{"id":2241,"date":"2018-12-15T07:57:53","date_gmt":"2018-12-15T05:57:53","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/"},"modified":"2021-05-24T01:02:42","modified_gmt":"2021-05-23T23:02:42","slug":"artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING"},"content":{"rendered":"<p>Twee wesenlike vrae ontstaan met die Wetsontwerp. Eerstens, is die voorgestelde maatre\u00ebl rasioneel? Val dit binne die grondwetlike beperkings van artikel 9(2) van die Grondwet (die gelykheidsbepaling) wat toelaat dat \u201cwetgewende maatre\u00ebls\u201d (dit wil s\u00ea regstellende aksie-maatre\u00ebls) ingestel word om \u201c<em>persone of kategorie\u00eb persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is<\/em>\u201d, te beskerm of te bevorder? Tweedens, sal sulke sektorale numeriese teikens substantiewe gelykheid teweegbring?&nbsp;&nbsp;Is dit die pad vorentoe?<\/p>\n<p>Die Wetsontwerp vereis van \u201caangewese werkgewers\u201d (werkgewers wat moet voldoen aan regstellende aksie) om te verseker dat die \u201cnumeriese doelwitte\u201d in hul gelyke indiensnemingsplan voldoen aan die spesifieke sektorale numeriese teiken. \u201cNumeriese doelwitte\u201d in die&nbsp;<em>Wet op Billike Indiensneming<\/em>&nbsp;beteken basies waar daar \u2018n \u201conderverteenwoordiging\u201d van persone van die aangewese groepe bestaan, is die werkgewer verplig om numeriese doelwitte van gekwalifiseerde mense uit die groepe op alle beroepsvlakke in sy gelyke indiensnemingsplan te vestig.<\/p>\n<p>Om die eerste vraag te beantwoord, het die Sentrum die drie-stap-toets wat in&nbsp;<em>Minister of Finance and Others v Van Heerden<\/em>&nbsp;(<em>Van Heerden<\/em>-toets) bepaal is, toegepas. As dit die&nbsp;<em>Van Heerden<\/em>-toets slaag, val so &#8216;n maatre\u00ebl binne die grense van artikel 9(2) van die Grondwet en kom dit nie neer op onregverdige diskriminasie nie.*<\/p>\n<p>Met oorweging van die aanhef van die Wetsontwerp, wat die noodsaaklikheid van die voorstel uiteensit, is die volgende duidelik. Daar is ontevredenheid oor die gebrek aan \u201cbillike verteenwoordiging\u201d van spesifieke \u201caangewese groepe\u201d, op \u201cmiddel-tot-ho\u00ebr beroepsvlakke\u201d in die privaatsektor. Daar word verwys na die gebrek van verteenwoordiging van swart- en bruin Suid-Afrikaners, en persone met gestremdhede op die genoemde vlakke. Die groepe se verteenwoordiging op hierdie vlakke is met betrekking tot hul demografiese ekonomiese deelname laag. Data van die jaarverslae van die Kommissie vir Diensbillikheid (die Kommissieverslae) word as ondersteuning gebruik.<\/p>\n<p>As mens slegs op top- en seniorbestuursvlakke in die privaatsektor fokus, en slegs op die verteenwoordiging van swart en bruin Suid-Afrikaners, is hul verteenwoordiging onbetwisbaar laag. Dit is volgens die 2017-18 Kommissieverslag, met verwysing na bevolkingsgroepe se nasionale ekonomiese deelname (78% vir swart Suid-Afrikaners, 10% vir bruin Suid-Afrikaners, 9% vir wit Suid-Afrikaners en 3% vir Indi\u00ebr Suid-Afrikaners). Op middelbestuursvlak, die professioneel gekwalifiseerde vlak en laer vlakke, wys die uitslae &#8216;n ander invalshoek. Hierdie inligting is nie in die aanhef ingesluit nie.<\/p>\n<p>Die Kommissieverslag van 2016-17 het spesifiek gewys op &#8216;n \u201c<em>positiewe neiging na billike verteenwoordiging&#8230; vir die eerste keer op die vlak van professioneel gekwalifiseerde\/ middelbestuur<\/em>\u201d. Die Kommissie het self hierdie tendens as <em>\u201cpositief teenoor die bereiking van billike verteenwoordiging op senior bestuursvlak<\/em>\u201d erken. Volgens die 2017-18 Kommissie-verslag, is die swart Suid-Afrikaner-bevolkingsgroep se verteenwoordiging op die \u201cprofessioneel gekwalifiseerde vlak\u201d in die privaatsektor ho\u00ebr as di\u00e9 van die wit bevolkingsgroep.<\/p>\n<p>Dit wys daarop dat regstellende aksie-maatre\u00ebls op hierdie laer vlakke doeltreffend is. Dit is sonder om na die \u201cgeskoolde\u201d en \u201chalfgeskoolde\u201d&nbsp;vlakke te verwys. Die tendens op die middelbestuursvlak sal logies mettertyd deurgevoer word tot op senior- en topbestuursvlakke &#8211; wat toepaslike vaardighede en ondervinding vereis.<\/p>\n<p>Daarom wys die feite dat sulke maatre\u00ebls nie op&nbsp;alle beroepsvlakke ingestel hoef te word nie. Die Kommissie se verslag van 2017-18 het ook spesifiek opgemerk dat die verteenwoordiging van die Indi\u00ebr bevolkingsgroep op senior- en topbestuursvlakke in die privaatsektor veel ho\u00ebr is as hul nasionale ekonomiese deelname van 3%. Mens sal aanvaar dat dit positief is, aangesien die Indi\u00ebr bevolkingsgroep duidelik binne \u201caangewese groepe\u201d val wat vorige onbillike diskriminasie ervaar het, maar daar word min ophef daarvan in die Kommissie verslag van 2017-18 gemaak.<\/p>\n<p>Dit is met die tweede en derde vereiste van die&nbsp;<em>Van Heerden<\/em>-toets waar die voorgestelde maatre\u00ebl tekortskiet. As mens volgens die toets vra watter toekomstige uitkoms die maatre\u00ebl ten doel het, naamlik \u201cbillike verteenwoordiging\u201d, kan mens nie s\u00ea dat dit nie in elk geval natuurlik sonder die voorgestelde ingryping sou plaasvind nie. Dit is nou gebasseer op die feite soos voorheen genoem. Die&nbsp;<em>Van Heerden<\/em>-toets se laaste vereiste bepaal dat dit \u201c<em>die bereiking van gelykheid moet bevorder<\/em>\u201d. Die&nbsp;<em>Van Heerden<\/em>&nbsp;uitspraak het opgemerk dat hierdie laaste vereiste moontlik teen \u2018n koste vir die voorheen bevoordeeldes sal kom. Die ironie is dat dit in hierdie geval ook teen &#8216;n koste kan kom vir diegene&nbsp;&nbsp;van&nbsp;&nbsp;die voorheen benadeelde groepe, maar wat nie die nodige getalle in die samelewing het nie. Dit kan nie wees wat ons Grondwet poog om te bereik nie &#8211; en die voorgestelde maatre\u00ebl is dus nie wat&nbsp;&nbsp;artikel 9(2) van die Grondwet beoog nie.<\/p>\n<p>Laastens is daar die vraag of die sektorale numeriese teikens sal lei tot substantiewe gelykheid. Spreek dit dus die dieper benadeling in ons samelewing aan om te verseker dat geleenthede in gelyke mate geniet word? Ten einde hierdie benadeling aan te spreek, is dit belangrik om te verseker dat die data waarop regstellende aksie gegrond is, hierdie kontempor\u00eare realiteit weerspie\u00ebl en nie net op ras gegrond is nie. Dit is &#8216;n gebrek in Suid-Afrika se huidige regstellende aksie-maatre\u00ebls. In &#8216;n verslag van die VN-komitee in 2016 wat gekyk het na Suid-Afrika se nakoming van die&nbsp;<em>Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Alle Vorme van Rassediskriminasie<\/em>&nbsp;(wat verwys na regstellende aksie-maatre\u00ebls as spesiale maatre\u00ebls), is daar kommer uitgespreek oor die gebrek aan omvattend data oor die uitwerking van spesiale maatre\u00ebls. Die onlangse Gelykheidsverslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het ook aanbeveel dat die&nbsp;<em>Wet op Billike Indiensneming<\/em>&nbsp;gewysig word om \u201c<em>meer genuanseerde groepe te teiken op grond van behoefte en met inagneming van maatskaplike en ekonomiese aanwysers<\/em>\u201d.<\/p>\n<p>Artikel 9(2) van die Grondwet verskaf die maatstaf om substantiewe gelykheid te verwesenlik, maar om dit te doen moet regstellende maatre\u00ebls onder andere werklike sosio-ekonomiese ongelykhede aanspreek. Daar is &#8216;n dringende behoefte om die&nbsp;<em>Wet op Gelyke Indiensneming<\/em>&nbsp;te wysig om voorsiening te maak vir &#8216;n meer genuanseerde benadering wat die toepassing van regstellende aksie-maatre\u00ebls betref. Daar moet spesifiek gekyk word na sosio-ekonomiese aanwysers. Die voorgestelde bepaling betreffende sektorale numeriese teikens is ver verwyderd van die genuanseerde benadering wat so dringend nodig is.<\/p>\n<p>*Die drie-stap-toets van&nbsp;<em>Van Heerden<\/em>&nbsp;is al gekritiseer deur sommige kenners, maar is egter in daaropvolgende hofsake bevestig en is tans die maatstaf om in hierdie analise te gebruik.<\/p>\n<p><em>Deur Christine Botha: Waarnemende Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><br \/>15 Desember 2018<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/anc-president-ramaphosa-s-late-night-announcement-is-this-the-right-way-to-go-about-something-so-important\/'>ANC PRESIDENT RAMAPHOSA\u2019S LATE NIGHT ANNOUNCEMENT -  IS THIS THE RIGHT WAY TO GO ABOUT SOMETHING SO IMPORTANT?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 252.67K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/anc-president-ramaphosa-s-late-night-announcement-is-this-the-right-way-to-go-about-something-so-important\/?wpdmdl=4744&refresh=6a8a25e9d860b1787438569\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2239\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg\" alt=\"EE WOMEN opt\" width=\"150\" height=\"100\" style=\"margin-right: 15px; margin-bottom: 3px; border: 4px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die Sentrum) het onlangs &#8216;n geskrewe voorlegging aan die Departement van Arbeid (die Departement) gemaak oor die&nbsp;<em>Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming<\/em>&nbsp;(die Wetsontwerp), gelees saam met die konsepregulasies betreffende billike indiensneming van 2018.<\/p>\n<p>Die Wetsontwerp stel verskeie kritiese wysigings aan die&nbsp;<em>Wet op Billike Indiensneming<\/em>&nbsp;van 1998 voor wat maatre\u00ebls vir billike indiensneming betref. Ten spyte van die potensi\u00eble uitwerking van die Wetsontwerp, blyk dit dat hierdie voorgestelde wysigings ongemerk verbygegaan het. &#8216;n Belangrike voorgestelde wysiging is die daarstelling van sektorale numeriese teikens deur die Minister van Arbeid. Dit is voorgestel ten einde \u201c<em>billike verteenwoordiging van geskikte gekwalifiseerde persone van aangewese groepe (swart Suid-Afrikaners, vroue en persone met gestremdhede) op alle beroepsvlakke in die werksmag te verseker<\/em>\u201d. Die konsepregulasies stel kriteria daar wat deur die Minister oorweeg moet word wanneer die numeriese teikens vir sulke nasionale ekonomiese sektore bepaal word.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2239,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-2241","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die Sentrum) het onlangs &#039;n geskrewe voorlegging aan die Departement van Arbeid (die Departement) gemaak oor die&nbsp;Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming&nbsp;(die Wetsontwerp), gelees saam met die konsepregulasies betreffende billike indiensneming van 2018. Die Wetsontwerp stel verskeie kritiese wysigings aan die&nbsp;Wet op Billike Indiensneming&nbsp;van 1998 voor wat maatre\u00ebls vir billike indiensneming betref. Ten spyte van die potensi\u00eble uitwerking van die Wetsontwerp, blyk dit dat hierdie voorgestelde wysigings ongemerk verbygegaan het. &#039;n Belangrike voorgestelde wysiging is die daarstelling van sektorale numeriese teikens deur die Minister van Arbeid. Dit is voorgestel ten einde \u201cbillike verteenwoordiging van geskikte gekwalifiseerde persone van aangewese groepe (swart Suid-Afrikaners, vroue en persone met gestremdhede) op alle beroepsvlakke in die werksmag te verseker\u201d. Die konsepregulasies stel kriteria daar wat deur die Minister oorweeg moet word wanneer die numeriese teikens vir sulke nasionale ekonomiese sektore bepaal word.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-12-15T05:57:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:02:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING\",\"datePublished\":\"2018-12-15T05:57:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:02:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/\"},\"wordCount\":1064,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-12-15T05:57:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:02:42+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"EE WOMEN opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die Sentrum) het onlangs 'n geskrewe voorlegging aan die Departement van Arbeid (die Departement) gemaak oor die&nbsp;Wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming&nbsp;(die Wetsontwerp), gelees saam met die konsepregulasies betreffende billike indiensneming van 2018. Die Wetsontwerp stel verskeie kritiese wysigings aan die&nbsp;Wet op Billike Indiensneming&nbsp;van 1998 voor wat maatre\u00ebls vir billike indiensneming betref. Ten spyte van die potensi\u00eble uitwerking van die Wetsontwerp, blyk dit dat hierdie voorgestelde wysigings ongemerk verbygegaan het. 'n Belangrike voorgestelde wysiging is die daarstelling van sektorale numeriese teikens deur die Minister van Arbeid. Dit is voorgestel ten einde \u201cbillike verteenwoordiging van geskikte gekwalifiseerde persone van aangewese groepe (swart Suid-Afrikaners, vroue en persone met gestremdhede) op alle beroepsvlakke in die werksmag te verseker\u201d. Die konsepregulasies stel kriteria daar wat deur die Minister oorweeg moet word wanneer die numeriese teikens vir sulke nasionale ekonomiese sektore bepaal word.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-12-15T05:57:53+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:02:42+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING","datePublished":"2018-12-15T05:57:53+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:02:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/"},"wordCount":1064,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/","name":"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg","datePublished":"2018-12-15T05:57:53+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:02:42+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/EE_WOMEN_opt.jpg","width":400,"height":267,"caption":"EE WOMEN opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-syferspeletjie-van-die-wysigingswetsontwerp-op-billike-indiensneming\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: DIE SYFERSPELETJIE VAN DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BILLIKE INDIENSNEMING"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2241","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2241"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2241\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5912,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2241\/revisions\/5912"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2239"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2241"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2241"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2241"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}