{"id":1777,"date":"2019-10-17T08:00:00","date_gmt":"2019-10-17T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/"},"modified":"2021-07-20T20:55:22","modified_gmt":"2021-07-20T18:55:22","slug":"artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART &#8211; NOGMAALS\u2026"},"content":{"rendered":"<p>Hoe lyk ons President se prestasietelkaart vyf maande nadat hy die ANC tot \u2018n oorwinning by die stembus aangevoer het en daarna vir vyf jaar as President van die land aangewys is?<\/p>\n<p>Aan die positiewe kant is daar verskeie sake, waarvan baie in die geraas van ander negatiewe gebeure vergete geraak het. Die aanstelling van \u2018n Ekonomiese Adviesraad met verskeie internasionale ekonome en kundiges aan boord, is \u2018n positiewe teken. Die afstand wat sommige van hulle van Suid-Afrika en die heersende ideologie\u00eb het, kan beteken dat hulle met vars en oorspronklike\u00a0\u00a0planne na vore kan kom. Die gedeeltelike aanvaarding van Tito Mboweni se ekonomiese regrukplan deur die ANC se NUK is \u2018n tweede positiewe ekonomiese teken. Puriste het reeds gekla dat dit nie genoeg is nie, maar dit is veel beter as die histerie wat by die loodsing daarvan uitgebreek het, binne die ANC en deur die alliansievennote. Wat baie mense uit die oog verloor, is dat Moody\u2019s se beleggingsgradering van Suid-Afrika nie afgeskaal is na rommelstatus nie &#8211; miskien sien hulle op \u2018n afstand wat ons wat nader aan die vuur sit, nie raaksien nie.<\/p>\n<p>Ten opsigte van korrupsie en staatskaping was daar ten minste drie betekenisvolle aankondigings (benewens die voortgaande onthullings voor die Zondokommissie). Die eerste was die regulasies vir die magtiging van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) om die sogenaamde \u201casbestos-saak\u201d in die Vrystaat te ondersoek &#8211; waarin Ace Magashule na bewering \u2018n sleutelrol gespeel het. Die tweede was die regulasies vir \u2018n Spesiale Tribunaal (bestaande uit agt regters) wat daarop gemik is om siviele eise in te stel in gevalle waar die staat geld verloor het en wat uit ondersoeke van die SOE spruit, te bespoedig. Die Tribunaal het reeds met sy werk begin en die bedrag wat ter sprake is, is meer as R14 miljard. Die derde is die loodsing van \u2018n antikorrupsie forum in die gesondheidsbedryf, met vennote Corruption Watch en Section27 &#8211; terloops organisasies wat nie sonder kritiek op die regering is nie.<\/p>\n<p>\u2018n Kwessie wat oor tyd vergete kon raak, is hoeveel Zupta\u2019s reeds uit sirkulasie en uit die regering verwyder is onder Ramaphosa se leierskap. Ferial Haffajee het selfs onlangs \u2018n artikel geskryf (\u201cSee how they\u2019ve fallen &#8211; a State Capture rogue\u2019s gallery\u201d) waarin sy onderskei tussen di\u00e9 wat \u201cspilpunte\u201d en di\u00e9 wat die bemagtigers (\u201cenablers\u201d) was. Hieronder tel Bathabile Dlamini, Des van Rooyen, Malusi Gigaba, Supra Mahumapelo, Mosebenzi Zwane, Brian Molefe, Anoj\u00a0\u00a0Singh, Siyabonga Gama, Dan Matjila, Hlaudi Motsoeneng, Lucky Montana, Tom Moyane, Shaun Abrahams en Berning Ntlemeza. En al het die strafregtelike vervolgings nog nie begin nie, is \u2018n hele klomp geld reeds deur siviele sake teruggekry. Die punt is: polities en administratief het Ramaphosa gedoen wat hy kon doen. Die regsprosesse en vervolgings sal langer duur om te begin en afgehandel te word. Dit is ook positief dat daar die afgelope weke hardnekkige gerugte is dat die eerste ho\u00eb profiel vervolgings binnekort gaan begin.<\/p>\n<p>Op taal- en diversiteitsgebied was President Ramaphosa tot onlangs nie baie uitgesproke nie. Op vanjaar se Erfenisdag op Upington s\u00ea hy egter (in Afrikaans nogal): \u201cDaar is geen taal in ons land wat ons kan s\u00ea is \u2018n taal uit ons verlede en wat in ons gelede (sic) gelaat moet word nie. Vandag omhels en beoefen ons alle tale wat bydra tot die diversiteit van ons nasie\u201d. Dit is \u2018n welkome noot en mens hoop dat Panyaza Lesufi dit ernstig sal opneem. Oor ander Afrikatale het hy onderneem dat die regering hard werk om daardie tale as skoolvakke aan te bied &#8211; maar ongelukkig niks oor moedertaalonderrig in inheemse tale ges\u00ea nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>President Ramaphosa se weeklikse nuusbrief wat aan die einde van September begin is, is \u2018n poging om beter te kommunikeer en meer sigbaar te wees. Of die verspreiding daarvan wyd genoeg is en of die media dit as nuuswaardig genoeg sal beskou om daaroor te berig, sal gesien moet word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ten slotte (en miskien klink dit teenstrydig) is die uitspraak van Ace Magashule dat hy eerder onder Nkosazana Dlamini-Zuma sou wou dien as onder Cyril Ramaphosa, \u2018n positiewe teken. Nadat hy die afgelope tyd \u2018n paar keer ietwat op sy plek gesit is, het hy die stilte verbreek met hierdie blatante uitdaging aan sy President.\u00a0\u00a0Dit kan die begin van die einde van die Zuptas in die ANC beteken.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar dit kan nie ontken word nie dat daar ook \u2018n hele paar negatiewe punte op die telkaart is. President Ramaphosa lei \u2018n party wat ideologies grootliks verdeeld is en waarvan \u2018n groot deel (indien nie die grootste deel nie) steeds aan \u2018n vorm van sosialisme verknog is, met die sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie as die basis. Dit het onlangs weer na vore gekom in die kritiek op Tito Mboweni se ekonomiese regrukplan. \u2018n Tweede negatiewe faktor (wat vir die voorsienbare toekoms nie sal verander nie) is die swak of geen kapasiteit in die staatsdiens &#8211; aangevuur deur ideologiese transformasie, die 80-9-9-2 ideologie en kaderontplooiing. Die skynbare stagnering van vervolgings maak baie mense moedeloos. Die vasgevalde ekonomie &#8211; met \u2018n verwagte groeikoers van net 0.6% vir 2019 &#8211; help ook nie om vertroue te bou nie. Voeg hierby die debat oor voorgeskrewe bates, die dreigende wysiging van artikel 25 van die Grondwet, misdaadstatistieke en die beplande Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel, en daar is baie om oor bekommerd te wees.<\/p>\n<p>Aan sekere van hierdie negatiewe punte op die telkaart kan President Ramaphosa nie op die korttermyn iets doen nie. Maar die positiewe punte op die telkaart wys dat baie ander dinge reeds gedoen kan word &#8211; en dat daar inderdaad vordering is. Dis nie \u2018n telkaart wat al \u2018n onderskeiding sal gee nie, maar die resultaat is op hierdie stadium meer as 50%.<\/p>\n<p>Die President se \u201cakademiese jaar\u201d strek egter langer as \u2018n kalenderjaar. Daar l\u00ea harde werk voor en hy sal voor gereelde toetse te staan kom &#8211; waarvan hy ten minste die meerderheid sal moet slaag om uiteindelik \u2018n onderskeiding te verwerf.<\/p>\n<p>Onlangs is \u2018n nuwe Facebook-bladsy &#8211; #ImStaying &#8211; gestig wat daarop gemik is om Suid-Afrikaners te mobiliseer om te s\u00ea \u00f2f hulle in Suid-Afrika gaan bly en hoekom hulle s\u00f2 besluit het. Die aantal lede het baie vinnig na meer as 600 000 gestyg. Dit is \u2018n duidelike teken dat Suid-Afrikaners van alle rasse en stande reg is om te bly, maar dat hulle ook besef dat moeilike besluite geneem sal moet word om by \u2018n beter toekoms uit te kom.<\/p>\n<p>Tydens Solidariteit se toekomsberaad wat laasweek in Pretoria gehou is, is die konsep van selfbestuur en kulturele selfstandigheid sterk beklemtoon. Volgens die voorsitter van Solidariteit, Flip Buys, het selfbestuur noodsaaklik geword omdat staatsbestuur besig is om te verval en plek-plek reeds misluk. Die tema van die toekomsberaad was \u201cBou om te Bly\u201d. Hier is dus \u2018n groot deel van die Afrikaanse bevolking wat ook s\u00ea \u201cons bly\u201d. En al wil ons nie afhanklik van die mislukkende staat vir ons toekoms wil wees nie, sal ons met die staat saamwerk waar ons kan. En by implikasie wens ons die President sukses toe met sy hervormings.<\/p>\n<p>President Ramaphosa het tereg in sy eerste nuusbrief geskryf dat Suid-Afrikaners gereed is om die land se uitdagings in die gesig te staar. Dit is waar. Maar in die konteks van hierdie telkaart, is die vraag: Meneer die President, ons is bereid om te bly en te bou vir \u2018n goeie toekoms. Is u bereid en gereed om die moeilike besluite te neem wat ons sal help om daar uit te kom?<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff is voorsitter van die Adviesraad van die FW de Klerk Stigting<br \/>\n<\/em>17 Oktober 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/cyril-moet-harder-werk-vir-sy-onderskeiding-20191011\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/'>PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART - NOGMAALS\u2026<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 340.50K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/?wpdmdl=4885&refresh=6a89cb6ca347b1787415404\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1774\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\" alt=\"foter sa flags celebrate\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Daar is min kwessies wat so gereeld in gesprekke ter sprake kom as die sukses (al dan nie) van President Cyril Ramaphosa &#8211; selfs in hierdie tyd van die W\u00eareldrugbybeker. Almal (behalwe die Zuptas en die EFF) wil h\u00ea dat hy slaag en glo dat hy wil slaag. Maar twyfel vreet aan hierdie vertroue elke keer as daar iets negatief in die land gebeur: vanaf n\u00f2g \u2018n staatsonderneming wat \u2018n reddingsboei wil h\u00ea, tot \u2018n geval van die verkragting van en moord op \u2018n student deur \u2018n staatsdienswerker. En die terugkerende refrein is dat as Cyril nie gou slaag nie, sal daar nie \u2018n ekonomie en \u2018n land oor wees nie. William Saunderson-Meyer het onlangs selfs in \u2018n artikel die vraag gevra of Cyril die Tier genoem gaan word of bloot die Gestewelde Kat(jie)?<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1777","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART - NOGMAALS\u2026 - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART - NOGMAALS\u2026 - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Daar is min kwessies wat so gereeld in gesprekke ter sprake kom as die sukses (al dan nie) van President Cyril Ramaphosa - selfs in hierdie tyd van die W\u00eareldrugbybeker. Almal (behalwe die Zuptas en die EFF) wil h\u00ea dat hy slaag en glo dat hy wil slaag. Maar twyfel vreet aan hierdie vertroue elke keer as daar iets negatief in die land gebeur: vanaf n\u00f2g \u2018n staatsonderneming wat \u2018n reddingsboei wil h\u00ea, tot \u2018n geval van die verkragting van en moord op \u2018n student deur \u2018n staatsdienswerker. En die terugkerende refrein is dat as Cyril nie gou slaag nie, sal daar nie \u2018n ekonomie en \u2018n land oor wees nie. William Saunderson-Meyer het onlangs selfs in \u2018n artikel die vraag gevra of Cyril die Tier genoem gaan word of bloot die Gestewelde Kat(jie)?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-10-17T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:55:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART &#8211; NOGMAALS\u2026\",\"datePublished\":\"2019-10-17T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:55:22+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/\"},\"wordCount\":1275,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/\",\"name\":\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART - NOGMAALS\u2026 - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-10-17T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:55:22+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"foter sa flags celebrate\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART &#8211; NOGMAALS\u2026\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART - NOGMAALS\u2026 - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART - NOGMAALS\u2026 - FW de Klerk Foundation","og_description":"Daar is min kwessies wat so gereeld in gesprekke ter sprake kom as die sukses (al dan nie) van President Cyril Ramaphosa - selfs in hierdie tyd van die W\u00eareldrugbybeker. Almal (behalwe die Zuptas en die EFF) wil h\u00ea dat hy slaag en glo dat hy wil slaag. Maar twyfel vreet aan hierdie vertroue elke keer as daar iets negatief in die land gebeur: vanaf n\u00f2g \u2018n staatsonderneming wat \u2018n reddingsboei wil h\u00ea, tot \u2018n geval van die verkragting van en moord op \u2018n student deur \u2018n staatsdienswerker. En die terugkerende refrein is dat as Cyril nie gou slaag nie, sal daar nie \u2018n ekonomie en \u2018n land oor wees nie. William Saunderson-Meyer het onlangs selfs in \u2018n artikel die vraag gevra of Cyril die Tier genoem gaan word of bloot die Gestewelde Kat(jie)?","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-10-17T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:55:22+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART &#8211; NOGMAALS\u2026","datePublished":"2019-10-17T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:55:22+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/"},"wordCount":1275,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/","name":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART - NOGMAALS\u2026 - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","datePublished":"2019-10-17T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:55:22+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Ramaphosa_foter_opt.jpg","width":400,"height":267,"caption":"foter sa flags celebrate"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-president-ramaphosa-se-telkaart-nogmaals\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: PRESIDENT RAMAPHOSA SE TELKAART &#8211; NOGMAALS\u2026"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1777","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1777"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1777\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7937,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1777\/revisions\/7937"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1777"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1777"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1777"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}