{"id":1993,"date":"2018-06-22T11:38:25","date_gmt":"2018-06-22T09:38:25","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/article-n-blik-op-politieke-partye\/"},"modified":"2021-05-24T01:02:12","modified_gmt":"2021-05-23T23:02:12","slug":"article-n-blik-op-politieke-partye","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/","title":{"rendered":"ARTICLE: &#8216;N BLIK OP POLITIEKE PARTYE"},"content":{"rendered":"<p>Alhoewel daar &#8216;n duidelike onderskeid tussen politieke partye en die staat is, is Suid-Afrika se demokrasie egter baie afhanklik van politieke partye. Nog meer so op provinsiale en nasionale vlak, waar politieke partye &#8211; eerder as individue &#8211; ingestem word, en dit is hierdie lede van politieke partye wat dan die Uitvoerende Gesag uitmaak. Die Uitvoerende Gesag, ingevolge die Grondwet, het die taak om goeie bestuur deur goeie dienslewering te verseker, terwyl die aspirasies van die volk as geheel verwesenlik word.<\/p>\n<p>Dit wil egter voorkom of Suid-Afrika se grootste politieke partye veel te wense oorlaat. Die huidige regerende party, nadat hy voormalige President Jacob Zuma onlangs &#8220;herroep&#8221; het, blyk om geteister te word met faksionele konflik oor waargenome lojaliteit aan die huidige President, Cyril Ramaphosa. Ten tyde van die skrywe van hierdie artikel het die Johannesburgse Ho\u00eb Hof uitspraak voorbehou in die saak waar die Oos-Kaapse provinsie die party se Nasionale Uitvoerende Komitee se versuim om &#8216;n verslag te aanvaar waarin die ontbinding van die Oos-Kaapse provinsiale strukture aanbeveel word, uitgedaag het. Dit is nie die eerste keer dat die regerende party sy toevlug in die howe teen sy eie komplotte gesoek het nie. Tydens die regerende party se verkiesingskonferensie in 2017 is afgevaardigdes van KwaZulu-Natal\u201a die Vrystaat en die Noordwes nie toegelaat om te stem nie, na afloop van verskeie verklarings deur die howe betreffende laasgenoemde provinsies se verkiesingskonferensies. Die provinsiale wetgewer van die Noordwes was op die randjie van ontbinding na afloop van &#8216;n uitgerekte poging om &#8216;n plaasvervanger vir voormalige Prenier te vind. Dit is afgeweer deur &#8216;n besluit wat ter elfdere ure geneem is deur die regerende party se Nasionale Werkkomitee om sy plaasvervanger aan te stel, wat pas in die posisie ingesweer is. Dit dui daarop dat die mislukking van die politieke partye &#8216;n direkte uitwerking het op die funksionering van die Staat. Die feit dat inwoners van Mahikeng in April die strate ingevaar het en tydens gewelddadige betogings aangedring het op die be\u00ebindiging van Premier Mahumapelo se ampstermyn, getuig hiervan. Die duidelike mislukkings van die regering in die Provinsie kan moontlik verbind word met die versuim van die regering om sy lede in die staatsdiens verantwoordbaar te hou.&nbsp;Die feit dat die nasionale regering in die administrasie van die provinsie moes ingryp, moet versigtig verwelkom word, gegewe die omvang van die taak wat voorl\u00ea.<\/p>\n<p>Die amptelike opposisie is ook tans in gevegte betreffende openbare leierskappe betrokke, waarvan die Stad Kaapstad-saga &#8211; wat die burgemeester betrek &#8211; die prominente voorbeeld is. Ander geskille binne die party het tot veranderinge in die stadsraad se leierskap gelei, soos wat in Knynsa gebeur het, of soos wat die geval was in Mogale Stad, met die konflik binne die party wat daartoe gelei het dat die burgemeesterskap teruggegaan het na die regerende party. Natuurlik is konflik binne politieke organisasies byna onvermydelik, maar dit is met begrip hiervan dat konflik beter bestuur moet word ten einde te verseker dat die konflik nie &#8216;n uitwerking op sake van goeie bestuur het nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Ander groot politieke partye blyk vasgevang te wees in rasgedrewe inflammatoriese retoriek, wat slegs dien om die nasie verder weg te dryf van die grondwetlike ideaal van &#8220;eenheid in diversiteit\u201d.&nbsp;Dit is duidelik dat so &#8216;n sentiment slegs die korttermyndoelwitte van die party dien, terwyl &#8216;n onuitwisbare vlek op die land se langtermynversoeningdoelwit gelaat word. Ander partye het nie regtig partypolitieke mag nie, maar het wel kragtige party leiers, in die mate dat daar weinig onderskeid tussen die party en die individuele leier is.<\/p>\n<p>Te midde van dit alles skenk politieke partye skaars aandag aan sake van openbare belang, wat Suid-Afrika se weergawe van verteenwoordigende demokrasie verder verswak.&nbsp;Die feit dat opposisie-politieke partye in die besonder voorkom dat hulle opgesweep is in verdelende interne konflik, laat hulle minder in staat om die regering verantwoordbaar te hou. Dit ondermyn ook hul rol om te verseker dat die Parlement tersaaklike en samehorige wetgewing aanvaar. Die Suid-Afrikaanse publiek gaan gevolglik gebuk onder swak funksionerende interne partypolitiek.<\/p>\n<p>Daar is dus &#8216;n behoefte dat alle Suid-Afrikaanse politieke partye hulself herverbind tot gesonde grondwetlike beginsels betreffende die wyse waarop sake verrig word.&nbsp;Dit beteken byvoorbeeld om te verseker dat die party se grondwet in lyn is met grondwetlike diktate en verder dat die party sy eie wette nakom. Meer belangrik, partye moet reageer op verkeerde optrede deur sy lede en moet sodanige lede verantwoordbaar hou. Dat howe met elke geleentheid gebruik word om geskille tussen mededingende partyfaksies op te los, hou weer die gevaar in om die indruk onder die publiek te skep dat die howe gepolitiseer is.&nbsp;<\/p>\n<p>UIteindelik, soos die Grondwetlike Hof dit duidelik gestel het in die Geheime Stembrief-beslissing, moet politieke partye,&nbsp;in die geval van konflik tussen die handhawing van grondwetlike waardes en party lojaliteit, gelei word deur die behoefte en onderneming om die mense te dien &#8211; en net doen wat in die mense se beste belang is. Dit is nie net omdat hulle deur hulle partye verkies is om die mense te verteenwoordig nie, maar ook om die mense in staat te stel om deur hulle te regeer, ingevolge die Grondwet.<\/p>\n<p><em>Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte<br \/><\/em>22 Junie 2018<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/remarks-at-the-fw-de-klerk-mini-conference-on-the-south-african-constitution-quo-vadis\/'>REMARKS AT THE FW DE KLERK MINI CONFERENCE ON THE SOUTH AFRICAN CONSTITUTION: QUO VADIS?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 291.11K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/remarks-at-the-fw-de-klerk-mini-conference-on-the-south-african-constitution-quo-vadis\/?wpdmdl=4849&refresh=6a8a5305df8721787450117\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1991\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg\" alt=\"poster party foter opt\" width=\"150\" height=\"113\" style=\"margin-right: 15px; border: 4px solid #efefef; float: left;\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Suid-Afrika erken saam met ander grondwetlike demokrasie\u00eb die belangrikheid van politieke partye. Die grondwetlike bepalings van die Grondwet meld dat Suid-Afrika &#8216;n soewereine, demokratiese staat is, gegrond op die waardes van universele stemreg, &#8216;n nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde verkiesings en &#8216;n veelparty-stelsel van demokratiese regering. Politieke partye as sodanig speel &#8216;n voordelige rol binne Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie.<\/p>\n<p>Dit kan aangevoer word dat politieke partye nie homogeen is nie, maar nietemin verenig is in die strewe na die verkryging en uitoefening van politieke mag. Maar wat gebeur wanneer die praktyke en optrede van politieke partye gebrekking is, en lei tot &#8216;n klaarblyklike eksistensi\u00eble krisis in die party?<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1991,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46],"tags":[],"class_list":["post-1993","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus-jongste-afr"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTICLE: &#039;N BLIK OP POLITIEKE PARTYE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTICLE: &#039;N BLIK OP POLITIEKE PARTYE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Suid-Afrika erken saam met ander grondwetlike demokrasie\u00eb die belangrikheid van politieke partye. Die grondwetlike bepalings van die Grondwet meld dat Suid-Afrika &#039;n soewereine, demokratiese staat is, gegrond op die waardes van universele stemreg, &#039;n nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde verkiesings en &#039;n veelparty-stelsel van demokratiese regering. Politieke partye as sodanig speel &#039;n voordelige rol binne Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie. Dit kan aangevoer word dat politieke partye nie homogeen is nie, maar nietemin verenig is in die strewe na die verkryging en uitoefening van politieke mag. Maar wat gebeur wanneer die praktyke en optrede van politieke partye gebrekking is, en lei tot &#039;n klaarblyklike eksistensi\u00eble krisis in die party?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-06-22T09:38:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-05-23T23:02:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTICLE: &#8216;N BLIK OP POLITIEKE PARTYE\",\"datePublished\":\"2018-06-22T09:38:25+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:02:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/\"},\"wordCount\":877,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/\",\"name\":\"ARTICLE: 'N BLIK OP POLITIEKE PARTYE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2018-06-22T09:38:25+00:00\",\"dateModified\":\"2021-05-23T23:02:12+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":300,\"caption\":\"poster party foter opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"CFCR INHOUD AFRIKAANS\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":5,\"name\":\"ARTICLE: &#8216;N BLIK OP POLITIEKE PARTYE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTICLE: 'N BLIK OP POLITIEKE PARTYE - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTICLE: 'N BLIK OP POLITIEKE PARTYE - FW de Klerk Foundation","og_description":"Suid-Afrika erken saam met ander grondwetlike demokrasie\u00eb die belangrikheid van politieke partye. Die grondwetlike bepalings van die Grondwet meld dat Suid-Afrika 'n soewereine, demokratiese staat is, gegrond op die waardes van universele stemreg, 'n nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde verkiesings en 'n veelparty-stelsel van demokratiese regering. Politieke partye as sodanig speel 'n voordelige rol binne Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie. Dit kan aangevoer word dat politieke partye nie homogeen is nie, maar nietemin verenig is in die strewe na die verkryging en uitoefening van politieke mag. Maar wat gebeur wanneer die praktyke en optrede van politieke partye gebrekking is, en lei tot 'n klaarblyklike eksistensi\u00eble krisis in die party?","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2018-06-22T09:38:25+00:00","article_modified_time":"2021-05-23T23:02:12+00:00","og_image":[{"width":400,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"4 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTICLE: &#8216;N BLIK OP POLITIEKE PARTYE","datePublished":"2018-06-22T09:38:25+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:02:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/"},"wordCount":877,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg","articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/","name":"ARTICLE: 'N BLIK OP POLITIEKE PARTYE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg","datePublished":"2018-06-22T09:38:25+00:00","dateModified":"2021-05-23T23:02:12+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/poster-party-foter_opt.jpg","width":400,"height":300,"caption":"poster party foter opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/article-n-blik-op-politieke-partye\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"CFCR INHOUD AFRIKAANS","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/afr\/jongste-afr\/nuus-jongste-afr\/"},{"@type":"ListItem","position":5,"name":"ARTICLE: &#8216;N BLIK OP POLITIEKE PARTYE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1993","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1993"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1993\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5815,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1993\/revisions\/5815"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1991"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1993"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1993"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1993"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}