{"id":19857,"date":"2024-01-26T11:02:27","date_gmt":"2024-01-26T09:02:27","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/?p=19857"},"modified":"2024-01-26T13:32:30","modified_gmt":"2024-01-26T11:32:30","slug":"internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/","title":{"rendered":"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-post\" data-elementor-id=\"19857\" class=\"elementor elementor-19857\" data-elementor-post-type=\"post\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-70d513b9 elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"70d513b9\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-586167f8\" data-id=\"586167f8\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-0fd42bd elementor-widget elementor-widget-spacer\" data-id=\"0fd42bd\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"spacer.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-spacer\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-spacer-inner\"><\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-00d2eb5 elementor-align-right elementor-widget elementor-widget-button\" data-id=\"00d2eb5\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"button.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-button-wrapper\">\n\t\t\t\t\t<a class=\"elementor-button elementor-button-link elementor-size-sm\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/beyond-borders-understanding-the-icjs-pursuit-of-global-peace\/\">\n\t\t\t\t\t\t<span class=\"elementor-button-content-wrapper\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<span class=\"elementor-button-text\">Read this article in English<\/span>\n\t\t\t\t\t<\/span>\n\t\t\t\t\t<\/a>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-37e27da elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"37e27da\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF)<br> SE STREWE NA GLOBALE VREDE<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-5fb4e50b elementor-widget__width-initial elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"5fb4e50b\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p><span style=\"font-weight: 400;\">Uitgereik deur die FW de Klerk-stigting op 26\/01\/2024<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Wat presies is die Internasionale Geregshof?<\/span>\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die Internasionale Geregshof (\u201cdie W\u00eareldhof\u201d), wat in 1945 ingevolge die <\/span><a href=\"https:\/\/www.un.org\/en\/about-us\/un-charter\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">VN-handves<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> gestig is, is die hoogste regsowerheid binne die Verenigde Nasies (VN\u201d). Die W\u00eareldhof het die taak om geskille tussen lidlande te op te los. Dit bestaan uit 15 regters wat elk \u2018n termyn van nege jaar dien. Hierdie regters word deur die VN se Algemene Vergadering en die VN-Veiligheidsraad (\u201cdie Veiligheidsraad\u201d) verkies. <\/span><a href=\"https:\/\/www.un.org\/en\/about-us\/un-charter\/chapter-14\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Artikel 92<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> van die VN-handves skets uitdruklik die vestiging van die W\u00eareldhof as &#8220;<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">die belangrikste geregtelike orgaan van die Verenigde Nasies<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">&#8220;, en sit die W\u00eareldhof se rol in die bevordering van die vreedsame oplossing van internasionale geskille en die verskaffing van regsadvies oor sake van internasionale belang, uiteen. Die <\/span><a href=\"https:\/\/www.icj-cij.org\/statute\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Statuut van die Hof<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> (\u201cHof Statuut\u201d), wat deel is van die VN-handves, omskryf die W\u00eareldhof se jurisdiksie, prosedures en die kwalifikasies van sy regters.<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is van kardinale belang om tussen die W\u00eareldhof en die Internasionale Strafhof (\u201cdie Strafhof\u201d) te onderskei, aangesien hul mandate en funksies aansienlik verskil. Terwyl die W\u00eareldhof regsgeskille tussen <\/span><b>state<\/b><span style=\"font-weight: 400;\"> hanteer, is die Strafhof &#8216;n afsonderlike entiteit wat voortspruit uit die <\/span><a href=\"https:\/\/www.icc-cpi.int\/sites\/default\/files\/RS-Eng.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Rome Statuut<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">. Die Strafhof fokus slegs op die <\/span><b>individuele<\/b><span style=\"font-weight: 400;\"> kriminele verantwoordelikheid van ondertekenaars van die Rome Statuut, en vervolg individue skuldig aan ernstigste misdade. Beide instellings, die W\u00eareldhof en die Strafhof, dra by tot die bre\u00ebr raamwerk van internasionale reg, wat elkeen spesifieke aspekte van geregtigheid en aanspreeklikheid aanspreek.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><span style=\"font-weight: 400;\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Wat is die Hof se funksie?<\/span>\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die kern van die Hof se funksie hou verband met die bevordering van internasionale vrede deur die oppergesag van die reg te laat geld. Die Hof se stigting was in reaksie op die katastrofiese gevolge van misdadige optrede deur lande wat by die Tweede W\u00eareldoorlog betrokke was. Die stigters van die W\u00eareldhof het die pad van diplomasie en internasionale samewerking as basis van geregtigheid gevestig om milit\u00eare konflik tussen lande te vermy.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">Die Hof se mandaat is duidelik: (i) om regsgeskille wat deur state ingedien is, te besleg; en (ii) om raadgewende menings te bied oor regsvrae wat deur die Algemene Vergadering, die Veiligheidsraad of ander gespesialiseerde VN-agentskappe en -liggame verwys word. Boonop het lidlande die opsie om regsvrae vrywillig na die Hof te verwys, wat hulle in staat stel om die hof se leiding oor aangeleenthede van internasionale reg en geskilbeslegting te soek. Dit weerspie\u00ebl die Hof se rol as &#8216;n forum om nie net verpligte geskilbeslegting te bevorder nie, maar ook om &#8216;n platform te bied vir state om vrywillig betrokke te raak by die vreedsame oplossing van regskwessies.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Die Veiligheidsraad is die Hof se regterarm:<\/span>\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die Veiligheidsraad as ko\u00f6rdinerende liggaam, se kernverantwoordelikheid is die handhawing van internasionale vrede en veiligheid. Dit\u00a0 bestaan uit 15 lede, waarvan vyf permanente lede \u2013 die Verenigde State, China, Rusland, die Verenigde Koninkryk en Frankryk \u2013 vetoreg het.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die insluiting van permanente lede wat veto het, was &#8216;n doelbewuste maatre\u00ebl na die Tweede W\u00eareldoorlog, wat die begeerte weerspie\u00ebl om oorheersing deur \u2018n indiwiduele lid te verhoed.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die Veiligheidsraad se bevoegdhede word in <\/span><a href=\"https:\/\/www.un.org\/en\/about-us\/un-charter\/chapter-7\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Artikel 39 van die VN-handves<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> uiteengesit en sluit die magtiging van milit\u00eare optrede, die oplegging van sanksies en die uitrol van vredesoperasies in. Die vetoreg wat aan permanente lede verleen word, bemoeilik besluitnemingsprosesse, aangesien dit kritieke besluite aan bande kan l\u00ea. Hierdie wisselwerking tussen die W\u00eareldhof en Veiligheidsraad, beklemtoon die delikate balans tussen die hof se gesag en die ingewikkelde politieke dinamika tussen VN-lidlande, waar die optrede van &#8216;n paar die verloop van internasionale geregtigheid en vrede kan manipuleer.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><span style=\"text-decoration: underline;\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hofsake:<\/span><\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die verskeidenheid sake wat voor die W\u00eareldhof dien, beklemtoon die Hof se bre\u00eb jurisdiksie, wat wissel van territoriale dispute tot ondersoeke na bewerings van ernstige internasionale misdade gepleeg deur state. In die kollig is die saak wat deur Suid-Afrika teen Israel ter tafel gel\u00ea is, wat vrae laat ontstaan oor die vermo\u00eb van een nasie om \u2018n klag teen &#8216;n ander te l\u00ea. Suid-Afrika voer aan dat Israel se optrede in Gasa &#8220;volksmoord&#8221; is en dus die <\/span><a href=\"https:\/\/www.ohchr.org\/en\/instruments-mechanisms\/instruments\/convention-prevention-and-punishment-crime-genocide\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">Volksmoordkonvensie van 1948<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> skend. Die Volksmoordkonvensie is &#8216;n verdrag wat beide lande onderteken het en dus bindend is op beide lande. Artikel II van die konvensie kriminaliseer dade wat gepleeg word \u201c<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">met die doel om \u2019n nasionale, etniese, rasse- of godsdiensgroep geheel of gedeeltelik te teiken en uit te wis<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">\u201d. Hierdie konvensie sit die verpligtinge van ondertekenaars van die konvensie duidelik uiteen en het ten doel om dade van volksmoord te voorkom en diegene wat daaraan skuldig is te straf. Dit verskaf dus &#8216;n wetlike raamwerk vir die Hof om die bewerings wat voor hom gebring is, te evalueer \u2013 d.w.s. die argumente wat Suid-Afrika op die tafel geplaas het ter ondersteuning van sy saak dat volksmoord in Gasa plaasvind.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">Die besluit deur Suid-Afrika om \u2018n saak van volksmoord namens die Palestynse volk aanhangig te maak, weerspie\u00ebl die komplekse web van internasionale betrekkinge en solidariteit tussen nasies. Terwyl die wetlike status van &#8216;n staat om &#8216;n saak voor die Hof te bring bevestig is, kom die motief dikwels neer op &#8216;n mengsel van wetlike, politieke en etiese oorwegings.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">Die Suid-Afrikaanse regering onder leiding van die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het sy redes om die saak voor die Hof te bring, klinkklaar uiteengesit, met die klem op Suid-Afrika se verbintenis tot geregtigheid en die be\u00ebindiging van die humanit\u00eare gruweldade in Palestina. Die saak het ten doel om blywende en volhoubare vrede te verseker en ook die skep &#8216;n lewensvatbare, aangrensende Palestynse staat wat op die 1967 internasionaal erkende grense geskoei is, met Oos-Jerusalem as hoofstad. Ten tye van die skryf van hierdie artikel, sou uitspraak na <\/span><a href=\"https:\/\/www.news24.com\/news24\/politics\/just-in-government-expects-icj-judgment-in-genocide-case-against-israel-on-friday-20240124\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">verwagting<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> op Vrydag, 26 Januarie 2024 gelewer word.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Die belangrikheid die Hof en sy beslissings, strek verder as die\u00a0 bestaande partye wat by &#8216;n spesifieke saak betrokke is. Dit speel &#8216;n rol in die bevordering van &#8216;n strewe na gedeelde verantwoordelikheid vir die handhawing van internasionale geregtigheid en vrede.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><span style=\"font-weight: 400;\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Die Hof se tekortkominge:<\/span>\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Ongeag die strewe na die verwesenliking van die edele doelwitte soos uiteengesit in hierdie artikel, is daar bepaalde tekortkominge en staar die W\u00eareldhof\u00a0 kritiek in die gesig wat \u2018n kritiese analise regverdig. Die Hof se afhanklikheid van die VN-Veiligheidsraad om sy besluite af te dwing, hou bepaalde politieke implikasies in wat die tydige en doeltreffende oplossing van geskille kan ondermyn. Die samestelling van die Veiligheidsraad, lei dikwels tot uiteenlopende menings oor hoe Hof se uitsprake ge\u00efmplementeer moet word vanwe\u00eb uiteenlopende geopolitieke oorwegings. Dit laat vrae ontstaan oor die Hof se vermo\u00eb om geregtigheid op \u2018n onpartydige basis te laat geskied.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">Verder kan die Hof se noukeurige beraadslagingsproses, wat gedetailleerde skriftelike voorleggings, mondelinge argumente en teenargumente behels, uitgerekte tydlyne tot gevolg h\u00ea. Alhoewel hierdie deeglike benadering ontwerp is om regverdige en goed beredeneerde besluite te maak, kan dit ook bydra tot vertragings in die aanspreek van dringende sake, soos Suid-Afrika se pleidooi vir voorlopige maatre\u00ebls om verdere beweerde volksmoord in Gasa te voorkom.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">&#8216;n Kritiese beoordeling van internasionale reg en die toepassing daarvan deur die W\u00eareldhof vereis dat die beperkinge blootgel\u00ea word. Die hof se doeltreffendheid hang af van die bereidwilligheid van state om aan sy besluite te voldoen <\/span><b>en<\/b><span style=\"font-weight: 400;\"> die Veiligheidsraad se verbintenis tot die handhawing van die oppergesag van die reg.\u00a0 Die geval van die <\/span><a href=\"https:\/\/www.icj-cij.org\/sites\/default\/files\/case-related\/182\/182-20220316-ORD-01-00-EN.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">voorlopige bevel<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\"> wat aan Rusland gerig is om sy magte aan Oekra\u00efne in 2022 te onttrek, dien as sprekende voorbeeld van hoe uiteenlopende politieke standpunte onder regters die uitkoms van \u2018n saak kan be\u00efnvloed en\u00a0 die handhawing van onpartydigheid ten alle tye.\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"text-decoration: underline;\"><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><\/span><span style=\"font-weight: 400;\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Afsluiting:<\/span>\u00a0<\/span><\/p><p><span style=\"font-weight: 400;\">Ten slotte, die Hof bly &#8216;n deurslaggewende instelling in die strewe na globale vrede deur die toepassing van internasionale reg. Suid-Afrika se saak teen Israel bied &#8216;n geleentheid om die kompleksiteite van internasionale regsraamwerke te ondersoek en te verstaan. Die Hof se potensiaal om diplomatieke besluite te bevorder en aanspreeklikheid te verseker, moet waardeer word, maar &#8216;n kritiese oog moet op sy tekortkominge gewerp word om die meganismes wat ontwerp is om internasionale vrede en geregtigheid te handhaaf, te verfyn en te versterk.<\/span><\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-1ac4cb3 elementor-widget elementor-widget-spacer\" data-id=\"1ac4cb3\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"spacer.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-spacer\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-spacer-inner\"><\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Hof bly &#8216;n deurslaggewende instelling in die strewe na globale vrede deur die toepassing van internasionale reg. Suid-Afrika se saak teen Israel bied &#8216;n geleentheid om die kompleksiteite van internasionale regsraamwerke te ondersoek en te verstaan. <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":19869,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299],"tags":[2007,2005,2003,2008,2006,2004],"class_list":["post-19857","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","tag-gaza-af","tag-internasionale-geregshof","tag-internasionale-wetgewing","tag-israel-af","tag-verenigde-nasies","tag-volksmoord"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"During 2023, Parliament considered a mix of positive legislation and legislation that falls seriously short of constitutional standards.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"During 2023, Parliament considered a mix of positive legislation and legislation that falls seriously short of constitutional standards.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-01-26T09:02:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-01-26T11:32:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"900\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"FWdKadmin\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"FWdKadmin\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/\"},\"author\":{\"name\":\"FWdKadmin\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/ad33ac220c20eeef70f53ad3dc03bf93\"},\"headline\":\"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE\",\"datePublished\":\"2024-01-26T09:02:27+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-26T11:32:30+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/\"},\"wordCount\":1367,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg\",\"keywords\":[\"Gaza\",\"Internasionale Geregshof\",\"Internasionale wetgewing\",\"Israel\",\"Verenigde Nasies\",\"Volksmoord\"],\"articleSection\":[\"Artikel\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/\",\"name\":\"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg\",\"datePublished\":\"2024-01-26T09:02:27+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-26T11:32:30+00:00\",\"description\":\"During 2023, Parliament considered a mix of positive legislation and legislation that falls seriously short of constitutional standards.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg\",\"width\":1600,\"height\":900},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Tipe Dokument\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/tipe-dokument\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Artikel\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/tipe-dokument\/artikel\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/ad33ac220c20eeef70f53ad3dc03bf93\",\"name\":\"FWdKadmin\",\"sameAs\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE - FW de Klerk Foundation","description":"During 2023, Parliament considered a mix of positive legislation and legislation that falls seriously short of constitutional standards.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE - FW de Klerk Foundation","og_description":"During 2023, Parliament considered a mix of positive legislation and legislation that falls seriously short of constitutional standards.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2024-01-26T09:02:27+00:00","article_modified_time":"2024-01-26T11:32:30+00:00","og_image":[{"width":1600,"height":900,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"FWdKadmin","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"FWdKadmin","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/"},"author":{"name":"FWdKadmin","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/ad33ac220c20eeef70f53ad3dc03bf93"},"headline":"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE","datePublished":"2024-01-26T09:02:27+00:00","dateModified":"2024-01-26T11:32:30+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/"},"wordCount":1367,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg","keywords":["Gaza","Internasionale Geregshof","Internasionale wetgewing","Israel","Verenigde Nasies","Volksmoord"],"articleSection":["Artikel"],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/","name":"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg","datePublished":"2024-01-26T09:02:27+00:00","dateModified":"2024-01-26T11:32:30+00:00","description":"During 2023, Parliament considered a mix of positive legislation and legislation that falls seriously short of constitutional standards.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WhatsApp-Image-2024-01-26-at-13.27.06.jpeg","width":1600,"height":900},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/internasionale-geregshof-wereldhof-se-strewe-na-globale-vrede\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Tipe Dokument","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/tipe-dokument\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Artikel","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/tipe-dokument\/artikel\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"INTERNASIONALE GEREGSHOF (W\u00caRELDHOF) SE STREWE NA GLOBALE VREDE"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/ad33ac220c20eeef70f53ad3dc03bf93","name":"FWdKadmin","sameAs":["https:\/\/fwdeklerk.org"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19857","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19857"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19857\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":19871,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19857\/revisions\/19871"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19869"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19857"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19857"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19857"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}