{"id":1760,"date":"2019-09-04T08:00:00","date_gmt":"2019-09-04T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/"},"modified":"2021-07-20T20:56:07","modified_gmt":"2021-07-20T18:56:07","slug":"artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG?"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Dag vroe\u00ebr maak die Minister van Finansies, Tito Mboweni, bekend dat daar op die Tesourie se webwerf \u2018n dokument geplaas is waarop enigiemand tot 15 September kan kommentaar lewer. Die naam van die plan is \u201cEkonomiese transformasie, inklusiewe groei en mededingendheid &#8211; oppad na \u2018n ekonomiese strategie vir Suid-Afrika\u201d. Sonder dat dit gesinkroniseer is, begin die plan breedweg doen waarvoor die CDE pleit.<\/p>\n<p>Die vertrekpunt van die plan is dat die kombinasie van lae groei en stygende werkloosheid beteken dat Suid-Afrika se ekonomiese kurwe nie volhoubaar is nie. Die regering moet dus \u2018n reeks \u201cgroei-hervormings\u201d implementeer wat ekonomiese transformasie bevorder, inklusiewe groei ondersteun, en \u2018n ekonomie skep wat internasionaal mededingend sal wees. Die interessante feit is dat in die detail van die plan daar ook strategie\u00eb voorgestel word wat die staatskas (die fiskus) sal versterk en skuldvlakke sal afbring. Een hiervan is om Eskom kragstasies aan private maatskappye te verkoop.<\/p>\n<p>Alle Suid-Afrikaners wat \u2018n bietjie insig in die politieke ekonomie het, weet dat naas staatskaping en korrupsie, die grootste probleem wat Suid-Afrika het, die \u201caaklige drieling\u201d van armoede, ongelykheid en werkloosheid is. Tito se plan stel \u2018n \u201cdeugsame\u201d drieling voor: ekonomiese transformasie, inklusiewe groei en internasionale mededingendheid. Hierdie drie is aanvullend tot mekaar en sal \u2018n \u201cdeugsame spiraal\u201d vorm.<\/p>\n<p>Sedert hy President geword het, l\u00ea Cyril Ramaphosa baie klem op die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP), wat die basis van alle regeringsbeleide en -planne moet wees. Om dit te kan laat waar word, kan mens dink dat die President aan elke Minister kon ges\u00ea het: \u201cGee my \u2018n vyfjaarplan gegrond op die beginsels van die NOP\u201d. Sy minister van Finansies (wat hy ten spyte van Mboweni se aanvanklike te\u00ebsinnigheid teruggebring het kabinet toe) het dit nou gedoen.<\/p>\n<p>Maar is dit net Mboweni en sy Departement se plan? Oud-president Mandela het baie maal \u2018n ANC jeugleier gebruik om \u2018n vlie\u00ebr op te stuur &#8211; om iets in die openbaar te toets wat Mandela as gevolg van die aanvegbaarheid daarvan, nie self wou doen nie. Is die ekonomiese plan miskien Cyril se eie wat Tito nou vir die eerste keer lug gee? Al sal sommige meen dat die plan groter impak sou gehad het as die President dit self aangekondig het, kan mens ten\u00a0\u00a0minste aanvaar dat die President in die bre\u00eb geweet het wat in sy vertroude Minister van Finansies se plan gaan staan.<\/p>\n<p>Die plan begin om ses fundamentele boublokke van volhoubare groei te noem, en identifiseer daarna \u2018n reeks spesifieke en gedetaileerde hervormings om ekonomiese groei te bevorder.<\/p>\n<p>Die boustene is:<\/p>\n<ul>\n<li>die verbetering van onderwysuitkomste;<\/li>\n<li>werk- en opleidingsgeleenthede vir die jeug;<\/li>\n<li>volhoubare stede en inklusiewe vervoerstelsels;<\/li>\n<li>strategie\u00eb om die vaardigheidstekort in die ekonomie te verbeter;<\/li>\n<li>die skep van ekonomiese instellings en \u2018n bekwame staat, en ten slotte<\/li>\n<li>stabiele makro-ekonomiese beleid (as voorvereiste vir volhoubare ekonomiese groei).<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die plan het vyf groeitemas waarbinne telkens spesifieke strategie\u00eb voorgestel word.<\/p>\n<p>Die eerste hiervan is die modernisering van \u201cnetwerk industrie\u00eb\u201d soos vervoer, energie, water en telekommunikasie. Dit kan mededingendheid en inklusiewe groei bevorder. Dit is in hierdie afdeling waar hervormings by Eskom genoem word, asook die oopstel van die bre\u00eb band spektrum in telekommunikasie, die oopstel van Transnet se spoor- en hawestelsel, en belegging in waterinfrastruktuur.<\/p>\n<p>Die tweede tema is groter mededingendheid, wat \u2018n hefboom vir inklusiewe groei en ekonomiese transformasie kan wees &#8211; deur die groei van klein firmas te bevorder en nuwe deelnemers in die mark te kry. Hier word veral op die vermindering van burokratiese rompslomp (\u201cred tape\u201d) gefokus, insluitend rassetransformasie.<\/p>\n<p>Die derde groeitema is arbeidsintensiewe ekonomiese groei, wat noodsaaklik is om onaanvaarbare ho\u00eb vlakke van werkloosheid om te draai. Die plan fokus veral op landbou en verwys goedkeurend na die pro-aktiewe rol van landbou om meer swart landbouers te help vestig. Spesifieke aandag word gewy aan die belangrikheid van toepaslike finansiering, toegang tot plaaslike en internasionale markte, voldoende landbouversekering en hulp aan opkomende boere.\u00a0\u00a0In terme van toerisme word melding gemaak van \u2018n makliker visa-regime en veiligheid van toeriste.<\/p>\n<p>Die vierde groeitema is \u2018n gefokusde en buigsame industri\u00eble en handelsbeleid om mededingendheid en langdurige groei te bevorder. Hier word klem gel\u00ea op \u201cveredeling\u201d (\u201cbeneficiation\u201d) van rou produkte en uitvoere.<\/p>\n<p>Die laaste groeitema is die optimale gebruik van internasionale- en streekswaardekettings, deur die verbetering van uitvoere en uitvoermededingendheid.<\/p>\n<p>Die plan bepaal ten slotte die voordele wat op die kort-termyn (na twee jaar), die mediumtermyn (na vier jaar) en die langtermyn (vanaf sewende jaar) behaal kan word. Dit sluit meer as een miljoen werkgeleenthede en ekonomiese groei van tot 3% per jaar in.<\/p>\n<p>Wat is die betekenis van die Mboweni-groeiplan? Nie alles wat voorgestel word is nuut nie, maar dit is die eerste keer dat soveel ekonomiese hervormings van so \u2018n ingrypende aard in een dokument saamgevat word. Dit is \u2018n tweedens \u2018n beleidstuk met praktiese voorstelle wat direk op die NOP gegrond is, waarskynlik \u2018n eerste van sy soort &#8211; en \u2018n voorbeeld wat ander ministeries gerus kan volg.<\/p>\n<p>Die plan tref \u2018n fyn balans tussen ekonomiese transformasie (maar nie op grond van ras nie), inklusiewe groei en internasionale mededingendheid. Trouens, die woord \u201cras\u201d kom n\u00earens in die dokument voor nie, iets wat verwelkom moet word. Die woord \u201cswart\u201d kom net twee keer voor: een keer waar swart ekonomiese bemagtiging as \u2018n remblok vir klein sake beskryf word en een keer in die sin van swart nywerheidsleiers.<\/p>\n<p>Alhoewel \u201cprivatisering\u201d n\u00earens in die dokument voorkom nie, word \u201cprivate sektor\u201d meer as veertig keer gebruik &#8211; meestal met klem op die kundigheid, ervaring en deelname van die sektor aan die strategie\u00eb wat die plan voorstel. Dit is duidelik dat die plan \u2018n groot rol vir die private sektor in groei-hervormings voorsien, in vennootskap met die staat, en soms ook op terreine wat voorheen slegs of grootliks deur die staat hanteer is (soos elektrisiteitsvoorsiening en telekommunikasie-infrastruktuur).<\/p>\n<p>Die klem om dit vir klein- en medium ondernemings makliker te maak om te groei, is \u2018n groot plus en iets wat sal kan slaag, veral omdat die vakbonde nie \u2018n ledebelang het nie en dit nie kan teenstaan nie. As besighede met minder as R50 miljoen omset byvoorbeeld van rassetransformasie en ander regulasies vrygestel kan word, kan hierdie sektor \u2018n enjin van groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie word.<\/p>\n<p>Daar is ook (ten regte) \u2018n sterk fokus op landbou, en veral omdat dit kan help met arbiedsintensiewe groei en help om werkloosheid te verminder. Dit is veral betekenisvol dat die plan \u2018n sydelingse opmerking oor grondhervorming maak. Die uitdaging met die belangrike proses van grondhervorming l\u00ea in hoe dit aangepak word en watter model toegepas word. Om onsekerheid te voorkom, moet dit gedoen word op \u2018n deursigtige, konsultatiewe manier en binne \u2018n bre\u00eb raamwerk wat kan verseker dat faktore wat krities is vir voortgaande belegging in landbou en voedselsekerheid (soos veiligheid van private eiendomsreg) deurgaans gerespekteer word. Hierdie is oorwo\u00eb woorde, wat \u2018n sterk sein uitstuur dat ten minste die Tesourie nie voorstanders van \u2018n onverskillige verandering aan artikel 25 van die Grondwet nie.<\/p>\n<p>Of dit Cyril se vlie\u00ebr is wat deur Tito opgestuur word, of Tito se eie vlie\u00ebr, bly die vraag: gaan dit vlieg? Kritiek en instemming het reeds begin instroom. Kritiek het veral van die vakbonde gekom, wat te verwagte meestal oor Eskom en die rol van die private sektor gekla het. Nadat die kommentaartyd op 15 September gesluit het en die finale plan vroeg in die nuwe jaar aan die Kabinet en dalk aan die Parlement voorgel\u00ea word, sal die antwoord of dit kan vlieg, duidelik word. Die groeiplan is \u2018n duidelike teken dat die hervormings-gesindes in die ANC daadwerklik die inisiatief in ekonomiese groeihervormings wil neem. Al sal puriste s\u00ea dat dit nou alles of niks is nie, is die politieke werklikheid dat sekere dele sal vlieg en ander nie. Dit is die aard van die politiek en die lot van \u2018n verdeelde ANC. Hoe President Ramaphosa dit in die komende maande gaan hanteer, sal bepaal hoeveel dele van hierdie mooi vlie\u00ebr gaan vlieg.<\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Voorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs<\/em><br \/>\n4 September 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/sal-cyril-tito-se-ekonomiese-vlieer-in-die-lug-bly-20190902\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/'>KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 317.55K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/?wpdmdl=4875&refresh=6a88590e4907b1787320590\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1757\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"84\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt-300x169.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming (CDE) , het op 28 Augustus&nbsp;&nbsp;\u2018n verslag uitgereik met die naam \u201cRunning out of Road: South Africa\u2019s public finances and what is to be done\u201d. Hulle gevolgtrekking is dat as Suid-Afrika nie sy fiskale krisis oorkom nie, daar geen versnelde ekonomiese groei sal wees nie. Die teenoorgestelde is egter ook waar: as ons groei nie aan die gang kom nie, sal ons nie die fiskale krisis kan baasraak nie. Suid-Afrika het \u2018n onversetlike groeistrategie nodig, wat streng toegepas moet word. CDE-hoof Ann Bernstein waarsku dat dit nie lyk asof die regering en die regerende party ten volle besef hoe diepgaande die vereiste veranderings is nie, en hoe baie leierskap dit van die President sal vat om dit reg te kry nie.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1757,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1760","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming (CDE) , het op 28 Augustus&nbsp;&nbsp;\u2018n verslag uitgereik met die naam \u201cRunning out of Road: South Africa\u2019s public finances and what is to be done\u201d. Hulle gevolgtrekking is dat as Suid-Afrika nie sy fiskale krisis oorkom nie, daar geen versnelde ekonomiese groei sal wees nie. Die teenoorgestelde is egter ook waar: as ons groei nie aan die gang kom nie, sal ons nie die fiskale krisis kan baasraak nie. Suid-Afrika het \u2018n onversetlike groeistrategie nodig, wat streng toegepas moet word. CDE-hoof Ann Bernstein waarsku dat dit nie lyk asof die regering en die regerende party ten volle besef hoe diepgaande die vereiste veranderings is nie, en hoe baie leierskap dit van die President sal vat om dit reg te kry nie.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-04T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:56:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"225\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG?\",\"datePublished\":\"2019-09-04T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:56:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/\"},\"wordCount\":1356,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/\",\"name\":\"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-04T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:56:07+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":225},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming (CDE) , het op 28 Augustus&nbsp;&nbsp;\u2018n verslag uitgereik met die naam \u201cRunning out of Road: South Africa\u2019s public finances and what is to be done\u201d. Hulle gevolgtrekking is dat as Suid-Afrika nie sy fiskale krisis oorkom nie, daar geen versnelde ekonomiese groei sal wees nie. Die teenoorgestelde is egter ook waar: as ons groei nie aan die gang kom nie, sal ons nie die fiskale krisis kan baasraak nie. Suid-Afrika het \u2018n onversetlike groeistrategie nodig, wat streng toegepas moet word. CDE-hoof Ann Bernstein waarsku dat dit nie lyk asof die regering en die regerende party ten volle besef hoe diepgaande die vereiste veranderings is nie, en hoe baie leierskap dit van die President sal vat om dit reg te kry nie.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-09-04T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:56:07+00:00","og_image":[{"width":400,"height":225,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG?","datePublished":"2019-09-04T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:56:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/"},"wordCount":1356,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/","name":"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg","datePublished":"2019-09-04T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:56:07+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/KITE_opt.jpg","width":400,"height":225},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-cyril-en-tito-se-ekonomiese-vlieer-vlieg\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: KAN CYRIL EN TITO SE EKONOMIESE VLIE\u00cbR VLIEG?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1760","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1760"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1760\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7939,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1760\/revisions\/7939"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1757"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1760"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1760"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1760"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}