{"id":22415,"date":"2024-05-07T11:17:39","date_gmt":"2024-05-07T09:17:39","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/?p=22415"},"modified":"2024-05-07T11:28:25","modified_gmt":"2024-05-07T09:28:25","slug":"vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/","title":{"rendered":"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU?"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"22415\" class=\"elementor elementor-22415\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-70d513b9 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"70d513b9\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-586167f8\" data-id=\"586167f8\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-0fd42bd elementor-widget elementor-widget-spacer\" data-id=\"0fd42bd\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"spacer.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-spacer\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-spacer-inner\"><\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-eee07b9 elementor-align-right elementor-widget elementor-widget-button\" data-id=\"eee07b9\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"button.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-button-wrapper\">\n\t\t\t\t\t<a class=\"elementor-button elementor-button-link elementor-size-sm\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/free-speech-where-are-we-now\/\">\n\t\t\t\t\t\t<span class=\"elementor-button-content-wrapper\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<span class=\"elementor-button-text\">Read this article in English<\/span>\n\t\t\t\t\t<\/span>\n\t\t\t\t\t<\/a>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-37e27da elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"37e27da\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU?<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-8d23333 elementor-widget elementor-widget-spacer\" data-id=\"8d23333\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"spacer.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-spacer\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-spacer-inner\"><\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-5fb4e50b elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"5fb4e50b\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><span style=\"font-weight: 400;\">Uitgereik deur Ismail Joosub namens die FW de Klerk Stigting op 7\/05\/2024<\/span><\/p><p>\u00a0<\/p><p><b>Inleiding:<\/b><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Suid-Afrikaners het nie altyd die reg gehad op vryheid van spraak, om idees en inligting vrylik te deel en ontvang, om vrylik te s\u00ea wat hulle dink nie. Ons land het &#8216;n geskiedenis van swaar sensuur gehad. Die staat het besluit of sy burgers \u201cvolwasse\u201d genoeg was om aan wat ookal blootgestel te word. Voorbeelde van sulke wette sluit die <\/span><a href=\"http:\/\/www.lac.org.na\/laws\/annoSTAT\/Publications%20Act%2042%20of%201974.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Publikasie Wet van 1974<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> in, wat enige materiaal wat as &#8220;ongewens&#8221; beskou is verbied het en diegene aan strafmaatre\u00ebls onderwerp het wat dit besit het. Dit het ingesluit die Wet op <\/span><a href=\"https:\/\/www.lac.org.na\/laws\/annoSTAT\/Newspaper%20and%20Imprint%20Registration%20Act%2063%20of%201971.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Wet op die Registrasie van Nuusblaaie en Drukkersname van 1972<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">, wat die vryheid van die pers beperk het deur koerante te dwing om hul &#8216;voorgenome aard en inhoud&#8217; vooraf te verklaar. <\/span><a href=\"http:\/\/www.acts.co.za\/post_office_act__1958\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Ook die Poskantoor Wet van 1958<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> wat dit bemagtig het om posartikels, telegramme en telefoonboodskappe te onderskep vir staatsveiligheidsdoeleindes.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Vandag waarborg <\/span><a href=\"https:\/\/www.gov.za\/documents\/constitution\/chapter-2-bill-rights#16\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">artikel 16<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> van die Grondwet vryheid van spraak, spesifiek gemik op die vryheid van die pers en ander media; die vryheid om inligting of idees te ontvang \u00f3f te deel; die vryheid van artistieke skepping; \u00e9n op akademiese vryheid.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die staat is verplig om die reg te respekteer, beskerm, bevorder en te vervul (<\/span><a href=\"https:\/\/www.gov.za\/documents\/constitution\/chapter-2-bill-rights#7\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">artikel 7<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> van die Grondwet).<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie artikel beoog om &#8216;n oorsig te bied van die regslandskap wat vryheid van spraak onderl\u00ea. En dien as\u2019t ware as &#8216;n termometer om te bepaal hoe hierdie reg vaar.<\/span><\/p><p>\u00a0<\/p><p><b>Stappe vorentoe:<\/b><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Onlangs is die misdaad van laster afgeskaf (sien artikel 34(1) van <\/span><a href=\"https:\/\/www.gov.za\/sites\/default\/files\/gcis_document\/202404\/judicialmattersamendmentact152023.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">die Wysigingswet op Regsake, 2023)<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">. Dit hou verreikende implikasies in vir joernaliste, die burgerlike samelewing en die bre\u00ebr raamwerk van vryheid van spraak in Suid-Afrika, aangesien individue die angswekkende vooruitsig van gevangenisstraf vir laster in die gesig gestaar het.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit was altyd &#8216;n probleem omdat die dreigement van strafbare sanksies \u2018n werklikheid was vir di\u00e9 wat publieke figure openlik kritiseer \u00f3f afwykende standpunte huldig. Dit het nie net ondersoekende joernalistiek belemmer nie, maar ook die vermo\u00eb van die burgerlike samelewing om diegene in posisie aanspreeklik te hou.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Openbare diskoers sal nie meer deur die dreigement van strafbare sanksies vir kritisering van openbare figure in terme van afwykende\u00a0 standpunte onderdruk word nie. Dit is die lewensbloed wat \u2018n demokrasie lewendig hou.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">In die Departement van Justisie se memorandum oor die Wet, toe dit voor die Parlement as &#8216;n Wetsontwerp (dit is &#8216;n voorgestelde wet) voorgehou is, het dit uitgelig dat, &#8220;<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Laster tans &#8216;n strafbare feit in die Republiek is en vorm ook die grondslag van deliktuele aanspreeklikheid. Die Verenigde Nasies, sowel as buitelandse owerhede, het besorgdheid uitgespreek oor die &#8216;afkoelingseffek&#8217; van sulke oortredings, veral op joernaliste en pleit vir die afskaffing van sulke wette. Daar is goed gevestigde siviele remedies gebaseer op delikt, naas die oortreding van crimen injuria<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">.\u201d<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Internasionale norme, soos di\u00e9 vervat in die <\/span><a href=\"https:\/\/www.ohchr.org\/sites\/default\/files\/UDHR\/Documents\/UDHR_Translations\/eng.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Universele Verklaring van Menseregte<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> en die <\/span><a href=\"https:\/\/www.ohchr.org\/en\/instruments-mechanisms\/instruments\/international-covenant-civil-and-political-rights\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">, beklemtoon die belang van robuuste beskerming van vryheid van uitdrukking.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die afskaffing van strafbare laster verteenwoordig &#8216;n breek met die verlede waartydens dit gebruik is om die vrye uitruil van idees te smoor en die pers se vermo\u00eb om misbruik van mag aan te spreek, te belemmer. Tydens die apartheids era, kon\u00a0 joernalis van strafbare laster en gevangenisstraf \u00f3f swaar boetes in die gesig staar, sou hulle &#8216;n artikel geskryf het wat die regering se beleid bevraagteken het \u00f3f menseregtesoortredings blootgel\u00ea het. Vandag beklemtoon die afskaffing daarvan &#8216;n verbintenis tot handhawing van die fundamentele reg op vryheid van uitdrukking (<\/span><a href=\"https:\/\/www.gov.za\/documents\/constitution\/chapter-2-bill-rights#16\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">artikel 16<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> van die Grondwet).<\/span><\/p><p>\u00a0<\/p><p><b>Boer agteruit:<\/b><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Crimen injuria is egter nog steeds &#8216;n gemeenregtelike misdaad. Dit bly \u2018n misdaad om iemand se waardigheid \u00f3f privaatheid onregmatig en met opset te benadeel. Dit sluit dade in wat &#8216;n ander persoon se waardigheid afkraak, verneder \u00f3f skend. In Suid-Afrika word crimen injuria dikwels gegepas in gevalle waar aanstootlike taal \u00f3f gedrag teen &#8216;n individu of groep gerig is, veral met betrekking tot kwessies van ras, etnisiteit, godsdiens of seksuele ori\u00ebntasie.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Een noemenswaardige geval van crimen injuria is die <\/span><a href=\"https:\/\/www.saflii.org\/za\/cases\/ZAEQC\/2016\/1.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Penny Sparrow<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">-voorval, waar &#8216;n eiendomsagent rassistiese opmerkings op sosiale media gemaak het wat openbare verontwaardiging veroorsaak het en tot &#8216;n strafsaak gelei het met &#8216;n boete vir crimen injuria. Op soortgelyke wyse is <\/span><a href=\"https:\/\/www.saflii.org\/za\/cases\/ZAGPJHC\/2019\/183.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vicky Momberg<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> aangekla van crimen injuria vir die gebruik van rassistiese uitlatings teenoor polisiebeamptes.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit het dus &#8216;n rol gespeel in onlangse <\/span><a href=\"https:\/\/www.iol.co.za\/news\/politics\/penny-sparrow-fined-r5-000-for-racist-rant-2067166\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">ho\u00ebprofielhofsaak<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">, veral in die aanspreek van haatspraak. As gevolg van die feit dat dit as \u2018n gemeenregtelike misdaad geag word, kan die strafmaatre\u00ebls vir crimen injuria op grond van die presedent wat vorige sake\u00a0 geskep geskep het, \u2018n boete of gevangenisstraf tot gevolg het &#8211; tot R20 000,00 \u00f3f, alternatiewelik, gevangenisstraf vir &#8216;n tydperk van tot 12 maande. Daar is egter onsekerheid oor die konsekwente toepassing en potensi\u00eble oorvleueling met ander regsraamwerke, soos die Wet op die <\/span><a href=\"https:\/\/www.gov.za\/sites\/default\/files\/gcis_document\/201409\/a4-001.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Voorkoming van Onregverdige Diskriminasie, 2000<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> (\u201cPEPUDA\u201d) veral wat betref onlangse uitsprake gelewer in soortgelyke sake.<\/span><\/p><p><a href=\"https:\/\/wiredspace.wits.ac.za\/items\/d7dc6fa6-4bfd-49a9-93bd-50a4079aa760\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Ten spyte van kritiek<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> op die arbitr\u00eare hantering van sake, beklemtoon crimen injuria vervolgings die belangrikheid van die beskerming van menswaardigheid en die bekamping van haatspraak in die regslandskap van Suid-Afrika.<\/span><\/p><p>\u00a0<\/p><p><i><span style=\"font-weight: 400;\">Haatspraakwet en Films- en Publikasiewet (en kennisgewing):<\/span><\/i><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die afskaffing van strafbare laster val saam met deurlopende debatte rondom die <\/span><a href=\"https:\/\/pmg.org.za\/bill\/779\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraakwet<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> (\u201cHaatspraakwet\u201d) wat poog om haatspraak binne Suid-Afrika se regskader aan te spreek. <\/span><a href=\"https:\/\/adfinternational.org\/news\/south-africa-hate-speech-bill\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Kritici<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> van die Haatspraakwet voer aan dat die bre\u00eb en vae definisies daarvan moontlik inbreuk kan maak op vryheid van spraak. Daar is bekommernisse uitgespreek oor die grondwetlikheid van die bepalings van die Wet, veral die uitgebreide omvang daarvan en die strafmaatre\u00ebls van toepassing daarop.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die FW de Klerk-stigting en ander belanghebbendes, het <\/span><a href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/the-fw-de-klerk-foundation-makes-a-submission-to-the-national-council-of-provinces-on-the-prevention-and-combating-of-hate-crimes-and-hate-speech-bill\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">substansi\u00eble besware<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> teen die Haatspraakwet geopper en is van mening dat bestaande wetgewing, soos die bogenoemde PEPUDA- en crimen injuria-statute, reeds meganismes vir die aanspreek van haatspraak bied sonder om in die kriminalisering daarvan te verval. Die Stigting voer verder aan dat die gebrek aan duidelike definisies en die strengheid van die strafmaatre\u00ebls onder die Haatspraakwet grondwetlike bekommernisse oor vryheid van uitdrukking en die regstaat nav ore bring.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Dus, al is dit &#8216;n stap in die positiewe rigting, bring die afskaffing van strafbare laster steeds vrae na vore in die lig van bestaande wetgewing, soos die Haatspraakwet.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Gelyklopend met wetgewingsontwikkelinge het die Films- en Publikasieraad (\u201cFPB\u201d) regulasie per kennisgewing op 22 Maart 2024 uitgereik wat valse inligting en nuus in terme van die <\/span><a href=\"https:\/\/www.gov.za\/sites\/default\/files\/gcis_document\/201409\/act65of1996.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Films- en Publikasiewet van 1996<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> kriminaliseer. Hierdie regulasies wat ten doel het om skadelike inhoud te beperk, het bekommernisse oor hul potensi\u00eble impak op vryheid van spraakregte verhoog. Die FPB se bre\u00eb interpretasie van verbode inhoud en die oplegging van strafmaatre\u00ebls vir digitale verspreiding stel uitdagings vir die vrye uitruil van idees en inligting.<\/span><\/p><p>\u00a0<\/p><p><b>Areas wat op gefokus moet word &#8211; moet ons hierdie spraak kriminaliseer?<\/b><\/p><p><i><span style=\"font-weight: 400;\">Kieswet, 1998:<\/span><\/i><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die <\/span><a href=\"https:\/\/www.gov.za\/sites\/default\/files\/gcis_document\/201409\/act73of1998.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Kieswet, 1998<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> se kriminalisering van die publikasie van valse of lasterlike bewerings met betrekking tot &#8216;n verkiesing ten opsigte van &#8216;n party, sy kandidate, verteenwoordigers of lede; of &#8216;n kandidaat of daardie kandidaat se verteenwoordigers. Dit kan die party se skuldige kandidaat vir tot 10 jaar (artikel 94 saamgelees met artikels 97 en 98 van die Wet) in die tronk laat beland.<\/span><\/p><p>\u00a0<\/p><p><b>Siviele reg &#8211; oplossings sonder die tronkstraf of kriminele rekord:<\/b><\/p><p><i><span style=\"font-weight: 400;\">Siviele laster:<\/span><\/i><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is belangrik om te let dat siviele remedies vir laster intak bly, soos bepaal in artikel 34(2) van die <\/span><a href=\"https:\/\/www.gov.za\/sites\/default\/files\/gcis_document\/202404\/judicialmattersamendmentact152023.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Wysigingswet op Geregshofaangeleenthede van 2023<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">. Dus kan &#8216;n persoon nog aangekla word vir laster met remedies soos finansi\u00eble vergoeding, interdikte om verdere publikasie te voorkom, openbare verskoning en geregtelike kostebevele.<\/span><\/p><p>\u00a0<\/p><p><i><span style=\"font-weight: 400;\">PEPUDA:<\/span><\/i><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Artikel 10 van PEPUDA verbied die publikasie, verspreiding, propagering of kommunikasie van woorde gebaseer op grond van ras, geslag, gender, seksuele ori\u00ebntasie, godsdiens, oortuiging en gestremdheid, as daardie woorde redelik beskou kan word om &#8216;n duidelike voorneme te demonstreer om skadelik te wees, skade aan te rig en haat te bevorder \u00f3f te propageer (\u201chaatspraak\u201d).<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Belangrik is dat PEPUDA &#8216;n siviele, nie &#8216;n strafreg is nie. In <\/span><a href=\"https:\/\/www.saflii.org\/za\/cases\/ZACC\/2021\/22.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">Qwelane v Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie<\/span><\/i><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> het die Konstitusionele Hof verduidelik dat PEPUDA die strukturele posisies van verskillende groepe moet oorweeg en hoe woorde bydra tot sistemiese benadeling en onderdrukking.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">In terme van PEPUDA het die regter heelwat kreatiewe hulpbronne tot sy beskikking, insluitende vergoeding vir slagoffers, bevele om diskriminerende gedrag te stop en deur boetes op te l\u00ea. Die publiek kan sien dat dit suksesvol toegepas is in gevalle soos di\u00e9 van <\/span><a href=\"https:\/\/www.saflii.org\/za\/cases\/ZAGPJHC\/2018\/528.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">Khumalo<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">.<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> Khumalo se haatspraakopmerkings het beide regskritiek en diepgaande persoonlike besinning ontlok. Die hof se uitspraak het die grense van haatspraak vasgestel, waarin beklemtoon word dat aansporing om iemand leed aan te doen, \u00f3f dit nou gewelddadig is \u00f3f nie, onaanvaarbare spraak in terme van die wet konstitueer. Die uitspraak \u2018n verwoestende impak op Khumalo gehad wat, introspeksie en verantwoordbaarheid vereis. Gedwing om die gevolge van sy woorde te bedink, het hy &#8216;n morele herlewing ondergaan wat die skade wat veroorsaak is deur sy opruiende retoriek, erken.<\/span><\/p><p>\u00a0<\/p><p><b>Slotsom:<\/b><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Ten slotte, alhoewel daar vordering gemaak is met die afskaffing van strafbare laster, bly uitdagings bestaan met die Haatspraakwet en die Films- en Publikasiewet. En, terwyl siviele remedies soos PEPUDA voortduur om haatspraak te bekamp, is dit noodsaaklik om aan grondwetlike beginsels, veral artikel 16, te voldoen. Dit spreek tot die bekommernisse wat vervat is in die <\/span><a href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/HRRC2023_compressed.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">FW de Klerk-stigting se 2023 Menseregterapportkaart.<\/span><\/a><\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-6c3b142 elementor-widget-divider--view-line elementor-widget elementor-widget-divider\" data-id=\"6c3b142\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"divider.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-divider\">\n\t\t\t<span class=\"elementor-divider-separator\">\n\t\t\t\t\t\t<\/span>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-inner-section elementor-element elementor-element-9e6fc18 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"9e6fc18\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-50 elementor-inner-column elementor-element elementor-element-87a11f2\" data-id=\"87a11f2\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-5ee3f0e elementor-widget__width-initial elementor-widget elementor-widget-image\" data-id=\"5ee3f0e\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"image.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"500\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Donate-QR-Code.png\" class=\"attachment-large size-large wp-image-22326\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Donate-QR-Code.png 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Donate-QR-Code-300x300.png 300w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Donate-QR-Code-150x150.png 150w\" sizes=\"(max-width: 500px) 100vw, 500px\" \/>\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-50 elementor-inner-column elementor-element elementor-element-e8d1db8\" data-id=\"e8d1db8\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-c157fae elementor-widget__width-initial elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"c157fae\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><strong>Ondersteun die werk van die FW de Klerk-stigting<\/strong><\/p><p class=\"p1\">Vir meer inligting oor skenkings kontak <a href=\"mailto:info@fwdeklerk.org\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">info@fwdeklerk.org<\/a> of skandeer die QR-kode hieronder.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1ac4cb3 elementor-widget elementor-widget-spacer\" data-id=\"1ac4cb3\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"spacer.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-spacer\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-spacer-inner\"><\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie artikel het ten doel om &#8216;n vo\u00eblvlugoorsig te gee van die huidige regslandskap rondom uitdrukking op die oomblik en dien as &#8216;n temperatuurmeter vir hoe hierdie moeilik verworwe reg vaar.<\/p>\n","protected":false},"author":10,"featured_media":22410,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[285,2063],"tags":[2495,2484,2494,2493,2483],"class_list":["post-22415","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-articles","category-fw-de-klerk-fondasie","tag-haatspraak","tag-laster","tag-vryheid-van-die-pers","tag-vryheid-van-spraak","tag-vryheid-van-uitdrukking"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hierdie artikel het ten doel om &#039;n vo\u00eblvlugoorsig te gee van die huidige regslandskap rondom uitdrukking op die oomblik en dien as &#039;n temperatuurmeter vir hoe hierdie moeilik verworwe reg vaar.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hierdie artikel het ten doel om &#039;n vo\u00eblvlugoorsig te gee van die huidige regslandskap rondom uitdrukking op die oomblik en dien as &#039;n temperatuurmeter vir hoe hierdie moeilik verworwe reg vaar.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-05-07T09:17:39+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-05-07T09:28:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1080\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Abigail Baker\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Abigail Baker\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/\"},\"author\":{\"name\":\"Abigail Baker\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/a0dd416bbbcdadae0ddd242c471d44c6\"},\"headline\":\"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU?\",\"datePublished\":\"2024-05-07T09:17:39+00:00\",\"dateModified\":\"2024-05-07T09:28:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/\"},\"wordCount\":1576,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg\",\"keywords\":[\"haatspraak\",\"laster\",\"vryheid van die pers\",\"Vryheid van spraak\",\"Vryheid van uitdrukking\"],\"articleSection\":[\"Articles\",\"FW de Klerk Fondasie\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/\",\"name\":\"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg\",\"datePublished\":\"2024-05-07T09:17:39+00:00\",\"dateModified\":\"2024-05-07T09:28:25+00:00\",\"description\":\"Hierdie artikel het ten doel om 'n vo\u00eblvlugoorsig te gee van die huidige regslandskap rondom uitdrukking op die oomblik en dien as 'n temperatuurmeter vir hoe hierdie moeilik verworwe reg vaar.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1080},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"FW de Klerk Fondasie\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/fw-de-klerk-fondasie\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/a0dd416bbbcdadae0ddd242c471d44c6\",\"name\":\"Abigail Baker\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU? - FW de Klerk Foundation","description":"Hierdie artikel het ten doel om 'n vo\u00eblvlugoorsig te gee van die huidige regslandskap rondom uitdrukking op die oomblik en dien as 'n temperatuurmeter vir hoe hierdie moeilik verworwe reg vaar.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Hierdie artikel het ten doel om 'n vo\u00eblvlugoorsig te gee van die huidige regslandskap rondom uitdrukking op die oomblik en dien as 'n temperatuurmeter vir hoe hierdie moeilik verworwe reg vaar.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2024-05-07T09:17:39+00:00","article_modified_time":"2024-05-07T09:28:25+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1080,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Abigail Baker","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Abigail Baker","Est. reading time":"8 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/"},"author":{"name":"Abigail Baker","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/a0dd416bbbcdadae0ddd242c471d44c6"},"headline":"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU?","datePublished":"2024-05-07T09:17:39+00:00","dateModified":"2024-05-07T09:28:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/"},"wordCount":1576,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg","keywords":["haatspraak","laster","vryheid van die pers","Vryheid van spraak","Vryheid van uitdrukking"],"articleSection":["Articles","FW de Klerk Fondasie"],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/","name":"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg","datePublished":"2024-05-07T09:17:39+00:00","dateModified":"2024-05-07T09:28:25+00:00","description":"Hierdie artikel het ten doel om 'n vo\u00eblvlugoorsig te gee van die huidige regslandskap rondom uitdrukking op die oomblik en dien as 'n temperatuurmeter vir hoe hierdie moeilik verworwe reg vaar.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/FREE-SPEECH-\u2013-WHERE-ARE-WE-NOW-.jpg","width":1920,"height":1080},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/vryheid-van-spraak-stand-van-sake-nou\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"FW de Klerk Fondasie","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/fw-de-klerk-fondasie\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"VRYHEID VAN SPRAAK \u2013 STAND VAN SAKE NOU?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/a0dd416bbbcdadae0ddd242c471d44c6","name":"Abigail Baker"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22415","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/10"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=22415"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22415\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":22429,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22415\/revisions\/22429"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/22410"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=22415"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=22415"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=22415"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}