{"id":1763,"date":"2019-09-24T08:00:00","date_gmt":"2019-09-24T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-wie-se-erfenis\/"},"modified":"2021-07-20T20:55:54","modified_gmt":"2021-07-20T18:55:54","slug":"artikel-wie-se-erfenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS?"},"content":{"rendered":"<p>Dit is ook interessant dat, deur die invloed van Jan Scannell (ook genoem \u201cJan Braai\u201d), die dag onder \u2019n groot deel van die bevolking (nie net Afrikaanssprekendes nie) as \u201cNasionale Braaidag\u201d bekendstaan en aktief gevier word. Aartsbiskop Desmond Tutu het so ver terug as 2007, 24 September as Nasionale Braaidag verklaar, juis omdat dit \u2018n maklike manier bied vir alle Suid-Afrikaners om om \u2018n braaivleisvuur hulle erfenis te vier en ook hulle gemeenskaplike patriotisme te gedenk. Nie almal het hiervan gehou nie, maar die gedagte het gegroei en vandag praat sommige swart Suid-Afrikaners selfs van die dag as\u00a0<em>Chisa Nyama<\/em>\u00a0(letterlik \u201cbraai vleis\u201d).<\/p>\n<p>Die woord \u201cerfenis\u201d het \u2018n wye toepassingsveld. Elemente daarvan kan kultuur insluit (\u2018n mens se lewenswyse, die manier hoe mens dinge doen, insluitende etiese optrede), asook kuns in baie vorme. Dit kan geskiedenis insluit: geskrewe en mondelings oorgelewerde geskiedenis, met monumente en historiese plekke sentraal daarbinne. Erfenis is ook fisiese dinge soos ons natuurlike omgewing, berge, riviere, plantegroei en diere. Ook ons tale en godsdienste is deel van ons erfenis.<\/p>\n<p>Dit is betekenisvol dat die \u201cvergete\u201d artikel 235 van die Grondwet die enigste is waar die woord \u201cerfenis\u201d in die Grondwet gebruik word. Daar word ges\u00ea dat \u201cenige gemeenskap wat \u2018n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel\u201d die reg op selfbeskikking binne die Republiek van Suid-Afrika het. Dit bevestig dat sekere gemeenskappe \u2018n taal- en kulturele erfenis het wat hulle met mekaar deel, maar wat nie noodwendig deur alle Suid-Afrikaners gedeel word nie &#8211; en dat dit in orde is. Dit beklemtoon die verskeidenheid in die Suid-Afrikaanse samelewing. Verskeie ander artikels van die Grondwet (41, 83 en 185) bevestig egter ook die eenheid van die land en alle Suid-Afrikaners.<\/p>\n<p>Om die kernvraag, wie se erfenis gedenk ons op 24 September, te beantwoord, is nie maklik nie &#8211; veral nie in \u2018n land met so \u2018n komplekse hede en verwikkelde toekoms nie.<\/p>\n<p>Eerstens is die probleem dat die huidige ANC maghebbers, wat hulleself as die oorwinnaars van die 1994 politieke oorgang beskou en uitbeeld, \u2018n spesifieke siening van die geskiedenis en die begrip \u201cnasionale eenheid\u201d het. Wat die geskiedenis voor 1994 betref, word dit geheel en al verguis, in alle fasette. Dit is asof alles wat binne Suid-Afrika gebeur het, ideologies in die asblik van die geskiedenis gegooi word (soos wat Grondwetlike Hof regter Chris Jafta inderwaarheid van Pretoria se nie-politieke straatname ges\u00ea het). Dit het tot gevolg dat sommige Suid-Afrikaners se erfenis in die asblik gegooi word. Hierdie siening maak dus asof Suid-Afrika se geskiedenis in 1994 begin het en dat daar \u2018n bose lugleegte voor daardie tyd was. Dit herinner mens aan die kortsigtige siening van die Noordwes-Universiteit dat om die 150-jarige bestaan van die Potchefstroomkampus (en voorheen die PU vir CHO) te vier, daarop sou neerkom om in die verlede te leef. Een senior ampsdraer van die NWU het selfs ges\u00ea dat dit nie nou tyd is vir feesvier nie, maar vir berou en belydenis. Met s\u00f3 \u2018n uitspraak is dekades van \u2018n erfenis wat vir duisende oud-studente belangrik en kosbaar is, in die asblik gegooi. Dit misken ook die kritiese rol wat daardie universiteit in die afgelope 150 jaar gespeel het. Wat beteken Erfenisdag as daardie erfenis weggegooi word?<\/p>\n<p>Tweedens is die probleem die ANC se siening van nasionale eenheid en sosiale kohesie. Dit is \u2018n kombinasie van die Amerikaanse \u201cmelting pot\u201d-idee, waar die verskeidenheid eintlik in die eenheid moet opgaan en verdwyn, en waar daar aan taal- en kulturele diversiteit slegs lippediens betoon word. Sosiale kohesie beteken dat almal by die grootste (lees: swart) groep moet inval om deel van die meerderheid te word. Dit is \u2018n grondliggende miskenning van die regte en belangrikheid van minderhede.<\/p>\n<p>Aan die ander kant, en grootliks in reaksie op die bogenoemde interpretasie en onverdraagsaamheid, is daar baie Afrikaners en Afrikaanssprekendes wat Erfenisdag verskraal tot \u201cons groep\u201d en \u201cons geskiedenis\u201d alleen &#8211; slegs die verskeidenheid (en afgeskeidenheid) van een groep word beklemtoon. Ons trek in ons laer terug en te duiwel met die res. S\u00f3 \u2018n siening word ook nie tot die viering van Erfenisdag beperk nie, maar word sommer na alle fasette van die samelewing deurgetrek. En dit veroorsaak dat polarisasie en vervreemding net verdiep.<\/p>\n<p>Om Erfenisdag werklik tot sy reg te laat kom, behoort ons die grondwetlike beginsels van eenheid en verskeidenheid in gedagte te hou. Afrikaners, Zoeloes, swartes, bruines of watter groep jy ook al kies om aan te behoort, woon nie alleen in hierdie land nie. Die probleme van die land is ons almal s\u2019n om te hanteer en te help probeer oplos. En dit is patrioties en maak sin om jou deel te doen.<\/p>\n<p>Maar dan moet leiersfigure soos Ace Magashule (\u201cmaak eerder van witmense die teikens in xenofobiese aanvalle\u201d) en Panyaza Lesufi (\u201cAs iemand in Afrikaans wil leer, is dit rassisties\u201d) deur hulle leiers in die bek geruk word oor hulle eie onverdraagsaamheid en rassisme. Erfensidag kan nie met \u2018n oop gemoed gevier word as jou taal as inherent rassisties en jou wit vel \u2018n teiken gemaak word nie. Dit is ironies dat dit skynbaar by Lesufi verbygegaan het dat die tema van hierdie jaar se Erfenisdag deur die regering vasgestel is as \u201cOm Suid-Afrika se liter\u00eare klassieke geskrifte in die jaar van inheemse tale, te vier\u201d. En Afrikaans is ook \u2018n inheemse taal&#8230;<\/p>\n<p>Alle Suid-Afrikaners (ook minderhede wat nie swart is nie) moet die vryheid gegun word en die verdraagsaamheid geniet om dit wat vir hulle kosbaar is uit die verlede en wat nie teen die beginsels van die huidige Grondwet is nie, te vier en te gedenk. Die aanhef van die Grondwet s\u00ea immers nie net dat ons diegene \u201chuldig wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het\u201d nie, maar ook dat ons diegene \u201chuldig wat hul beywer het ons land op te bou en te ontwikkel\u201d (en dit het v\u00f2\u00f2r 1994 gebeur!).<\/p>\n<p>As ons politieke en ander leiers daardie ingesteldheid het, kan ons in ons viering van Erfenisdag gevolg gee aan die laaste sin in daardie paragraaf van die aanhef tot die Grondwet:<\/p>\n<p>\u201c<em>(Ons) Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid<\/em>\u201d.<\/p>\n<p>Maar as lojale Suid-Afrikaners en trotse Afrikaners en Afrikaanssprekendes moet ons nie toelaat dat ons viering van Erfenisdag bepaal of selfs be\u00efnvloed word deur die skewe en ideologiese sienings van die Magashules en die Lesufis van die w\u00eareld nie.\u00a0\u00a0Dus: wanneer jy m\u00f4re daardie vleisie op die kole sit saam met lede jou eie groep, dink ook met meelewing aan al die ander groepe wat in hulle diversiteit anders lyk en praat as jou groep, maar wat saam met jou trots Suid-Afrikaans is. Dit is \u2018n ware Erfenisdag&#8230;<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Voorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs<\/em><br \/>\n24 September 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Menings\/wie-se-erfenis-vier-ons-20190920#loggedin\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/wie-se-erfenis\/'>WIE SE ERFENIS?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 334.56K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/wie-se-erfenis\/?wpdmdl=4878&refresh=6a885846462b91787320390\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-579\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\" alt=\"foter sa flags celebrate\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg 500w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Dit is vandag Erfenisdag. Hierdie dag is n\u00e1 die 1994 onderhandelde skikking op die kalender geplaas. Die viering daarvan verskil van Suid-Afrikaner tot Suid-Afrikaner, maar President Nelson Mandela het by die eerste viering van Erfenisdag in 1995 ges\u00ea dat dit ingestel is omdat die regering besef het dat \u201cons ryk en gevarieerde kulturele erfnis diepgaande krag het om ons te help om ons nuwe nasie te bou\u201d. Erfenisdag is dus nie net bedoel om verskiedenheid te vier nie, maar ook om eenheid te help bou.&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is interessant dat 24 September aanvanklik nie op die lys van openbare vakansiedae was toe die&nbsp;<em>Wetsontwerp op Openbare Vakansiedae<\/em>&nbsp;in 1995 in die Parlement gedien het nie. Die Inkatha Vryheidsparty het daarop aangedring dat di\u00e8 dag, waarop die Zoeloenasie tradisioneel Shakadag gevier het (vir di\u00e9 Zoeloekoning se vesoenende rol tussen die verskillende Zoeloestamme), by die lys van openbare vakansiedae gevoeg moet word. Die kompromie wat aanvaar is, is dat die dag Erfenisdag genoem sou word &#8211; en vir alle Suid-Afrikaners en nie net vir Zoeloes sal geld nie.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":579,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1763","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: WIE SE ERFENIS? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit is vandag Erfenisdag. Hierdie dag is n\u00e1 die 1994 onderhandelde skikking op die kalender geplaas. Die viering daarvan verskil van Suid-Afrikaner tot Suid-Afrikaner, maar President Nelson Mandela het by die eerste viering van Erfenisdag in 1995 ges\u00ea dat dit ingestel is omdat die regering besef het dat \u201cons ryk en gevarieerde kulturele erfnis diepgaande krag het om ons te help om ons nuwe nasie te bou\u201d. Erfenisdag is dus nie net bedoel om verskiedenheid te vier nie, maar ook om eenheid te help bou.&nbsp; Dit is interessant dat 24 September aanvanklik nie op die lys van openbare vakansiedae was toe die&nbsp;Wetsontwerp op Openbare Vakansiedae&nbsp;in 1995 in die Parlement gedien het nie. Die Inkatha Vryheidsparty het daarop aangedring dat di\u00e8 dag, waarop die Zoeloenasie tradisioneel Shakadag gevier het (vir di\u00e9 Zoeloekoning se vesoenende rol tussen die verskillende Zoeloestamme), by die lys van openbare vakansiedae gevoeg moet word. Die kompromie wat aanvaar is, is dat die dag Erfenisdag genoem sou word - en vir alle Suid-Afrikaners en nie net vir Zoeloes sal geld nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-24T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:55:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"333\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS?\",\"datePublished\":\"2019-09-24T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:55:54+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/\"},\"wordCount\":1125,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/\",\"name\":\"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-24T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:55:54+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg\",\"width\":500,\"height\":333,\"caption\":\"foter sa flags celebrate\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Dit is vandag Erfenisdag. Hierdie dag is n\u00e1 die 1994 onderhandelde skikking op die kalender geplaas. Die viering daarvan verskil van Suid-Afrikaner tot Suid-Afrikaner, maar President Nelson Mandela het by die eerste viering van Erfenisdag in 1995 ges\u00ea dat dit ingestel is omdat die regering besef het dat \u201cons ryk en gevarieerde kulturele erfnis diepgaande krag het om ons te help om ons nuwe nasie te bou\u201d. Erfenisdag is dus nie net bedoel om verskiedenheid te vier nie, maar ook om eenheid te help bou.&nbsp; Dit is interessant dat 24 September aanvanklik nie op die lys van openbare vakansiedae was toe die&nbsp;Wetsontwerp op Openbare Vakansiedae&nbsp;in 1995 in die Parlement gedien het nie. Die Inkatha Vryheidsparty het daarop aangedring dat di\u00e8 dag, waarop die Zoeloenasie tradisioneel Shakadag gevier het (vir di\u00e9 Zoeloekoning se vesoenende rol tussen die verskillende Zoeloestamme), by die lys van openbare vakansiedae gevoeg moet word. Die kompromie wat aanvaar is, is dat die dag Erfenisdag genoem sou word - en vir alle Suid-Afrikaners en nie net vir Zoeloes sal geld nie.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-09-24T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:55:54+00:00","og_image":[{"width":500,"height":333,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS?","datePublished":"2019-09-24T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:55:54+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/"},"wordCount":1125,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/","name":"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","datePublished":"2019-09-24T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:55:54+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2014\/07\/foter-sa-flags-celebrate.jpg","width":500,"height":333,"caption":"foter sa flags celebrate"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-wie-se-erfenis\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: WIE SE ERFENIS?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1763","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1763"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1763\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7938,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1763\/revisions\/7938"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/579"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1763"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1763"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1763"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}