onlangs weer opgevlam met die publisering van voorgestelde wysigings aan die toelatingsregulasies tot openbare skole in Gauteng.&nbsp;&nbsp;Die voorgestelde wysigingsregulasies gaan, onder andere, oor drie belangrike wysigings. Die eerste wysiging hou verband met die toelatingsbeleid van \u2018n openbare skool deur die beheerliggaam, die tweede wysiging behels die bepaling van skole se voedingsones deur die Hoof van die Gauteng Onderwysdepartement (HOD) en die laaste wysiging gaan oor die bepaling van \u2018n skool se kapasiteit deur die HOD.<\/p>\n<p>Die voorgestelde wysigingsregulasies moet gesien word teen die agtergrond van die bestaande samewerkingsmodel in die Suid Afrikaanse skoolsisteem, soos statut\u00ear uiteengesit in die&nbsp;<em>Suid Afrikaanse Skolewet&nbsp;<\/em>van 1996. Die samewerkingsmodel se doel is om die grondwetlike reg tot basiese onderwys deur samewerking te verwesenlik. Die doel is net moontlik as al drie vlakke (nasionaal, provinsiaal en die skool beheerliggame) hul onderskeie funksies uitoefen en daar ooreenstemming is in die toepassing van bepalende kriteria.<\/p>\n<p>Op nasionale vlak moet die Minister van Basiese Onderwys ingevolge die Skolewet eenvormige norme en standaarde vir alle openbare skole daarstel. Di\u00e9 uniforme norme en standaarde verskaf op sy beurt leiding aan provinsiale onderwysdepartemente in die uitvoering van hul funksies en is sodoende \u2018n maatstaf waarteen hierdie departemente gemeet kan word. Dit bied ook leiding aan beheerliggame oor verpligtinge van skole en die toepassing van standaarde.&nbsp;<\/p>\n<p>Op provinsiale vlak moet die provinsiale onderwysdepartement in samewerking met die HOD skole oprig en seker maak dat elke leerder in die provinsie by \u2018n skool geplaas word. Die laaste vlak is skole se beheerliggame, wat uit ouers en gemeenskapslede bestaan. Skool beheerliggame is persoonlik betrokke by \u2018n spesifieke skool en is daarom verantwoordelik vir die bestuur van \u2018n skool, insluitend die bepaling van \u2018n skool se toelatings- en taalbeleid. Dit is juis met inskrywingsgeskille dat baie regsdispute ontstaan het. Die Konstitusionele Hof het egter al bevestig (in die&nbsp;<em>MEC for Education in Gauteng Province and Others v Governing Body of Rivonia Primary School and Others&nbsp;<\/em>saak) dat die HOD nie streng gebonde is aan \u2018n skool se toelatingsbeleid in so geskil nie en wel \u2018n leerder kan toelaat tot die skool. Maar die crux is dat die HOD \u2018n redelike en billike proses moet volg. Op dieselfde trant moet die beheerliggame in ag neem dat skole nie in \u2018n vakuum funksioneer nie.<\/p>\n<p>Die voorgestelde wysigingsregulasies gooi die konstitusionele samewerkingsmodel omver, omdat daar regsonsekerheid ontstaan, wat kan lei tot arbitr\u00eare besluite. Dit word veral gesien met die voorstel dat elke openbare skool se toelatingsbeleid, soos opgestel deur die beheerliggaam, eers deur die HOD goedgekeur moet word. Tans moet die HOD sertifiseer dat \u2018n skool se toelatingsbeleid wel aan die Skolewet, die&nbsp;<em>Gauteng Skole Onderwyswet<\/em> van 1995&nbsp;en die toelatingsregulasies voldoen. Bowendien is daar ook die&nbsp;<em>Nasionale Toelatinsgbeleid vir Gewone Publieke Skole<\/em>, opgestel deur die Minister, waaraan elke skool se toelatingsbeleid moet voldoen. Die wysiging stel nou voor dat die HOD tevrede moet wees dat die toelatingsbeleid aan sekere addisionele vereistes voldoen. Dit sluit onder andere die inagneming van die \u201c<em>behoeftes van die bre\u00ebr gemeenskap waarin die skool gele\u00eb is<\/em>\u201d in, asook dat dit nie \u2018n leerder \u201c<em>onredelik uitsluit<\/em>\u201d op gelyste gronde soos kultuur, taal of geloof nie.<\/p>\n<p>Dit is onduidelik hoe die HOD die \u201c<em>behoeftes van die bre\u00ebr gemeenskap<\/em>\u201d van elke skool gaan toepas, veral waar die Skolewet en die Nasionale Toelatingsbeleid geen verwysing na die maatstaf maak nie. Dus bestaan daar geen uniforme duidelikheid vir \u2018n beheerliggaam oor hoe die maatstaf toegepas gaan word nie. Die Nasionale Toelatingsbeleid, in ooreenstemming met die Grondwet, verbied bowendien&nbsp;&nbsp;enige \u201c<em>onbillike diskriminasie<\/em>\u201d in \u2018n skool se toelatingsbeleid. Die verwysing na \u201c<em>onredelik uitsluit<\/em>\u201d is nie gelykstaande aan \u201c<em>onbillike diskriminasie<\/em>\u201d nie. Laasgenoemde kan deur die howe aan die hand van wetgewing en die Grondwet getoets word en \u201c<em>onredelik uitsluit<\/em>\u201d nie. Hierdie maatstaf skep dus regsonduidelikheid en onsekerheid, terwyl die Grondwet vereis dat wetgewing duidelik geformuleer moet word om juis arbitr\u00eare toepassing te vermy. Dit is ook opmerklik dat geen interaksie tussen die taalbeleid van \u2018n skool en \u2018n skool se toelatingsbeleid in ag geneem word nie.<\/p>\n<p>Regsonsekerheid word ook geskep met die voorgestelde bepaling van die voedingsone en kapasiteitsbepaling van \u2018n skool deur die HOD. In \u2018n neutedop moet die HOD, by die vasstelling van \u2018n skool se voedingsone, onder andere \u2018n skool se kapasiteit, sowel as bevolkingsdigtheid en taalkeuses van \u2018n skool in ag neem. Dit veronderstel dat daar logies geen dispuut is rakende \u2018n skool se kapasiteitvasstelling nie. Om die minimum en maksimum kapasiteit van \u2018n skool te bepaal moet elke skoolhoof voor 30 Junie van elke jaar, in terme van die wysiging, sekere inligting aan die HOD verskaf. Die inligting sluit onder andere die grootte van klaskamers, aantal opvoeders en die kurrikulum in. Volgens die wysiging is dit om te verseker dat die HOD voldoen aan artikel 58C(6) van die Skolewet. Hierdie artikel&nbsp;&nbsp;veronderstel egter dat die Minister nasionale minimum norme en standaarde vir kapasiteit vasgestel het (in terme van artikel 5A(1)(b) van die Skolewet) wat die HOD moet gebruik. Sulke norme en standaarde in terme van artikel 5A(1)(b) bestaan nie. Die enigste riglyn in die bepaling van kapasiteit kan indirek gevind word in die&nbsp;<em>Minister se Minimum Norme en Standaarde vir Basiese Infrastruktuur van Publieke Skole<\/em>. Artikel 5A(1)(b) van die Skolewet maak egter spesifiek voorsiening dat die Minister se nasionale minimum kapasiteit norme en standaarde gelyste kriteria soos kurrikulum en kwaliteit van onderrig by \u2018n skool in ag moet neem. Daar is dus geen duidelikheid oor die toepassing van die kriteria nie en geen voorsiening vir voorafgaande samewerking met beheerliggame nie &#8211; wat weereens kan lei tot arbitr\u00eare toepassing van die regulasies.<\/p>\n<p>Om vertroue in die samewerkingsmodel te herstel, is dit van uiterse belang dat elke rolspeler, as \u2018n beginpunt, aan hul statut\u00eare verpligtinge moet voldoen en aanspreeklik&nbsp;&nbsp;gehou kan word. Die voorgestelde wysigingsbeleid skep regsonserkerheid en kan net lei tot verdere verbrokkeling van \u2018n reeds kwesbare verhouding, ten koste van die toegang tot basiese onderwys.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur Christine Botha: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<br \/><\/em>31 Augustus 2018<\/p>\n<p><strong>*Eers op&nbsp;<a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-se-toelatingsregulasies-skep-wantroue\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.maroelamedia.co.za<\/a>&nbsp;gepubliseer<\/strong><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/statement-on-submission-to-constitutional-review-committee-on-possible-amendment-to-section-25-of-constitution-to-allow-expropriation-without-compensation\/'>STATEMENT ON SUBMISSION TO CONSTITUTIONAL REVIEW COMMITTEE ON POSSIBLE AMENDMENT TO SECTION 25 OF CONSTITUTION TO ALLOW EXPROPRIATION WITHOUT COMPENSATION<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 612.27K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/statement-on-submission-to-constitutional-review-committee-on-possible-amendment-to-section-25-of-constitution-to-allow-expropriation-without-compensation\/?wpdmdl=4718&refresh=6a8bcf4d76e891787547469\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2291\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg\" alt=\"TEXTBOOKS\" width=\"150\" height=\"118\" style=\"margin-right: 15px; margin-bottom: 3px; border: 4px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS-300x236.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>N\u00e1 die Pretoria Hooggeregshof se uitspraak in die Ho\u00ebrskool Overvaal-saak (Overvaal) in Januarie 2018 en die gewelddadige betogings wat daarna gevolg het, is daar verstaanbaar min vertroue tussen die beheerliggame van openbare skole in Gauteng en die Gauteng Onderwysdepartement. Die Pretoria Hooggeregshof het bevind dat die&nbsp;Gauteng Onderwysdepartement&nbsp;op \u2018n arbitr\u00eare wyse Overvaal, \u2018n enkelmedium Afrikaanse skool, gedwing het om 55 Engelse leerders in te skryf. Dis gedoen sonder om vooraf Overvaal se Engelse buurskole se beskikbare kapasiteit, soos hulle statut\u00ear verplig was om te doen, in ag te neem. Die Konstitusionele Hof het om dieselfde rede die Gauteng Onderwysdepartement se verlof tot app\u00e8l teen die Pretoria Hooggeregshof se uitspraak in die Overvaal saak met koste van die hand gewys.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2291,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-2293","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"N\u00e1 die Pretoria Hooggeregshof se uitspraak in die Ho\u00ebrskool Overvaal-saak (Overvaal) in Januarie 2018 en die gewelddadige betogings wat daarna gevolg het, is daar verstaanbaar min vertroue tussen die beheerliggame van openbare skole in Gauteng en die Gauteng Onderwysdepartement. Die Pretoria Hooggeregshof het bevind dat die&nbsp;Gauteng Onderwysdepartement&nbsp;op \u2018n arbitr\u00eare wyse Overvaal, \u2018n enkelmedium Afrikaanse skool, gedwing het om 55 Engelse leerders in te skryf. Dis gedoen sonder om vooraf Overvaal se Engelse buurskole se beskikbare kapasiteit, soos hulle statut\u00ear verplig was om te doen, in ag te neem. Die Konstitusionele Hof het om dieselfde rede die Gauteng Onderwysdepartement se verlof tot app\u00e8l teen die Pretoria Hooggeregshof se uitspraak in die Overvaal saak met koste van die hand gewys.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-08-31T05:57:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:04:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"315\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS\",\"datePublished\":\"2018-08-31T05:57:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:04:38+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/\"},\"wordCount\":1047,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/\",\"name\":\"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg\",\"datePublished\":\"2018-08-31T05:57:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:04:38+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg\",\"width\":400,\"height\":315,\"caption\":\"TEXTBOOKS\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS - FW de Klerk Foundation","og_description":"N\u00e1 die Pretoria Hooggeregshof se uitspraak in die Ho\u00ebrskool Overvaal-saak (Overvaal) in Januarie 2018 en die gewelddadige betogings wat daarna gevolg het, is daar verstaanbaar min vertroue tussen die beheerliggame van openbare skole in Gauteng en die Gauteng Onderwysdepartement. Die Pretoria Hooggeregshof het bevind dat die&nbsp;Gauteng Onderwysdepartement&nbsp;op \u2018n arbitr\u00eare wyse Overvaal, \u2018n enkelmedium Afrikaanse skool, gedwing het om 55 Engelse leerders in te skryf. Dis gedoen sonder om vooraf Overvaal se Engelse buurskole se beskikbare kapasiteit, soos hulle statut\u00ear verplig was om te doen, in ag te neem. Die Konstitusionele Hof het om dieselfde rede die Gauteng Onderwysdepartement se verlof tot app\u00e8l teen die Pretoria Hooggeregshof se uitspraak in die Overvaal saak met koste van die hand gewys.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-08-31T05:57:53+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:04:38+00:00","og_image":[{"width":400,"height":315,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS","datePublished":"2018-08-31T05:57:53+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:04:38+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/"},"wordCount":1047,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/","name":"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg","datePublished":"2018-08-31T05:57:53+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:04:38+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/TEXTBOOKS.jpg","width":400,"height":315,"caption":"TEXTBOOKS"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-voorgestelde-wysigings-van-gautengse-skole-regulasies-skep-verdere-wantroue-ten-koste-van-toegang-tot-basiese-onderwys\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: VOORGESTELDE WYSIGINGS VAN GAUTENGSE SKOLE REGULASIES SKEP VERDERE WANTROUE TEN KOSTE VAN TOEGANG TOT BASIESE ONDERWYS"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2293","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2293"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2293\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5936,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2293\/revisions\/5936"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2291"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2293"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2293"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2293"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}