{"id":2002,"date":"2018-03-07T08:32:52","date_gmt":"2018-03-07T06:32:52","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/"},"modified":"2021-05-24T01:02:13","modified_gmt":"2021-05-23T23:02:13","slug":"artikel-ondermyning-van-demokrasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE"},"content":{"rendered":"<p>In sy voorlegging aan die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie vroe\u00ebr vanjaar, het Kubayi-Ngubane verklaar dat die app\u00e8l op grond van &#8216;n tegniese punt nie sou voortgaan nie. Dit is naamlik dat die omstrede MVI ongeldig was, en nooit by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom geregistreer is soos wat regtens vereis word nie. Die enigste geldige MVI is dus die een wat in 2013 deur Faith Muthambi ingestel en onderteken is, gedurende haar termyn as Minister van Kommunikasie. Mokonyane het sedertdien begin met onderhandelinge met die huidige raadslede van die SAUK, betreffende &#8216;n hersiene MVI wat die gees van die beslissing in Oktober verskans. Dit is belangrik dat die nuwe MVI, sodra alle partye daaroor saamgestem het, ook die grondwetlike beginsels van verantwoordbaarheid en openheid nakom.&nbsp;<\/p>\n<p>Enige ooreenkoms moet dien in die belange van die SAUK, voor di\u00e9 van die Departement van Kommunikasie. Soos reeds gesien is, is die inmenging van die uitvoerende gesag by die funksionering van ondernemings in staatsbesit reeds ge\u00efdentifiseer as &#8216;n katalisator tot nadeel daarvan. Waar die uitvoerende gesag te veel inmeng by die daaglikse bestuur van &#8216;n instelling, sal wanadministrasie heel moontlik volg. Hierdie beperking is van toepassing op die rol van die raad van die SAUK, veral die nie-uitvoerende lede. Die MVI kan nie uitgebreide magte aan die Minister toeken nie, veral nie wat die aanstelling van raadslede betref nie.&nbsp;Alhoewel daar natuurlik &#8216;n gesonde verhouding tussen die Minister en die openbare uitsaaier moet wees, moet streng onafhanklikheid gehandhaaf word. Politieke inmenging vererger vooroordeel, wat op sy beurt die swak administrasie van SOE&#8217;s verbou.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n belangrike punt wat die minister se rol in die aanstelling van raadslede betref, is die uitskakeling van die deel van openbare deelname deur behoorlik verkose verteenwoordigers in die parlement. Daar is gerugte dat die Departement die Parlement genader het betreffende &#8216;n moontlike wysiging van die Uitsaaiwet, ten einde die raad van die SAUK in wese &#8216;n arm van die Ministerie van Kommunikasie te maak, wat dus die Parlement se rol in die aanstelling van raadslede sal verwyder. Daar moet op gewys word dat die Uitsaaiwetsontwerp in 2015 deur Faith Muthambi ingestel is. Dat dit nou weer ter sprake is, so gou op die hakke van die beslissing van die Ho\u00eb Hof, wys op die Minister se strewe om onnodige magte by die openbare uitsaaier uit te oefen. Dit is &#8216;n duidelike skending van die beginsels van deursigtigheid, openheid en meer belangrik, di\u00e9 van openbare deelname aan die besluitneming van die land. Dit is &#8216;n fundamentele element van die land se demokrasie, en die verwydering daarvan bedreig die grondslag van die Grondwet. Die wigte en teenwigte wat deur die Grondwet daargestel is, moenie mee gepeuter word nie.&nbsp;<\/p>\n<p><em><i><span lang=\"EN-US\">Deur me Rebecca Sibanda: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte<\/span><\/i><br \/><\/em>7 Maart 2018<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-25th-anniversary-of-south-africa-s-historic-constitutional-transformation-defending-the-constitution-and-looking-to-the-future\/'>THE 25TH ANNIVERSARY OF SOUTH AFRICA\u2019S HISTORIC CONSTITUTIONAL TRANSFORMATION: DEFENDING THE CONSTITUTION AND LOOKING TO THE FUTURE<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 322.00K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/the-25th-anniversary-of-south-africa-s-historic-constitutional-transformation-defending-the-constitution-and-looking-to-the-future\/?wpdmdl=4846&refresh=6a8ba68eddaba1787537038\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-2000\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\" alt=\"SABC Logo\" width=\"140\" height=\"79\" style=\"margin-right: 15px; margin-bottom: 5px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" \/><\/p>\n<p>Die pas aangestelde Minister van Kommunikasie, Nomvula Mokonyane, het aangedui dat sy en haar departement regsadvies inwin betreffende &#8216;n aansoek om app\u00e8l wat laat verlede jaar deur haar voorganger, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, by die ho\u00eb hof ingedien is. Dit hou verband met die aansoek van SOS Coalition en Right2Know Campaign, wat vra dat die hof die omvang bepaal van die Minister se magte oor die funksies van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK). In Oktober 2017 het die Ho\u00eb Hof in Pretoria beveel dat die Memorandum van Inkorporasie (MVI), wat aan die Minister uitgebreide magte verleen om by die funksionering van die SAUK in te meng, ongeldig is aangesien dit nie die onafhanklikheid van die openbare uitsaaier beskerm nie. Sommige van die magte wat uitgewys is, is di\u00e9 van die aanstelling en afdanking van senior uitvoerende beamptes, die Minister se veto-magte betreffende aanstellings, asook die Minister se magte om alle direkteure te verwyder. Hierdie beslissing het die beginsels van deursigtigheid en openheid herbevestig, wat &#8216;n noodsaaklikheid in Suid-Afrika se demokrasie is.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":2000,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-2002","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die pas aangestelde Minister van Kommunikasie, Nomvula Mokonyane, het aangedui dat sy en haar departement regsadvies inwin betreffende &#039;n aansoek om app\u00e8l wat laat verlede jaar deur haar voorganger, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, by die ho\u00eb hof ingedien is. Dit hou verband met die aansoek van SOS Coalition en Right2Know Campaign, wat vra dat die hof die omvang bepaal van die Minister se magte oor die funksies van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK). In Oktober 2017 het die Ho\u00eb Hof in Pretoria beveel dat die Memorandum van Inkorporasie (MVI), wat aan die Minister uitgebreide magte verleen om by die funksionering van die SAUK in te meng, ongeldig is aangesien dit nie die onafhanklikheid van die openbare uitsaaier beskerm nie. Sommige van die magte wat uitgewys is, is di\u00e9 van die aanstelling en afdanking van senior uitvoerende beamptes, die Minister se veto-magte betreffende aanstellings, asook die Minister se magte om alle direkteure te verwyder. Hierdie beslissing het die beginsels van deursigtigheid en openheid herbevestig, wat &#039;n noodsaaklikheid in Suid-Afrika se demokrasie is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-03-07T06:32:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:02:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"169\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"2 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE\",\"datePublished\":\"2018-03-07T06:32:52+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:02:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/\"},\"wordCount\":470,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\",\"datePublished\":\"2018-03-07T06:32:52+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:02:13+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg\",\"width\":300,\"height\":169,\"caption\":\"SABC Logo\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die pas aangestelde Minister van Kommunikasie, Nomvula Mokonyane, het aangedui dat sy en haar departement regsadvies inwin betreffende 'n aansoek om app\u00e8l wat laat verlede jaar deur haar voorganger, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, by die ho\u00eb hof ingedien is. Dit hou verband met die aansoek van SOS Coalition en Right2Know Campaign, wat vra dat die hof die omvang bepaal van die Minister se magte oor die funksies van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK). In Oktober 2017 het die Ho\u00eb Hof in Pretoria beveel dat die Memorandum van Inkorporasie (MVI), wat aan die Minister uitgebreide magte verleen om by die funksionering van die SAUK in te meng, ongeldig is aangesien dit nie die onafhanklikheid van die openbare uitsaaier beskerm nie. Sommige van die magte wat uitgewys is, is di\u00e9 van die aanstelling en afdanking van senior uitvoerende beamptes, die Minister se veto-magte betreffende aanstellings, asook die Minister se magte om alle direkteure te verwyder. Hierdie beslissing het die beginsels van deursigtigheid en openheid herbevestig, wat 'n noodsaaklikheid in Suid-Afrika se demokrasie is.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-03-07T06:32:52+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:02:13+00:00","og_image":[{"width":300,"height":169,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"2 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE","datePublished":"2018-03-07T06:32:52+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:02:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/"},"wordCount":470,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/","name":"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","datePublished":"2018-03-07T06:32:52+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:02:13+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/SABC_Logo.jpg","width":300,"height":169,"caption":"SABC Logo"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-ondermyning-van-demokrasie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTIKEL: ONDERMYNING VAN DEMOKRASIE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2002","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2002"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2002\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5818,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2002\/revisions\/5818"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2000"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2002"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2002"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2002"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}