{"id":1818,"date":"2019-12-18T08:00:00","date_gmt":"2019-12-18T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/"},"modified":"2021-07-20T20:53:11","modified_gmt":"2021-07-20T18:53:11","slug":"artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR"},"content":{"rendered":"<p>Daarby glo min Suid-Afrikaners sy verduideliking dat die jongste beurtkrag en Fase 6 deels aan sabotasie te wyte was. Trouens, die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) het hom in die openbaar gerepudieer &#8211; al het hulle dit versag deur te s\u00ea dat verkeerde inligting aan hom gegee is. Dit skeel die meeste Suid-Afrikaners min of die fout by nat steenkool, \u2018n chroniese gebrek aan onderhoud, swak bestuur of sabotasie l\u00ea &#8211; hulle is keelvol vir donkerte! En die land se industrie\u00eb verloor daagliks miljoene rand, die fiskus verloor belasting en die sakemense wat by die beleggingsberade plegtige beloftes oor nuwe beleggings gemaak het, wonder waarskynlik hoe hulle daaruit gaan kom. Want in s\u00f2 \u2018n land kan mens mos nie bel\u00ea as jy \u2018n greintjie verstand het en jou aandeelhouers se belange eerste stel nie.<\/p>\n<p>Soos Shakespeare se koning Henry IV s\u00ea: \u201cUneasy lies the head that wears the crown\u201d.<\/p>\n<p>Maar as mens nie net na die laaste week en Eskom kyk nie, maar na die hele jaar, is daar enige hoogtepunte vir ons President? Of nog meer laagtepunte?<\/p>\n<p>Om half tong-in-die-kies te begin: hy het darem vroe\u00ebr (en heel verstandig) van sy besoek aan Egipte teruggekeer en vinnig met Eskom se mense vergader en \u2018n verklaring gemaak &#8211; al was hy sigbaar tegelyk in die verleentheid en ge\u00efrriteerd. Sy terugkeer het \u2018n mate van dringendheid gewys.<\/p>\n<p>Op \u2018n ernstiger noot: President Ramaphosa het sy magsbasis in 2019 en veral sedert die algemene verkiesing in Mei gekonsolideer en aansienlik versterk. Dit geld vir beide die ANC se parlement\u00eare koukus en die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK). \u2018n Mens kan dit aan \u2018n paar voorbeelde sien. Sy Zupta nemesis in die ANC se hoofkantoor, Ace Magashule, is deesdae baie stiller en minder uitgesproke as \u2018n paar maande gelede. Hy ken duidelik meer sy plek. Die optimiste onder ons sal hoop dat dit ook oor komende vervolgings is wat Ace hom stiller gedra. Dieselfde stilte het oor Nkandla neergedaal, waar oud-president Zuma sedert sy valerige verskyning voor die Zondokommissie kwalik \u2018n woord geuiter het. S\u00f2 dawerend is hierdie stilte dat gerugte oor sy gesondheid (of die gebrek daaraan) nie bevestig kon word nie.<\/p>\n<p>Meer insiggewend is die verskillende reaksies van binne die ANC oor twee arrestasies in eie geledere. Vroe\u00ebr vanjaar nog is ANC kaders in hulle honderde gemobiliseer om teen die arrestasie van die burgemeester vaneThekwini,\u00a0Zandile Gumede, op aanklagte van bedrog te betoog. \u201cLos haar, sy is onskuldig totdat sy skuldig bewus word\u201d was die wekroep. Toe \u2018n voormalige adjunk-minister in die Zumakabinet egter later vanjaar gearresteer is op aanklagte van bedrog, was die ANC strukture baie stiller, en het selfs net ges\u00ea die reg moet sy gang gaan. Dit mag na \u2018n klein klemverskuiwing klink, maar dit het belangrike implikasies &#8211; en President Ramaphosa se groeiende invloed kan daarin gesien word.<\/p>\n<p>\u2018n Ander positiewe ontwikkeling wat soms onderskat word, is die beleidsdokument oor die ekonomie wat minister van Finansies Tito Mboweni vroe\u00ebr vanjaar deur die Tesourie laat publiseer het, en wat grotendeels deur die ANC aanvaar is. Slegs die vakbonde en hier en daar \u2018n aartskommunis het geprotesteer. Daardie dokument gaan in die toekoms al hoe meer help om ekonomiese en finansi\u00eble beleid te bepaal.<\/p>\n<p>Miskien die belangrikste positiewe hoogtepunte van President Ramaphosa se jaar is die aanstellings wat hy gemaak het. En alhoewel Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings Shamila Batohi tegnies in Desember 2018 aangestel is, het sy haar pos in 2019 ingeneem. Haar tweede-in-bevel Hermione Cronje is wel in hierdie jaar aangestel. Batohi het onlangs laat blyk dat die eerste ho\u00eb profiel-vervolgings in Februarie 2020 verwag kan word, nadat sy vroe\u00ebr oor die gebrek aan kapasiteit in die Nasionale Vervolgingsgesag gekla het. Haar gebruik van private regspraktisyns het kritiek uitgelok, maar is uit nood gebore en lyk of dit vrugte afwerp. En al voel baie dat vervolgings vinniger moes gebeur het, is dit wesenlik belangrik dat haar eerste vervolging \u2018n waterdigte dossier sal h\u00ea en met vlie\u00ebnde vaandels sal slaag.<\/p>\n<p>Dit is te vroeg om te s\u00ea of Eskom se nuwe uitvoerende hoof, Andre de Ruyter, in sy bomenslike taak sal slaag, maar dit kan ten minste waardeer word dat die regering (vir \u2018n verandering) erken het dat hy (\u2018n wit Afrikaanse man) die \u201cbeste persoon\u201d vir die pos is. En dat hulle daarby gestaan het toe hulle uit eie en vakbondgeledere aangeval is. Die feit dat President Ramaphosa in sy daaropvolgende weeklikse nuusbrief \u2018n pleidooi vir rassetransformasie op senior vlakke van die privaatsektor gelewer het, is \u2018n bewys dat hy interne opposisie moes paai.<\/p>\n<p>Die Ramaphosaregering moet ook krediet kry vir die beloftes van nuwe beleggings wat die afgelope twee jaar gewerf is. En al is dit steeds grootliks beloftes, wat soos hierbo ges\u00ea is, maklik deur die Eskomdebakel verlore kan gaan, is dit \u2018n stap in die regte rigting om noodsaaklike groei in die ekonomie te kry.<\/p>\n<p>\u2018n Laaste veertjie in die Ramaphosahoed is die besluit om SAL in \u201cvrywillige sakeredding\u201d te plaas. Natuurlik moet Solidariteit, wat die aansoek aanvanklik gebring het, volle erkenning hiervoor kry. Dit het die regering eintlik geen ander keuse gelaat nie. En dit kan \u2018n interessante presedent vir ander SBE\u2019s wees, waarvan min \u201clopende sake\u201d of finansieel gesond is.<\/p>\n<p>Daar was dus \u2018n hele paar hoogtepunte gedurende President Ramaphosa se jaar. Daar was egter ook \u2018n hele klomp laagtepunte, waarvan Eskom Fase 6 die grootste is en terugwerkend \u2018n lang skaduwee oor die goeie werk laat val. Die President, die regering en die ANC se geloofwaardigheid is en word ernstig hierdeur geknou &#8211; en met goeie reg.\u00a0\u00a0Ramaphosa word dikwels gekritiseer dat hy nie vinnig en beslis genoeg optree nie, maar die \u201clang spel\u201d speel. Sy strategie met staatskaping en die wag op die verskillende kommissies se verslae is \u2018n voorbeeld hiervan. Hierdie strategie is nie en behoort nie op die Eskomkwessie van toepassing wees nie. Dit is reeds wyd bekend wat die probleme by Eskom veroorsaak. Aanvullend by die dringende oplossings en krisisbestuur wat nou toegepas en waarvoor hy en minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan moet druk, sal hulle Andre de Ruyter geleentheid moet gee om te doen waarvoor hy aangestel is. En hopelik sal veral Minister Gordhan nie weer \u2018n stokkie daarvoor steek dat (soos met die vorige uitvoerende hoof Phakamani Hadebe gebeur het) as iets drasties aan Eskom se aantal werknemers en hulle salarisvlakke gedoen word nie.<\/p>\n<p>As mens die SAL sakeredding in o\u00ebnskou neem, kan mens aflei dat daar dalk \u2018n nuwe Ramaphosastrategie is: wag totdat iets regtig verkeerd gaan en implementeer dan die ongewilde en voorheen onaanvaarbare markverwante strategie. As dit op Eskom van toepassing gemaak word, is die tyd vir die verdeling van Eskom en (ten minste sy gedeeltelike) privatisering, nou ryp. Dit is die enigste optrede wat die skaduwee en skade van Fase 6 ongedaan kan maak.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Voorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs<\/em><br \/>\n18 Desember 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/fase-6-laagtepunt-van-cyril-se-jaar-20191213\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/'>BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 219.80K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/?wpdmdl=4902&refresh=6a88891d849b61787332893\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1816\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>2019 spoed ten einde &#8211; en mens kan sonder vrees vir teenspraak s\u00ea dat Eskom Fase 6 President Ramaphosa se laagtepunt van die jaar was. Dit was ook duidelik toe hy sy verklaring gelewer het nadat hy met die Eskomraad en -bestuur vergader het. En praat van swak tydsberekening: op Maandag 9 Desember skryf hy in sy maandelikse nuusbrief aan die nasie oor die wonderwerk van Medupi en hoe groot en imposant dit is&#8230; Daarby onthou ons almal sy versekering aan die begin van die jaar dat beurtkrag by Eskom iets van die verlede is; \u2018n belofte wat slegs \u2018n paar maande gelede deur adjunk-president David Mabuza herhaal is. En natuurlik onthou baie ook dat toe President Ramaphosa nog adjunk-president was, hy in bevel was van die taakspan wat staatsbeheerde entiteite (SBEs) moes regruk.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1816,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1818","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"2019 spoed ten einde - en mens kan sonder vrees vir teenspraak s\u00ea dat Eskom Fase 6 President Ramaphosa se laagtepunt van die jaar was. Dit was ook duidelik toe hy sy verklaring gelewer het nadat hy met die Eskomraad en -bestuur vergader het. En praat van swak tydsberekening: op Maandag 9 Desember skryf hy in sy maandelikse nuusbrief aan die nasie oor die wonderwerk van Medupi en hoe groot en imposant dit is... Daarby onthou ons almal sy versekering aan die begin van die jaar dat beurtkrag by Eskom iets van die verlede is; \u2018n belofte wat slegs \u2018n paar maande gelede deur adjunk-president David Mabuza herhaal is. En natuurlik onthou baie ook dat toe President Ramaphosa nog adjunk-president was, hy in bevel was van die taakspan wat staatsbeheerde entiteite (SBEs) moes regruk.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-12-18T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:53:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR\",\"datePublished\":\"2019-12-18T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:53:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/\"},\"wordCount\":1165,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/\",\"name\":\"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-12-18T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:53:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":267},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR - FW de Klerk Foundation","og_description":"2019 spoed ten einde - en mens kan sonder vrees vir teenspraak s\u00ea dat Eskom Fase 6 President Ramaphosa se laagtepunt van die jaar was. Dit was ook duidelik toe hy sy verklaring gelewer het nadat hy met die Eskomraad en -bestuur vergader het. En praat van swak tydsberekening: op Maandag 9 Desember skryf hy in sy maandelikse nuusbrief aan die nasie oor die wonderwerk van Medupi en hoe groot en imposant dit is... Daarby onthou ons almal sy versekering aan die begin van die jaar dat beurtkrag by Eskom iets van die verlede is; \u2018n belofte wat slegs \u2018n paar maande gelede deur adjunk-president David Mabuza herhaal is. En natuurlik onthou baie ook dat toe President Ramaphosa nog adjunk-president was, hy in bevel was van die taakspan wat staatsbeheerde entiteite (SBEs) moes regruk.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-12-18T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:53:11+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR","datePublished":"2019-12-18T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:53:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/"},"wordCount":1165,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/","name":"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg","datePublished":"2019-12-18T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:53:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/2019_opt.jpg","width":400,"height":267},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-beurtkrag-fase-6-is-die-laagtepunt-van-cyril-se-jaar\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: BEURTKRAG FASE 6 IS DIE LAAGTEPUNT VAN CYRIL SE JAAR"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1818","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1818"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1818\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7932,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1818\/revisions\/7932"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1816"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}