{"id":1841,"date":"2020-01-23T08:00:00","date_gmt":"2020-01-23T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/"},"modified":"2021-07-20T20:51:02","modified_gmt":"2021-07-20T18:51:02","slug":"artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA"},"content":{"rendered":"<p>N\u00e0 die sogenaamde 8 Januarie-verklaring het baie politieke kommentators bespiegel oor wat op die oomblik in die ANC aan die gang is. Dit was \u2018n toespraak wat niks nuut bevat het nie, aangesien dit inderwaarheid die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) se kollektiewe poging, en President Ramaphosa slegs een van die bydraers was. Die doel van hierdie jaarlikse verklaring is om terugvoer te gee oor die uitvoering van die vorige jaar se beleidsbesluite (hierdie keer by Nasrec 2017).\u00a0\u00a0Daar was duidelike tekens van kompromie\u00eb in die samestelling van die verklaring, maar ook duidelike klemverskille, wat steeds die tweespalt in die ANC se top ses en die NUK weerspie\u00ebl.<\/p>\n<p>In die laaste twee weke is sake verder op die spits gedryf deur ontwikkelinge rondom Eskom.\u00a0\u00a0Die eerste was die bedanking van voorsitter Jabu Mabuza, waarskynlik as gevolg van die uitlating van adjunkpresident David Mabuza dat Eskom se direksie, bestuur en minister Gordhan die President oor beurtkrag mislei het. Dit het daartoe gelei dat druk van binne die ANC-alliansie en die EFF opgebou het vir President Ramaphosa om Pravin Gordhan as minister te laat gaan of ten minste om verantwoordlikheid vir Eskom na die minister van Energiesake, Gwede Mantashe, oor te dra.<\/p>\n<p>In die laaste week het by verre die meerderheid kommentators met sterk kritiek op president Ramaphosa gekom of \u2018n \u201claaste dae\u201d scenario geskets. Piet Crouwcamp vra in<em>\u00a0Vrye Weekblad<\/em>\u00a0of die President ruggraatloos is of sy hande bloot afgekap is? Judith February skryf op\u00a0<em>Daily Maverick\u00a0<\/em>dat Ramaphosa die oomblik moet aangryp en homself sterker vestig en handhaaf, onder andere deur alliansies te bou. Stephen Grootes maak op<em>\u00a0Daily Maverick<\/em>\u00a0die punt dat die politieke kragte rondom Eskom die land en Ramaphosa kan maak of breek, maar dat dit nie duidelik is dat die politieke wil daar is om dit op te los nie. Max du Preez is nog sterker: Cyril moet no\u00fa die Rubicon oorsteek of \u2018n flou-makou President word. Op News24 waarsku Mpumelelo Mkhabela dat Ramaphosa vinnig sal moet \u201couto herstel\u201d anders is alles verlore. Pieter du Toit\u00a0\u00a0(ook op News24) beskryf die o\u00ebnskynlike plan om van Ramaphosa \u2018n een-termyn President te maak &#8211; beginnende met sy ondermyning by die Nasionale Algemene Raad van die ANC wat vir Junie geskeduleer is. Dan is daar ook gerugte (onder andere\u00a0\u00a0verwoord deur prof Andre Duvenage van die NWU) dat David Mabuza die Ramaphosakamp verlaat het en hom by die Ace-kamp aangesluit het. Ferial Haffajee (<em>Daily Maverick<\/em>) is oortuig dat Ramaphosa nie vir Gordhan as minister sal afdank nie, maar dat hy as \u2018n kompromis Eskom dalk na Mantashe sal skuif.<\/p>\n<p>As dit van die bogenoemde menings afhang, is President Ramaphosa se magsbasis erg wankelrig en sy toekoms as President in die weegskaal. Melanie Verwoerd (op News24) is letterlik die enigste een wat s\u00ea dat dit nog lank nie einde van Ramaphosa is nie. Vanuit die ANC self was dit net die veterane-groep wat Gordhan en Ramaphosa openlik gesteun het.<\/p>\n<p>Is dit die begin van die einde vir President Ramaphosa?<\/p>\n<p>Uit die vaal 8 Januarie-verklaring kon dit gelyk het asof die Ace-faksie die oorhand gekry het, deur op die uitvoering van die Nasrec-besluite te fokus &#8211; wat die nasionalisering van die Reserwebank insluit, en waarmee Ramaphosa duidelik nie saamstem nie. Die 8 Januarie-verklaring fokus jaarliks op die uitvoering van beleidsbesluite en Ramaphosa of enige ander President) het baie min beheer daaroor. Die Ramaphosakamp het in die finale verklaring wel enkele oorwinnings behaal, hoofsaaklik rondom sterk uitsprake oor staatskaping en korrupsie, swak staatsadministrasie en nie-rassigheid. Eers wanneer President Ramaphosa op 13 Februarie sy staatsrede in die Parlement lewer, sal ons weer iets van die President van die land en van alle Suid-Afrikaners kan sien. Dit sal dus belangrik wees om na elke nuanse in die staatstrede te kyk om die magsposisie van Ramaphosa akkuraat te bepaal. In daardie opsig is dit nog te vroeg om sy ondergang te voorspel.<\/p>\n<p>Wat wel kommerwekkend is, is dat hardnekkige gerugte dit wil h\u00ea dat Ramaphosa nie meer op die steun van die meerderheid van die sogenaamde top ses kan staatmaak nie, met vraagtekens oor beide David Mabuza en Paul Mashatile. Daarby word die naam van Lindiwe Sisulu nou ook as \u2018n \u201cwegbreker\u201d genoem. Al die skynbaar nuwe \u201cafvalliges\u201d het een ding gemeen: hulle het ho\u00ebr politieke aspirasies en sien enige Ramaphosa-swakheid as \u2018n toekomstige geleentheid. Mashatile, Mabuza en Sisulu sal by die volgende verkiesingskonferensie in 2022 graag hulle name op die toplys wil sien &#8211; verkieslik as kandidaat vir die presidentskap. Die dinamiek is dus nie noodwendig meer bloot \u2018n tweeledige een met (net) \u2018n pro-Ramaphosa of \u2018n pro-Magashule kamp nie. Dit is meer kompleks en dinamies as dit. En dit versinnebeeld die diep persoonlike en beleidsverskille binne die ANC se leierskap.<\/p>\n<p>Daar is een faktor wat hierdie hele magsdinamiek vinnig kan verander. As die Nasionale Vervolgingsgesag (soos wat Shamila Batohi beloof het) teen einde Februarie met \u2018n paar ho\u00eb profiel vervolgings kom, kan dit die Ramaphosakamp versterk, die Magashulekamp verswak en dit moeiliker vir Mabuza en ander se aspirasies maak. \u2018n Nasionale Algemene Raadsvergadering sonder Ace Magashule en dalk nog \u2018n paar ander bekende Zuptas sal aansienlik makliker wees vir Ramaphosa om te hanteer. Dit kan sy magsbasis in die party verstewig.<\/p>\n<p>\u2018n Ander moontlike faktor wat positief vir Ramaphosa kan wees, is dat die nuwe uitvoerende hoof van Eskom, Andre de Ruyter, \u2018n sigbare impak op die kragvoorsiener se werking kan h\u00ea. Hy het vroeg Januarie stilweg en sonder fanfare begin, wat \u2018n goeie teken kan wees. Ongelukkig is daar reeds kritiek op die aanstelling van die interim voorsitter van die direksie, Malegapuru Makgoba. Makgoba het \u2018n uitstaande rekord as akademikus en was ook vir \u2018n hele aantal jare die rektor van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Of dit hom gaan help om die Eskom-tameletjie uit te pluis, is nie duidelik nie.<\/p>\n<p>Suid-Afrika het dus \u2018n President wat veg om sy politieke magsbasis &#8211; wat wankelrig begin het &#8211; te verstewig. Dit is en word moeiliker gemaak deur veral die terugvegaksie van die Zuptas en ander korruptes, die verval van die staat en staatsondernemimgs (veral Eskom) en die swakste ekonomiese groei sedert die Tweede W\u00eareldoorlog. Op die keper beskou is Ramaphosa se probleem egter dat hy en sy bre\u00eb magsbasis nie saamstem oor sekere fundamentele beleidskwessies nie, veral van ekonomiese aard. Daardie bre\u00eb magsbasis word vir die afgelope dekade of wat aan die neus gelei deur \u00f2f die SAKP en vakbonde se uitgediende sosialistiese idees, \u00f2f die Zuptas se selfgesentreerde kultuur van toe-eiening \u00f2f ambisieuse kollegas wat \u2018n geleentheid in sy (dalk gewaande) swakheid sien om politieke munt te slaan in terme van toekomstige leierskapsposisies. Die korrupsie, verrotting en kultuur van toe-eiening loop diep in die ANC se strukture. Soos Thabo Mbeki, is Ramaphosa gewikkel in \u2018n stryd om die siel van die ANC. Dit is nie \u2018n maklike geveg nie.<\/p>\n<p>Sonder om te ontken dat President Ramaphosa sterker en vinniger kon opgetree het, en sy magsbasis vroe\u00ebr kon versterk het, is dit te vroeg om die huidige gebeure as die begin van die einde van ons President te beskou. Daarvoor is hy t\u00e8 veel van \u2018n strateeg. Maar dat hy handegvou kan sit en niks doen nie, is ook nie \u2018n opsie nie. Dan is dit neusie verby vir hom, en stellig ook vir Suid-Afrika.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Voorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs<\/em><br \/>\n23 Januarie 2020<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-ramaphosa\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Maroela Media gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/'>DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 222.80K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/?wpdmdl=4914&refresh=6a89c9e5342601787415013\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1838\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg\" alt=\"2020 opt\" width=\"150\" height=\"102\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt-300x203.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>In \u2018n&nbsp;<strong><a href=\"index.php\/afr\/nuus\/967-artikel-vyf-tendense-om-2020-te-verstaan-en-te-hanteer\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">onlangse artikel<\/a><\/strong>&nbsp;het ek geskryf oor vyf tendense wat 2020 sal kenmerk. Hierdie vyf is:<\/p>\n<ul>\n<li>Groter sentralisering en staatsbeheer deur die ANC-regering oor die doen en late van Suid-Afrikaners;<\/li>\n<li>Beter ondersoeke, aanklagte en vervolgings deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Valke;<\/li>\n<li>Die geleidelike maar besliste wegkalwe van regeringsinstansiesse vermo\u00eb om te regeer, te bestuur, onderhoud te doen en basiese dienste te lewer;<\/li>\n<li>Die voortdurende binnegevegte in die ANC en sy alliansie-vennote (en gepaardgaandeaanvalle op President Ramaphosa); en<\/li>\n<li>Die stagnante ekonomie (met die moontlikheid van \u2018n afgradering wat loer).<\/li>\n<\/ul>\n<p>In die afgelope week was die fokus van die media en landsburgers veral op die binnegevegte in die ANC (nr 4 hierbo), wat deur Eskom se probleme be\u00efnvloed en selfs gedryf is (nr 3 hierbo). Die spesifieke saak wat baie aandag gekry het, was die posisie en magsbasis van president Ramaphosa en wat dit vir sy toekoms as President en ook die toekoms van Suid-Afrika inhou.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1838,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1841","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In \u2018n&nbsp;onlangse artikel&nbsp;het ek geskryf oor vyf tendense wat 2020 sal kenmerk. Hierdie vyf is: Groter sentralisering en staatsbeheer deur die ANC-regering oor die doen en late van Suid-Afrikaners; Beter ondersoeke, aanklagte en vervolgings deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Valke; Die geleidelike maar besliste wegkalwe van regeringsinstansiesse vermo\u00eb om te regeer, te bestuur, onderhoud te doen en basiese dienste te lewer; Die voortdurende binnegevegte in die ANC en sy alliansie-vennote (en gepaardgaandeaanvalle op President Ramaphosa); en Die stagnante ekonomie (met die moontlikheid van \u2018n afgradering wat loer). In die afgelope week was die fokus van die media en landsburgers veral op die binnegevegte in die ANC (nr 4 hierbo), wat deur Eskom se probleme be\u00efnvloed en selfs gedryf is (nr 3 hierbo). Die spesifieke saak wat baie aandag gekry het, was die posisie en magsbasis van president Ramaphosa en wat dit vir sy toekoms as President en ook die toekoms van Suid-Afrika inhou.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-01-23T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:51:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"271\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA\",\"datePublished\":\"2020-01-23T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:51:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/\"},\"wordCount\":1245,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2020-01-23T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:51:02+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":271,\"caption\":\"2020 opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA - FW de Klerk Foundation","og_description":"In \u2018n&nbsp;onlangse artikel&nbsp;het ek geskryf oor vyf tendense wat 2020 sal kenmerk. Hierdie vyf is: Groter sentralisering en staatsbeheer deur die ANC-regering oor die doen en late van Suid-Afrikaners; Beter ondersoeke, aanklagte en vervolgings deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Valke; Die geleidelike maar besliste wegkalwe van regeringsinstansiesse vermo\u00eb om te regeer, te bestuur, onderhoud te doen en basiese dienste te lewer; Die voortdurende binnegevegte in die ANC en sy alliansie-vennote (en gepaardgaandeaanvalle op President Ramaphosa); en Die stagnante ekonomie (met die moontlikheid van \u2018n afgradering wat loer). In die afgelope week was die fokus van die media en landsburgers veral op die binnegevegte in die ANC (nr 4 hierbo), wat deur Eskom se probleme be\u00efnvloed en selfs gedryf is (nr 3 hierbo). Die spesifieke saak wat baie aandag gekry het, was die posisie en magsbasis van president Ramaphosa en wat dit vir sy toekoms as President en ook die toekoms van Suid-Afrika inhou.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2020-01-23T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:51:02+00:00","og_image":[{"width":400,"height":271,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA","datePublished":"2020-01-23T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:51:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/"},"wordCount":1245,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/","name":"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg","datePublished":"2020-01-23T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:51:02+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/RAMAPHOSA_opt.jpg","width":400,"height":271,"caption":"2020 opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-dit-is-nog-te-vroeg-om-te-se-dis-neusie-verby-vir-president-ramaphosa\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIT IS NOG TE VROEG OM TE S\u00ca DIS NEUSIE VERBY VIR PRESIDENT RAMAPHOSA"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1841","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1841"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1841\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7928,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1841\/revisions\/7928"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1838"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1841"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1841"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1841"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}