{"id":1753,"date":"2019-08-22T08:00:00","date_gmt":"2019-08-22T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/"},"modified":"2021-07-20T20:56:34","modified_gmt":"2021-07-20T18:56:34","slug":"artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die President se kantoor (en die ANC) hou voet by stuk dat daar niks verkeerd was met die veldtog en sy befondsing nie, dat die ontvangstes en uitgawes behoorlik ge-oudit is en dat geen wet, parlement\u00eare regulasie of kode oortree is nie. En tegnies is hulle reg, en \u2018n hele aantal kommentators en regskenners het dit reeds bevestig. Daarby is dit duidelik dat die OB se ondersoekmandaat net geld vir openbare fondse en dat sy dus geen reg gehad het om die CR17 veldtog se fondswerwing te ondersoek nie &#8211; ten spyte van haar argument dat sy in die geval van \u201cgeldwassery\u201d wel ondersoekmag het. Dis ook so helder soos daglig dat die OB, om die minste te s\u00ea, uiters selektief in haar ondersoeke is, en dat dit amper uitsluitlik op die Ramaphosakant van die ANC fokus en die Zuptas in vrede laat (woordspeling met opset).<\/p>\n<p>\u2018n Mens kan daarby voeg dat die OB volhou dat die inligting oor die donateurs en begunstigdes wat sy by die Finansi\u00eble Intelligensiesentrum (FICA) verkry het, regmatig was en dat sy dit nie aan die media gelek het nie. Maar die vraag wat knaag is hoedat die FICA afskrifte van e-pos korrespondensie in sy besit sal kry? Dit lyk of FICA ten minste nie die enigste bron is nie, wat die OB se vorige verbintenis met die Staatsveiligheids-agentskap na vore bring. \u2018n Ander interessante vraag is wat sou gebeur as \u2018n hof bevind dat sy het geen bevoegdheid gehad het om CR17 te ondersoek nie (omdat dit nie oor openbare fondse gegaan het nie) en die hof haar verslag daarom ongeldig bevind. Dan is daardie inligting reeds in die openbare domein &#8211; en dus onregmatig bekom. Dit is waarskynlik om hierdie rede dat die Hooggeregshof die Ramaphosa-aansoek toegestaan het om die inligting te verse\u00ebl totdat die saak oor die wettigheid van die bekom van die inligting voor die hof kom.<\/p>\n<p>Maar ongelukkig is dit nie hier waar die saak se belangrikheid eindig nie. Die ervare en eerlike SAKP-leier Jeremy Cronin (en \u2018n Ramaphosa-ondersteuner) skryf onlangs dat dit \u2018n \u201csaak van ernstige kommer is\u201d dat DA-leier Mmusi Maimane se leierskapsveldtog R100 miljoen ingesamel het en dat dit \u201choogs problematies\u201d is dat die CR17 veldtog amper \u2018n half miljard rand ingesamel het. Volgens hom is hierdie \u201cbesigheidsgeld\u201d in partypolitieke veldtogte egter iets heel anders as om die staat van miljarde rande te stroop.<\/p>\n<p>Die erkende politieke kommentator en skrywer Ralph Mathekga skryf in dieselfde week dat \u201cons onlangs verbyster is\u201d deur die hoeveelheid geld wat vir CR17 ingesamel is en wonder wat daarmee betaal is en wat die verwagte opbrengs vir donateurs was.<\/p>\n<p>Die punt wat hierdie kommentators en baie Suid-Afrikaners maak, is dat as mens die President van \u2018n land is wat daardie land uit die moeras van staatskaping en korrupsie moet lei &#8211; en waar die verwagting is dat jy amper eiehandig die probleme moet oplos &#8211; dan weeg ander faktore swaarder as regstegniese argumente. Dan gaan dit oor eerlikheid en openheid en integriteit. Dan skiet die (geldige) argument dat geen wet of regulasie oortree is nie, tekort.<\/p>\n<p>\u2018n Mens kan verder gaan en s\u00ea dat as mens \u2018n ANC-ondersteuner is en jy het \u2018n President wat sy hele veldtog daarop gebou het om anders te wees as die staatskapers en korruptes, dan verwag jy meer as regstegniese argumente. Dan weeg wat jy as presidentskandidaat vooraf ges\u00ea het, swaarder.<\/p>\n<p>Die meeste donateurs sou basies vir twee redes geld aan CR17 geskenk het: hulle het Cyril Ramaphosa vertrou om \u2018n goeie President te wees en hulle het besef dat dit in Suid-Afrika se belang is dat die Zupta\u2019s se greep van staatskaping verbreek moet word. Die meeste van hulle het waarskynlik gevoel (en voel steeds) dat hulle waarde vir hulle donasie gekry het. Hulle vind dit waarskynlik jammer dat die vertroulikheid van die donasies verbreek is, maar hulle het nie daaroor slapelose nagte nie.<\/p>\n<p>Wat die uitgawes betref, soos in die gelekte inligting na vore kom, is dit duidelik dat \u2018n hele rits indiwidue en organisasies geld ontvang het. Van die indiwidue is gewoon voltyds in diens geneem as veldtogbestuurders. \u2018n Mens het ook die talle advertensies oor die CR17 veldtog op TV en in die koerante gesien. Die oorspronklike\u00a0Sunday Timesartikel beweer dat sekere donasies eers n\u00e1 die Nasrec-konferensie gemaak is en dat nie al die fondse bestee is nie. Die res is reeds in \u2018n reeks rekenings bel\u00ea, waarskynlik vir gebruik in toekomstige veldtogte. Die spesifieke doel van elke uitgawe is egter nie duidelik nie, en dit is een van die bekommernisse onder gewone Suid-Afrikaners. Die vraag is: het CR17 ook gedoen wat die Zuptakant by Mangaung en Nasrec gedoen het, naamlik om met bruin koeverte in kattebakke die afgevaardigdes se stemme te koop? Dit mag onwaarskynlik klink, maar gewone Suid-Afrikaners se hoop op Cyril Ramaphosa maak dit noodsaaklik om enige twyfel hieroor en ander sake uit die weg te ruim.<\/p>\n<p>President Ramaphosa is dit daarom aan sy donateurs en interne ANC ondersteuners, maar belangriker nog, alle goed bedoelende Suid-Afrikaners verskuldig om m\u00e9\u00e9r te doen as om vol te hou dat hy niks onwettigs gedoen het nie. Dit weet ons. Maar onder hierdie omstandighede moet hy m\u00e9\u00e9r deursigtig, m\u00e9\u00e9r eerlik en m\u00e9\u00e9r openlik wees as wat die reg en die re\u00ebls verwag. Hy moet die ouditverslag van CR17 bekendmaak, maar hy moet ook ander besonderhede bekend maak, veral waarvoor die grootste deel van die uitgawes gebruik is. Sulke deursigtigheid sal geen skade vir donateurs meebring nie &#8211; hulle name is reeds in die openbare domein. Dit sal ook geen skade vir legitieme ontvangers wat hard aan die veldtog gewerk het, meebring nie. Hulle name is meestal ook bekend en hulle kan goed voel dat hulle harde werk suksesvol was.<\/p>\n<p>Om s\u00f3 die skyn van die kwaad uit die weg te ruim, sal onnoembare voordele vir die land en President Ramaphosa h\u00ea. Goed bedoelende Suid-Afrikaners (ook buite die ANC) sal weer en groter hoop kry dat \u2018n nuwe daeraad inderwaarheid voorl\u00ea. Dit sal hulle motiveer om meer te doen om die land te laat werk en slaag &#8211; ten spyte van die negatiewes en die pogings van die Zuptas om dit te ondermyn.<\/p>\n<p>President Cyril Ramaphosa het Donderdag in die Parlement \u2018n geskeduleerde vraetyd-sessie. Kom os hoop hy gebruik dit om die skyn van die kwaad te vernietig.<\/p>\n<p><em>Theuns Eloff: Voorsitter, Adviesraad van die FW de Klerk Stigting<\/em><br \/>\n22 Augustus 2019<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Maroela Media gepubliseer<\/a><\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/'>VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 320.74K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/?wpdmdl=4873&refresh=6a8b345e1b9291787507806\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1750\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg\" alt=\"ARMY opt\" width=\"150\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg 466w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die onverkwiklike saga rondom die CR17 presidensi\u00eble veldtog se befondsing is steeds in volle swang. Vir gewone Suid-Afrikaners is dit duidelik dat die Openbare Beskermer (OB) haar mes in het vir President Ramaphosa en van sy ondersteuners, veral Pravin Gordhan en Derek Hanekom. En die gelekte inligting oor die donateurs en ontvangers van sommige van hierdie fondse laat \u2018n hele klompie vrae ontstaan.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1750,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1753","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die onverkwiklike saga rondom die CR17 presidensi\u00eble veldtog se befondsing is steeds in volle swang. Vir gewone Suid-Afrikaners is dit duidelik dat die Openbare Beskermer (OB) haar mes in het vir President Ramaphosa en van sy ondersteuners, veral Pravin Gordhan en Derek Hanekom. En die gelekte inligting oor die donateurs en ontvangers van sommige van hierdie fondse laat \u2018n hele klompie vrae ontstaan.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-08-22T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:56:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"466\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"350\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT\",\"datePublished\":\"2019-08-22T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:56:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/\"},\"wordCount\":1093,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/\",\"name\":\"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg\",\"datePublished\":\"2019-08-22T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:56:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg\",\"width\":466,\"height\":350,\"caption\":\"ARMY opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die onverkwiklike saga rondom die CR17 presidensi\u00eble veldtog se befondsing is steeds in volle swang. Vir gewone Suid-Afrikaners is dit duidelik dat die Openbare Beskermer (OB) haar mes in het vir President Ramaphosa en van sy ondersteuners, veral Pravin Gordhan en Derek Hanekom. En die gelekte inligting oor die donateurs en ontvangers van sommige van hierdie fondse laat \u2018n hele klompie vrae ontstaan.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-08-22T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:56:34+00:00","og_image":[{"width":466,"height":350,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT","datePublished":"2019-08-22T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:56:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/"},"wordCount":1093,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/","name":"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg","datePublished":"2019-08-22T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:56:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/ramaphosa-foter.jpg","width":466,"height":350,"caption":"ARMY opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-vernietig-die-skyn-van-die-kwaad-mnr-die-president\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: VERNIETIG DIE SKYN VAN DIE KWAAD, MNR DIE PRESIDENT"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1753","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1753"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1753\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7941,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1753\/revisions\/7941"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1750"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1753"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1753"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1753"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}