{"id":1898,"date":"2017-07-14T10:00:00","date_gmt":"2017-07-14T08:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/"},"modified":"2021-07-20T21:28:00","modified_gmt":"2021-07-20T19:28:00","slug":"artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?*"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Paar beleidsvoorstelle mag die indruk skep dat dar &#8216;n terugkeer is na die Grondwet en sy waardes. Een sodanige voorstel is dat grondhervorming binne die raamwerk van die Grondwet moet geskied (met die implikasie van regverdige vergoeding, onderhewig aan ooreenstemming of &#8216;n hofbevel). Net soos in baie ander gevalle is daar &#8216;n &#8220;maar&#8221;, wat spruit uit die feit dat die NDZ-kamp die kompromie het dat indien dit nie uitwerk nie, die Grondwet verander moet word. Nog &#8216;n positiewe punt is die beroep om &#8216;n behoorlike grondoudit. Sonder om te weet wat die situasie op die grond is (ingevolge beide landbou- en stedelike grond), is dit nie moontlik of raadsaam om beleide hieroor te maak nie.<\/p>\n<p>Die de-rassifisering van die onheilspellende &#8220;wit monopolie kapitaal&#8221; na bloot &#8220;monopolie kapitaal&#8221; mag dalk nie belangrik klink nie. Dit verteenwoordig egter &#8216;n beduidende terugkeer na die nie-rassigheid van die Grondwet (en die ANC self). Maar die ANC is steeds verenig in sy wantroue van monopolie kapitaal, met &#8216;n dialektiese posisie ingevolge &#8220;samewerking met en betwisting van\u201d private kapitaal.<\/p>\n<p>Daar is egter verskeie voorstelle wat as &#8216;n gevaar vir die Grondwet en sy beginsels beskou moet word. Alhoewel &#8220;Radikale Ekonomiese Transformasie\u201d (RET) na \u201cRadikale Sosio-ekonomiese Transformasie\u201d (RSET) verander is, klaarblyklik om meer fokus te plaas op sosio-ekonomiese lewering eerder as om dele van die ekonomie wat nie in die hande van swart Suid-Afrikaners is nie, aan te val, is daar steeds &#8216;n vermoede dat dit as &#8216;n rookskerm gesien kan word om staatskaping en die Gupta-fisering van die ekonomie te bevorder. So belangrik as wat sosio-ekonomiese regte en die verwesenliking daarvan is, opper hierdie klem ook die vraag oor hoe hierdie regte en die toenemende voorsiening daarvan in praktyk verwesenlik kan word in die konteks van &#8216;n ekonomie wat op sy spreekwoordelike knie\u00eb is. Hierdie situasie is nie aangehelp deur die gebrek aan duidelike en beslissende ekonomiese beleidsvoorstelle wat uit die Konferensie spruit nie.<\/p>\n<p>Hierdie jammerlike stand van ekonomiese aangeleenthede is vererger deur die Mynbouhandves, wat deur Minister Mosebenzi Zwane net voor die Beleidskonferensie in die staatskoerant gepubliseer is. Ten spyte van die feit dat die Handves veroorsaak het dat mynmaatskappye swaar verliese op die JSE veroorsaak het, die feit dat AngloGold Ashanti sopas aangekondig het dat duisende werkers afgedank gaan word, en die feit dat selfs ANC-politici dit verwerp het, is die Handves steeds voorgehou as die toonbeeld van radikale ekonomiese transformasie. Die voorstel om &#8216;n staatsbank te stig is nog &#8216;n voorbeeld van hierdie neiging.<\/p>\n<p>Maar miskien die mees kommerwekkende voorstel sal eers aan die lig kom nadat die Konferensie ge\u00ebindig het, in &#8216;n verslag wat op die Maandag daarna gegee word. Met die uitgangspunt dat die Presidensie die strategiese middelpunt van bestuur is en dat dit die sentrale dryfveer van verskeie prosesse moet wees, verklaar dit voorts in die oorspronklike beleidsdokument:\u00a0Die volgende kernfunksies moet deel uitmaak van die strategiese middelpunt wat in die Presidensie gele\u00eb is, staatsbeleid en beplanning;\u00a0hulpbrontoewysing en -prioritisering, samewerkende regering, openbare administrasie en prestasiehandhawing.\u00a0(my klem)<\/p>\n<p>In wese beteken dit dat President Zuma die laaste s\u00ea sal h\u00ea nie net oor beleid en beplanning nie, maar ook oor hulpbrontoewysing (lees: geld) en prioritisering (lees: projekte wat geld vir hom en sy trawante sal genereer). Indien dit aanvaar en in werking gestel sal word, sal dit die top punt van staatskaping wees &#8211; die beursie, en hoe die geld in die beursie bestee moet word. Die feit dat die voorstel ook verklaar dat die Presidensie Nasionale Ontwikkelinsplan moet bestuur, steek glad nie die werklike motief van hierdie duistere skuif weg nie. Dit is sentralisasie in die uiterste sin, wat skaars in &#8216;n eenvoudige diktatorskap oortref kan word.<\/p>\n<p>Dit verwoes die grondwetlike verantwoordelikhede van die Departement van Finansies en die Tesourie, en moontlik verskeie ministeries.<\/p>\n<p>Maar daar is nog.\u00a0The strategic center of government in the Presidency must ensure that strong capacity is deployed in all branches of the state to ensure that the NDR is advanced. The merit principle must apply in senior appointments. The Centre of Government must establish a central organising machinery for optimal deployment of talent across the spheres of government (sic) become a clearing house for all senior appointments, succession planning and career development.<\/p>\n<p>Dit is uiteindelik duidelik dat dit die uiteindelike doel van sterk kapasiteit in die regering is om die Nasionale Demokratiese Revolusie te bevorder. En die President sal besluit oor wie waar aangestel word. Die opmerking oor meriete in senior aanstellings sou komies gewees het indien dit nie so onheilspellend was nie. Geen wonder dat Naledi Pandor haarself gedistansieer het van hierdie voorstel om die gesag van die Tesourie te verminder nie, en het ges\u00ea dat dit nie moontlik of wenslik is nie.<\/p>\n<p>Dan is daar die herleefde voorstel dat daar minder provinsies moet wees. Dit kan in mooi woorde gestel word, soos meer doeltreffende besteding en meer geld wat meer mense sal bereik, maar dit is duidelik bloot &#8216;n manier om die opposisie se sterkpunte in stedelike gebiede uit te wis. Die probleem met swak besteding l\u00ea by korrupsie, wanbesteding en &#8216;n gebrek aan kapasiteit op provinsiale en plaaslike vlak, ni\u00e9 die aantal provinsies nie. Dit sal ook beteken dat die Grondwet gewysig word, met &#8216;n 75% meerderheid, asook die instemming van ses van die nege provinsies.<\/p>\n<p>Maar die grootste negatiewe aspek van die Nasionale Beleidskonferensie (NBK) is die feit dat byna die helfte van die afgevaardigdes die gees van die Grondwet, asook die beginsels van deursigtigheid, verantwoordbaarheid en dienslewering aan die mense ignoreer of verwerp het. Deel hiervan is die denkwyse dat die verkiesing in 1994 en die aanvaarding van die Grondwet in 1996 die enigste stappe was op die weg na die finale daarstelling van die nasionale demokratiese samelewing (lees: sosialistiese samelewing). Dit impliseer dat die Grondwet iets is wat gebruik kan word en verander kan word nes mens wil, of selfs mee weggedoen word. Dit voorspel niks goed vir die toekoms van die land nie.<\/p>\n<p>Kommentators stem meestal saam dat CR17 sterker uit hierdie Beleidskonferensie gestap het, maar dat die stryd om die presidentskap van die ANC nog lank nie gewen is. Die gevolgtrekking moet wees dat alhoewel daar &#8216;n paar welkome tekens is dat die Grondwet in die toekoms gerespekteer en nagekom moet word, is daar steeds onheilspellende tekens van grondwetlike verwaarlosing en selfs antagonisme. Die mate van gevaar waarin die Grondwet verkeer sal afhang van wie in Desember 2017 die President van die ANC sal word.<\/p>\n<p><i><span lang=\"EN-US\">Deur Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting\u00a0<\/span><\/i><\/p>\n<p><strong>*Hierdie is die tweede in &#8216;n reeks van drie artikels deur die FW de Klerk Stigting en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR), wat besin oor die onlangse Beleidskonferensie van die ANC.<\/strong><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/'>VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 108.64K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/?wpdmdl=4946&refresh=6a8ba3e6654831787536358\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1363\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg\" alt=\"DAILY MAVERICK NDZ CR opt\" width=\"150\" height=\"87\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt-300x174.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die stoele en tafels is opgepak, die afgevaardigdes is huis toe en die talle verslae van die ANC se 5de Beleidskonferensie om geredigeer en gepubliseer te word en dan na streke en takke landwyd gestuur te word vir bespreking. Die finale beleidsbesluite sal in Desember by die Verkiesingskonferensie gemaak word.<\/p>\n<p>Dit is belangrik om te oorweeg, uit verbale terugvoering en mediaberigte, of die Grondwet in gevaar is n\u00e1 afloop van die Beleidskonferensie. Wat in ag geneem moet word, is dat hierdie Beleidskonferensie nie regtig oor beleid was nie, maar meer oor die hewige leierskapstryd tussen afgevaardigdes wat mev Zuma (\u201cNDZ\u201d) en Cyril Ramaphosa (\u201cCR17\u201d).<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1363,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1898","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?* - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?* - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die stoele en tafels is opgepak, die afgevaardigdes is huis toe en die talle verslae van die ANC se 5de Beleidskonferensie om geredigeer en gepubliseer te word en dan na streke en takke landwyd gestuur te word vir bespreking. Die finale beleidsbesluite sal in Desember by die Verkiesingskonferensie gemaak word. Dit is belangrik om te oorweeg, uit verbale terugvoering en mediaberigte, of die Grondwet in gevaar is n\u00e1 afloop van die Beleidskonferensie. Wat in ag geneem moet word, is dat hierdie Beleidskonferensie nie regtig oor beleid was nie, maar meer oor die hewige leierskapstryd tussen afgevaardigdes wat mev Zuma (\u201cNDZ\u201d) en Cyril Ramaphosa (\u201cCR17\u201d).\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-07-14T08:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T19:28:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"232\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?*\",\"datePublished\":\"2017-07-14T08:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:28:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/\"},\"wordCount\":1123,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?* - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2017-07-14T08:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T19:28:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":232,\"caption\":\"DAILY MAVERICK NDZ CR opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?*\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?* - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?* - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die stoele en tafels is opgepak, die afgevaardigdes is huis toe en die talle verslae van die ANC se 5de Beleidskonferensie om geredigeer en gepubliseer te word en dan na streke en takke landwyd gestuur te word vir bespreking. Die finale beleidsbesluite sal in Desember by die Verkiesingskonferensie gemaak word. Dit is belangrik om te oorweeg, uit verbale terugvoering en mediaberigte, of die Grondwet in gevaar is n\u00e1 afloop van die Beleidskonferensie. Wat in ag geneem moet word, is dat hierdie Beleidskonferensie nie regtig oor beleid was nie, maar meer oor die hewige leierskapstryd tussen afgevaardigdes wat mev Zuma (\u201cNDZ\u201d) en Cyril Ramaphosa (\u201cCR17\u201d).","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2017-07-14T08:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T19:28:00+00:00","og_image":[{"width":400,"height":232,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?*","datePublished":"2017-07-14T08:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:28:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/"},"wordCount":1123,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/","name":"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?* - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg","datePublished":"2017-07-14T08:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T19:28:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/DAILY_MAVERICK_NDZ_CR_opt.jpg","width":400,"height":232,"caption":"DAILY MAVERICK NDZ CR opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-verkeer-die-grondwet-in-gevaar-na-anc-se-5de-beleidskonferensie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: VERKEER DIE GRONDWET IN GEVAAR N\u00c1 ANC SE 5DE BELEIDSKONFERENSIE?*"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1898","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1898"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1898\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":8026,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1898\/revisions\/8026"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1363"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1898"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1898"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1898"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}