{"id":1802,"date":"2019-11-26T08:00:00","date_gmt":"2019-11-26T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/"},"modified":"2021-07-20T20:54:45","modified_gmt":"2021-07-20T18:54:45","slug":"artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE?"},"content":{"rendered":"<p>Wat die US betref, moet onthou word dat die bestuur en Raad baie jare gelede self Engels as onderrigtaal ingebring en dat hulle onlangs self besluit het om Afrikaans \u201caf te skaal\u201d. Hulle het die US dus aanvanklik tweetalig gemaak en nou &#8211; in effek &#8211; eentalig. Daarom kan verwag word dat die uitspraak die toepassing van die 2016-taalbeleid sal vergemaklik en dat dit Afrikaans nog meer (en dalk vinniger) sal \u201cafskaal\u201d. In par 5 van die KH-uitspraak stel regter Cameron dat \u2018n belangrike oorweging in die uitspraak is dat \u201cAfrikaanse klasse op voorgraadse vlak op grootskaal aangebied word\u201d en veral dat \u201calle eerstejaarsklasse steeds in Afrikaans aangebied word\u201d. Soos wat GK egter deur be\u00ebdigde verklarings bewys het, is dit lank nie meer die geval nie. Maar hierdie verklarings is nie toegelaat nie, omdat die saak oor die beginsel van die taalbeleid en nie die toepassing daarvan nie, gegaan het. Die US sal dus voortgaan en Afrikaans (waarskynlik binne 2-3 jaar) heeltemal uitskakel. Die resultaat sal wees presies wat selfs die KH nie voorsien het nie, naamlik dat Afrikaans akademies \u201cuitgewis\u201d sal word (par 38).<\/p>\n<p>En NWU Potch? Tot op hierdie stadium het die raad van die Universiteit by \u2018n taalbeleid gehou wat Afrikaans steeds \u2018n volle onderrigtaal op kampus erken. Twee faktore plaas hierdie situasie onder druk. Eerstens kan die inname op die Potchkampus van al meer nie-Afrikaanssprekende studente (met \u2018n 50% teiken op die horison) wat nie Afrikaans wil of kan praat nie, die sogenaamde taal-kantelpunt bokant 30% vinniger laat nader kom. Tweedens word in die naam van (rasse-) transformasie, al meer dosente en administratiewe personeel aangestel wat nie Afrikaans kan of wil praat nie. Of die NWU-bestuur onder hierdie omstandighede die politieke wil gaan behou om by \u2018n werklik meertalige beleid te hou, is hoogs twyfelagtig.\u00a0\u00a0En soos US bewys het, as die bestuur onder die leiding van die rektor eers die skuif na Engels alleen gemaak het, val die raad doodgewoon daarby in &#8211; met net hier en daar \u2018n \u2018n teenstem roepende in die Afrikaanse taalwoestyn. Die Grondwet gaan Afrikaans nie by NWU-Potch red nie, maar miskien sal ekonomiese oorwegings van Afrikaanse studente wat hulle studie- en koshuisgelde betyds betaal, meer effektief wees.<\/p>\n<p>Daar is uit 24 000 openbare skole in die land, nog 1 200 enkeltalige Afrikaanse skole oor. Die meerderheid van hierdie skole is in die Wes-Kaap, gevolg deur die Oos-Kaap en dan Gauteng.\u00a0\u00a0Enkele van hierdie skole is reeds onder druk van buite en selfs van ouers om na paralellmedium oor te skakel en ander het reeds s\u00f2 besluit. Volgens die Skolewet het beheerliggame die bevoegdheid om die taalbeleid van hulle skole te bepaal. Hierdie bevoegdheid is onder politieke druk (onder andere van mnr Lesufi).\u00a0\u00a0Daar is ook druk van verskeie provinsiale Departemente van Onderwys op enkeltalige Afrikaanse skole om \u2019n Engelse stroom te begin. Die meeste is nie hiertoe gene\u00eb nie, omdat die praktyk van die afgelope jare gewys het dat paralellmedium \u2018n glybaan na Engelse eentaligheid is.<\/p>\n<p>Regter Cameron se woorde in par 38 van die uitspraak beloof niks goeds vir voortgesette Afrikaanse onderrig in veral parallelmedium skole nie:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\"><em>A different way to pose the dilemma Gelyke Kanse brings before us is this. Is it permissible under section 29(2), where tuition is being offered in an official language of choice at a public educational institution, to diminish that offering (while not extinguishing it) in order to enhance equitable access for those not conversant in that language, when the institution judges the cost of non-diminution too high? In my view the answer is Yes.<\/em><\/p>\n<p>Die US sal bewys dat die woorde \u201cwhile not extinguishing it\u201d net \u2018n kwessie van tyd is (UV en UP het dit reeds bewys). Die US het ook reeds bewys dat die instelling se opinie oor die ho\u00eb koste van \u201cnie-afskaling\u201d hoogs diskresion\u00ear is en nie tot praktiese sake beperk is nie, maar ook die subjektiewe gevoelens en vooroordele van studente insluit.<\/p>\n<p>Die ironie is dat waar skole (en universiteite) se meestal Afrikaanse leierskap met edele motiewe (maar groter na\u00efewiteit) besluit het om na parallelmedium onderrig te beweeg, daardie besluit uiteindelik die einde van Afrikaans as onderrigtaal by daardie instansies beteken het. Die GK- uitspraak het finaal bevestig dat in \u2018n paralellmedium-onderwysomgewing art 29(2) van die Grondwet grootliks deur die howe en spesifiek die KH ontkrag is. Die gewig (en regskrag) wat aan die gevoelens, subjektiewe belewenisse en vooroordele van nie-Afrikaanssprekende studente gegee word, troef eenvoudig die taalregte van Afrikaanssprekende studente. Daar is geen moontlikheid van \u2018n kompromis van gelyke taalregte nie. Die skaduwee van rassetransformasie en politieke korrektheid hang soos \u2018n wolk oor hierdie situasie.<\/p>\n<p>Wat dan van enkeltalige Afrikaanse skole? Par 38 van die uitspraak sluit hulle nie uit nie, maar dit sal moeiliker wees vir \u2018n groep ouers wie se kinders reeds in enkeltalige Afrikaanse skole is, om nou die argumente te opper wat by die US (en UV) die taalregte getroef het. Dit is veral so omdat hulle ingestem het tot Afrikaanse onderrig van hulle kinders &#8211; en in sommige gevalle dit selfs gekies het, veral oor die kwaliteit wat met Afrikaanse onderrig gepaardgaan. Maar dit is nie onmoontlik nie dat \u2018n groep nie-Afrikaanssprekende ouers wat hulle kinders vir graad 8 by byvoorbeeld Ho\u00ebrskool Waterkloof wil inskryf, \u2018n hof mag nader vir \u2018n bevel dat \u2018n Engelse stroom daar begin mo\u00e9t word. Dit sou die beheerliggaam se mandaat om taalbeleid te bepaal onder druk plaas (en selfs vernietig) en waarskynlik verdere regsgedinge veroorsaak. Regter Cameron se woorde plaas dus selfs enkeltalige Afrikaanse skole onder druk en in die spervuur. Die KH se tweeledige konsepte van \u201credelikerwys doenlik\u201d en \u201cgepaste regverdiging\u201d laat klaarblyklik enige reg van Afrikaanssprekendes om in hulle moedertaal onderrig te word, (uiteindelik) op die rotse loop. En \u2018n ANC-regering wat nie hulle eie beloftes oor die bou van genoeg skole vir \u2018n groeiende en verstedelikende bevolking nakom nie, sal hierdie presedent graag gebruik om hulle eie tekortkominge weg te steek.<\/p>\n<p>Dit sal klaarblyklik ook nie help om die argument met getalle te probeer wen nie. Selfs met 13% van die bevolking wat Afrikaans as moedertaal het, is daar nou slegs twee kampusse (uit 36, slegs 5.5%) waar sulke studente \u2018n volle graad in Afrikaans kan ontvang: NWU Potch en CPUT Wellington &#8211; en Afrikaans is by beide onder druk. Soos reeds ges\u00ea, is daar nog 1200 enkeltalige Afrikaanse skole in die land, naamlik 5% van die totale aantal openbare skole &#8211; weer v\u00e9r minder as die 13% van die bevolking met Afrikaans as eerste taal. Hierdie getalle maak blykbaar nie saak nie, veral as dit oor die subjektiewe belewenisse van nie-Afrikaanssprekende studente gaan &#8211; al het hulle volle toegang tot die ander 34 kampusse en 22 800 skole waar Engelse onderrig beskikbaar is. Maar die KH het nie na die groter prentjie gekyk nie, omdat dit nie die \u201cvraag is wat voor hulle gedien het nie\u201d.\u00a0\u00a0Hierdie situasie skree ten hemele..<\/p>\n<p>In sy afsonderlike uitspraak gaan regter Johan Froneman\u00a0\u00a0sover as om te s\u00ea dat bindende regspresedent (van die Kovsiessaak) ondersteun word deur \u201cdie substantiewe erkenning dat ons Suid-Afrikaanse geskiedenis en huidige ongelykheid beteken dat wit Afrikaanssprekendes nie dieselfde behandeling as voorheen benadeelde taalminderheidsgroepe kan verwag nie. Die wesenlike voordele wat Afrikaanssprekendes geniet het in teenstelling met ander taalminderhede maak dit onvermydelik&#8230; Daar is \u2018n onverbiddelike prys wat betaal moet word vir enige vorm van taalonderrig in Afrikaans.\u201d Met respek, waar bring dit ons ten opsigte van die gelykheidbegisel in die Grondwet? En waar laat dit die meer as 50% bruin Afrikaanssprekendes en hulle taalregte? Ook hierdie uitspraak gee dus min hoop op die oorlewing van Afrikaans as onderrigtaal in openbare skole (selfs as dit net 5% is).<\/p>\n<p>Regter Froneman (in paragraaf 75) erken dit self en lewer dan (uit radeloosheid?) bietjie kritiek op die KH, voordat hy die verlies betreur (paragraaf 88):<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\"><em>Mens benodig nie internasionale studies nie, waarvan daar vele is, om te besef dat hierdie stand van sake Engels as dominante taal bevestig, nie net op t\u00earsi\u00eare vlak nie, maar, soos ons sal sien, ook vanaf laerskool na ho\u00ebrskool tot by universiteit. Menings mag wissel oor die wysheid hiervan, maar dit is seer eienaardig dat hierdie Hof, die uiteindelike bewaker van minderheidstaalregte ingevolge die Grondwet, sy goedkeuring daaraan gee&#8230;.\u00a0\u00a0<\/em><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\"><em>Sonder \u2018n eie taal is deel van ons kultuur verlore, ons gewaarwording van onsself vernietig. En as dit gebeur, word diversiteit verloor. Ons verloor dan die geloof verwoord in die aanhef tot die Grondwet dat Suid-Afrika aan almal wat hier leef behoort, verenig in ons diversiteit.<\/em><\/p>\n<p>Ek kan dit nie beter verwoord nie. En regter Froneman moet krediet gegee word vir sy vlymskerp analise van die onreg wat arm (en ook bruin) Suid-Afrikaners deur die gebrek aan moedertaalonderrig en algemene kwaliteit aangedoen word &#8211; en dat sprekers van die oorspronklike koloniale taal skotvry daarvan afkom. Sy eie mening (en di\u00e9 van hoofregter Mogoeng) is dat die privaatsektor en die gemeenskappe self moet ingryp om die staat se gebrek aan finansies om inheemse tale te ondersteun, goed te maak. Hy haal goedkeurend die voorbeeld van die onlangse geloodsde MOS Inisiatief (wat Afrikaanse privaatskole gaan koop, bou en bestuur). Alhoewel mens wonder of die staat (en belastingbetalers) so maklik van hulle verantwoordelikheid ontslae kan raak, is dit goeie nuus dat onafhanklike (Afrikaanse) onderwysinstellings (soos Die MOS, Soltech en Akademia) volgens ons hoogste hof grondwetlike bestaansreg het ingevolge art 29(3). Mag daardie reg net nie ook soos art 29(2) gerysmier word nie.<\/p>\n<p>Ten slotte (en deels tong-in-die-kies): in \u2018n vorige artikel is ges\u00ea dat \u2018n hof en die KH nie na die groter prentjie kyk nie, maar slegs na die saak wat voor haar dien. As hulle hieroor konsekwent bly, is daar hoop vir enkeltalige Afrikaanse skole. Want dit sal baie moeilik wees om 1200 afsonderlike sake met betrekking tot die 1 200 Afrikaanse skole elk op sy eie voor die howe te kry. Of gryp ek na strooihalms?<\/p>\n<p><em style=\"color: inherit; font-family: inherit;\">By Theuns Eloff: Chair, FW de Klerk Foundation Board of Advisers<br \/>\n<\/em>26 November 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/lui-uitspraak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Maroela Media in Afrikaans gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/'>LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 246.22K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/?wpdmdl=4896&refresh=6a89e2ab7d6041787421355\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1343\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg\" alt=\"ConCourt interior\" width=\"150\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die stof het al bietjie gaan l\u00ea oor die Konstitusionele Hof (KH) se uitspraak in die Gelyke Kanse saak oor die Universiteit van Stellenbosch (US) se taalbeleid&nbsp;<a href=\"index.php\/afr\/nuus\/947-artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\">(lees die volledige analise van die saak hier)<\/a>. Die implikasies van hierdie uitspraak is vir die US en die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit (NWU); en miskien die belangrikste van almal vir Afrikaans as onderrigtaal in openbare skole.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1343,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1802","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die stof het al bietjie gaan l\u00ea oor die Konstitusionele Hof (KH) se uitspraak in die Gelyke Kanse saak oor die Universiteit van Stellenbosch (US) se taalbeleid&nbsp;(lees die volledige analise van die saak hier). Die implikasies van hierdie uitspraak is vir die US en die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit (NWU); en miskien die belangrikste van almal vir Afrikaans as onderrigtaal in openbare skole.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-11-26T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:54:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE?\",\"datePublished\":\"2019-11-26T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:54:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/\"},\"wordCount\":1664,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/\",\"name\":\"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg\",\"datePublished\":\"2019-11-26T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:54:45+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg\",\"width\":400,\"height\":300,\"caption\":\"ConCourt interior\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die stof het al bietjie gaan l\u00ea oor die Konstitusionele Hof (KH) se uitspraak in die Gelyke Kanse saak oor die Universiteit van Stellenbosch (US) se taalbeleid&nbsp;(lees die volledige analise van die saak hier). Die implikasies van hierdie uitspraak is vir die US en die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit (NWU); en miskien die belangrikste van almal vir Afrikaans as onderrigtaal in openbare skole.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-11-26T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:54:45+00:00","og_image":[{"width":400,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"8 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE?","datePublished":"2019-11-26T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:54:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/"},"wordCount":1664,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/","name":"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg","datePublished":"2019-11-26T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:54:45+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/ConCourt_interior.jpg","width":400,"height":300,"caption":"ConCourt interior"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-lui-die-konstitusionele-hof-uitspraak-in-die-gelyke-kanse-saak-die-doodsklok-vir-afrikaanse-openbare-skole\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: LUI DIE KONSTITUSIONELE HOF UITSPRAAK IN DIE GELYKE KANSE SAAK DIE DOODSKLOK VIR AFRIKAANSE OPENBARE SKOLE?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1802","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1802"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1802\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7935,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1802\/revisions\/7935"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1343"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1802"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1802"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1802"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}