{"id":1741,"date":"2019-08-14T08:00:00","date_gmt":"2019-08-14T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/fwdeklerk.org\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/"},"modified":"2021-07-20T20:56:58","modified_gmt":"2021-07-20T18:56:58","slug":"artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/","title":{"rendered":"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD?"},"content":{"rendered":"<p>In \u2018n onlangse artikel op News24 het prof Kathleen Heugh, \u2018n Suid-Afrikaner wat tans mede-professor in Toegepaste Linguistiek by die Universiteit van Suid-Australi\u00eb is, oor die belangrikheid van moedertaalonderrig geskryf.\u00a0Sy is \u2018n deskundige in post-apartheid taalbeleid in Suid-Afrika en het regerings in meer as 30 lande geadviseer oor die rol van moedertaal, minderheidstale en veeltalige onderwys. Sy wys daarop dat UNESCO (die Verenigde Nasies se onderwys, wetenskap en kultuurorgansiasie) en die Vereniging vir die Ontwikkeling van Onderwys in Afrika (ADEA) in 2005 \u2018n studie van onderwystaalbeleid in 25 lande begin het. Teen die middel van 2006 het hulle aan ministers van onderwys gerapporteer dat vir \u2018n leerder om in Engels, Frans of Portugees\u00a0\u00a0te\u00a0\u00a0kan leer, daar eers \u2018n minimum van ses jaar moedertaalonderrig nodig is, asook tegelyke goeie onderwys in Engels, Frans of Portugees. Onder minder as optimale omstandighede en met minder goeie hulpbronne (soos in Suid-Afrika en Ethiopi\u00eb), skuif die minimum tyd vir\u00a0\u00a0moedertaalonderrig en goeie Engels na agt jaar op.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika is dit beleid dat daar in nie-Afrikaanse skole drie jaar moedertaalonderrig sal wees voordat daar na Engels oorgeslaan word. Maar die gehalte van Engelse onderrig is tydens daardie drie jaar en daarna baie swak, met onderwysers wat dit nie goed kan praat nie en nog minder daarin kan skoolgee &#8211; veral in landelike skole. Die gevolg is dat in die meeste landelike skole waar swart leerders skoolgaan, daar nie kognitiewe ontwikkeling kom wat met moedertaalonderrig gepaardgaan nie. Dit is een van die redes waarom so baie leerders nie teen tien jaar met begrip kan lees nie. Sommige kenners meen verder dat gebrek aan moedertaalonderrig in die eerste ses jaar ook die oorsaak van Suid-Afrika se swak prestasie in wiskunde is.<\/p>\n<p>Dis daarom onverstaanbaar dat ANC politici nie die internasionale navorsing oor moedertaalonderrig ernstig neem nie en dis onverskoonbaar dat hulle deur hulle eie vooroordele oor taal, miljoene kinders se toekoms, opvoedkundig en beroepsgewys,\u00a0\u00a0benadeel en selfs vernietig.<\/p>\n<p>In die swart gemeenskap (in teenstelling met ANC-kringe), is daar wel tekens dat daar leiers is wat begin om die belangrikheid van moedertaalonderrig op skool te besef. In akademiese kringe is daar verskeie taalkundiges wat in die openbaar die regering se taalbeleid begin bevraagteken. In November 2016 is daar in Pretoria \u2018n internasionale konferensie oor moedertaalonderrig gehou en in September 2017 en Februarie 2018 het die Kommissie vir die Bevordering van Taal- Kulturele- en Godsdiensregte twee konferensies gehou waarin die belangrikheid van veeltaligheid, onder andere\u00a0\u00a0in die bevordering van sosiale kohesie bespreek is. N\u00e1 \u2018n werkswinkel van belanghebbers in 2018 is besluit om \u2018n \u201cMultilingualism Advocacy Forum\u201d te stig om onder andere moedertaalonderrig te bevorder en die bre\u00ebr instelling daarvan te ondersoek. \u2018n Ad hoc-komitee hiervoor is reeds aan die werk.<\/p>\n<p>Dit lyk asof daar hoofsaaklik drie redes is waarom ANC-beleid moedertaalonderrig so stief behandel en hoogstens lippediens daaraan bewys. Die eerste is \u2018n vrees dat dit kan lei tot \u201cbalkanisering\u201d, waar meer klem op etnisiteit as op \u2018n bre\u00eb Suid-Afrikanerskap geplaas word &#8211; iets wat apartheid beoog het. Die tweede is dat die politieke elite in die ANC (maar ook in ander partye) grotendeels verstedelik is en Engels redelik magtig is, dit as die taal van aspirasie beskou en as \u2018n instrument van integrasie en nasiebou sien. In hulle eie beleidsdokumente is die ANC positief oor akulturalisasie, en die bou van een nuwe Engelssprekende nasie. Die derde rede het met Afrikaans as onderrigtaal te doen. Omdat die ANC regering nie genoeg gedoen het om nuwe skole vir \u2018n snelgroeiende veral stedelike bevolking te bou nie, is daar elke jaar \u2018n gebrek aan toegang vir baie swart leerders. Goed toegeruste en bestuurde Afrikaanse skole word as \u2018n ideale teiken beskou om hierdie toegang te bewerkstellig &#8211; al is die meeste van hulle reeds oorvol (soos wat die Overvaal-geval bewys het).\u00a0\u00a0Afrikaanse skole word verder (deur politici soos Panyaza Lesufi) as \u2018n oorblyfsel van apartheid beskou, wat teen wil en dank van hierdie rassistiese taal moet afsien.<\/p>\n<p>Prof Heugh het haar News24 artikel afgesluit deur te s\u00ea dat die nuwe aanslag teen Afrikaans as medium van onderrig nie behulpsaam is nie. Dit verminder net geleenthede vir kinders om in \u2018n taal wat hulle die beste ken, te leer. Dit neem die land weg van die veeltaligheid wat leerders vir die toekoms moet voorberei. Die enigste leerders wat onder hierdie omstandighede kan baat, is di\u00e9 wat Engels as huistaal het en die kinders van die politieke elite is &#8211; en dit bevorder nie gelykheid nie. Dit is insiggewend dat hierdie woorde kom van \u2018n Engelssprekende Suid-Afrikaner &#8211; maar iemand wat die internasionale navorsing op die gebied van moedertaalonderrig ken.<\/p>\n<p>Dit is teen hierdie agtergrond &#8211; en die druk waaronder openbare skole is waar Afrikaans as onderrigtaal gebruik word &#8211; dat die MOS-Inisiatief onlangs geloods is. \u201cMOS\u201d staan vir \u201cMoedertaal in Onafhanklike Skole\u201d en is die vrug van \u2018n lang proses waaraan al die organisasies wat by Afrikaanse onderwys betrokke is, deelgeneem het. Die woord \u201cmos\u201d verwys ook na die plantjie wat byna orals groei en min vogtigheid nodig het om te gedy; en dan ook na die unieke Afrikaanse woord wat as \u2018n bevestiging van die voor-die-hand-liggende gebruik word: dis mos nou mooi!<\/p>\n<p>Die MOS-Inisiatief is \u2018n private maatskappy wat \u2018n netwerk van volhoubare, onafhanklike Afrikaanse skole sal skep wat regoor Suid-Afrika bedryf sal word &#8211; oop vir almal, gemeenskapsgerig, bekostigbaar en met ho\u00eb standaarde en innoverende leer.\u00a0\u00a0Dit sal aan voornemende beleggers die vooruitsig van \u2018n goeie opbrengs op hulle kapitaal bied, terwyl dit ook \u2018n Afrikaanse onderwysdiwidend sal lewer.<\/p>\n<p>Die MOS-Inisiatief gaan nie openbare skole wat Afrikaans tans as onderrigtaal gebruik, ondermyn nie, maar eerder fokus op gebiede waar daar nie (meer) Afrikaanse skole is nie en waar daar steeds \u2018n behoefte daarvoor is. Bekostigbaarheid en toeganklikheid sal kernkwessies wees waaraan aandag gegee moet word. En om te verseker dat Afrikaanssprekende leerders in lyn met internasionale navorsing goed toegerus word vir hulle toekoms, word oorweeg om Engels eerste taal en \u2018n ander Afrikataal verpligtend in MOS-skole te maak. Dit sal veeltaligheid bevorder en leerders toerus om aktief in die bre\u00eb Suid-Afrikaanse gemeenskap \u2019n rol te speel. Afrikaanse leerders wat \u2018n ander Afrikataal magtig is en vlot kan praat, sal ook die stigma van Afrikaanse skole as rassisties, help voorkom.<\/p>\n<p>Dit sal baie werk en tyd neem om s\u00f3 \u2018n ambisieuse projek te laat slaag, maar daar is eenstemmigheid onder leiers in die Afrikaanse onderwysomgewing dat dit dringend noodsaaklik is om nou reeds \u2018n begin daarmee te maak.<\/p>\n<p>Teen die agtergrond van wat hierbo ges\u00ea is, is dit belangrik om te besef dat die MOS-Inisiatief die pad oopmaak om later ook moedertaalonderrig in onafhanklike skole vir ander inheemse tale daar te stel. Soos met Afrikaans, is daar \u2018n goeie saak voor uit te maak dat die internasionale minimum van agt jaar se moedertaalonderrig, nie die maksimum hoef te wees nie. Daar is geen rede waarom binne die konteks hierbo genoem, moedertaalonderrig nie tot in matriek en selfs tot aan die einde van \u2018n eerste graad op universiteit kan strek nie. Die verskynsel van onafhanklike (\u201cprivaat\u201d) skole is nie so vreemd in die swart gemeenskap (en trouens in die res van Afrika) as wat dit onder Afrikaanssprekende is nie. Daar het oor die afgelope vyf jaar tientalle onafhanklike skole rondom Johannesburg opgespring, wat \u2018n kwaliteit alternatief vir swart ouers bied vir die mislukte openbare onderwysstelsel. En alhoewel al hierdie skole Engelse onderrig bied, is daar ruimte vir moedertaalonderrig in skole wat nie Afrikaans is nie. En omdat die regering dit blykbaar nie gaan doen nie, sal die privaatsektor (weer) moet inspring. En daardeur eis Suid-Afrikaners net die regte op wat in artikel 29 van ons Grondwet gewaarborg word. En internasionale navorsing bewys onteenseglik dat moedertaalonderrig noodsaaklik is vir elke leerder om \u2018n volle en funksionele landsburger te word &#8211; dis MOS die waarheid!<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/kan-moedertaalonderrig-in-sa-n-werklikheid-word-20190722\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">*Eers op Netwerk24 gepubliseer<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div class='w3eden'><!-- WPDM Link Template: Default Template -->\n\n<div class=\"link-template-default card mb-2\">\n    <div class=\"card-body\">\n        <div class=\"media\">\n            <div class=\"mr-3 img-48\"><img decoding=\"async\" class=\"wpdm_icon\" alt=\"Icon\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/plugins\/download-manager\/assets\/file-type-icons\/pdf.svg\" \/><\/div>\n            <div class=\"media-body\">\n                <h3 class=\"package-title\"><a href='https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/'>KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD?<\/a><\/h3>\n                <div class=\"text-muted text-small\"><i class=\"fas fa-copy\"><\/i> 1 file(s) <i class=\"fas fa-hdd ml-3\"><\/i> 342.71K<\/div>\n            <\/div>\n            <div class=\"ml-3\">\n                <a class='wpdm-download-link download-on-click btn btn-primary ' rel='nofollow' href='#' data-downloadurl=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/download\/kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/?wpdmdl=4867&refresh=6a885913ac4eb1787320595\">Download<\/a>\n            <\/div>\n        <\/div>\n    <\/div>\n<\/div>\n\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-1738\" style=\"margin-right: 15px; border: 5px solid #efefef; float: left;\" src=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg\" alt=\"ARMY opt\" width=\"150\" height=\"100\" srcset=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg 400w, https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt-300x200.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 150px) 100vw, 150px\" \/><\/p>\n<p>Tydens haar onlangse begrotingstoespraak het die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, verwys na president Ramaphosa se teiken in sy staatsrede dat elke skoolkind teen die ouderdom van tien met begrip moet kan lees. Sy merk op dat die taalkwessie \u2018n sleutelfaktor is wat \u2018n impak op leesvermo\u00eb en geletterdheid het en verwys dan na die belangrikheid van Afrikatale as onderrig en leestale. Die woord \u201cmoedertaalonderrig \u201c kom egter nie een keer in haar toespraak voor nie.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1738,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[299,32],"tags":[],"class_list":["post-1741","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-artikel","category-nuus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.2 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD? - FW de Klerk Foundation<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD? - FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Tydens haar onlangse begrotingstoespraak het die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, verwys na president Ramaphosa se teiken in sy staatsrede dat elke skoolkind teen die ouderdom van tien met begrip moet kan lees. Sy merk op dat die taalkwessie \u2018n sleutelfaktor is wat \u2018n impak op leesvermo\u00eb en geletterdheid het en verwys dan na die belangrikheid van Afrikatale as onderrig en leestale. Die woord \u201cmoedertaalonderrig \u201c kom egter nie een keer in haar toespraak voor nie.&nbsp;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"FW de Klerk Foundation\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-08-14T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-20T18:56:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"267\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anita (Inida Design)\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anita (Inida Design)\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\"},\"headline\":\"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD?\",\"datePublished\":\"2019-08-14T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:56:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/\"},\"wordCount\":1313,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg\",\"articleSection\":[\"Artikel\",\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/\",\"name\":\"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD? - FW de Klerk Foundation\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg\",\"datePublished\":\"2019-08-14T06:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-20T18:56:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg\",\"width\":400,\"height\":267,\"caption\":\"ARMY opt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jongste\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":4,\"name\":\"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"description\":\"Defend and Promote the Constitution of South Africa\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization\",\"name\":\"FW de Klerk Foundation\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png\",\"width\":800,\"height\":1018,\"caption\":\"FW de Klerk Foundation\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042\",\"name\":\"Anita (Inida Design)\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD? - FW de Klerk Foundation","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD? - FW de Klerk Foundation","og_description":"Tydens haar onlangse begrotingstoespraak het die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, verwys na president Ramaphosa se teiken in sy staatsrede dat elke skoolkind teen die ouderdom van tien met begrip moet kan lees. Sy merk op dat die taalkwessie \u2018n sleutelfaktor is wat \u2018n impak op leesvermo\u00eb en geletterdheid het en verwys dan na die belangrikheid van Afrikatale as onderrig en leestale. Die woord \u201cmoedertaalonderrig \u201c kom egter nie een keer in haar toespraak voor nie.&nbsp;","og_url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/","og_site_name":"FW de Klerk Foundation","article_published_time":"2019-08-14T06:00:00+00:00","article_modified_time":"2021-07-20T18:56:58+00:00","og_image":[{"width":400,"height":267,"url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anita (Inida Design)","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Anita (Inida Design)","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/"},"author":{"name":"Anita (Inida Design)","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042"},"headline":"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD?","datePublished":"2019-08-14T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:56:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/"},"wordCount":1313,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg","articleSection":["Artikel","Nuus"],"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/","name":"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD? - FW de Klerk Foundation","isPartOf":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg","datePublished":"2019-08-14T06:00:00+00:00","dateModified":"2021-07-20T18:56:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#primaryimage","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/MOS_opt.jpg","width":400,"height":267,"caption":"ARMY opt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/artikel-kan-moedertaalonderrig-in-suid-afrikaanse-skole-n-werklikheid-word\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jongste","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuus","item":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/kategorie\/jongste\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":4,"name":"ARTIKEL: KAN MOEDERTAALONDERRIG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE \u2018N WERKLIKHEID WORD?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#website","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","name":"FW de Klerk Foundation","description":"Defend and Promote the Constitution of South Africa","publisher":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#organization","name":"FW de Klerk Foundation","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-ZA","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","contentUrl":"https:\/\/fwdeklerk.org\/wp-content\/uploads\/2021\/05\/fw-de-klerk-foundation-2.png","width":800,"height":1018,"caption":"FW de Klerk Foundation"},"image":{"@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/#\/schema\/person\/55639a4f35af27ddd167fddf4c6f6042","name":"Anita (Inida Design)"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1741","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1741"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1741\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7943,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1741\/revisions\/7943"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1738"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1741"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1741"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/fwdeklerk.org\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1741"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}