{"id":2272,"date":"2018-10-23T07:57:53","date_gmt":"2018-10-23T05:57:53","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/"},"modified":"2021-05-24T01:04:35","modified_gmt":"2021-05-23T23:04:35","slug":"artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE"},"content":{"rendered":"<p>Hierdie&nbsp;ho\u00eb tendens van vermorsing van kosbare hulpbronne&nbsp;&nbsp;kom ook voor in die geouditeerde finansi\u00eble state van die Departement van Basiese Onderwys (Onderwysdepartement). Die OG het in die Onderwysdepartment se 2017\/18 jaarverslag aangedui dat die Departement se \u201conre\u00eblmatige uitgawes\u201d&nbsp;&nbsp;(uitgawes wat aangegaan&nbsp;&nbsp;was in teenstelling met Wetgewing) in 2017\/18&nbsp;&nbsp;sowat R154.478&nbsp;&nbsp;miljoen beloop het en dat \u2018n gebrek aan kontrole en die afwesigheid van aanvaarding van aanspreeklikheid oor aankoopprosesse die hoofoorsaak was.&nbsp;<\/p>\n<p>Die voorsiening van skole-infrastruktuur en die beveiliging van skole is belangrike komponente van die grondwetlike reg tot basiese onderwys. Op 9 Oktober 2018&nbsp;&nbsp;het die&nbsp;&nbsp;Finansi\u00eble en Fiskale Kommissie van Suid Afrika (FFK) die gebrek aan nakoming in dienslewering in die Versnelde Skole-infrastruktuurleweringsinisiatief (ASIDI) beklemtoon (FFK 2018 inligtingsessie).<\/p>\n<p>Die ASIDI is in 2011\/2012 in die lewe geroep met die doel om die swak toestand van openbare skole se infrastruktuur aan te spreek&nbsp;&nbsp;en die toekenning van fondse aan skole te kontroleer. Die&nbsp;&nbsp;ASIDI&nbsp;&nbsp;se teiken was om openbare skole op te gradeer sodat dit voldoen aan die&nbsp;<em>2013 Minimum Uniforme Norme en Standaarde vir Openbare Skole-infrastruktuur<\/em>&nbsp;(Infrastruktuur Norme en Standaarde) wat ook sperdatums bevat&nbsp;&nbsp;vir die voorsiening van basiese dienste soos water, elektrisiteit en sanitasie aan skole ten einde die agterstand van skole-infrastruktuur uit te skakel.<\/p>\n<p>Die&nbsp;<em>School Infrastructure Backlog Grant<\/em>&nbsp;(die toelaag) is \u2018n indirekte toelaag wat spesifiek geskep is om die ASIDI te befonds, en dit word deur die Nasionale Onderwysdepartement namens die provinsiale onderwysdepartemente bestee. Die toelaag was volgens die FFK egter slegs bedoel om &#8216;n tydelike \u201cho\u00eb impak\u201d&nbsp;en korttermyn inisiatief te wees. Mens sou dus verwag dat besteding van die toelaag hierdie feit sou weerspie\u00ebl. Soos die FFK egter aantoon, was die besteding van die toelaag,&nbsp;&nbsp;ten spyte van \u2018n toename in 2017\/18, oor die algemeen uiters swak met \u2018n gemiddelde besteding van slegs 66% sedert 2011. Dit, tesame met die verstommende gebrek aan bereiking van die ASIDI teikens &#8211; soos byvoorbeeld die feit dat slegs 189 van die \u201congeskikte skole\u201d van die aanvanklike teiken van 510 tot Maart 2018 vervang was &#8211; kan eenvoudig nie deur die Parlement aanvaar word nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Dit wil voorkom asof \u2018n gebrek aan oorsig&nbsp;&nbsp;in die ketting van aanspreeklikheid \u2018n herhalende en kernprobleem is. Volgens die FFK word die ASIDI projekte deur twee implementeringsagente bestuur, naamlik Eskom en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika.<\/p>\n<p>Die twee instansies stel sub-kontrakteurs aan om die werk te doen, wat dan weer op hul beurt&nbsp;&nbsp;Klein, Medium en Mikro-ondernemings aanstel om die projekte uit te voer. Daar is dus min werklike oorsig in die ketting van aanspreeklikheid en kritiese swakpunte sluit volgens die FFK \u201cswak kommunikasie en deling van inligting\u201d, \u201cgebrek aan \u2018n effektiewe oorsig stelsel van diensverskaffers\u201d en veral \u201cdemotivering van implementeringsagente weens die feit dat hulle nie die eienaars van die projek is nie\u201d, in.<\/p>\n<p>Die FFK het ook beklemtoon dat skole-infrastruktuur projekte op provinsiale vlak verder benadeel word deur die feit dat die beplanning, begroting en implementering daarvan deur verskillende Staatsdepartemente en implementeringsagente uitgevoer word. Dit veroorsaak \u2018n verdere gebrek aan toesig en beheer. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat die verskaffing van skole-infrastrukture&nbsp;&nbsp;die verantwoordelikheid van die nasionale Onderwysdepartement is. Hierdie aspek is in Julie 2019 deur die Hooggeregshof van die Oos- Kaap (Bisho) bevestig in die saak van&nbsp;<em>Equal Education and Amatolaville Primary School v the Minister of Basic Education and Others<\/em>. In die saak is Regulasie 4(5)(a) van die Infrastruktuur Norme en Standaarde onder meer ongrondwetlik verklaar, aangesien dit in wese \u2018n geleentheid&nbsp;&nbsp;vir die ontduiking van aanspreeklikheid deur die nasionale Onderwysdepartement skep. Regulasie 4(5)(a) het bepaal dat die&nbsp;&nbsp;implementering van die Infrastruktuur Norme en Standaarde afhanklik is&nbsp;van die samewerking van en met ander Staatsdepartemente.<\/p>\n<p>Die&nbsp;&nbsp;mislukking van die bereiking van skole-infrastruktuur teikens weens \u2018n gebrek aan behoorlike oorsig, is al herhaaldelik deur die FFK uitgewys. In \u2018n inligtingsessie van die FFK in Oktober 2017 aan die Portefeulje Komitee van Basiese Onderwys, het die FFK beklemtoon dat R3.86 miljard van die toelaag in die periode 2011 tot 2017 nie bestee is nie. Di\u00e8 enorme bedrag verteenwoordig 30% van die totale toelaag &#8211; en soos die FFK uitgewys het impliseer dit dat daar genoeg geld beskikbaar is om die historiese agterstand in skole-infrastruktuur aan te pak. Die FFK het tydens di\u00e9 2017 inligtingsessie ook pertinent uitgewys dat die Onderwysdepartment se&nbsp;&nbsp;R263 miljoen in \u201conre\u00eblmatige uitgawes\u201d vir die 2016\/17 periode in meeste gevalle aangegaan is deur die ASIDI implementeringsagente wat nie die korrekte verkrygingsprosesse gevolg het nie.<\/p>\n<p>Die FFK het in die 2018 inligtingsessie sterk aanbevelings gemaak hoe die Onderwysdepartement die leemte van oorsig en vermorsing van fondse kan bekamp. Die FFK het voorgestel dat die Onderwysdepartement duidelike prestasie-evalueringsraamwerke moet opstel vir toelae wat objektief gemonitor kan word en wat spesifieke aanwysers bevat wat kwaliteit, koste en tydsfaktore in ag neem. Die FFK het ook (weer) voorgestel dat strenger boetes vir onderprestasie van implementeringsagente ingestel moet word.<\/p>\n<p>Die aanbevelings deur die FFK is praktiese, doelgerigte voorstelle wat redelik eenvoudig behoort te wees om op te stel en te implementeer. In die toekoms is daar dalk die moontlikheid dat die OG in die posisie sal wees om hierdie verliese direk van \u2018n verantwoordelike party te kan verhaal deur die voorgestelde&nbsp;<em>Wysigingswetsontwerp op Openbare Oudit<\/em>. Daar is egter reeds maniere om hierdie sistemiese foute&nbsp;&nbsp;aan te spreek en aanspreeklikheid te verskerp, soos wat die praktiese voorstelle van die FFK bewys.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse publiek en die Parlement kan nie net eenvoudig aanvaar dat daar nie genoeg hulpbronne is om alle openbare skole se infrastruktuur te verbeter en te beveilig nie &#8211; veral waar daar duidelik vermorsing van fondse is. Infrastruktuur en veilige skole is \u2019n integrale komponent van die grondwetlike reg tot basiese onderwys &#8211; en daarsonder sal die reg betekenisloos wees.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Deur me Christine Botha: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<br \/><\/em>23 Oktober 2018<\/p>\n<p>*Eers deur&nbsp;<a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/agterstand-in-skole-infrastruktuur-vereis-onmiddellike-aksie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.maroelamedia.co.za<\/a>&nbsp;gepubliseer<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/speech-at-the-fw-de-klerk-foundation-conference-on-property-rights-and-land-reform\/'>SPEECH AT THE FW DE KLERK FOUNDATION CONFERENCE ON PROPERTY RIGHTS AND LAND REFORM<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 675.48K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/speech-at-the-fw-de-klerk-foundation-conference-on-property-rights-and-land-reform\/?wpdmdl=4729&refresh=6a8a2ae87cc761787439848\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2270\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg\" alt=\"DILAPIDATED SCHOOL opt\" width=\"150\" height=\"82\" style=\"margin-right: 15px; margin-bottom: 3px; border: 4px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt-300x164.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Onlangse berigte oor die&nbsp;&nbsp;enorme skaal van&nbsp;&nbsp;\u201conre\u00eblmatige\u201d en \u201cvrugtelose en verkwistende\u201d uitgawes&nbsp;wat deur Staatsdepartemente aangegaan is, het die publiek verslae gelaat. Volgens mediaberigte, het die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (OG) onlangs in die Parlement aangekondig dat die Staat se \u201cvrugtelose&nbsp;&nbsp;uitgawes\u201d (uitgawes wat&nbsp;&nbsp;vermy&nbsp;sou kon word&nbsp;&nbsp;indien redelike sorg aan die dag&nbsp;&nbsp;gel\u00ea is) met 200% toegeneem het &#8211; van net onder R1 miljard in die vorige finansi\u00eble jaar, tot R2.5 miljard in die huidige jaar.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2270,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-2272","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Onlangse berigte oor die&nbsp;&nbsp;enorme skaal van&nbsp;&nbsp;\u201conre\u00eblmatige\u201d en \u201cvrugtelose en verkwistende\u201d uitgawes&nbsp;wat deur Staatsdepartemente aangegaan is, het die publiek verslae gelaat. Volgens mediaberigte, het die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (OG) onlangs in die Parlement aangekondig dat die Staat se \u201cvrugtelose&nbsp;&nbsp;uitgawes\u201d (uitgawes wat&nbsp;&nbsp;vermy&nbsp;sou kon word&nbsp;&nbsp;indien redelike sorg aan die dag&nbsp;&nbsp;gel\u00ea is) met 200% toegeneem het - van net onder R1 miljard in die vorige finansi\u00eble jaar, tot R2.5 miljard in die huidige jaar.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-10-23T05:57:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:04:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"219\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE\",\"datePublished\":\"2018-10-23T05:57:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:04:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/\"},\"wordCount\":1030,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-10-23T05:57:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:04:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":219,\"caption\":\"DILAPIDATED SCHOOL opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Onlangse berigte oor die&nbsp;&nbsp;enorme skaal van&nbsp;&nbsp;\u201conre\u00eblmatige\u201d en \u201cvrugtelose en verkwistende\u201d uitgawes&nbsp;wat deur Staatsdepartemente aangegaan is, het die publiek verslae gelaat. Volgens mediaberigte, het die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (OG) onlangs in die Parlement aangekondig dat die Staat se \u201cvrugtelose&nbsp;&nbsp;uitgawes\u201d (uitgawes wat&nbsp;&nbsp;vermy&nbsp;sou kon word&nbsp;&nbsp;indien redelike sorg aan die dag&nbsp;&nbsp;gel\u00ea is) met 200% toegeneem het - van net onder R1 miljard in die vorige finansi\u00eble jaar, tot R2.5 miljard in die huidige jaar.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-10-23T05:57:53+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:04:35+00:00","og_image":[{"width":400,"height":219,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE","datePublished":"2018-10-23T05:57:53+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:04:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/"},"wordCount":1030,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/","name":"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg","datePublished":"2018-10-23T05:57:53+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:04:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/DILAPIDATED_SCHOOL_opt.jpg","width":400,"height":219,"caption":"DILAPIDATED SCHOOL opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-agterstand-in-skole-infrastruktuur-die-wortel-van-die-kwaad-in-die-ketting-van-aanspreeklikheid-vereis-onmiddelike-aksie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: AGTERSTAND IN SKOLE-INFRASTRUKTUUR: DIE WORTEL VAN DIE KWAAD IN DIE KETTING VAN AANSPREEKLIKHEID VEREIS ONMIDDELIKE AKSIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2272","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2272"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2272\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5927,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2272\/revisions\/5927"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2270"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2272"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2272"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2272"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}