{"id":1787,"date":"2019-10-28T08:00:00","date_gmt":"2019-10-28T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/"},"modified":"2021-07-20T20:54:58","modified_gmt":"2021-07-20T18:54:58","slug":"artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR?"},"content":{"rendered":"<p>In ons grondwetlike bestel is dit moontlik dat mens van die uitsprake van die howe en ook die Konstitusionele Hof kan verskil sonder om vir minagting van die hof aangekla te word. Die voorwaarde is dat dit in redelikheid en met respek gedoen word. Dit is die uitgangspunte van hierdie artikel.<\/p>\n<p><strong>Die beginsel van \u201ctoepaslike regverdiging\u201d (\u201cappropriate justification\u201d)<br \/>\n<\/strong>\u2018n Kernelement in die KH se uitspraak is di\u00e9 van \u201cappropriate justification\u201d (toepaslike regverdiging). Dit kom uit die bekende\u00a0\u00a0KH-uitspraak oor Ho\u00ebrskool Ermelo se taalbeleid in 2009. Daarin s\u00ea regter Albie Sachs dat waar \u2018n leerder reeds die voordeel van onderrig in keuse van taal geniet, die staat die negatiewe plig het om hierdie reg nie weg te neem of te verminder sonder \u201ctoepaslike regverdiging\u201d nie.<\/p>\n<p>Die KH aanvaar die US se bestuur se motivering dat die 2014-beleid, waar Afrikaans en Engels gelyke status geniet het, moes verander. Die redes was dat die swart studente van die US, wat oorwegend nie Afrikaans kan verstaan nie, deur daardie gelyke behandeling \u201cgestigmatiseerd, gemarginaliseerd en uitgesluit\u201d gevoel het. Dit vloei uit afsonderlike lesings in dieselfde vak (sommige in Afrikaans, ander in Engels), en simultane tolking in lesings wat in Afrikaans aangebied is. Dit het ook gevloei uit die algemene gebruikstaal van Afrikaans op die kampus. Die US voer aan dat die gelyke behandeling van Afrikaans nie meer houdbaar as dit studente s\u00f2 laat voel nie is nie en dat dit daarom afgeskaal moet word. Die KH aanvaar dit en gaan selfs verder deur te s\u00ea dat die US se mening dat die 2016-beleid nie Afrikaanse onderrig verminder\u00a0\u00a0nie, maar net herrangskik, nie waar is nie. Die 2016-beleid gee effektief voorrang aan Engels om die US se doelwitte van \u201cgelyke toegang, veeltaligheid en integrasie\u201d te bevorder. Terloops, hoe die voorkeur vir een taal veeltaligheid kan bevorder weet net die geagte regters! Die gebruik van Afrikaans by die US is nou onderhewig aan beskikbare hulpbronne &#8211; en dit is te duur vir die US om dit redelikerwys doenlik reg te kry. Daarmee, so verklaar die KH, het die US \u201ctoepaslike regverdiging\u201d vir die afskaling van Afrikaans by die US gegee.<\/p>\n<p>Hoe het dit gebeur dat die KH, wat nogal op eie koste die eedverklarings en ander verklarings in Afrikaans laat vertaal het, tot hierdie gevolgtrekking gekom het? Daar was hoofsaaklik drie\u00a0\u00a0probleme waarmee GK in die hofsaak en uitspraak te doen gekry het.<\/p>\n<p><strong>Die toepassing van die beleid was buite perke<br \/>\n<\/strong>Omdat GK die eerste aansoek in die Wes-Kaapse Hoogeregshof gebring het v\u00f2\u00f2r die begin van die implementering van die 2016-beleid, het die KH beslis dat hulle nie die toepassing van die beleid mag gebruik in die saak nie.\u00a0\u00a0\u00a0Dit het tot gevolg gehad dat baie van GK se goeie getuienis van studente en personeel waaruit die negatiewe implikasies vir Afrikaans alreeds duidelik was, nie deur die KH in ag geneem is nie. As regter Cameron in sy uitspraak (op grond van die US se versekering) stel dat alle eerstejaarklasse steeds in Afrikaans aangebied sal word, kon GK se getuienis nie gebruik word om dit as vals te bewys nie &#8211; ten spyte daarvan dat talle van die eedverklarings deur studente bewys het dat dit nie waar is nie. Die ironie is dat GK hulle saak dalk te vroeg gebring het, voordat die implikasies van die toepassing van die beleid duidelik(er) was en dat hulle waarskynlik nie maklik toegelaat sal word om later \u2018n \u201cnuwe\u201d saak te bring oor die negatiewe gevolge van die toepassing van die beleid nie. En dit is die situasie ten spyte van die feit dat die KH self die negatiewe gevolge vir Afrikaans voorsien en selfs (in hoofregter Mogoeng en regter Froneman se bykomende uitsprake) simpatieke geluide daaroor gemaak het.<\/p>\n<p><strong>Die interpretasie van \u201credelikerwys doenlik\u201d<\/strong><br \/>\nDie tweede probleem was die KH se huiwerigheid en onwilligheid om die regsfoute van hulle uitspraak in AfriForum se Kovsies-saak reg te stel. Selfs regter Froneman, wat in sy bykomende uitspraak baie positief oor Afrikaans as onderwystaal was, bevestig dat die KH gebonde is aan die Kovsie-uitspraak, al was die feite in die GK saak heel anders. Die grootste fout wat die KH in die Kovsie-saak gemaak het, was om die kwalifikasie vir die reg om in taal van keuse onderrig te word, naamlik \u201credelikerwys doenlik\u201d, normatief te interpreteer en aan gelykheid en regstelling in die volgende sin van artikel 29(2) te koppel. Daar word gestel dat om die reg tot onderwystaal van keuse \u2018n werklikheid te maak, die staat alle redelike opvoedkundige alternatiewe (insluitend enkel-medium instellings) moet oorweeg, maar daarby ook gelykheid, doenlikheid en die noodsaaklikheid om die verlede se diskriminatoriese wette en praktyke reg te stel. Enige eerstejaar taalstudent sal weet dat \u201credelikerwys doenlik\u201d (Engels \u201creasonably practicable\u201d) net daarop kan dui dat die kwalifikasie met die praktiese uitvoerbaarheid van \u2018n saak te doen kan h\u00ea, soos dat dit nie onbetaalbaar duur of onimplementeerbaar moet wees nie.<\/p>\n<p>Afgesien daarvan dat dit taalkundig onsin is om dit s\u00f2 te interpreteer, moet die bedoeling van die \u201cwetgewer\u201c (in hierdie verband Kodesa en later die Grondwetgewende Vergadering) ook in ag geneem word. Beide Cyril Ramaphosa en Roelf Meyer sal kan getuig dat die bedoeling in die eerste sin van artikel 29(2) altyd was dat die reg tot taal van keuse die toets van praktiese uitvoerbaarheid moet slaag. Die tweede deel van die sin, waar die moontlikhede om die reg (verder) te realiseer, bring eers gelykheid, regstelling en (weer) doenlikheid na vore. In die gesaghebbende \u201cBill of Rights Handbook\u201d (2013), verklaar Currie en De Waal dit ook presies as \u2018n saak van praktiese en redelike toepassing. En die KH se uitspraak haal hulle nogal hieroor aan. Met respek, ons geagte howe het hier nie die taaltoets geslaag nie. En GK en Afrikaans is die slagoffer daarvan.<\/p>\n<p>Die KH het wel die redelikerwys doenlik aan die koste-aspek getoets, en op grond van die US se (ongetoetste) finansi\u00eble berekenings, kom die KH tot die gevolgtrekking dat die gelyke behoud van Afrikaans naas Engels by die US te duur sal wees om \u201credelikerwys doenlik\u201d te wees. Maar die KH gaan verder en bring ook die feit dat so baie (swart) studente nie Afrikaans kan verstaan en\/of praat nie, as \u2018n verdere element in om die \u201credelikerwys doenlik\u201d onmoontlik te maak. En die feit dat hulle deur simultane tolking in klasse \u201cgestigmatiseerd\u201d, gemarginaliseerd en uitgesluit voel, is volgens die KH verdere redes dat die behoud van Afrikaans nie redelikerwys doenlik is nie &#8211; ten spyte van die feit dat simultane tolking internasionaal beste praktyk by onder andere die VN en die EU is. Dit is duidelik dat hierdie redes wat die US bring en deur die KH aanvaar word, nie objektief is nie &#8211; en in die ideologie van FeesMustFall in studente se \u201clived reality\u201d berus.<\/p>\n<p><strong>Die gebrek aan \u2018n sistemiese analise<\/strong><br \/>\nDie derde probleem waarmee GK gekonfronteer is, is dat die KH in \u2018n saak soos hierdie nie na die \u201cgroter prentjie\u201d van Afrikaanse onderrig kyk nie. Die Hof beoordeel die feitestel op die tafel en pas daarop die regsbeginsels toe. Want alhoewel al drie die regters wat die uitsprake geskryf het, erken het dat Afrikaans as onderrigtaal deur die 2016-taalbeleid onder druk geplaas word en selfs kan verdwyn, het hulle hierdie feit nie in hulle uitspraak in ag geneem nie. En daarvoor kan hulle gekritiseer word. Regter Cameron gaan sover as om te stel dat die afskaling van Afrikaans ten gunste van Engels ter wille van gelykheid, toegang en deelname, geweeg op \u2018n glyskaal van wat taalgewys verlore gaan, en wat verkry word in terme van sosiale geregtigheid, grondwetlik regverdigbaar is. En hier is die kruks: as dit oor taal gaan, weeg die indiwidu se grondwetlike regte in die interpretasie van die KH nie so swaar as sosiale geregtigheid nie. En Afrikaans en\u00a0\u00a0minderheidstaalregte is die slagoffers.<\/p>\n<p>Teen die einde van sy uitspraak maak regter Cameron enkele sydelingse opmerkings. Hy erken dat die lot van inheemse tale (insluitend Afrikaans) ernstige nadenke vereis. Om die US se 2016-beleid as in lyn met artikel 29(2) te verklaar, kom met \u2018n koste, wat \u201cons uitspraak moet erken\u201d. Maar dan maak die regter \u2018n ommekeer: hierdie probleem is nie die KH s\u2019n nie. Die hegemonie van Engels is deel van die \u201cmars van die geskiedenis\u201d en is vyandig teenoor alle minderheidstale w\u00eareldwys, ook teenoor Afrikaans. Hierdie mars van die geskiedenis en die feit dat slegs een universiteit nog Afrikaans as onderrigtaal gebruik, is ook nie US se probleem nie. En ewe vroom sluit hy af: \u201cYet we should not miss the cost that the diminution of Afrikaans at the University entails not only for Gelyke Kanse and its adherents, but for our world, and for ourselves\u201d.<\/p>\n<p>Met verwysing na een van die argumente van GK, naamlik dat Afrikaans as \u2018n inheemse en amptelike taal ingevolge artikel 6(4) \u201cgelykheid van aansien\u201d moet geniet en \u201cbillik behandel\u201d behoort te word (en dat dit nie by die US gebeur het nie), noem regter Cameron in die verbygaan dat die Wes-Kaapse Hoogeregshof nie daarop ingegaan het nie. Maar daardie element, in samehang met artikel 6(2) oor die bevordering van inheemse tale \u201cmag oorweging vereis\u201d. Dit is die naaste wat die KH aan \u2018n sistemiese analise kom.<\/p>\n<p>Hoofregter Mogoeng bevestig dat Afrikaans \u2018n Afrikataal is en dat die feit dat dit in die verlede misbruik is, nie di\u00e9 taal se \u201cAfrika DNA\u201d be\u00efnvloed nie. Dan maak hy die verstommende punt dat, omdat die staat nie nou die geld het om Afrikaans en ander inheemse tale in terme van artikel 6 te help nie, die korporatiewe sektor dit tog asseblief moet doen!<\/p>\n<p>Regter Froneman gaan verder en benader die saak wel sistemies. Hy begin met \u2018n sterk stelling oor die KH se aanvaarding dat die 2016-beleid in lyn met artikel 9(2) is.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\"><em>Mens benodig nie internasionale studies nie, waarvan daar vele is, om te besef dat hierdie stand van sake Engels as dominante taal bevestig, nie net op t\u00earsi\u00eare vlak nie, maar, soos ons sal sien, ook vanaf laerskool na ho\u00ebrskool tot by universiteit. Menings mag wissel oor die wysheid hiervan, maar dit is seer eienaardig dat hierdie Hof, die uiteindelike bewaker van minderheidstaalregte ingevolge die Grondwet, sy goedkeuring daaraan gee.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Hy wys voorts hoedat die hegemonie van Engels uiters nadelige gevolge vir jong bruin en swart Suid-Afrikaners inhou, terwyl wit Engelssprekendes (met hulle eie erflating van kolonialisme) skotvry daarvan afkom.\u00a0\u00a0Hy eindig met die oortuiging dat die grondwetlike bemagtiging vir elke Suid-Afrikaner om op sy\/haar taal trots te wees, nie vra vir die vernietiging van ander tale nie. Om Suid-Afrika werklik veeltalig te maak, sal vereis dat almal sal saamwerk. Dit is nie \u201credelik onprakties\u201d nie.<\/p>\n<p>Regter Froneman se uitspraak erken ten minste die sistemiese krisis van Afrikaans en ander inheemse tale. Maar dit het nie die uitspraak verander nie.<\/p>\n<p><strong>Moenie die boodskapper skiet nie&#8230;<br \/>\n<\/strong>\u2018n Mens kan nie anders as om te oordeel dat die KH se uitspraak nie regverdig is nie, veral omdat die nie die volle prentjie in ag geneem het nie. Maar dit is belangrik om te onthou dat die instansie wat die Afrikaanse taalgemeenskap by hierdie punt gebring het, nie die KH is nie, maar die US, en die Afrikaanse sakeleiers, ouers en studente wat Engels as onderrigtaal verkies. Hulle moet ten minste deel van die skuld dra.<\/p>\n<p>Wat duidelik is (en verdere ontleding verdien), is dat Afrikaans by openbare instellings \u2018n gevoelige slag toegedien is, indien nie \u2018n nekslag nie. N\u00e1 die KH se uitspraak het artikel 29(2) geen waarde meer vir die Afrikaanse taalgemeenskap nie. Hulle sal ons nou op artikel 29(3) moet beroep &#8211; en private Afrikaanse instellings bou. Dit is &#8211; ironies genoeg &#8211; goeie nuus vir Soltech, Akademia en Die MOS Inisiatief.<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff: Voorsitter van die Adviesraad van die FW de Klerk Stigting\u00a0<\/em><br \/>\n28 October 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Maroela Media gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/'>DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 357.07K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/?wpdmdl=4889&refresh=6aaf833aef4301789887290\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1784\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg\" alt=\"foter sa flags celebrate\" width=\"150\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Op 10 Oktober 2019 lewer die Konstitusionele Hof (KH) uitspraak in die saak waarin Gelyke Kanse (GK) aansoek doen dat die 2016-taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch (US) ter syde gestel word omdat dit ongrondwetlik is. GK se aansoek was in wese \u2018n app\u00e9l teen die Wes-Kaapse Hoogeregshof se vroe\u00ebre uitspraak, en \u2018n versoek om die App\u00e9lhof verby te gaan en direk na die KH te kom. Dit is toegestaan.<\/p>\n<p>Die oorhoofse uitspraak &#8211; waarmee al tien die regters saamgestem het &#8211; is geskryf deur regter Edwin Cameron (wat onlangs as nuwe kanselier van die US aangestel is). Daar is ook twee bykomende uitsprake, een deur hoofregter Mogoeng Mogoeng en die ander deur regter Johan Froneman, waarin bykomende perspektiewe gegee word.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1784,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1787","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op 10 Oktober 2019 lewer die Konstitusionele Hof (KH) uitspraak in die saak waarin Gelyke Kanse (GK) aansoek doen dat die 2016-taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch (US) ter syde gestel word omdat dit ongrondwetlik is. GK se aansoek was in wese \u2018n app\u00e9l teen die Wes-Kaapse Hoogeregshof se vroe\u00ebre uitspraak, en \u2018n versoek om die App\u00e9lhof verby te gaan en direk na die KH te kom. Dit is toegestaan. Die oorhoofse uitspraak - waarmee al tien die regters saamgestem het - is geskryf deur regter Edwin Cameron (wat onlangs as nuwe kanselier van die US aangestel is). Daar is ook twee bykomende uitsprake, een deur hoofregter Mogoeng Mogoeng en die ander deur regter Johan Froneman, waarin bykomende perspektiewe gegee word.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-10-28T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:54:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR?\",\"datePublished\":\"2019-10-28T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:54:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/\"},\"wordCount\":1973,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/\",\"name\":\"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-10-28T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:54:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":300,\"caption\":\"foter sa flags celebrate\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Op 10 Oktober 2019 lewer die Konstitusionele Hof (KH) uitspraak in die saak waarin Gelyke Kanse (GK) aansoek doen dat die 2016-taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch (US) ter syde gestel word omdat dit ongrondwetlik is. GK se aansoek was in wese \u2018n app\u00e9l teen die Wes-Kaapse Hoogeregshof se vroe\u00ebre uitspraak, en \u2018n versoek om die App\u00e9lhof verby te gaan en direk na die KH te kom. Dit is toegestaan. Die oorhoofse uitspraak - waarmee al tien die regters saamgestem het - is geskryf deur regter Edwin Cameron (wat onlangs as nuwe kanselier van die US aangestel is). Daar is ook twee bykomende uitsprake, een deur hoofregter Mogoeng Mogoeng en die ander deur regter Johan Froneman, waarin bykomende perspektiewe gegee word.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-10-28T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:54:58+00:00","og_image":[{"width":400,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"10 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR?","datePublished":"2019-10-28T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:54:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/"},"wordCount":1973,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/","name":"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg","datePublished":"2019-10-28T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:54:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/CONCOURT_FOTER_opt.jpg","width":400,"height":300,"caption":"foter sa flags celebrate"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-die-konstitusionele-hof-en-gelyke-kanse-wat-het-gebeur\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: DIE KONSTITUSIONELE HOF EN GELYKE KANSE: WAT HET GEBEUR?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1787","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1787"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1787\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7936,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1787\/revisions\/7936"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1784"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1787"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1787"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1787"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}