{"id":2020,"date":"2017-08-02T14:32:00","date_gmt":"2017-08-02T12:32:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/"},"modified":"2021-05-24T01:02:15","modified_gmt":"2021-05-23T23:02:15","slug":"artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE &#8211; DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT"},"content":{"rendered":"<p>Die Hof het korrupsie vergelyk met \u2018n kanker wat vreet aan die wese van ons samelewing, en het die feit beklemtoon dat korrupsie, indien dit straffeloos gelaat word, \u2018n ernstige bedreiging inhou vir ons demokratiese staat. Dit was nog nooit meer waar as wat dit vandag is nie.<\/p>\n<p>Ongelukkig het Prasa nie die monopolie op korrupsie by instellings in staatsbesit nie. Die teenwoordigheid van \u2018n onafhanklike en vreeslose media het, deur die #GuptaLeaks &#8211; \u2018n noodsaaklike bron van inligting &#8211; gelei tot die ontbloting van die bedrywighede by instellings in staatsbesit, soos Eskom, Denel en Transnet. Aan die kern van hierdie onthullings is die bewyse dat t\u00e9 veel instellings in staatsbesit by korrupte aktiwiteite betrokke is, tot voordeel van slegs \u2018n paar. Daar is baie ander instellings in staatsbesit wat grootliks hul grondwetlike mandate en wetlike verpligtinge nakom, maar die teenwoordigheid van korrupsie by instellings in staatsbesit, en die omvang van die korrupsie, is kommerwekkend.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>In 2016 het Brian Molefe &#8211; wat op daardie stadium Hoof Uitvoerende Beampte van Eskom was &#8211; bedank nadat dit aan die lig gekom het dat hy by korrupsie by Eskom betrokke was. Sy optrede is ontbloot deur \u2018n verslag van die voormalige Openbare Beskermer. Molefe het lank reeds \u201cmusikale stoele\u201d gespeel by Eskom &#8211; hy is weer aangestel, afgedank en het op vroe\u00eb aftrede gegaan &#8211; ter waarde van R30 miljoen. Dit alles terwyl die Minister van Openbare Instellings, Lynne Brown, toegekyk het en klaarblyklik sy optrede aangemoedig het. Die twyfelagtige goue handdruk het gevolg op die betrokkenheid van verskeie top amptenare by Eskom, met inbegrip van die nou omstrede Anoj Singh. Die deelname van voormalige Voorsitter van die Raad, Ben Ngubane, in die onwettige optrede is strydig met die hoofdoelwit van sy rol by Eskom, naamlik om nakoming aan die bepalings van goeie korporatiewe bestuur te verseker.<\/p>\n<p>\u2018n Raad van Direkteurs is aangestel om toesighouding uit te oefen. Die Raad se werk is om te verseker dat \u2018n organisasie nie buite sy mandaat bedryf word nie, en dat dit sy funksies op \u2018n wettige, deursigtige en verantwoordbare wyse uitvoer. Ngubane het presies die teenoorgestelde gefasiliteer. Die Raad moet verslag doen aan die lid van die uitvoerende gesag wat vir instellings in staatsbesit verantwoordelik is. In hierdie geval het die Minister van Openbare Instellings korrupsie toegelaat en bevorder. Sy het ook versuim, om haar toesighoudende funksie uit te voer en het Molefe weer aangestel, ten spyte van konkrete bewyse van sy wanadministrasie wat aan die lig gekom het. Die lys van oortredings en bedrieglike besteding van belastingbetalers se geld is lank, en die tydlyn bevat verskeie onverklaarbare \u2018foute\u2019 en versuim wat toesighouding betref.<\/p>\n<p>Transnet en Denel sluit by Eskom en PRASA aan. Transnet het op bedrieglike wyse tenders toegeken aan verskeie maatskappye wat bande het met die Guptas. Die betrokke individue het omkoopgeld ontvang vir die omseiling van die tenderproses. Dit is noemenswaardig dat die korrupsie by Transnet terug dateer na \u2018n tyd toe Molefe en Singh poste daar beklee het.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p>Denel is die grootste vervaardiger van verdedigingstoerusting in die land. Bewyse van die #GuptaLeaks bewys dat die Gupta-familie \u2018n poging aangewend het om Denel, die Staat se wapenvervaardiger, se wapens aan Indi\u00eb te verkoop, \u2018n ooreenkoms wat hulle miljoene rande van belastingbetalers se geld in die sak sou bring. Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (die Valke) ondersoek nou oortredings by Denel.<\/p>\n<p>Toesighouding by instellings in staatsbesit, het die Raad van Direkteurs en die Parlement &#8211; die poortwagte &#8211; ontgaan. Die gevolg is dat die Howe toegegooi word onder aangeleenthede wat met korrupsie verband hou. Die Grondwet vereis \u2018n ho\u00eb standaard van professionele etiek, en dat dienste billik en sonder vooroordeel gelewer word. Dit is duidelik \u2018n standaard wat nie deur hierdie instellings in staatsbesit gevolg word wanneer hulle openbare funksies verrig nie. Die feit dat instellings in staatsbesit gereeld in die Howe en in die media verskyn, is bewys van die verontagsaming van grondwetlike beginsels wat ten doel gehad het om hulle verantwoordbaar te hou aan die publiek wat hulle moet dien. Die uitoefening van openbare mag vir selfverryking &#8211; tot nadeel van die land &#8211; moenie geduld word nie. Die grondliggende waardes van die Grondwet sluit openheid en verantwoordbaarheid in. Hierdie waardes moet die grondslag wees van alle besluite wat deur die regering op enige vlak geneem word.&nbsp;<\/p>\n<p><em>Rebecca Sibanda: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/em><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-dominoes-are-falling-ethekwini-mayor-zandile-gumede-answering-to-corruption-charges\/'>THE DOMINOES ARE FALLING - ETHEKWINI MAYOR ZANDILE GUMEDE ANSWERING TO CORRUPTION CHARGES<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 252.14K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-dominoes-are-falling-ethekwini-mayor-zandile-gumede-answering-to-corruption-charges\/?wpdmdl=4840&refresh=6a8bc0bb59d4c1787543739\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2018\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg\" alt=\"prasa logo opt\" width=\"150\" height=\"81\" style=\"border: 5px solid #efefef; text-align: justify; margin-right: 15px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt-300x163.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het vroe\u00ebr vanjaar voor die Noord-Gautengse Ho\u00eb Hof verskyn in&nbsp;<em>Molefe and Others v Minister of Transport and Others,<\/em> en die hof het bevind dat administratiewe optrede deur die Staat met \u2018n rasionele nexus gepaard moet gaan. Teen daardie tyd is die erns van die probleme by ander instellings in staatsbesit herhaaldelik in die media herhaal. Prasa het voorheen die opskrifte gehaal n\u00e1 verslae deur die Openbare Beskermer en die Ouditeur-generaal, wat onre\u00eblmatige uitgawes en korrupsie in semi-staatsinstellings uitgewys het. Nie lank daarna nie het Prasa weer die opskrifte gehaal betreffende die aankoop van lokomotiewe wat nie gebruik kon word nie en die korrupte wyse waarop die tender vir die treine toegeken is. Die feit dat amptenare by die instelling in staatsbesit ongestraf hiermee voortgaan, het gelei tot aanklagte van korrupsie deur instellings in staatsbesit deur die Suid-Gautengse Ho\u00eb Hof in&nbsp;<em>Passenger Rail Agency of South Africa v Swifambo Rail Agency<\/em>.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2018,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-2020","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE - DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE - DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het vroe\u00ebr vanjaar voor die Noord-Gautengse Ho\u00eb Hof verskyn in&nbsp;Molefe and Others v Minister of Transport and Others, en die hof het bevind dat administratiewe optrede deur die Staat met \u2018n rasionele nexus gepaard moet gaan. Teen daardie tyd is die erns van die probleme by ander instellings in staatsbesit herhaaldelik in die media herhaal. Prasa het voorheen die opskrifte gehaal n\u00e1 verslae deur die Openbare Beskermer en die Ouditeur-generaal, wat onre\u00eblmatige uitgawes en korrupsie in semi-staatsinstellings uitgewys het. Nie lank daarna nie het Prasa weer die opskrifte gehaal betreffende die aankoop van lokomotiewe wat nie gebruik kon word nie en die korrupte wyse waarop die tender vir die treine toegeken is. Die feit dat amptenare by die instelling in staatsbesit ongestraf hiermee voortgaan, het gelei tot aanklagte van korrupsie deur instellings in staatsbesit deur die Suid-Gautengse Ho\u00eb Hof in&nbsp;Passenger Rail Agency of South Africa v Swifambo Rail Agency.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-08-02T12:32:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:02:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"217\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE &#8211; DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT\",\"datePublished\":\"2017-08-02T12:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:02:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/\"},\"wordCount\":747,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/\",\"name\":\"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE - DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2017-08-02T12:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:02:15+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":217,\"caption\":\"prasa logo opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE &#8211; DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE - DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE - DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het vroe\u00ebr vanjaar voor die Noord-Gautengse Ho\u00eb Hof verskyn in&nbsp;Molefe and Others v Minister of Transport and Others, en die hof het bevind dat administratiewe optrede deur die Staat met \u2018n rasionele nexus gepaard moet gaan. Teen daardie tyd is die erns van die probleme by ander instellings in staatsbesit herhaaldelik in die media herhaal. Prasa het voorheen die opskrifte gehaal n\u00e1 verslae deur die Openbare Beskermer en die Ouditeur-generaal, wat onre\u00eblmatige uitgawes en korrupsie in semi-staatsinstellings uitgewys het. Nie lank daarna nie het Prasa weer die opskrifte gehaal betreffende die aankoop van lokomotiewe wat nie gebruik kon word nie en die korrupte wyse waarop die tender vir die treine toegeken is. Die feit dat amptenare by die instelling in staatsbesit ongestraf hiermee voortgaan, het gelei tot aanklagte van korrupsie deur instellings in staatsbesit deur die Suid-Gautengse Ho\u00eb Hof in&nbsp;Passenger Rail Agency of South Africa v Swifambo Rail Agency.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2017-08-02T12:32:00+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:02:15+00:00","og_image":[{"width":400,"height":217,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE &#8211; DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT","datePublished":"2017-08-02T12:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:02:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/"},"wordCount":747,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/","name":"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE - DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg","datePublished":"2017-08-02T12:32:00+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:02:15+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/prasa_logo_opt.jpg","width":400,"height":217,"caption":"prasa logo opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wanneer-niemand-die-poortwagte-dophou-nie-die-lot-van-instellings-in-staatsbesit\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: WANNEER NIEMAND DIE POORTWAGTE DOPHOU NIE &#8211; DIE LOT VAN INSTELLINGS IN STAATSBESIT"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2020","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2020"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2020\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5824,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2020\/revisions\/5824"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2018"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2020"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2020"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2020"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}