{"id":1862,"date":"2020-02-13T08:00:00","date_gmt":"2020-02-13T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/"},"modified":"2021-07-20T20:49:25","modified_gmt":"2021-07-20T18:49:25","slug":"artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL"},"content":{"rendered":"<p>Soos gewoonlik, is die Konferensie goed bygewoon deur byna 200 persone uit \u2018n wye verskeidenheid agtergronde, en met veral meer jongmense as 10 jaar gelede. Die sprekers het ook \u2018n diversiteit van menings weerspie\u00ebl. Die Duitse Ambassadeur in Suid-Afrika, dr Martin Sch\u00e4fer, het oor 2 Februarie 1990 uit \u2018n Duitse perspektief gepraat. Mnr Moeletsi Mbeki, bekende politieke kommentator, het na 2 Februarie se betekenis 30 jaar daarna gekyk. Me Gwen Ngwenya, beleidshoof van die DA, het vorentoe gekyk en hoe om die (nie-rassige) visie van die Grondwet te laat waar word. Theuns Eloff het as oud-hoof van die administrasie van die Onderhandelinge oor die lesse uit Kodesa en die Veelparty Onderhandelings gepraat en oud-president FW de Klerk het ten slotte oor die verlede, hede en toekoms van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie gepraat.<\/p>\n<p>Die verskillende toesprake sal eersdaags op die Stigting se webwerf beskikbaar wees en die doel van hierdie artikel is nie om dit op te som of te herhaal nie, maar eerder aandui dat vier bekende mites tydens die Konferensie aan die kaak gestel is.<\/p>\n<p>Die eerste mite (wat nogal sterk deur verregses aan die lewe gehou word), is dat FW de Klerk willens en wetens die \u201cvolk\u201d uitverkoop het, \u2018n verraaier was (en is) en ten minste onverantwoordelik opgetree het. Baie van hulle hak trouens amper dertig jaar gelede by die referendum van 1992 vas &#8211; toe blankes gevra is om \u201cja\u201d of \u201cnee\u201d vir politieke hervorminge te stem.\u00a0\u00a0Volgens hierdie mite kon die Nasionale Party (en spesifiek die blanke bevolking) nog vir baie jare die\u00a0<em>status quo\u00a0<\/em>van apartheid behou het &#8211; veral omdat die Suid-Afrikaanse Weermag sonder gelyke in Suider-Afrika was. Die perspektief van die Duitse Ambassadeur, Dr Martin Sch\u00e4fer, het duidelik gewys dat die internasionale gemeenskap De Klerk se dapperheid, maar ook sy begrip van historiese ontwikkelinge (en dan veral die val van die Oos-Blok en die Berlynse Muur) hoog aangeslaan het. Suid-Afrika se vriende in die Weste sou die land as gevolg van sy rassebeleid nie veel langer kon ondersteun nie. \u2018n Onderhandelde skikking wat alle Suid-Afrikaners ingesluit het, was die enigste uitweg. Moeletsi Mbeki het dit uit \u2018n swart perspektief beaam. Mnr De Klerk het weer beklemtoon dat, alhoewel dit teoreties moontlik was om vir \u2018n tyd lank nog al die politieke mag in wit hande te hou, dit tot verdere grootskaalse geweld en betogings sou gelei het, wat op die lang duur nie deur milit\u00eare mag onderdruk sou kon word nie. Sy standpunt was dat dit tot \u2018n situasie sou lei soortgelyk as waarin Siri\u00eb vandag is, waar die land letterlik uitmekaar skeur. De Klerk het ook uitgewys dat die besluit om die politieke oorgang te begin, \u2018n kombinasie van politieke, ekonomiese en morele motiverings gehad het. Veral oor die laaste het die verregses (wat hulleself nogal Christene noem) geen antwoord nie. Hulle probleem is nie De Klerk nie, maar hulle weersin in demokrasie en geregtigheid.<\/p>\n<p>Die tweede mite (wat ironies genoeg deur die linkerkant van die politieke spektrum aan die lewe gehou word) is dat FW de Klerk geen ander keuse gehad het as om aan die ANC \u201coor te gee\u201d nie. Volgens hierdie mite was die Nasionale Party-regering op hulle knie\u00eb en MK op die grense, reg om Pretoria se\u00ebvierend binne te marsjeer. Veral Moeletsi Mbeki met sy ANC agtergrond het hierdie mite die nek ingeslaan. Daar was, benewens \u2018n paar oor-grens skermutselings en binnelandse bomaanvalle, geen noemenswaardige \u201cgewapende stryd\u201d nie. Die waarheid is dat die soeke na \u2018n oplossing vir die Suid-Afrikaanse probleem \u2018n dooie punt bereik het. Die ANC het nie werklik beheer gehad oor binnelandse opstand en geweld nie, en die NP-regering kon nie uit die politieke en ekonomiese moeras waarin die land homself bevind het, kom nie. Eloff het in sy inset oor die onderhandelingsproses daarop gewys dat De Klerk se inisiatief op 2 Februarie selfs die ANC leierskap onkant gevang het. Dit was (soos hierbo ges\u00ea) ten minste teoreties vir De Klerk moontlik om vir 10 jaar apartheid met mag en geweld in stand te hou. Maar dan sou die bloed dik gevloei en enige volhoubare oplossing sou nog moeiliker geword het. Die fe\u00ebverhaal van milit\u00eare en politieke dominansie wat sommige ANC leiers deesdae aan hulle volgelinge opdis, is baie ver van die waarheid en die werklikheid af.\u00a0\u00a0En die kommerwekkende is dat hierdie narratief deur \u2018n jeug met geen historiese bewussyn nie, geglo word.<\/p>\n<p>Die derde mite, wat deur beide regses en linkses aan die lewe gehou word, is dat die ANC die onderhandelings \u201cgewen\u201d (volgens die ANC en EFF) het en dat Cyril Ramaphosa vir Roelf Meyer \u201core aangesit\u201d het (volgens die verregses). Volgens hierdie mite was die onderhandelinge \u2018n eensydige aff\u00eare waarin die ANC alles gekry het wat hy wou gehad het en die ander partye met die stert tussen die bene weggesluip het. Die grootste produk van die onderhandelinge, die Grondwet, is die beste teenargument teen hierdie mite. Eloff het uitgewys dat die onderhandelingsproses lank en moeisaam was, beginnende met die vredesproses aan die begin van 1991 en eindigende met die aanvaarding van die tussentydse Grondwet aan die einde van 1993, \u2018n proses wat byna drie jaar geduur het. Hy het verder beskryf hoedat die onderhandelings uit \u2018n reeks kompromie\u00eb deur beide groot partye bestaan het. Baie hiervan is in die sogenaamde 34 grondwetlike beginsels opgeneem, wat in die tussentydse Grondwet van 1993 ingesluit is en wat in die finale Grondwet van 1996 ingesluit moes wees. Baie van hierdie beginsels is van die grondwetlike bepalings wat dele van die ANC vandag wil wysig of aanpas. Die logiese vraag is hoekom die ANC as hy \u201calles gewen\u201d het, dan die huidige Grondwet sou wou wysig of ondermyn. Die waarheid is dat nie een party die onderhandelingsproses gewen het nie, maar dat (soos in alle\u00a0<em>bona fide\u00a0<\/em>onderhandelingsprosesse) alle kante kompromie\u00eb gemaak het om by \u2018n aanvaarde en aanvaarbare Grondwet uit te kom. Die feit dat die ANC, veral deur sy ideologie van rassetransformasie, sekere grondbeginsels van die Grondwet ondermyn en selfs ontkrag, kan nie voor die deur van die onderhandelingsproses gel\u00ea word nie. Dat hierdie ideologie ook ons hoogste hof binnegedring het (soos wat uit die ontkragting van artikel 29(2) oor die reg op keuse van onderrigtaal in die Gelyke Kanse-uitspraak blyk), kan redelikerwys ook nie voor die deur van De Klerk of die onderhandelingsproses gel\u00ea word nie. Dit is duidelik die werk van \u2018n party wat die Grondwet ideologies manipuleer en direk wil wysig omdat hulle nie tevrede met die uitkomste is nie. Dit is \u2018n party wat ooglopend Suid-Afrika se historiese Nasionale Akkoord van 1993 verbreek.<\/p>\n<p>Die vierde en laaste mite wat aan die kaak gestel is, is een wat deur die ANC aan die lewe gehou word &#8211; en deur baie goedgelowige Suid-Afrikaners geglo word. Hiervolgens glo die ANC steeds aan die basiese grondwetlike waarde van nie-rassigheid, en streef hulle dit ook deur wetgewing en regulasies uit. Gwen Ngwenya het oortuigend aangetoon dat die ANC deur die ideologie van rassetransformasie besig is om Suid-Afrika weereens te ver-rassig &#8211; en ras net so belangrik as tydens apartheid te maak. Die waarheid is dat die ANC (en die meeste howe) ras as \u2019n proksie of plaasvervanger vir benadeling gebruik. Dit lei daartoe dat ryk swart mense bloot op grond van hulle ras bevoordeel word en dat arm bruin of wit mense bloot op grond van hulle ras benadeel word. Dit is \u2018n feit dat \u2018n sekere soort gelykheid (een van uitkomste) nie-rassigheid as die belangrikste grondwetlike waarde vir Suid-Afrika vervang het. Die ideologiese rassekwota van 80-9-9-2 is die manier waarop hierdie verrassiging daagliks plaasvind. Oud-president FW de Klerk het in sy sterkste uitspraak die afgelope dekade aan die einde van sy toespraak \u2018n beroep op die ANC gedoen om terug te keer na die pad van nie-rassigheid en versoening. As hulle dit doen, sal hulle vind dat die meerderheid Suid-Afrikaners daar vir hulle wag.<\/p>\n<p>Saamgevat: 30 jaar n\u00e0 2 Februarie 1990 is daar vir Suid-Afrikaners steeds stof tot dankbaarheid &#8211; ons het \u2018n grondwetlike demokrasie en \u2018n goeie Grondwet. Maar met die rigting wat die ANC met Jacob Zuma ingeslaan het (en waarvan die party nog nie afgewyk het nie) is daar meer stof tot nadenke. Daar is rede vir kommer oor veral die ondermyning van die Grondwet en die verassiging van ons hele samelewing. Om hierdie en ander afwykings van die Grondwet teen te staan, moet alle regdenkende Suid-Afrikaners saamstaan en vorentoe kyk.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/apartheid-fw-en-die-anc-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Maroela Media gepubliseer<\/a><\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Voorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs<\/em><br \/>\n13 Februarie 2020<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/'>VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 214.45K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/?wpdmdl=4921&refresh=6aae6a88b2ab91789815432\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1859\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg\" alt=\"2020 opt\" width=\"150\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die FW de Klerk Stigting is in 1999 gestig om die Grondwet en sy waardes te bevorder en te beskerm, en om die oorgang na demokrasie in die vroe\u00eb negentigs te gedenk. Die Stigting hou daarom jaarliks \u2018n Konferensie rondom 2 Februarie om oud-president FW de Klerk se geskiedkundige toespraak op daardie dag in 1990 te gedenk &#8211; toe die oorgang formeel begin is met die aankondiging dat politieke partye ontban en politieke gevangenes (waarvan Nelson Mandela die mees prominente was) vrygelaat gaan word. Hierdie Konferensie is vanjaar op Vrydag 31 Januarie in Kaapstad gehou, 30 jaar n\u00e0 hierdie dramatiese toespraak.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1859,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1862","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die FW de Klerk Stigting is in 1999 gestig om die Grondwet en sy waardes te bevorder en te beskerm, en om die oorgang na demokrasie in die vroe\u00eb negentigs te gedenk. Die Stigting hou daarom jaarliks \u2018n Konferensie rondom 2 Februarie om oud-president FW de Klerk se geskiedkundige toespraak op daardie dag in 1990 te gedenk - toe die oorgang formeel begin is met die aankondiging dat politieke partye ontban en politieke gevangenes (waarvan Nelson Mandela die mees prominente was) vrygelaat gaan word. Hierdie Konferensie is vanjaar op Vrydag 31 Januarie in Kaapstad gehou, 30 jaar n\u00e0 hierdie dramatiese toespraak.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-02-13T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:49:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL\",\"datePublished\":\"2020-02-13T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:49:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/\"},\"wordCount\":1421,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/\",\"name\":\"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2020-02-13T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:49:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":300,\"caption\":\"2020 opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die FW de Klerk Stigting is in 1999 gestig om die Grondwet en sy waardes te bevorder en te beskerm, en om die oorgang na demokrasie in die vroe\u00eb negentigs te gedenk. Die Stigting hou daarom jaarliks \u2018n Konferensie rondom 2 Februarie om oud-president FW de Klerk se geskiedkundige toespraak op daardie dag in 1990 te gedenk - toe die oorgang formeel begin is met die aankondiging dat politieke partye ontban en politieke gevangenes (waarvan Nelson Mandela die mees prominente was) vrygelaat gaan word. Hierdie Konferensie is vanjaar op Vrydag 31 Januarie in Kaapstad gehou, 30 jaar n\u00e0 hierdie dramatiese toespraak.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2020-02-13T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:49:25+00:00","og_image":[{"width":400,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL","datePublished":"2020-02-13T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:49:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/"},"wordCount":1421,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/","name":"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg","datePublished":"2020-02-13T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:49:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/SA_flags_bricks_opt.jpg","width":400,"height":300,"caption":"2020 opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: VIER MITES AAN DIE KAAK GESTEL"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1862","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1862"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1862\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7924,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1862\/revisions\/7924"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1859"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1862"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1862"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1862"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}