{"id":1745,"date":"2019-08-16T08:00:00","date_gmt":"2019-08-16T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/"},"modified":"2021-07-20T20:56:44","modified_gmt":"2021-07-20T18:56:44","slug":"artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE&#8230;"},"content":{"rendered":"<p>Wat die proses van die adviespaneel betref, is die minderheidsverslag taamlik krities. Die onderskeie werkgroepe het te lank geneem om hulle verslae af te handel en daarom kon daar nie betyds en voldoende op die inhoud daarvan kommentaar gelewer word nie. Met \u2018n spertyd van 31 Maart om \u2018n verslag aan die Interministeri\u00eble komitee te oorhandig, was sekere werkgroepverslae op 24 Maart steeds uitstaande en die eerste konsepverslag is eers laatmiddag op 29 Maart aan paneellede gestuur met \u2018n spertyd vir kommentaar minder as 48 uur later. Die eerste verslag was duidelik \u2018n \u201csny-en-plak\u201d produk. Kommentaar deur Kriek en Serfontein is nie in die finale verslag voldoende in ag geneem nie &#8211; alhoewel daar wel sydelings in die hoofverslag melding gemaak word van verskille tussen lede. Die minderheidsverslag se hoofbeswaar oor die proses is dat n\u00e1twee kollokwiums die standpunte van deelnemers \u201cop \u2018n manier\u201d deel geword het van die verslag se aanbevelings, sonder dat daar enigsins \u2018n poging was om konsensus tussen paneellede te kry.<\/p>\n<p>As mens die hoofverslag indringend lees, is die haas waarmee dit opgestel is, duidelik. Daar is \u2018n hele paar spel en grammatikafoute, en baie herhalings. Dit kan aandui dat daar verskillende outeurs vir verskillende dele was (wat met so \u2018n verslag nie ongewoon is nie) maar dit is wel duidelik dat daar nie goed geredigeer was om herhalings en veral teenstrydighede te voorkom nie. Die voorwoord van die voorsitter bevat byvoorbeeld ander klemtone as die hoofdeel van die verslag (soos die saak van gewillige verkoper, gewillige koper). Die argumentasie in die hoofdeel van die verslag bevat hier en daar aanbevelings, en die hoofstuk met aanbevelings bevat heelwat argumentasie, dikwels herhalend. Die vraag kan dus tereg gevra word: indien nie die skrywers van die minderheidsverslag nie, wie van die paneellede het dan die hoofskryfwerk gedoen? En hoekom is daar nie na konsensus gesoek nie?<\/p>\n<p>Wat die aanpak,\u00a0\u00a0styl en ideologiese kwessies betref, noem die minderheidsverslag die \u201contsaglike groot klem\u201d op sosiale kwessies in die verslag, wat volgens hulle nie werklik deel van die mandaat uitgemaak het nie. Daarmee saam noem hulle die sogenaamde \u201cklas-agenda\u201d ten opsigte van grondhervorming, waarmee bedoel word dat toegang en besit tot grond as die groot gelykmaker tussen ryk en arm gesien en gebruik moet word. Hulle probleem is dat grondhervorming in landbou sterker klem op produksie, effektiwiteit en voedselsekerheid moet plaas. Kriek en Serfontein wys daarop dat daar \u2018n onderliggende aanname in die verslag is dat blote toegang tot grond opsigself \u2018n beter lewensstandaard vir arm Suid-Afrikaners sal meebring. Hulle s\u00eadat dit gewoon nie waar is nie en dat die geskiedenis dit bewys.<\/p>\n<p>As \u2018n mens tien sterk leiers oor grondhervorming op een paneel plaas, moet mens aanvaar dat ideologiese sienings oor klas en armoede nie verbloem sal kan word nie. \u2018n Mens kan wel verwag dat die proses dan sterker moet wees om groter konsensus te soek of ten minste om inklusief ander se menings ook in die verslag te plaas. Die tydsdruk en gebrek aan optimale bestuur van die proses het dit klaarblyklik nie toegelaat nie. Dit is \u2018n groot jammerte en gebrek wat ooglopend is.<\/p>\n<p>Die verskille oor inhoudelike kwessies is uiteraard die belangrikste. Hieronder tel die voorgestelde moratorium op afsettings van werkers van plase, omdat dit ook die regte van die grondbesitters in gedrang bring en tot grootskaalse grondbesittings kan lei. Die minderheidsverslag steun ook nie die voorstel dat van die beginsel van gewillige koper-gewillige verkoper afgesien moet word nie, omdat dit in die meerderheid van gevalle steeds \u2018n belangrike oorweging sal en moet wees.<\/p>\n<p>Die sterkste inhoudelike verskil l\u00eaegter op die terrein van onteiening sonder vergoeding (OSV) en die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Die minderheidsverslag is duidelik: die verslag behoort nie enige verwysing na OSV en \u2018n wysiging van die Grondwet te bevat nie. Daarmee saam moet daar ook nie \u2018n vergoedingsbeleid opgestel word nie &#8211; die beginsel van regverdige en billike vergoeding in art 25(3) moet deur die howe op \u2018n saak-tot-saak grondslag bepaal word.<\/p>\n<p>Die hoofverslag hanteer OSV op verskillende plekke en dit is nie altyd duidelik wat die prim\u00eare aanbeveling is nie. In die voorwoord s\u00ea die voorsitter, Dr Vuyo Mahlati, dat die paneel rigting gee oor maniere waarop art 25 verander kan word om onder sekere omstandighede voorsiening te maak vir zero vergoeding. In die hoofdeel van die verslag word gestel dat met die huidige bewoording van art 25, OSV ongrondwetlik sou wees (p71). As die (politieke) doel van \u2018n grondwetlike wysiging is om weg te beweeg van \u2018n verpligtende vergoedingsgebaseerde vereiste, kan \u2018n nuwe art 25(2)(c) lees dat die Parlement wetgewing moet daarstel wat gevalle beskryf waar OSV moontlik is vir grondhervorming (soos wat art 25(8) bepaal).\u00a0\u00a0Die paneel bevind dat as \u2018n grondwetlike wysiging ten doel het om OSV die re\u00ebl te maak en op grootskaal sonder voorwaardes toe te pas, dit teen artikel 1 van die Grondwet sal wees &#8211; veral die oppergesag van die reg. Maar in die hoofstuk met die aanbevelings word gestel dat die paneel die voorgestelde beleidswysiging ondersteun om grondwetlike voorskrifte te gebruik om OSV moontlik te maak.<\/p>\n<p>Uiteindelik lyk dit asof die paneel weifel tussen \u2018n direkte wysiging van art 25(2) en die aanvaarding van die<em> Wysigingswet op Onteiening<\/em> waarin daar onder sekere spesifieke omstandighede vir OSV voorsiening gemaak kan word (soos grond wat verlaat is of wat totaal in skuld gedompel is). Hulle maak wel die aanbeveling dat \u2018n nuwe <em>Onteieningswet<\/em> na die Grondwetlike Hof verwys moet word om die grondwetlikheid daarvan te toets.<\/p>\n<p>Waarmee sit die president nadat hy die paneel se verslag en die minderheidsverslag ontvang het? Dit is nie alles slegte nuus nie. Beide verslae stem saam oor die noodsaaklikheid van vinniger en meer effektiewe grondhervorming. Beide bevat en\/of onderskryf goeie idees\u00a0\u00a0oor hoe om grondhervorming beter toe te pas. Dit sluit \u2018n grondoudit, \u2018n nasionale \u201cgrond vraag opname\u201d (\u2018n \u201cland demand survey\u201d), die daarstelling van \u2018n omvattende wetsraamwerk vir grondhervorming, \u2018n fonds vir grondhervorming, die aanstelling van \u2018n Grondregte Beskermer, die belangrikheid van stedelike grondhervorming, en miskien die mees drastiese, die daarstel van \u2018n \u201cAgentskap vir Grond en Landelike Hervorming\u201d &#8211; en die wegneem van daardie funksie by die huidige departemente. Daar is ook konsensus oor die foute wat die regering oor die afgelope 25 jaar ten opsigte van grondhervorming gemaak het, die korrupsie wat uitgeroei moet word en die beter stelsels vir die bepaling van begunstigdes wat gevind moet word.<\/p>\n<p>Aan die ander kant belig die minderheidsverslag en veral die verskille oor art 25 en OSV, dat die president se poging om deur die aanstelling van \u2018n paneel kundiges die warm patat van OSV te ontlont en \u2018n grondwetlike wysiging dalk onnodig te maak, nie heeltemal geslaag het nie. Die aanbevelings van die hoofverslag is wel sagter as \u2018n radikale en omvattende wysiging van art 25 en OSV as die re\u00ebl. Die hoofverslag wys daarop dat sodanige wysiging teen die hele grondwetlike raamwerk sal wees (en daarom \u2018n 75% meerderheid vir goedkeuring sal benodig). Dit sal die president en die een deel van die ANC-koukus kan gebruik in die debatte oor die wysiging van art 25.<\/p>\n<p>Maar die hoofverslag beveel nietemin direk of indirek aan dat OSV moet gebeur &#8211;\u00a0\u00f3f deur \u2018n art 25 wysiging,\u00a0\u00f3f deur uitsonderings op die grondwetlike re\u00ebl van regverdige en billike vergoeding in die Onteieningswet te bepaal. Dis nie goeie nuus vir die Ramaphosakant nie. In die hande van die Parlement (waar die Zuptas steeds invloed het en die EFF mondskuimend agiteer vir nasionalisering) is dit steeds \u2018n gevaarlike koers. En daar is genoeg geskryf en ges\u00ea- onlangs weer deur oud-president Kgalema Motlanthe &#8211; dat enige OSV vir die land en die ekonomie katastrofies sal wees.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/grondverslag-slegte-nuus-vir-ramaphosa-faksie-20190809?utm_source=newsletter&amp;utm_medium=email&amp;utm_campaign=stemme#loggedin\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<p><em>Deur Theuns Eloff: Voorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs<\/em><br \/>\n16 Augustus 2019<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/'>OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE...<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 340.73K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/?wpdmdl=4870&refresh=6a88584167af81787320385\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1742\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg\" alt=\"ARMY opt\" width=\"150\" height=\"113\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25-300x225.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Die verslag van die Presidensi\u00eble Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou is op 4 Mei 2019 aan president Ramaphosa oorhandig en in Julie aan die publiek beskikbaar gemaak. Reeds voor hierdie datum het twee paneellede &#8211; Dan Kriek (president van AgriSA) en Nick Serfontein (bekende boer) &#8211; besluit om \u2018n&nbsp;&nbsp;minderheidsverslag aan die president te oorhandig. Dit is n\u00e1die hoofverslag aan die publiek bekendgestel.&nbsp;<\/p>\n<p>Wat is die kernverskille tussen die hoofverslag en die minderheidsverslag? Hoekom het hierdie twee gesiene paneellede dit nodig gevind om \u2018n minderheidsverslag op te stel?&nbsp;&nbsp;Die verskille kan in drie groepe saamgevat word: proseskwessies, styl en ideologiese kwessies en inhoudelike kwessies.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1742,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1745","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE... - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE... - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die verslag van die Presidensi\u00eble Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou is op 4 Mei 2019 aan president Ramaphosa oorhandig en in Julie aan die publiek beskikbaar gemaak. Reeds voor hierdie datum het twee paneellede - Dan Kriek (president van AgriSA) en Nick Serfontein (bekende boer) - besluit om \u2018n&nbsp;&nbsp;minderheidsverslag aan die president te oorhandig. Dit is n\u00e1die hoofverslag aan die publiek bekendgestel.&nbsp; Wat is die kernverskille tussen die hoofverslag en die minderheidsverslag? Hoekom het hierdie twee gesiene paneellede dit nodig gevind om \u2018n minderheidsverslag op te stel?&nbsp;&nbsp;Die verskille kan in drie groepe saamgevat word: proseskwessies, styl en ideologiese kwessies en inhoudelike kwessies.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-08-16T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:56:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE&#8230;\",\"datePublished\":\"2019-08-16T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:56:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/\"},\"wordCount\":1296,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/\",\"name\":\"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE... - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg\",\"datePublished\":\"2019-08-16T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:56:44+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg\",\"width\":400,\"height\":300,\"caption\":\"ARMY opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE&#8230;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE... - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE... - FW de Klerk Foundation","og_description":"Die verslag van die Presidensi\u00eble Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou is op 4 Mei 2019 aan president Ramaphosa oorhandig en in Julie aan die publiek beskikbaar gemaak. Reeds voor hierdie datum het twee paneellede - Dan Kriek (president van AgriSA) en Nick Serfontein (bekende boer) - besluit om \u2018n&nbsp;&nbsp;minderheidsverslag aan die president te oorhandig. Dit is n\u00e1die hoofverslag aan die publiek bekendgestel.&nbsp; Wat is die kernverskille tussen die hoofverslag en die minderheidsverslag? Hoekom het hierdie twee gesiene paneellede dit nodig gevind om \u2018n minderheidsverslag op te stel?&nbsp;&nbsp;Die verskille kan in drie groepe saamgevat word: proseskwessies, styl en ideologiese kwessies en inhoudelike kwessies.","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-08-16T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:56:44+00:00","og_image":[{"width":400,"height":300,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE&#8230;","datePublished":"2019-08-16T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:56:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/"},"wordCount":1296,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/","name":"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE... - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg","datePublished":"2019-08-16T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:56:44+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/SECTION25.jpg","width":400,"height":300,"caption":"ARMY opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-om-artikel-25-te-wysig-of-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: OM ARTIKEL 25 TE WYSIG OF NIE&#8230;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1745","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1745"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1745\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7942,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1745\/revisions\/7942"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1742"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1745"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1745"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1745"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}