{"id":1872,"date":"2020-02-02T08:00:00","date_gmt":"2020-02-02T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/"},"modified":"2021-07-20T20:50:32","modified_gmt":"2021-07-20T18:50:32","slug":"artikel-die-weg-na-2-februarie-1990","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990"},"content":{"rendered":"<p>Die volgende veertig jaar het Suid-Afrika ontwikkel in ooreenstemming met ander dominiums in die Statebond. Tot die middel van die vyftigerjare, op &#8216;n kontinent wat steeds deur Europese moondhede oorheers is, was &#8216;n wit minderheidsregering in Suid-Afrika nie uitsonderlik nie. In &#8216;n w\u00eareld waarin rassediskriminasie steeds op skokkende wyse aan die orde van die dag was, het Suid-Afrika se segregasiebeleide min kritiek ontlok.<\/p>\n<p>Die w\u00eareld en Afrika was egter besig om te verander.<\/p>\n<p>Terwyl die gety van imperialisme uit Afrika weggespoel het, het Suid-Afrika in die laaste poel wit heerskappy gedobber. Ons was uit voeling met die nuwe internasionale norme van nie-diskriminasie, gelykheid en selfbeskikking wat in die\u00a0Universele Verklaring van Menseregte\u00a0van 1948 verwoord is.<\/p>\n<p>Op 3 Februarie 1960 het premier Harold Macmillan aan die Suid-Afrikaanse parlement ges\u00ea dat\u00a0\u201c\u2026<em>the wind of change is blowing through this continent, and whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact<\/em>\u201d.\u00a0\u00a0In dieselfde toespraak het hy erkenning verleen aan die nasionaliteit van wit Suid-Afrikaners:\u00a0\u201c\u2026<em>here in Africa you have yourselves created a free nation. A new nation.\u00a0\u00a0Indeed, in the history of our times yours will be recorded as the first of the African nationalists<\/em>\u201d.<\/p>\n<p>Die volgende 30 jaar is oorheers deur &#8216;n stygende konfrontasie tussen wat Macmillan beskryf het as hierdie &#8216;nuwe&#8217; en &#8216;vrye&#8217; Europese afkoms, aan die een kant, en die toenemende gety van swart nasionale bewussyn aan die ander kant.<\/p>\n<p>Tussen 1960 en 1989 betree Suid-Afrika &#8216;n draaikolk van isolasie en toenemende konflik.<\/p>\n<p>Teen die middel van die tagtigerjare bevind ons ons op die rug van &#8216;n toenemend kwaai en kwetsende swart tier.<\/p>\n<p>Die w\u00eareld het op ons geskree om af te klim &#8211; wat ons graag wou doen. Ons het egter &#8216;n diep eksistensi\u00eble vrees gehad vir die afklim van die tier:<\/p>\n<ul>\n<li>Eerstens, hoe sou ons ons reg op nasionale selfbeskikking kon handhaaf waarvoor ons meer as 150 jaar gestry het? Ons het net so sterk gevoel oor ons reg om onsself te regeer soos enige ander volk. Watter versekering was daar dat ons, as ons die mag oorgegee het, billik deur &#8216;n meerderheid behandel sou word wat opregte griewe het oor die wyse waarop dit in die verlede behandel is?<\/li>\n<li>Tweedens, hoe kan ons seker wees dat een-man, een-stem nie sou lei tot die chaos, tirannie en ekonomiese agteruitgang wat die dekoloniseringsproses in soveel ander dele van Afrika gekenmerk het nie? Afrika na onafhanklikheid was besaai met opgeskeurde grondwette. Teen die middel van die tagtigerjare was daar al meer as 80 staatsgrepe in Afrika en was daar slegs twee of drie opregte demokrasie\u00eb.<\/li>\n<li>Uiteindelik was ons bekommerd oor die moontlikheid van &#8216;n kommunistiese oorname. In die 70s en 80s was feitlik al die lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee ook lede van die SA Kommunistiese Party. Die SAKP het die gewapende vleuel van die ANC beheer en &#8216;n twee fase-rewolusie ondersteun wat sou lei tot &#8216;n kommunistiese bewind.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ons het desperaat gesoek na oplossings.<\/p>\n<p>Gedurende die 1960s en 1970s het ons territoriale verdeling probeer &#8211; maar dit was &#8216;n totale mislukking: ons poging om die Suid-Afrikaanse tameletjie op te los, was onmoontlik en het tot nog groter onreg gelei.<\/p>\n<p>Ons het hervorming probeer:<\/p>\n<ul>\n<li>In die vroe\u00eb tagtigerjare het ons vakbonde se regte tot alle werkers uitgebrei;<\/li>\n<li>In 1983 het ons probeer om die bruin- en Indiese minderhede by dieselfde politieke bestel as blankes in te sluit;<\/li>\n<li>Teen 1986 het ons meer as 100 apartheidswette en -maatre\u00ebls herroep;<\/li>\n<li>In 1988 het ons aansienlike bevoegdhede uitgebrei na swart munisipaliteite; en<\/li>\n<li>ons het dwarsdeur die tagtigerjare gesoek na magsdelingsmodelle wat die politieke regte van swart Suid-Afrikaners kon akkommodeer sonder om di\u00e9 van ons minderhede te bedreig.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Hierdie hervormings was egter eenvoudig net petrol op die vuur wat reeds opgeblaasde verwagtinge betref het: die strydkreet van die ANC was nie \u201cHervorming!\u201d nie &#8211; dit was \u201cAmandla!\u201d &#8211; en \u201cAmandla\u201d beteken \u201cmag\u201d!<\/p>\n<p>Nietemin het Suid-Afrika reeds verander. Die vinnige ekonomiese groei gedurende die 1960s en 1970s het ekonomiese verhoudings en politieke opinies be\u00efnvloed:<\/p>\n<ul>\n<li>Swart besteebare inkomste het van 29% in 1960 tot byna 50% in 1994 gestyg;<\/li>\n<li>Teen 1994 het meer as 200 000 swart jeugdiges gematrikuleer &#8211; meer as drie keer die aantal blankes &#8211; en daar was meer swart studente op universiteit as blankes;<\/li>\n<li>&#8216;n Hele generasie jong Afrikaners het die middelklas betree. Hulle het nie meer die vurige nasionalisme van hul ouers gedeel nie; hulle is universiteit toe en is blootgestel aan internasionale invloede: gevolglik het hulle toenemend ongemaklik geraak met apartheid.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Aan die einde van die tagtigerjare het die geskiedenis &#8216;n geleentheid geskep vir verandering:<\/p>\n<ul>\n<li>Teen 1987 het sowel die ANC as die regering aanvaar dat daar onderhandelinge moes plaasvind.<\/li>\n<li>Die deurslaggewende Suid-Afrikaanse oorwinning in die Slag van die Lomba-rivier in Suid-Angola in Oktober 1987 was &#8216;n keerpunt. President Gorbatsjof het die Sowjet- en Kubaanse milit\u00eare ingryping in Suider-Afrika be\u00ebindig en het die Kubane en Angolese opdrag gegee om &#8216;n ooreenkoms met Suid-Afrika te bereik.<\/li>\n<li>Die daaropvolgende drieledige-ooreenkoms van 1988 het gelei tot die onttrekking van Kubaanse troepe uit Angola en tot die suksesvolle implementering van die VN-onafhanklikheidsplan vir Namibi\u00eb.<\/li>\n<li>In Februarie 1989, in &#8216;n verrassende stap, bedank PW Botha as leier van die Nasionale Party. Ek is in sy plek verkies deur &#8216;n koukus van die Nasionale Party wat duidelik wou verander.<\/li>\n<li>In November 1989 dui die val van die Berlynse Muur op die ineenstorting van die Sowjet-kommunisme en die oorwinning van liberale demokrasie en vryemarkekonomie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Sommige regsgesindes het gedink dat ons onbepaald aan die mag kon vasklou. Ander wou h\u00ea dat ons \u00earens in die land &#8216;n wit vaderland moes uitkerf. Nog ander wou h\u00ea dat ons &#8216;n wit vetoreg in &#8216;n nuwe veelrassige regering sou behou. Nie een van hierdie benaderings het die geringste kans gestaan om aanvaarbaar te wees vir die groot meerderheid Suid-Afrikaners &#8211; of vir die internasionale gemeenskap nie.<\/p>\n<p>Laat ek duidelik wees: as ons nie so gou moontlik na die ineenstorting van die Sowjetunie &#8216;n skikking sou bereik het nie, sou die magsbalans onverbiddelik &#8211; en redelik vinnig &#8211; teen ons gedraai het. Met elke jaar wat verbygegaan het, sou ons ons kernbelange minder kon verseker &#8211; dit is presies wat met Ian Smith in Rhodesi\u00eb gebeur het.<\/p>\n<p>2 Februarie 1990 was nie die gevolg van &#8216;n Damaskus-bekering nie; dit is ook nie deur die ANC, sanksies of enige ander eksterne faktore op ons afgedwing nie.<\/p>\n<p>Ons is oorweldigend gemotiveer deur ons eie oortuiging dat &#8216;n suksesvolle toekoms slegs op die grondslag van geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners gebou kan word. Ons het aanvaar dat ons &#8216;n morele plig gehad het om van die beleid ontslae te raak wat soveel jare soveel onreg en lyding by soveel mense veroorsaak het. Uiteindelik was dit ons wat die laaste oorblyfsels van apartheidswetgewing herroep het.<\/p>\n<p>Ons het op hierdie grondslag besef dat die omstandighede vir suksesvolle onderhandelinge nooit weer so gunstig sou wees nie. Op 2 Februarie 1990 het ons dus die weg gebaan vir grondwetlike onderhandelinge. Ons het \u2018n sprong gemaak deur die venster van geleenthede wat oopgewaai is deur die winde van verandering vanuit Oos-Europa.<\/p>\n<p>Dit was 30 jaar, minus een dag, na Harold Macmillan se\u00a0<em>Winds of Change<\/em>-toespraak.<\/p>\n<p><em>Deur FW de Klerk<\/em><br \/>\n1 Februarie 2020<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-weg-na-2-februarie-1990\/'>DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 220.82K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-weg-na-2-februarie-1990\/?wpdmdl=4928&refresh=6a88973bee8601787336507\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1846\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"101\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML-300x201.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die weg na 2 Februarie 1990 kan teruggevoer word na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910.<\/p>\n<p>In 1909 het Brittanje besluit om &#8216;n unie van sy belangrikste kolonies in Suider-Afrika te stig, soortgelyk aan die suksesvolle federasies wat dit in Australi\u00eb en Kanada tot stand gebring het. Die verskil was dat die wit bevolking in die ander dominiums die inheemse bevolkings grootliks oortref het &#8211; terwyl hulle in Suid-Afrika minder as 25% van die totale bevolking uitgemaak het.<\/p>\n<p>Nietemin, in ooreenstemming met die koloniale benadering van die tyd, het Brittanje wit Suid-Afrikaners &#8216;n monopolie van mag in die nuutgestigte Unie gegee. Dit was &#8216;n re\u00ebling wat uiteindelik in &#8216;n vinnig veranderende w\u00eareld onhoudbaar sou wees.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1846,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1872","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990 - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990 - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die weg na 2 Februarie 1990 kan teruggevoer word na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910. In 1909 het Brittanje besluit om &#039;n unie van sy belangrikste kolonies in Suider-Afrika te stig, soortgelyk aan die suksesvolle federasies wat dit in Australi\u00eb en Kanada tot stand gebring het. Die verskil was dat die wit bevolking in die ander dominiums die inheemse bevolkings grootliks oortref het - terwyl hulle in Suid-Afrika minder as 25% van die totale bevolking uitgemaak het. Nietemin, in ooreenstemming met die koloniale benadering van die tyd, het Brittanje wit Suid-Afrikaners &#039;n monopolie van mag in die nuutgestigte Unie gegee. Dit was &#039;n re\u00ebling wat uiteindelik in &#039;n vinnig veranderende w\u00eareld onhoudbaar sou wees.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-02-02T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:50:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"268\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990\",\"datePublished\":\"2020-02-02T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:50:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/\"},\"wordCount\":1186,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990 - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg\",\"datePublished\":\"2020-02-02T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:50:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg\",\"width\":400,\"height\":268},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990 - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990 - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die weg na 2 Februarie 1990 kan teruggevoer word na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910. In 1909 het Brittanje besluit om 'n unie van sy belangrikste kolonies in Suider-Afrika te stig, soortgelyk aan die suksesvolle federasies wat dit in Australi\u00eb en Kanada tot stand gebring het. Die verskil was dat die wit bevolking in die ander dominiums die inheemse bevolkings grootliks oortref het - terwyl hulle in Suid-Afrika minder as 25% van die totale bevolking uitgemaak het. Nietemin, in ooreenstemming met die koloniale benadering van die tyd, het Brittanje wit Suid-Afrikaners 'n monopolie van mag in die nuutgestigte Unie gegee. Dit was 'n re\u00ebling wat uiteindelik in 'n vinnig veranderende w\u00eareld onhoudbaar sou wees.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2020-02-02T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:50:32+00:00","og_image":[{"width":400,"height":268,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990","datePublished":"2020-02-02T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:50:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/"},"wordCount":1186,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/","name":"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990 - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg","datePublished":"2020-02-02T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:50:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FWDK_Matthew_Willman_SML.jpg","width":400,"height":268},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-weg-na-2-februarie-1990\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE WEG NA 2 FEBRUARIE 1990"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1872","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1872"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1872\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7927,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1872\/revisions\/7927"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1846"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1872"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1872"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1872"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}